Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » GEDIG: Daai man wat op die eiland klippe kap
GEDIG: Daai man wat op die eiland klippe kap [boodskap #7089] Do, 22 Augustus 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Een van julle het gevra ek moet nog stuur:
Die een is geskryf toe Nelson Mandela nog op Robbeneiland
gesit en klippe kap het:

DIE KALKSTEENGROEF
------------------

"Wat sal ons verlos van 'n terugkeer na die steenbed?
'n Droom, selfs 'n hersenskim, sal die mensdom red.

Op die duur. Maar more weer, kap ek aan die wit
van 'n klipharde volkshart; my oe swem verward
daaroor: al's mes-skerp, dan satynsag, altyd hard.
'n lyn wasgoed wat wit-fossiel in die klip vassit
spring onder my pik los. In die geheue se agterplaas.
Vandag verlang ek na haar, soos die eerste mens...
'n Vreemde deernis laat die skerp eilandklip soggens
en saans fletser skyn in die dynserige waas"

Wagte roteer op die knap omtrek soos diakens
op hul skyfie skrik. In die middel, die Prisonier.
Die aarde word sag in sy oe wat tuur:
daardie klip, daardie klip, toegedraai in lakens.

---------
Dit is nog 'n gedig van Charl-Pierre Naude'
uit sy bundel "DIE NOMADIESE OOMBLIK". (Tafelberg)

Groete aan al die bannelinge,
en lekker kap aan julle eie ou steengroefies, daar in Europa
en Kanada en Australie en Amerika en ....
Re: GEDIG: Daai man wat op die eiland klippe kap [boodskap #7111 is 'n antwoord op boodskap #7089] Sa, 24 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , gal...@ibm.net says...
>
> Een van julle het gevra ek moet nog stuur:
> Die een is geskryf toe Nelson Mandela nog op Robbeneiland
> gesit en klippe kap het:
>
> DIE KALKSTEENGROEF
> ------------------
>
> "Wat sal ons verlos van 'n terugkeer na die steenbed?
> 'n Droom, selfs 'n hersenskim, sal die mensdom red.
>
> Op die duur. Maar more weer, kap ek aan die wit
> van 'n klipharde volkshart; my oe swem verward
> daaroor: al's mes-skerp, dan satynsag, altyd hard.
> 'n lyn wasgoed wat wit-fossiel in die klip vassit
> spring onder my pik los. In die geheue se agterplaas.
> Vandag verlang ek na haar, soos die eerste mens...
> 'n Vreemde deernis laat die skerp eilandklip soggens
> en saans fletser skyn in die dynserige waas"
>
> Wagte roteer op die knap omtrek soos diakens
> op hul skyfie skrik. In die middel, die Prisonier.
> Die aarde word sag in sy oe wat tuur:
> daardie klip, daardie klip, toegedraai in lakens.
>
> ---------
> Dit is nog 'n gedig van Charl-Pierre Naude'
> uit sy bundel "DIE NOMADIESE OOMBLIK". (Tafelberg)

Mandela het simbool geword, het die aandag
gekry. Laat ons egter nie al die ander vergeet wat
ook daar op Robbeneiland gesit het nie. Onder
andere ROBERT SOBUKWE. Toe hy moes vry-
gelaat word nadat hy sy vonnis uitgedien het, toe
maak hulle sommer 'n spesiale wet om hom nog
aanhou in die tronk te hou.
En EDDIE DANIELS. Hy was een van die lede
van die �African Resistance Movement� wat in die
sestigerjare iets probeer doen het om dinge te veran-
der daar in die Kaap. Die lede van die A.R.P. was
meestal wit Engelse mans en meisies met Afrikaner-
name. Eddie Daniels was egter 'n �Kleurling.� Hulle
het installasies opgeblaas. Uiteindelik is meeste van
hulle gevang. Sommige van hulle het onder die druk
van die veiligheidspolisie gebreek en van hulle maats
verklik. Sommige het die land uitgevlug. Sommige is
wel gevonnis, maar omdat hulle wit was, het ouers of
vriende se invloed by die regering vir hulle los gekry.
Arme Eddie Daniels is egter veroordeel en na Robben-
eiland gestuur. Ek was so bly om in Mandela se bio-
grafie te lees dat Eddie Daniels een van sy grootste
vriende op Robbeneiland was.
Waar jy ook al is, Eddie Daniels, ek stuur my liefde.
Ek hoop jy het in een van daardie joppies beland wat
eers deur wit ouens gevul was, en waar 'n mens nie baie
hard hoef te gewerk het nie. Ek hoop jy het nou 'n wit
sekretaris ('n man, want dis tyd dat regstellende aksie
ook daar begin.) Ek wonder of jy soms verlang om
daar so omring van die blou dam te staan en kyk na Tafel-
berg daar oor die water. Ek weet dis baie mooi. Ek het
Robbeneiland besoek in 1948.

Gloudina Bouwer
Re: GEDIG: Daai man wat op die eiland klippe kap [boodskap #7115 is 'n antwoord op boodskap #7089] So, 25 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pigf...  is tans af-lyn  pigf...
Boodskappe: 33
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Geen teks in die boodskap nie.
Re: GEDIG: Daai man wat op die eiland klippe kap [boodskap #7132 is 'n antwoord op boodskap #7089] Di, 27 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
pigf...@icon.co.za wrote:

>>>>
Re: GEDIG: Daai man wat op die eiland klippe kap [boodskap #7133 is 'n antwoord op boodskap #7089] Di, 27 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

ook daar op Robbeneiland gesit het nie. Onder[/color]
> andere ROBERT SOBUKWE. >>>

Vir jare in eensame aanhouding. Tot hy sy verstand begin verloor het
as gevolg daarvan.
Toe is hy in huisarres Kimberley toe met kanker waar hy dood is.
As ek reg onthou was sy oortreding dat hy sy pasboek verbrand het.
Niks meer nie.
As ek reg gelees het en onthou, was dit ook vir hom dat John Voster 'n
spesiale wet gemaak het sodat hy sy aanhouding met 'n jaarlikse
dekreet kon verleng.
Benjy Pogrun (wat by die Rand Daily mail gewerk het en nou in Engeland
woon) het 'n goeie biografie oor Sobukwe geskryf.
Daarin vertel hy hoe Sobukwe, wat goeie Engels gepraat het, vertel het
hoe sy hart gesterf het toe hy jaar na jaar met toegelate kontak
agterkom hoe sy kinders al hoe swakker Engels praat namate
Bantoe-onderwys sy tol begin eis.
Vorige onderwerp: Gedigte van ELIZABETH EYBERS
Volgende onderwerp: Twee gedigte oor VINCENT VAN GOGH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 14:55:46 MGT 2024