Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Arme prokureurs
Arme prokureurs [boodskap #70519] |
Fri, 13 December 2002 07:04  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Prokureur in Johannesburg is in hegtenis geneem vir bedrog met die
padongeluksfonds vir 11miljoen. 'n Ander prokureur het betyds gevlug.
Die vraag is natuurlik hoekom daar 'n prokureur nodig is om 'n eis in te
dien .
Mens het tog nie 'n prokureur nodig om te eis teen versekering nie?
Annette
|
|
|
|
|
|
Re: Arme prokureurs [boodskap #70548 is 'n antwoord op boodskap #70547] |
Fri, 13 December 2002 17:45   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> My indruk is dat prokureurs se reputasie hul ingehaal het. Mense vertrou
> hulle nie - maar, feit van die saak is bloot dat wanneer jy met regsgedinge
> gekonfronteer word, is jy uitgelewer aan die manne van Aasvoëllaan
Ek het 'n seun wat 'n prokureur is, so ek is
miskien bevooroordeel. Maar ek dink dat mense
wat in die Wet werk, een van die beste dinge is
wat 'n mens in jou lewe kan raakloop. Luister
maar hoe mense van "my lawyer" praat asof dit
hulle veiligheidskombersie is. Mense wat min of
gladnie 'n prokureur gebruik nie, sal ewe kontant
sê dat "I am going to see my lawyer about that."
'n Prokureur is 'n kruis tussen 'n sielkundige en
'n maatskaplike werker vir meeste mense.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Arme prokureurs [boodskap #70596 is 'n antwoord op boodskap #70586] |
Sat, 14 December 2002 14:52   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
> Seker hoekom my pappie na sy eerste jaar opgehou het om regte te swat. Hy's
> hopeloos te eerlik en eties om 'n prokureur te wees.
Asseblief. Ons is nie onder die kalkoen
uitgebroei nie. Meeste van ons weet waarom
iemand na sy eerste jaar ophou om in sy
verkose rigting te studeer. Op Stellenbosch
was dit, in die geval van regstudente,
gewoonlik omdat hulle nie die nodige predikate
gehad het in Latyn en Romeins-Hollandse Reg
of soiets nie. Ek dink hulle het nou nie meer
nodig om Latyn te doen in SA nie. Hier in
Kanada word dit nie vereis nie. (Ons seun het
dit wel gedoen in sy ondergraadse keuses. Hier
doen mens eers 'n eerste graad vir vier jaar
en gaan dan gewoonlik na 'n ander universiteit
wat beroemd is vir sy wets-departement om jou
LLB te doen vir nog drie jaar. En as jy in beide
Quebec en die res van Kanada wil praktiseer, dan
doen jy nog 'n jaar, want Quebec het 'n ander
regstelsel. En as jy dan nog in die VSA wil praktiseer
ook, moet jy die kwalifiserende eksamen aflê vir die
staat waarin jy wil praktiseer. Alleen mense met
hare op hul tande word wetsgeleerdes hier, en ek neem
aan in SA ook. En hulle is gewoonlik eerlike mense.
En hulle betaal 'n hele klomp "malpractice insurance"
net om hulle klieënte te vrywaar teen foute wat
gemaak kan word.) Mense wat wetsgeleerdes afmaak as
oneerlik en oneties, is naief en meestal agteraf. Daar
is onetiese prokureurs. Maar daar is ook sulke dokters,
sulke onderwysers, sulke priesters.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Arme prokureurs [boodskap #70600 is 'n antwoord op boodskap #70596] |
Sat, 14 December 2002 16:49   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Asseblief, jy weet nie waarvan jy praat nie. My pa het in die eerste plek
regte gaan swat omdat my oupa vir hom gesê het hy moes. My pa het eenvoudig
nie van die kursus gehou nie, en na 'n jaar opgeskop. Hy's weermag toe, en
was daar tot in die vroeë 80's. Toe hy terugkom, het hy deeltyd Siviele
Ingeneurswese gaan swat, terwyl hy nog steeds "op roep" was, en hy nogal
gereeld ingeroep is deur die weermag om wag te gaan staan by Sasol. Hy't
dit alles gedoen en nog steed voltyds gewerk. Dit vat baie guts.
