Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lees die boodskap hierin...
Lees die boodskap hierin... [boodskap #69931] Di, 03 Desember 2002 07:22 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hulle vra net 'n 'ramp'

Sowat tien jaar gelede het 'n vriend tydens die Suid-Afrikaanse
Menseredding-kampioenskap in Amanzimtoti in 'n sandbank vasgeduik.

Hy is van sy bors af ondertoe verlam.

Dié kranige swemmer en menseredder - sy naam is Harry Bell (van
Somerset-Wes) - het binne oomblikke geweet hy is verlam.

Kort ná sy duikslag het hy hom in die vlak water voel dryf. Hy kon die
seesand onder hom sien en het geweet hy moet omdraai vir asem. Maar hy
kon nie.
Gelukkig vir Harry het twee ander deelnemers hom sien dryf en uit die
water gered. Met slap bene en arms wat hang is hy na die strand gedra.
Dinsdag is die internasionale dag vir mense met gestremdhede. Dinsdag
moet mense wat nie gestrem is nie, ons afvra in hoe 'n mate gee ons
mense soos Harry ruimte vir asemhaal, of kyk ons net vas in hul
"andersheid" van bene en arms wat hang? Of glad nie daar is nie?

'n Paar jaar ná daardie dag in Amanzimtoti ontmoet ek Harry vir die
eerste keer in Stellenbosch. Hy sit in sy rolstoel en as
eerstejaarstudent in die manskoshuis Wilgenhof loer hy - soos enige
ander nuweling - met groot oë na sy nuwe tuiste.

Hoe gemaak met 'n man in 'n rolstoel? Hanteer jy hom anders? Hou jy
hom eenkant sodat hy "nie verder seerkry nie"?

Dít sou die verkeerdste ding wees om te doen. Harry is jare gelede
verlam; om hom nou wéér van voor af te "verlam", sou 'n groot flater
wees.

Só het Harry - soos verskeie ander gestremdes voor hom - deel geword
van "die plek". Hy het vinnig-vinnig 'n oprit voor sy kamer gekry met
die woorde "Harry se ramp" in die nat sement geskryf.

Stadigaan het dinge vir 'n mens begin sin maak: al die ramps in die
koshuis met die een of ander "ouman" se naam daarop. Manne wat bloot
oumanne was, nie "gestremde" oumanne nie.

Vir iemand wat nog nooit met gestremdes te doen gehad het nie, was jy
dan uiteraard blootgestel aan 'n verskeidenheid van poetse en grappe.

'n Blinde huismaat vertel hoe hy eenkeer op 'n rasper in sy kamer
afgekom het. "Dit was die wreedste boek wat ek tot nog toe gelees
het," sê hy.
Dieselfde vriend staan en sing in die koshuis se storte.
Niksvermoedend stap jy die wasgeriewe binne. In plaas daarvan dat hy
jou vra om die seep aan te gee, kyk hy met daardie vlesige holtes na
jou kant en vra: "Het jy dalk my oë gesien?"

Maar veel meer as studentikose grappe of universiteitsverhale van dié
manne wat een van die boys geword het, gaan dit om mense as mense te
ag.

"Die oordadige respek waarmee mense my soms behandel... Dan is dit vir
my die ergste wanneer iemand in 'n restaurant vir my metgesel vra:
'Neem hy suiker?'" sê 'n ander vriend.

Om gestremdes in die daaglikse gang van die lewe in te skakel sonder
om "oordadige respek" aan die dag te lê óf neerbuigend te wees, is
iets waaroor mens doelbewus moet dink.

Watter reël sê gesiggestremdes moet telefoniste wees? Natuurlik is
alle gestremdes nie astrofisici soos Stephen Hawking nie - maar dit
geld mense sonder gebreke ook.

Wanneer ék, sonder enige gebreke, moet draai vir my 20ste lengte in
die swembad en dan halfpad voel hoe my spiere jellie word, staan ek
verleë en in absolute bewondering vir iemand soos die swemmer Natalie
du Toit.

