Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Herrie
Herrie [boodskap #69425] Di, 26 November 2002 08:32 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Potter 2 :
Dit begin hier te draai hierdie naweek.
Iemand daar ver wat dit al gesien het?
Van een klomp hoor ek dat dit beter is as die vorige prent, en van ander
weer dat dit swakker is.
Sal maar self moet gaan kyk.
Ek hoor dat mense wat bang is vir slange en spinnekoppe sal dink dis 'n
riller:)
Annette
Re: Herrie [boodskap #69445 is 'n antwoord op boodskap #69425] Di, 26 November 2002 11:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Daar moet êrens 'n webtuiste wees wat spesialiseer in fliek resensies - nie?
Laat weet...

"Annette" skryf in boodskap news:arvbl7$mh0ji$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Potter 2 :
> Dit begin hier te draai hierdie naweek.
> Iemand daar ver wat dit al gesien het?
> Van een klomp hoor ek dat dit beter is as die vorige prent, en van ander
> weer dat dit swakker is.
> Sal maar self moet gaan kyk.
> Ek hoor dat mense wat bang is vir slange en spinnekoppe sal dink dis 'n
> riller:)
> Annette
>
Re: Herrie [boodskap #69464 is 'n antwoord op boodskap #69445] Di, 26 November 2002 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
http://www.movies.co.za en jy kan by http://www.sterkinekor.com ook gaan
kyk - hulle gee ook resensies op die nuwe flieks wat daar by hulle draai.

Elaine

"Jonas" skryf in boodskap news:3de35c3f$0$228@hades.is.co.za...
> Daar moet êrens 'n webtuiste wees wat spesialiseer in fliek resensies - nie?
> Laat weet...
Re: Herrie [boodskap #69465 is 'n antwoord op boodskap #69425] Di, 26 November 2002 13:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, dis waar. Hierdie Harry het 'n waarskuwing aan ouers by. Die regisseur
het 'n groter begroting vir "special effects" gekry en het dit baie goed
aangewend. Persoonlik kan ek nie wag om die fliek te gaan kyk nie. Die
eerste een was effe van 'n teleurstellend.
Harry 2 is 2:45 minute lank. Miskien nader aan die boek as die eerste een.

Elaine

"Annette" skryf in boodskap news:arvbl7$mh0ji$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Potter 2 :
> Dit begin hier te draai hierdie naweek.
> Iemand daar ver wat dit al gesien het?
> Van een klomp hoor ek dat dit beter is as die vorige prent, en van ander
> weer dat dit swakker is.
> Sal maar self moet gaan kyk.
> Ek hoor dat mense wat bang is vir slange en spinnekoppe sal dink dis 'n
> riller:)
> Annette
Re: Herrie [boodskap #69540 is 'n antwoord op boodskap #69465] Wo, 27 November 2002 06:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
'n Spul snert volgens my.

"Elaine" skryf in boodskap news:3de37666.0@news1.mweb.co.za...
> Ja, dis waar. Hierdie Harry het 'n waarskuwing aan ouers by. Die regisseur
> het 'n groter begroting vir "special effects" gekry en het dit baie goed
> aangewend. Persoonlik kan ek nie wag om die fliek te gaan kyk nie. Die
> eerste een was effe van 'n teleurstellend.
> Harry 2 is 2:45 minute lank. Miskien nader aan die boek as die eerste een.
>
> Elaine
>
> "Annette" wrote in message
> news:arvbl7$mh0ji$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Potter 2 :
>> Dit begin hier te draai hierdie naweek.
>> Iemand daar ver wat dit al gesien het?
>> Van een klomp hoor ek dat dit beter is as die vorige prent, en van ander
>> weer dat dit swakker is.
>> Sal maar self moet gaan kyk.
>> Ek hoor dat mense wat bang is vir slange en spinnekoppe sal dink dis 'n
>> riller:)
>> Annette
>
Re: Herrie [boodskap #69555 is 'n antwoord op boodskap #69540] Wo, 27 November 2002 09:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Het jy al die boeke gelees? Dis baie oorspronklik en humoristies. Ek wag
al 2 jaar vir die 5de boek om te kyk wat met onse Harry gaan gebeur. Ek's
al besig om die eerste 4 weer te lees. Ek geniet Harry Potter gate uit.
Soos my ou anner helfde sê. Harry Potter laat 'n mens aan "magic" glo.