So voordat jy weer jou bek rek en praat oor dinge waarvan jy nie weet nie,
kry jou feite reg en hou jou mond van my pa af.
Elaine
wrote:
>
> Asseblief. Ons is nie onder die kalkoen
> uitgebroei nie. Meeste van ons weet waarom
> iemand na sy eerste jaar ophou om in sy
> verkose rigting te studeer. Op Stellenbosch
> was dit, in die geval van regstudente,
> gewoonlik omdat hulle nie die nodige predikate
> gehad het in Latyn en Romeins-Hollandse Reg
> of soiets nie.
|
|
|
Re: Arme prokureurs [boodskap #70602 is 'n antwoord op boodskap #70519] |
Sat, 14 December 2002 17:43   |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Annette
> 'n Prokureur is in hegtenis geneem vir bedrog met die
> padongeluksfonds vir 11miljoen. 'n Ander het betyds gevlug.
> Mens het tog nie 'n prokureur nodig om te eis teen versekering nie?
Wouter
Ek is self nie lief vir prokureurs nie, veral nie akteprokureurs
nie. Die oordrag van eiendomme is tipies die moneyspinner
van elke regsfirma, maar die werk word deur junior mense
opgemors terwyl jy professionele fooie moet betaal vir
eenvoudige werk, net omdat dit deur die wet verskans word.
Ek is nie heeltemaal seker nie, maar ek vermoed die sogenaamde
padongeluksfonds is dieselfde ding as die ou MVA-fonds,
waarteen sogenaamde derdeparty-eise gerig word.
Dis nie gewone versekering nie, dit dek grootliks jou verlies aan
potensiële inkomste en daarvoor het jy tipies 'n opinie van 'n
medikus of twee en 'n berekening deur 'n aktuaris saamgevat
in 'n voorlegging deur 'n prokureur nodig. Die prokureur besluit
wat nodig is en lê dit namens jou voor. Daarsonder gaan jy
waarskynlik niks uit die fonds kry nie, want hulle sit met dieselfde
kundiges en soek vir redes om eise te weier. Doen hulle dit nie,
gaan hulle baie vinnig bankrot en/of die heffing op die petrolprys
gaan deur die dak.
Daar is heel dikwels hofsake en nog meer dikwels skikkings waar
die opinie oor die graad van ongeskiktheid en dus verwagte
verlies aan inkomste verskil. Ek reken hierdie is een van die
areas waar prokureurs hulle geld verdien, of dan minste 'n
deel daarvan.
|
|
|
|
|
Re: Arme prokureurs [boodskap #70610 is 'n antwoord op boodskap #70606] |
Sat, 14 December 2002 22:35   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
> Jy moenie so praat nie. Tannie Gloudina se mond trek al klaar saam asof sy
> 'n suurpruim geëet het. Dink net hoe lyk haar mond nou!
>> Vraag:
>> Jy en 'n prokureur word in 'n grot vasgekeer saam met
>> 'n slang, 'n leeumannetjie en 'n tierwyfie. Jy het 'n
>> geweer, maar net twee koeëls. Wat doen jy?
>> Antwoord
>> Jy skiet die prokureur, twee keer.
As jy wetsgeleerdes ken, Elaine, sal jy
weet dat meeste van hierdie grappe deur
die wetsgeleerdes self uitgedink word.
Net soos die meeste "Joodse grappe" deur
Jode gemaak word.
Tant Hessie van der Merwe
|
|
|
Re: Arme prokureurs [boodskap #70613 is 'n antwoord op boodskap #70600] |
Sun, 15 December 2002 01:43   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
> My pa het in die eerste plek
> regte gaan swat omdat my oupa vir hom gesê het hy moes. My pa het eenvoudig
> nie van die kursus gehou nie, en na 'n jaar opgeskop. Hy's weermag toe
So hoekom sê jy aanvanklik dat hy te eties
en eerlik was en daarom opgehou het om vir
prokureur te studeer? Ek dink nie sy dogter
is baie eties en eerlik as sy dinge so
misrepresenteer nie, is sy nou? Daar is ook
prokureurs nodig in die weermag, weet jy?
Ten minste in die Kanadese weermag.
