Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » VIR 'N STUKKIE BROOD: 'n resep vir koek...
VIR 'N STUKKIE BROOD: 'n resep vir koek... [boodskap #7045] Ma, 19 Augustus 1996 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
KOEK
----
'n Pakkie selfraisingmeel. En ek vat drie eiers se geel.
Smelt my botter en suiker.
Half koppietjie of so 'n kind-koppetjie so gooi ek vol suiker.
Gooi in die klein kastrolletjie
en die botter en dan smelt twee lepels botter. Dessertlepel.
Maar nie hoegvol nie, gelyk.
En dan smelt ek hom in die suiker.
Nou maak ek my mengsel aan.
Moet die bietjie melk dat hy klammerig, natterig is.
So vat soes mens nou dinges aanmaak, custard aanmaak,
so so bietjie klammerig en dan gooi jy die dinges in.
Die botter en die suiker in en dan roer jy hom deur met die lepel.
Roer hom altyd, so roer hom so.
Nie klontjies is nie en dan kom al die dinges in... die eiers in
en die suiker in en dan roer ek hom en dan sit ek hom in die pot
en dan gooi ek hom en dan bak ek hom soes die brood nou bak, kole,
bak ek nou die koek.
----------

Bogenoemde is 'n uitreksel uit 'n boekie van Sandra Kriel,
getiteld "vir 'n stukkie brood". Uitgewer Minotaurus.
Dit is 'n dokumentasie van vertellings van arm plaasarbeiders,
en beeld hul lief en leed uit. Daar is fotos en prente
ook in, jammer ek kan dit nie pos nie.

Groete.

NS: Daar is nog ander wonderlike resepte ook: Afval, Vetkoek, Krummelpap,
Sop, Roosterbrood.
Vorige onderwerp: Bobotie - koeksisters - what does it mean...?
Volgende onderwerp: Resep vir Koedoe braai vleis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 13:45:47 MGT 2024