E

"Paul Van Straaten" skryf in boodskap news:as1qiu$pjq$3@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Spul snert volgens my.
Re: Herrie [boodskap #69557 is 'n antwoord op boodskap #69555] Wo, 27 November 2002 09:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het al 6 HP boeke gekoop.

Die eerste weer in Afrikaans omdat ek dit iewers verloor het, en die tweede
in Afrikaans omdat ek dit net een in Engels het.
Ek het die boeke ook baie genotvol gevind, sowel as die eerste rolprent.
Al die boeke gaan as geskenke aan mense veel jonger as ek:))

Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3de48d35.0@news1.mweb.co.za...
> Het jy al die boeke gelees? Dis baie oorspronklik en humoristies. Ek wag
> al 2 jaar vir die 5de boek om te kyk wat met onse Harry gaan gebeur. Ek's
> al besig om die eerste 4 weer te lees. Ek geniet Harry Potter gate uit.
> Soos my ou anner helfde sê. Harry Potter laat 'n mens aan "magic" glo.
>
> E
>
> "Paul Van Straaten" wrote in message
> news:as1qiu$pjq$3@ctb-nnrp2.saix.net...
>> 'n Spul snert volgens my.
>
Re: Herrie [boodskap #69561 is 'n antwoord op boodskap #69557] Wo, 27 November 2002 09:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het dit net in Engels. Ek glo nie dit maak saak of jy Harry in in
Afrikaans, Engels of Fanagalo lees nie, die "magic" sal nie verlore gaan
nie.

E

"Annette" skryf in boodskap news:as22oh$n91rj$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek het al 6 HP boeke gekoop.
>
> Die eerste weer in Afrikaans omdat ek dit iewers verloor het, en die tweede
> in Afrikaans omdat ek dit net een in Engels het.
> Ek het die boeke ook baie genotvol gevind, sowel as die eerste rolprent.
> Al die boeke gaan as geskenke aan mense veel jonger as ek:))
>
> Annette
Re: Herrie [boodskap #69564 is 'n antwoord op boodskap #69561] Wo, 27 November 2002 09:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee - die Afrikaanse vertaling is nogal heel vermaaklik - gee 'n dieper
dimensie aan die storie:))
- dis vir die kinders wat nog nie Engels kan lees nie.

Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3de49226.0@news1.mweb.co.za...
> Ek het dit net in Engels. Ek glo nie dit maak saak of jy Harry in in
> Afrikaans, Engels of Fanagalo lees nie, die "magic" sal nie verlore gaan
> nie.
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:as22oh$n91rj$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek het al 6 HP boeke gekoop.
>>
>> Die eerste weer in Afrikaans omdat ek dit iewers verloor het, en die
> tweede
>> in Afrikaans omdat ek dit net een in Engels het.
>> Ek het die boeke ook baie genotvol gevind, sowel as die eerste rolprent.
>> Al die boeke gaan as geskenke aan mense veel jonger as ek:))
>>
>> Annette
>
Re: Herrie [boodskap #69566 is 'n antwoord op boodskap #69564] Wo, 27 November 2002 11:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal bietjie kyk of ek die Afrikaanse boeke erens kan kry.

"Annette" skryf in boodskap news:as24fo$mrthc$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Nee - die Afrikaanse vertaling is nogal heel vermaaklik - gee 'n dieper
> dimensie aan die storie:))
> - dis vir die kinders wat nog nie Engels kan lees nie.
Re: Herrie [boodskap #69587 is 'n antwoord op boodskap #69540] Wo, 27 November 2002 16:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Paul Van Straaten" wrote:

> 'n Spul snert volgens my.

