Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » TAAL + KERK + KULTUUR
TAAL + KERK + KULTUUR [boodskap #7008] |
Fri, 16 August 1996 00:00  |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: May 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek weet nie wie het dit geskryf nie.
My ma het my die mooi gedig gestuur, met 'n nota:
"'n Griekwa se weergawe van Ps 121"
==================================
Ek slat my twee oge op,
my kyk vang die verste kop:
waavanaf sal my hulp nou kom ?
my hulp is vannie Jirre,
- van Hom -
Hy't nou jimmel an
Prieska gekom maak. Sonner
lat jou voete klipperse raak
is Hy skoene agterrie skaap.
Hy dink nooit eers oor slaap.
Sontyd is hy hoed op jou kop,
innie nag hou hy gevaarlikheid dop.
Hy's mos nou da om jou op te pas,
jou siel hou hy tussen jou ribbes vas.
Gan jy nou in of gaan jy nou yt
Hy's oor jou vir ewig an vir altyd.
--------------------
Dit is 'n weergawe van die psalm uit die volksmond.
En watter juweel is dit nie !!
Stof jou bybel af en lees gerus ook die oorspronklike.
Die Afrikaanse bybel is natuurlik 'n triomf vir ons taal,
met 'n lang geskiedenis. Maar party ou mense het nog lank die Nederlandse
bybel gelees, wou nie die Afrikaanse een aanvaar nie.
Om die bybel in Afrikaans te he^ was in om 'n hoeksteen vir sy kultuur
te le^. Die atteiste onder ons wat nie bybel lees nie is wat my betref
kultureel arm, om van geestelik arm nie te praat nie!.
Terloops: Ek wonder of die Nederlanders probleme het
met die taal in die gedig?.
Vriendelike groete
|
|
|
|
Re: TAAL + KERK + KULTUUR [boodskap #7034 is 'n antwoord op boodskap #7008] |
Sun, 18 August 1996 00:00   |
M. Elizabeth Theron
Boodskappe: 5 Geregistreer: June 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Dis kostelik Galjoen! Baie dankie vir jou moeite om dit vir ons te
plaas. Ek het begin om vir my 'n bundel te maak van al die goed wat ek
in hierdie groep kry. (Miskien sal ek tog die een van die brommer ook
print.)
Stuur nog. Dis heelwat meer vermaaklik as partymense se gekyf - en ek
wil nou liewer nie name noem nie!
Linkie Theron,
West Palm Beach.
gal...@ibm.net wrote:
>
> Ek weet nie wie het dit geskryf nie.
> My ma het my die mooi gedig gestuur, met 'n nota:
>
> "'n Griekwa se weergawe van Ps 121"
> ==================================
>
> Ek slat my twee oge op,
> my kyk vang die verste kop:
> waavanaf sal my hulp nou kom ?
> my hulp is vannie Jirre,
> - van Hom -
> Hy't nou jimmel an
> Prieska gekom maak. Sonner
> lat jou voete klipperse raak
> is Hy skoene agterrie skaap.
> Hy dink nooit eers oor slaap.
> Sontyd is hy hoed op jou kop,
> innie nag hou hy gevaarlikheid dop.
> Hy's mos nou da om jou op te pas,
> jou siel hou hy tussen jou ribbes vas.
> Gan jy nou in of gaan jy nou yt
> Hy's oor jou vir ewig an vir altyd.
> --------------------
>
> Dit is 'n weergawe van die psalm uit die volksmond.
> En watter juweel is dit nie !!
> Stof jou bybel af en lees gerus ook die oorspronklike.
> Die Afrikaanse bybel is natuurlik 'n triomf vir ons taal,
> met 'n lang geskiedenis. Maar party ou mense het nog lank die Nederlandse
> bybel gelees, wou nie die Afrikaanse een aanvaar nie.
> Om die bybel in Afrikaans te he^ was in om 'n hoeksteen vir sy kultuur
> te le^. Die atteiste onder ons wat nie bybel lees nie is wat my betref
> kultureel arm, om van geestelik arm nie te praat nie!.
> Terloops: Ek wonder of die Nederlanders probleme het
> met die taal in die gedig?.
>
>
> Vriendelike groete
|
|
|
|
|
Re: TAAL + KERK + KULTUUR [boodskap #7078 is 'n antwoord op boodskap #7008] |
Wed, 21 August 1996 00:00  |
Robert Brunwin de Jong
Boodskappe: 4 Geregistreer: February 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article ,
"M. Elizabeth Theron" wrote:
"> Terloops: Ek wonder of die Nederlanders probleme het
"> met die taal in die gedig?.
Wel een beetje, sommige woorden kan ik niet thuisbrengen. Maar ik vind de
'klank' van deze psalm prachtig, en in "my hulp is vannie Jirre" klinkt
""Jirre" als het Friese woord voor de Heer.
Heerlijk, overigens, om zulk Afrikaans in deze nieuwsgroep te mogen lezen!
Vriendelijke groet uit Nederland.
Robert Brunwin de Jong
Robert Brunwin de Jong, in Sociology, Journalism, Public Information and the training of broadcasters. The Netherlands (31) 70 511 1841 for voice and (31) 70 517 6878 for faxes. EMail: bru...@bart.nl
|
|
|
Re: TAAL + KERK + KULTUUR [boodskap #7079 is 'n antwoord op boodskap #7008] |
Wed, 21 August 1996 00:00  |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
gal...@ibm.net wrote:
>>[/color]
Sorry om stupid te wees maar dit is vir my 'n suiwer gedig. En een
van die mooistes in 'n lang tyd.
(Dylan Thomas in the woestyn?)
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Mar 12 22:42:17 UTC 2025
|