Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vraag aan Suidwester
Vraag aan Suidwester [boodskap #69895] Ma, 02 Desember 2002 11:14 na volgende boodskap
Pieter[2]  is tans af-lyn  Pieter[2]
Boodskappe: 95
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Wanner gaan die NA$ nie meer aan die rand gekoppel wees nie en wat is die
rede dt dit wel aan die rand gekoppel is.
Re: Vraag aan Suidwester [boodskap #69896 is 'n antwoord op boodskap #69895] Ma, 02 Desember 2002 12:26 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sover dit in my leke-kennis strek, verstaan ek dat die Rand en die Nam$ nie
gou ontkoppel sal raak nie en wel omdat die twee lande se ekonomië so nou
verwant is aan mekaar. Van die slim ouens reken dat dit tot Namibië se
voordeel sou wees om te ontkoppel aangesien die Rand baie ondergewaardeer
word, maar ek is nie so seker daarvan nie. Miskien is hierdie voorbehoud
van my baie sterk gekoppel aan die tradisionele 'ouboet'-gevoel wat ons wat
onder die SA-era grootgeword het, nog steeds het want ons het 'n dubbele
lojaliteit. Definitief is ek 'n Suidwester in hart en siel, maar ek 'n 'n
groot deel van my lewe gegee vir SA. Hoe sny mens jouself los?

"Pieter" skryf in boodskap news:3deb40cb$0$235@hades.is.co.za...
> Wanner gaan die NA$ nie meer aan die rand gekoppel wees nie en wat is die
> rede dt dit wel aan die rand gekoppel is.
>
Vorige onderwerp: " Ou brouery " deur JOHANN LODEWYK MARAIS
Volgende onderwerp: Wouter staan rokloos?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 03:02:40 MGT 2024