Waarom?
Re: Herrie [boodskap #69593 is 'n antwoord op boodskap #69555] Wo, 27 November 2002 18:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Nov 2002 11:15:15 +0200, "Elaine" wrote:

> Soos my ou anner helfde sê. Harry Potter laat 'n mens aan "magic" glo.
>
> E

Helfde van jou brief het spelfoute in:-)))

DD
Re: Herrie [boodskap #69596 is 'n antwoord op boodskap #69593] Wo, 27 November 2002 18:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

"Elaine" >
>
>> Soos my ou anner helfde sê. Harry Potter laat 'n mens aan "magic" glo.
>
> Helfde van jou brief het spelfoute in:-)))

Miskien het sy na haar wederhelf verwys,
so miskien is sy reg en jy het pampoen
op jou gesig, du Plessis. Laat tog maar
die reghelp met die spelling oor aan die
kundiges.

Tant Hessie van die Derde
Republiek se taalkomitee.
Re: Herrie [boodskap #69599 is 'n antwoord op boodskap #69596] Wo, 27 November 2002 19:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Nov 2002 18:57:58 GMT, "@rogers.com" wrote:

>> Helfde van jou brief het spelfoute in:-)))
>
> Miskien het sy na haar wederhelf verwys,
> so miskien is sy reg en jy het pampoen
> op jou gesig, du Plessis. Laat tog maar
> die reghelp met die spelling oor aan die
> kundiges.
>
> Tant Hessie van die Derde
> Republiek se taalkomitee.

Nie eens die helfde van haar brief kwalifiseer
vir 'n fout nie Bouwer, maar jy's 'n fout so groot
as wat jy is. (Ek dink jy's nog boonop 'n vet fout
ook!)

Oom Dawie van die finale sensorraad
Re: Herrie [boodskap #69604 is 'n antwoord op boodskap #69599] Wo, 27 November 2002 21:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

Bouwer, maar jy's 'n fout so groot
> as wat jy is. (Ek dink jy's nog boonop 'n vet fout
> ook!)

Wel, du Plessis, ek dink nie mense dink
aan my as oorgewig nie, maar ek het ook
maar oor die jare die spreekwoordelike
10 lb vir elke kind swaarder geword, totdat
ek ook maar 40 swaarder was as die slanke
gewig wat ek gehad het toe ek in my twintig-
jare was. Maar nou onlangs het ek begin met
'n absoluut foolproof dieet, wat my alreeds
oor die tien pond in net twee maande laat
afval het.
Die dieet, wat my man ingevoer het en die
"monks' diet" noem, bestaan daarin dat jy net
twee maaltye eet, en teen een-uur ophou met
soliede kos. Daarna drink jy net vloeistowwe.
Jou ontbyt, wat ons dink nodig is om te
eet, moet bestaan uit 500 kalorieë. En die
middagete uit 800 kalorieë. Dus eintlik twee
stywe maaltye. ( Vir 1300 altesaam.) Daarna
mag jy tee en koffie met melk drink, bouillon,
marmite, V8 juice. Dit sal vir 'n verdere
omtrent 400 kalorieë sorg.
My man het in die loop van omtrent ses
maande meer as vyftig pond verloor, en tot sy
verbasing moes hy uiteindelik ook van die
insulien afgaan wat hy as diabeet al vir baie
jare gebruik het. Hy hou nou nog by die
dissipline van nie na een-uur in die middag
eet nie, maar ons probeer hom nou hou sodat
hy nie meer gewig verloor nie, want hy het van
'n gesette man na 'n maer man verander.
Enigiemand wat 'n probleem het met gewig
behoort hierdie ding te probeer. Ek sou nooit
kon dink dat ek binne twee maande 'n gewig kan
bereik wat ek laas in die sewentigerjare gehad
het nie. En moenie dink dis moeilik nie. Ek het
ook gedink, terwyl my man dit doen, dat ek dit
nooit sou regkry nie, want ek het teveel gehou
van in die aande eet. Maar dis eintlik vreeslik
maklik, want jy het genoeg kos in jou maag teen
een-uur dat jy nooit werklik honger is nie, en
die vloeistowwe wat jy drink hou ook hongerpyne
weg. Ek dink nie ek sal ooit weer in die laatmiddag
en aand kan eet nie. Mens voel net soveel beter
as jy nie swaar goed in jou maag het as jy bed toe
gaan nie. Dit voel so reg soos aan die regterhand
van die pad ry.