Tant Hessie de Wet
|
|
|
|
|
|
|
Re: Arme prokureurs [boodskap #71259 is 'n antwoord op boodskap #70596] |
Fri, 03 January 2003 02:53   |
Joe[1]
Boodskappe: 36 Geregistreer: December 2002
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Glo jy werklik wat jy hier in die laaste deel skryf ...? Jy is werklik
baie naief as jy dit glo!
.....Alleen mense met
> hare op hul tande word wetsgeleerdes hier, en ek neem
> aan in SA ook. En hulle is gewoonlik eerlike mense.
> En hulle betaal 'n hele klomp "malpractice insurance"
> net om hulle kliënte te vrywaar teen foute wat
> gemaak kan word.) Mense wat wetsgeleerdes afmaak as
> oneerlik en oneties, is naief en meestal agteraf
skryf in boodskap news:3DFB46A8.7090602@rogers.com...
>
> Elaine wrote:
>
>> Seker hoekom my pappie na sy eerste jaar opgehou het om regte te swat. Hy's
>> hopeloos te eerlik en eties om 'n prokureur te wees.
>
> Asseblief. Ons is nie onder die kalkoen
> uitgebroei nie. Meeste van ons weet waarom
> iemand na sy eerste jaar ophou om in sy
> verkose rigting te studeer. Op Stellenbosch
> was dit, in die geval van regstudente,
> gewoonlik omdat hulle nie die nodige predikate
> gehad het in Latyn en Romeins-Hollandse Reg
> of soiets nie. Ek dink hulle het nou nie meer
> nodig om Latyn te doen in SA nie. Hier in
> Kanada word dit nie vereis nie. (Ons seun het
> dit wel gedoen in sy ondergraadse keuses. Hier
> doen mens eers 'n eerste graad vir vier jaar
> en gaan dan gewoonlik na 'n ander universiteit
> wat beroemd is vir sy wets-departement om jou
> LLB te doen vir nog drie jaar. En as jy in beide
> Quebec en die res van Kanada wil praktiseer, dan
> doen jy nog 'n jaar, want Quebec het 'n ander
> regstelsel. En as jy dan nog in die VSA wil praktiseer
> ook, moet jy die kwalifiserende eksamen aflê vir die
> staat waarin jy wil praktiseer. Alleen mense met
> hare op hul tande word wetsgeleerdes hier, en ek neem
> aan in SA ook. En hulle is gewoonlik eerlike mense.
> En hulle betaal 'n hele klomp "malpractice insurance"
> net om hulle kliënte te vrywaar teen foute wat
> gemaak kan word.) Mense wat wetsgeleerdes afmaak as
> oneerlik en oneties, is naief en meestal agteraf. Daar
> is onetiese prokureurs. Maar daar is ook sulke dokters,
> sulke onderwysers, sulke priesters.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Arme prokureurs [boodskap #71260 is 'n antwoord op boodskap #71259] |
Fri, 03 January 2003 04:21   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Joe wrote:
> Glo jy werklik wat jy hier in die laaste deel skryf ...? Jy is werklik
> baie naief as jy dit glo!
Mense wat wetsgeleerdes afmaak as
>> oneerlik en oneties, is naief en meestal agteraf
Ja, du Plessis. Natuurlik glo ek dit.
En wat sit jy so in die middel van die
nag op die nuusgroep en doen? Kan jy nie
slaap nie? Pla jou gewete vir jou?
Tant Hessie
|
|
|
|
Re: Arme prokureurs [boodskap #71271 is 'n antwoord op boodskap #71262] |
Fri, 03 January 2003 13:48   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
> Jislaaik julle twee se gevryery neem darem uiterstes aan! Wat se soort
> afwyking is dit?
>> Joe wrote:
>>> Glo jy werklik wat jy hier in die laaste deel skryf ...? Jy is werklik
>>> baie naief as jy dit glo!
>
>> Mense wat wetsgeleerdes afmaak as
>>>> oneerlik en oneties, is naief en meestal agteraf
Haai, ek vang nou eers die punt. (DÃs
nou 'n anglisisme, Elaine.) Laat ek dit
dus anders stel: "Mens wat wetsgeleerdes
UITMAAK as oneerlik en oneties, is naief
en meestal agteraf."
