Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » TAAL + KERK + KULTUUR
TAAL + KERK + KULTUUR [boodskap #7008] Vr, 16 Augustus 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet nie wie het dit geskryf nie.
My ma het my die mooi gedig gestuur, met 'n nota:

"'n Griekwa se weergawe van Ps 121"
==================================

Ek slat my twee oge op,
my kyk vang die verste kop:
waavanaf sal my hulp nou kom ?
my hulp is vannie Jirre,
- van Hom -
Hy't nou jimmel an
Prieska gekom maak. Sonner
lat jou voete klipperse raak
is Hy skoene agterrie skaap.
Hy dink nooit eers oor slaap.
Sontyd is hy hoed op jou kop,
innie nag hou hy gevaarlikheid dop.
Hy's mos nou da om jou op te pas,
jou siel hou hy tussen jou ribbes vas.
Gan jy nou in of gaan jy nou yt
Hy's oor jou vir ewig an vir altyd.
--------------------

Dit is 'n weergawe van die psalm uit die volksmond.
En watter juweel is dit nie !!
Stof jou bybel af en lees gerus ook die oorspronklike.
Die Afrikaanse bybel is natuurlik 'n triomf vir ons taal,
met 'n lang geskiedenis. Maar party ou mense het nog lank die Nederlandse
bybel gelees, wou nie die Afrikaanse een aanvaar nie.
Om die bybel in Afrikaans te he^ was in om 'n hoeksteen vir sy kultuur
te le^. Die atteiste onder ons wat nie bybel lees nie is wat my betref
kultureel arm, om van geestelik arm nie te praat nie!.
Terloops: Ek wonder of die Nederlanders probleme het
met die taal in die gedig?.


Vriendelike groete
Re: TAAL + KERK + KULTUUR [boodskap #7009 is 'n antwoord op boodskap #7008] Vr, 16 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Om in Parys te sit en deur die SA nuusgroep blaai om nie by skryfwerk uit
te kom nie en dan op Griekwas, Psalm 21, bybellees en Prieska af te kom,
is om te weet wat vulgêre skisofrenie is.
Re: TAAL + KERK + KULTUUR [boodskap #7034 is 'n antwoord op boodskap #7008] So, 18 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M. Elizabeth Theron  is tans af-lyn  M. Elizabeth Theron
Boodskappe: 5
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Dis kostelik Galjoen! Baie dankie vir jou moeite om dit vir ons te
plaas. Ek het begin om vir my 'n bundel te maak van al die goed wat ek
in hierdie groep kry. (Miskien sal ek tog die een van die brommer ook
print.)

Stuur nog. Dis heelwat meer vermaaklik as partymense se gekyf - en ek
wil nou liewer nie name noem nie!

Linkie Theron,
West Palm Beach.

gal...@ibm.net wrote:
>
> Ek weet nie wie het dit geskryf nie.
> My ma het my die mooi gedig gestuur, met 'n nota:
>
> "'n Griekwa se weergawe van Ps 121"
> ==================================
>
> Ek slat my twee oge op,
> my kyk vang die verste kop:
> waavanaf sal my hulp nou kom ?
> my hulp is vannie Jirre,
> - van Hom -
> Hy't nou jimmel an
> Prieska gekom maak. Sonner
> lat jou voete klipperse raak
> is Hy skoene agterrie skaap.
> Hy dink nooit eers oor slaap.
> Sontyd is hy hoed op jou kop,
> innie nag hou hy gevaarlikheid dop.
> Hy's mos nou da om jou op te pas,
> jou siel hou hy tussen jou ribbes vas.
> Gan jy nou in of gaan jy nou yt
> Hy's oor jou vir ewig an vir altyd.
> --------------------
>
> Dit is 'n weergawe van die psalm uit die volksmond.
> En watter juweel is dit nie !!
> Stof jou bybel af en lees gerus ook die oorspronklike.
> Die Afrikaanse bybel is natuurlik 'n triomf vir ons taal,
> met 'n lang geskiedenis. Maar party ou mense het nog lank die Nederlandse
> bybel gelees, wou nie die Afrikaanse een aanvaar nie.
> Om die bybel in Afrikaans te he^ was in om 'n hoeksteen vir sy kultuur
> te le^. Die atteiste onder ons wat nie bybel lees nie is wat my betref
> kultureel arm, om van geestelik arm nie te praat nie!.
> Terloops: Ek wonder of die Nederlanders probleme het
> met die taal in die gedig?.
>
>
> Vriendelike groete
Re: TAAL + KERK + KULTUUR [boodskap #7046 is 'n antwoord op boodskap #7008] Ma, 19 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kuy...  is tans af-lyn  kuy...
Boodskappe: 10
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Junior Lid
gal...@ibm.net wrote:
>
>> "'n Griekwa se weergawe van Ps 121"

Ek het dit afgeskryf en gaan dit vir my Ma in Suid-Afrika pos!