Gloudina
Re: Herrie [boodskap #69607 is 'n antwoord op boodskap #69593] Wo, 27 November 2002 21:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag, solank jy verstaan wat ek sê maak dit nie rerig aan my saak of ek
spelfoute maak of nie. Wys hulle vir my uit dan maak ek nie weer dieselfde
fout nie. Ek proeflees nou nie elke brief voordat ek dit pos nie.

E

"Davie Davis" wrote:
>
> Helfde van jou brief het spelfoute in:-)))
>
> DD
>
Re: Herrie [boodskap #69610 is 'n antwoord op boodskap #69593] Wo, 27 November 2002 21:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het gaan kyk, ek kry nie spelfoute nie - behalwe miskien "anner" maar dit
het ek met opset so gespel. Gee tog vir my die foute wat ek gemaak het. Ek
verstaan nooit hoekom mense sê jy't 'n fout gemaak nie, maar dan kan hulle
jou ook nie reg help nie.

E

"Davie Davis" wrote:
>
> Helfde van jou brief het spelfoute in:-)))
>
> DD
>
Re: Herrie [boodskap #69611 is 'n antwoord op boodskap #69596] Wo, 27 November 2002 21:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja ek het.

wrote :
>>
> Miskien het sy na haar wederhelf verwys,
Re: Herrie [boodskap #69619 is 'n antwoord op boodskap #69604] Wo, 27 November 2002 22:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Nov 2002 21:35:41 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Wel, du Plessis, ek dink nie mense dink
> aan my as oorgewig nie, maar ek het ook
> maar oor die jare die spreekwoordelike
> 10 lb vir elke kind swaarder geword, totdat
> ek ook maar 40 swaarder was as die slanke
> gewig wat ek gehad het toe ek in my twintig-
> jare was.

Interessant wat jy hier sê Bouwer. Dan behoort ek
geweldig respek vir my vrou te hê wat dit aanbetref.
Op ons troudag het sy 45 kls geweeg. Sy is nou die
moeder van twee volwasse dogters en weeg nou
44 en 'n kwart kilo. Een oggend 'n week wag sy en die
skaal vir my in die badkamer en wanneer ek uit die bad
klim hoor ek ook sommer wat ek vir die res van die week
gaan eet.

> Maar nou onlangs het ek begin met
> 'n absoluut foolproof dieet, wat my alreeds
> oor die tien pond in net twee maande laat
> afval het.

Hannetjie, dis my 44 k's girl, het suiker kompleet uit
ons dieet gesny. Ons gebruik geen suiker nie en ek
is 'n koffiedrinker. Swart en bitter koffie. Nie plastic
nie, geen kitskoffie nie maar lekker swart bitter
ordentlike koffie. Saam met die bier kom die preek en die
les oor die hoeveelheid kalorieë daarin.

> Jou ontbyt, wat ons dink nodig is om te
> eet, moet bestaan uit 500 kalorieë. En die
> middagete uit 800 kalorieë.

Ons tel nie kalorieë nie maar ek het die probleem dat ek
versot is op brood. Saam met my bord gekookte kos moet 'n
sny brood en botter wees. Jy kan brood saam met enigiets
eet anders as pampoen en dit gaan ook nie lekker saam met
mieliepap nie.
Wanneer ek Maandagoggend op die skaal klim en haar sien
frons, dan weet ek, 'ag, daar gaan my brood!'