Ons is tot soveel meer in staat, maar dikwels is dit hierdie
supermense wat vir ons as voorbeeld dien oor presies wáár die perke
lê.

Hulle het net 'n ramp nodig - 'n kans om mens te wees.

Soos 'n Time-joernalis vroeër gesê het oor die verlamde Christopher
Reeve, die Amerikaanse akteur wat bekendheid verwerf het as Superman:
"As ons almal maar so gestremd was soos hy."

(Erkenning aan Jo Prins van Beeld)
Re: Lees die boodskap hierin... [boodskap #69932 is 'n antwoord op boodskap #69931] Di, 03 Desember 2002 07:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Is dit nou vandag se Dinsdag wat gestremde dag is?
Ek het geen probleme met gestremdes nie - praat selfs nie eens harder met
die in rolstoele nie:))
Hier in die Kaap is 'n blinde advokaat wat baie goed doen.

Ek dink baie keer aan gestremde mense wanneer ek in plekker soos die
Waterfront rondloop waar daar min hysbakke is - maar gelukkig darem - en
waar goed gedurig verander en geskuif word.
Selfs in huise is 'n rolstoel 'n probleem - die gewone deuropening en die
gewone rolstoel werk nie mooi uit nie.
Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0212022322.19ef50ef@posting.google.com...
> Hulle vra net 'n 'ramp'
>
> Sowat tien jaar gelede het 'n vriend tydens die Suid-Afrikaanse
> Menseredding-kampioenskap in Amanzimtoti in 'n sandbank vasgeduik.
>
> Hy is van sy bors af ondertoe verlam.
>
> Dié kranige swemmer en menseredder - sy naam is Harry Bell (van
> Somerset-Wes) - het binne oomblikke geweet hy is verlam.
>
> Kort ná sy duikslag het hy hom in die vlak water voel dryf. Hy kon die
> seesand onder hom sien en het geweet hy moet omdraai vir asem. Maar hy
> kon nie.
> Gelukkig vir Harry het twee ander deelnemers hom sien dryf en uit die
> water gered. Met slap bene en arms wat hang is hy na die strand gedra.
> Dinsdag is die internasionale dag vir mense met gestremdhede. Dinsdag
> moet mense wat nie gestrem is nie, ons afvra in hoe 'n mate gee ons
> mense soos Harry ruimte vir asemhaal, of kyk ons net vas in hul
> "andersheid" van bene en arms wat hang? Of glad nie daar is nie?
>
> 'n Paar jaar ná daardie dag in Amanzimtoti ontmoet ek Harry vir die
> eerste keer in Stellenbosch. Hy sit in sy rolstoel en as
> eerstejaarstudent in die manskoshuis Wilgenhof loer hy - soos enige
> ander nuweling - met groot oë na sy nuwe tuiste.
>
> Hoe gemaak met 'n man in 'n rolstoel? Hanteer jy hom anders? Hou jy
> hom eenkant sodat hy "nie verder seerkry nie"?
>
> Dít sou die verkeerdste ding wees om te doen. Harry is jare gelede
> verlam; om hom nou w��r van voor af te "verlam", sou 'n groot flater