Gloudina
|
|
|
|
Re: Arme prokureurs [boodskap #71274 is 'n antwoord op boodskap #71272] |
Fri, 03 January 2003 22:12   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ag nee wat, ek glo dat meeste prokureurs en advokate eerlike mense is, dis
eindelik rerig jammer dat 'n handjievol almal se naam sleg maak. Ek self
gaan hierdie jaar weer begin swat, en my eerste keuse was regte, na 'n lang
gewik en weeg het ek maar besluit om liewers 'n ander kursus te volg, juis
omdat regte so lank sal vat voordat ek kan praktiseer, wat nog te sê in die
hof kan verskyn. Om uiteindelik 'n advokaat te word vat harde werk en
deursettingsvermoë, so moenie alle advokate en prokureurs te gou oordeel
omdat 10% van hulle verrot is nie Ek haal my hoed af vir hulle.
Groete
Elaine
"Suidwester" skryf in boodskap news:3e159f4e.0@news1.mweb.co.za...
> Ooh Antie, ek sal darem vir jou 'n paar besigheidsmense kan bring wat te
> doene gehad het met prokureurs en advokate en as mens die tyd van
> konsultasie in ag neem, dan betaal jy duisende per uur vir baie keer dat
> daar nie veel gebeur nie. Kyk net na skuld.....om jou geld via 'n
> prokureur uit iemand te kry is eintlik amper 'n onbegonne taak. Die
> prokureur kry alles op die ou einde! Nee wat, ek hou by hulle verby as ek
> dit enigsins kan help.
|
|
|
|
Re: Arme prokureurs [boodskap #71282 is 'n antwoord op boodskap #71274] |
Sat, 04 January 2003 06:08   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
OK, die meeste van die tyd grap ons daaroor, maar ek het toe gister met twee
manne gesels wat hier op ons dorp vakansie hou. Die een is 'n advokaat wat
in belastingsake spesialiseer en hy kom daar uit julle wêreld en die ander
een is een wat op 45 genoeg geld gemaak het om twee plase kontant te besit
en nou afgetree het.....of rustende vennoot in sy praktyk is. Op my vraag
of regsmense skelm is, het beide gelag en gesê dat die woord skelm wees
inherent deel is van 'n regsgeleerde se beroep. Hulle reken om 'n skelm
vas te kan trek, moet jy meer skelm kan wees. Hulle sê verder dat dit
uiters moeilik is om met al daai moerse lot vertroulike inligting te sit
elke dag en nie persoonlike gewin daardeur te genereer nie. Die een ou sê
selfs dat as jy vir hom 'n eerlike regsgeleerde kan bring wat verby die
aanklaerstadium is en in sy eie praktyk staan en NIE die reëls binne die
reëls buig nie, slaat hy vrek neer!
"Elaine" skryf in boodskap news:3e160ad0.0@news1.mweb.co.za...
> Ag nee wat, ek glo dat meeste prokureurs en advokate eerlike mense is, dis
> eindelik rerig jammer dat 'n handjievol almal se naam sleg maak. Ek self
> gaan hierdie jaar weer begin swat, en my eerste keuse was regte, na 'n lang
> gewik en weeg het ek maar besluit om liewers 'n ander kursus te volg, juis
> omdat regte so lank sal vat voordat ek kan praktiseer, wat nog te sê in die
> hof kan verskyn. Om uiteindelik 'n advokaat te word vat harde werk en
> deursettingsvermoë, so moenie alle advokate en prokureurs te gou oordeel
> omdat 10% van hulle verrot is nie Ek haal my hoed af vir hulle.
>
> Groete
> Elaine
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e159f4e.0@news1.mweb.co.za...
>> Ooh Antie, ek sal darem vir jou 'n paar besigheidsmense kan bring wat te
>> doene gehad het met prokureurs en advokate en as mens die tyd van
>> konsultasie in ag neem, dan betaal jy duisende per uur vir baie keer dat
>> daar nie veel gebeur nie. Kyk net na skuld.....om jou geld via 'n
>> prokureur uit iemand te kry is eintlik amper 'n onbegonne taak. Die
>> prokureur kry alles op die ou einde! Nee wat, ek hou by hulle verby as
> ek
>> dit enigsins kan help.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 30 12:34:11 UTC 2025
|