> Die Afrikaanse bybel is natuurlik 'n triomf vir ons taal,
> met 'n lang geskiedenis. Maar party ou mense het nog lank die Nederlandse bybel gelees, wou nie die Afrikaanse een aanvaar nie.

> Terloops: Ek wonder of die Nederlanders probleme het
> met die taal in die gedig?.
> My familie in Nederland lees die Afrikaanse Bybel met plesier. Die
woorde word anders ingespan as waaraan hulle gewoond is en dinge word
sodoende vanuit 'n ander hoek belig. Hulle vind dit 'n verrykende
ervaring om Afrikaans te lees.

Griet.
> Vriendelike groete
Re: TAAL + KERK + KULTUUR [boodskap #7069 is 'n antwoord op boodskap #7008] Di, 20 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , de...@world-net.sct.fr says...
>
> Om in Parys te sit en deur die SA nuusgroep blaai om nie by skryfwerk uit
> te kom nie en dan op Griekwas, Psalm 21, bybellees en Prieska af te kom,
> is om te weet wat vulgêre skisofrenie is.

Ek weet nie of ek jou (taamlik ingewikkelde)
sin reg verstaan nie. Jy sit in Parys. Jy kyk deur
die Afrikaanse nuusgroep. Jy probeer wegkom
van letterkunde skrywery? Dan vind jy dinge oor
Griekwa-Afrikaans, psalms en gepraat oor die
bybel op die nuusgroep. Jy vind dit skisofrenies.
En jy vind dit vulger. Is my interpretasie korrek?

Ek inteendeel is geroer deur die bogenoemde
poste. Die Afrikaanse bybel en die vertalings
van veral die psalms is van die beste letterkunde
wat daar in Afrikaans is. Totius is 'n groot digter,
Die Afrikaner was gelukkig om hom op die regte
tyd beskikbaar te he om daardie lieflike beryminge
van die psalms in Afrikaans te kry.

Ek was ook bly oor die Griekwa-Afrikaans. Ek hoop
daar word 'n grondige studie van Griekwa-Afrikaans
gemaak, en die gebruik daarvan word aangemoedig.
Ek sou byvoorbeeld geinteresseerd wees om te hoor
hoe die sintaksis daarvan verskil van die deursnee
Afrikaans. Hulle sien heelwaarskynlik daarop neer in
SA. Net soos die mense van Quebec en Frankryk neer-
sien op Akadiese Frans hier in Kanada. Meeste mense
wat so daarop neersien weet egter nie dat Akadiese
Frans baie meer FRANSE woorde in sy woordeskat het
as moderne Frans nie. Dis as gevolg van die feit dat
sewentiende eeuse Frans wat na Kanada gekom het, meer
woordeskat gehad het as moderne Frans.

Gloudina Bouwer.
Re: TAAL + KERK + KULTUUR [boodskap #7078 is 'n antwoord op boodskap #7008] Wo, 21 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Brunwin de Jong  is tans af-lyn  Robert Brunwin de Jong
Boodskappe: 4
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
"M. Elizabeth Theron" wrote:

"> Terloops: Ek wonder of die Nederlanders probleme het
"> met die taal in die gedig?.

Wel een beetje, sommige woorden kan ik niet thuisbrengen. Maar ik vind de
'klank' van deze psalm prachtig, en in "my hulp is vannie Jirre" klinkt
""Jirre" als het Friese woord voor de Heer.

Heerlijk, overigens, om zulk Afrikaans in deze nieuwsgroep te mogen lezen!

Vriendelijke groet uit Nederland.

Robert Brunwin de Jong

Robert Brunwin de Jong, in Sociology, Journalism, Public Information and the training of broadcasters. The Netherlands (31) 70 511 1841 for voice and (31) 70 517 6878 for faxes. EMail: bru...@bart.nl
Re: TAAL + KERK + KULTUUR [boodskap #7079 is 'n antwoord op boodskap #7008] Wo, 21 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ibm.net wrote:

>>[/color]

Sorry om stupid te wees maar dit is vir my 'n suiwer gedig. En een
van die mooistes in 'n lang tyd.

(Dylan Thomas in the woestyn?)
Vorige onderwerp: TAAL + KERK + KULTUUR (3)....
Volgende onderwerp: H/d NG en Afrikaanse Kultuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 04:56:29 MGT 2024