Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Resep vir Koedoe braai vleis
Resep vir Koedoe braai vleis [boodskap #7070] Di, 20 Augustus 1996 00:00 na volgende boodskap
Andre Erasmus  is tans af-lyn  Andre Erasmus
Boodskappe: 2
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Weg van die politiek en rugby. Ek is opsoek na 'n
resep om Koedoe "steak" op die kole te braai.

As iemand my kan help stuur die resep na my e-pos
adres klt...@aztec.co.za

ame
Re: Resep vir Koedoe braai vleis [boodskap #7084 is 'n antwoord op boodskap #7070] Do, 22 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
Johan van Vollenhoven  is tans af-lyn  Johan van Vollenhoven
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Andre Erasmus wrote:
>
> Weg van die politiek en rugby. Ek is opsoek na 'n
> resep om Koedoe "steak" op die kole te braai.
>
> As iemand my kan help stuur die resep na my e-pos
> adres klt...@aztec.co.za
>
> ame

Andre,

Ek het nie vir jou 'n resep nie - sal vir my skoonpa vra eerskomende
Sondag, maar wat ek wel weet is dat die vooraf voorbereding van jou
koedoesteaks saam met die marinering daarvan, uiters belangrik is. Die
goete moet ten minste 24 uur in die sousie lê in die yskas.

Ek weet 'n knoffeltjie en olie met 'n druppeltjie asyn is nodig, die res
glo ek is verbeelding en na smaak, maar ek sal hom nogtans vra.

Bêre die vleisie maar intussen - jy's gelukkig om sulke goed te kan hê.

Groetnis

Johan van Vollenhoven
Vorige onderwerp: VIR 'N STUKKIE BROOD: 'n resep vir koek...
Volgende onderwerp: Resep vir Koedoe braaivleis...Kangeroevleis,krokodilvleis,hondevleis,haas,emu....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 00:46:04 MGT 2024