> wees.
>
> Sê het Harry - soos verskeie ander gestremdes voor hom - deel geword
> van "die plek". Hy het vinnig-vinnig 'n oprit voor sy kamer gekry met
> die woorde "Harry se ramp" in die nat sement geskryf.
>
> Stadigaan het dinge vir 'n mens begin sin maak: al die ramps in die
> koshuis met die een of ander "ouman" se naam daarop. Manne wat bloot
> oumanne was, nie "gestremde" oumanne nie.
>
> Vir iemand wat nog nooit met gestremdes te doen gehad het nie, was jy
> dan uiteraard blootgestel aan 'n verskeidenheid van poetse en grappe.
>
> 'n Blinde huismaat vertel hoe hy eenkeer op 'n rasper in sy kamer
> afgekom het. "Dit was die wreedste boek wat ek tot nog toe gelees
> het," sê hy.
> Dieselfde vriend staan en sing in die koshuis se storte.
> Niksvermoedend stap jy die wasgeriewe binne. In plaas daarvan dat hy
> jou vra om die seep aan te gee, kyk hy met daardie vlesige holtes na
> jou kant en vra: "Het jy dalk my oë gesien?"
>
> Maar veel meer as studentikose grappe of universiteitsverhale van dié
> manne wat een van die boys geword het, gaan dit om mense as mense te
> ag.
>
> "Die oordadige respek waarmee mense my soms behandel... Dan is dit vir
> my die ergste wanneer iemand in 'n restaurant vir my metgesel vra:
> 'Neem hy suiker?'" sê 'n ander vriend.
>
> Om gestremdes in die daaglikse gang van die lewe in te skakel sonder
> om "oordadige respek" aan die dag te lê óf neerbuigend te wees, is
> iets waaroor mens doelbewus moet dink.
>
> Watter reël sê gesiggestremdes moet telefoniste wees? Natuurlik is
> alle gestremdes nie astrofisici soos Stephen Hawking nie - maar dit
> geld mense sonder gebreke ook.
>
> Wanneer ék, sonder enige gebreke, moet draai vir my 20ste lengte in
> die swembad en dan halfpad voel hoe my spiere jellie word, staan ek
> verleë en in absolute bewondering vir iemand soos die swemmer Natalie
> du Toit.
>
> Ons is tot soveel meer in staat, maar dikwels is dit hierdie
> supermense wat vir ons as voorbeeld dien oor presies w��r die perke
> lê.
>
> Hulle het net 'n ramp nodig - 'n kans om mens te wees.
>
> Soos 'n Time-joernalis vroeër gesê het oor die verlamde Christopher
> Reeve, die Amerikaanse akteur wat bekendheid verwerf het as Superman:
> "As ons almal maar so gestremd was soos hy."
>
>
> (Erkenning aan Jo Prins van Beeld)
Re: Lees die boodskap hierin... [boodskap #69966 is 'n antwoord op boodskap #69931] Di, 03 Desember 2002 15:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> 'n Blinde huismaat vertel hoe hy eenkeer op 'n rasper in sy kamer
> afgekom het. "Dit was die wreedste boek wat ek tot nog toe gelees
> het," sê hy.

Hier en daar beny jy hulle soms. Ek het 'n
blinde klasmaat in die Senior Onderwys
Diploma-kursus op Stellenbosch vergesel, en
dus altyd langs haar gesit. Ek wonder of die
professore wat soms sulke oninteressante
lesings gegee het, geweet het dat Connie 'n
lekker roman in braille op haar skoot sit
en lees.

Gloudina
Re: Lees die boodskap hierin... [boodskap #69998 is 'n antwoord op boodskap #69931] Wo, 04 Desember 2002 04:53 Na vorige boodskap
Pieter[2]  is tans af-lyn  Pieter[2]
Boodskappe: 95
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Self eendag op Tuks se berugte Margate week in die bodem vasgeduik. Gelukkig
vir my was die paaartjie al lank aan so die lyf het maar saamgespeel. Het
egter vir 'n week met 'n stywe nek geloop.

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0212022322.19ef50ef@posting.google.com...
> Hulle vra net 'n 'ramp'
>
> Sowat tien jaar gelede het 'n vriend tydens die Suid-Afrikaanse
> Menseredding-kampioenskap in Amanzimtoti in 'n sandbank vasgeduik.
>
> Hy is van sy bors af ondertoe verlam.
>
> Dié kranige swemmer en menseredder - sy naam is Harry Bell (van
> Somerset-Wes) - het binne oomblikke geweet hy is verlam.
>
> Kort ná sy duikslag het hy hom in die vlak water voel dryf. Hy kon die
> seesand onder hom sien en het geweet hy moet omdraai vir asem. Maar hy
> kon nie.
> Gelukkig vir Harry het twee ander deelnemers hom sien dryf en uit die
> water gered. Met slap bene en arms wat hang is hy na die strand gedra.
> Dinsdag is die internasionale dag vir mense met gestremdhede. Dinsdag
> moet mense wat nie gestrem is nie, ons afvra in hoe 'n mate gee ons
> mense soos Harry ruimte vir asemhaal, of kyk ons net vas in hul
> "andersheid" van bene en arms wat hang? Of glad nie daar is nie?
>
> 'n Paar jaar ná daardie dag in Amanzimtoti ontmoet ek Harry vir die
> eerste keer in Stellenbosch. Hy sit in sy rolstoel en as
> eerstejaarstudent in die manskoshuis Wilgenhof loer hy - soos enige
> ander nuweling - met groot oë na sy nuwe tuiste.
>
> Hoe gemaak met 'n man in 'n rolstoel? Hanteer jy hom anders? Hou jy
> hom eenkant sodat hy "nie verder seerkry nie"?
>
> Dít sou die verkeerdste ding wees om te doen. Harry is jare gelede
> verlam; om hom nou w��r van voor af te "verlam", sou 'n groot flater
> wees.
>
> Sê het Harry - soos verskeie ander gestremdes voor hom - deel geword
> van "die plek". Hy het vinnig-vinnig 'n oprit voor sy kamer gekry met
> die woorde "Harry se ramp" in die nat sement geskryf.
>
> Stadigaan het dinge vir 'n mens begin sin maak: al die ramps in die
> koshuis met die een of ander "ouman" se naam daarop. Manne wat bloot
> oumanne was, nie "gestremde" oumanne nie.
>
> Vir iemand wat nog nooit met gestremdes te doen gehad het nie, was jy
> dan uiteraard blootgestel aan 'n verskeidenheid van poetse en grappe.
>
> 'n Blinde huismaat vertel hoe hy eenkeer op 'n rasper in sy kamer
> afgekom het. "Dit was die wreedste boek wat ek tot nog toe gelees
> het," sê hy.
> Dieselfde vriend staan en sing in die koshuis se storte.
> Niksvermoedend stap jy die wasgeriewe binne. In plaas daarvan dat hy
> jou vra om die seep aan te gee, kyk hy met daardie vlesige holtes na
> jou kant en vra: "Het jy dalk my oë gesien?"
>
> Maar veel meer as studentikose grappe of universiteitsverhale van dié
> manne wat een van die boys geword het, gaan dit om mense as mense te
> ag.
>
> "Die oordadige respek waarmee mense my soms behandel... Dan is dit vir
> my die ergste wanneer iemand in 'n restaurant vir my metgesel vra:
> 'Neem hy suiker?'" sê 'n ander vriend.
>
> Om gestremdes in die daaglikse gang van die lewe in te skakel sonder
> om "oordadige respek" aan die dag te lê óf neerbuigend te wees, is
> iets waaroor mens doelbewus moet dink.
>
> Watter reël sê gesiggestremdes moet telefoniste wees? Natuurlik is
> alle gestremdes nie astrofisici soos Stephen Hawking nie - maar dit
> geld mense sonder gebreke ook.
>
> Wanneer ék, sonder enige gebreke, moet draai vir my 20ste lengte in
> die swembad en dan halfpad voel hoe my spiere jellie word, staan ek
> verleë en in absolute bewondering vir iemand soos die swemmer Natalie
> du Toit.
>
> Ons is tot soveel meer in staat, maar dikwels is dit hierdie
> supermense wat vir ons as voorbeeld dien oor presies w��r die perke
> lê.
>
> Hulle het net 'n ramp nodig - 'n kans om mens te wees.
>
> Soos 'n Time-joernalis vroeër gesê het oor die verlamde Christopher
> Reeve, die Amerikaanse akteur wat bekendheid verwerf het as Superman:
> "As ons almal maar so gestremd was soos hy."
>
>
> (Erkenning aan Jo Prins van Beeld)
Vorige onderwerp: Andre P.Brink op BBC-TV
Volgende onderwerp: Desai Die Sê
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 01:42:47 MGT 2024