Daai vet ousie met wie Piet Koornhof huis opgesit het, het
klomp gewig verloor toe sy brood gelos het. Dit is waar my
aandag daarop gevestig geraak het dat daar klomp vetmaak
inhoud in brood is.

Drink julle 'n halwe aspirine elke dag? En hoe op aarde kan jy
een uur jou laaste vaste kos eet? Dit moet mos nie 'n straf wees
nie? In die aand wil ons mos iets om te kou hê hier by die
rekenaar ook. En ek is 'n soettand. Rosyntjies is die oplossing.

Davie Davis.
Die een wie se belt nou weer lekker pas
Re: Herrie [boodskap #69622 is 'n antwoord op boodskap #69610] Wo, 27 November 2002 22:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Nov 2002 23:49:28 +0200, "Elaine" wrote:


>> Helfde van jou brief het spelfoute in:-)))

>> DD


Maar darem het ek dit met 'n smile gesê.
Ek is nie so onskuldig wat dit aanbetref nie.
Ek maak die ander helfde van die spelfoute:-)

DD
Re: Herrie [boodskap #69626 is 'n antwoord op boodskap #69619] Wo, 27 November 2002 23:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

Ons gebruik geen suiker nie en ek
> is 'n koffiedrinker. Swart en bitter koffie.

Op die Monks' Diet hoef jy niks uit te sny nie.
Jy bly net binne jou kalorie-mure. Ons drink meer
tee as koffie, met baie melk in, en in my geval met
suiker. Maar mens neem net in ag dat jy in jou
vloeistowwe na een-uur nie oor die 400 kalorieë
gaan nie. Ek reken elke keer as ek melk in my tee
of koffie gooi, neem ek 25 kalorieë.
Ek dink jy moet probeer om oor te slaan na tee
liewer as koffie. Hulle sê nou dat selfs dekaffineerde
koffie jou bloeddruk opstoot. En tee het glo iets wat
goed is vir die hart.

Gloudina
Re: Herrie [boodskap #69629 is 'n antwoord op boodskap #69619] Wo, 27 November 2002 23:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

ek het die probleem dat ek
> versot is op brood.
> Wanneer ek Maandagoggend op die skaal klim en haar sien
> frons, dan weet ek, 'ag, daar gaan my brood!'

Ek dink nie jy hoef brood op te gee nie.
My man hou van sy twee stukke roosterbrood
in die oggend, of daar nou 'n eier by is
of nie. Dis 200 kal. vir twee snye brood.
Ek verkies weer om baie keer iets anders vir
200 van my 500 kal. vir ontbyt te eet.
Met die brood moet mens net oppas dat jy nie
leë kal. eet deur witbrood te eet nie. Daar
is so baie soorte voedende brood, wat jou
baie goeie minerale en proteine gee.
Dis 'n mite dat brood jou vetmaak. Een
van ons seuns het in Frankryk vir 'n ruk
studeer en gewerk, en sê hy het gedink dat
hy vreeslik vet gaan word in die koshuis, want
hulle het so baie brood en pasta ge-eet en nie
soveel vleis as waaraan hy gewoond is nie.
Maar na die jaar was hy maerder as toe hy uit
Kanada weg is.

Gloudina

Gloudina
Re: Herrie [boodskap #69631 is 'n antwoord op boodskap #69619] Wo, 27 November 2002 23:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

En hoe op aarde kan jy
> een uur jou laaste vaste kos eet? Dit moet mos nie 'n straf wees
> nie? In die aand wil ons mos iets om te kou hê hier by die
> rekenaar ook. En ek is 'n soettand. Rosyntjies is die oplossing.

Wel, dis hoekom mense die gedurige battle of
the bulge moet veg. Hierdie dissipline maak
dit iets van die verlede. Almal sal vir jou
sê snacking is die moeilikheid. Tien druiwe-
korrels is 100 kal. Ek neem aan tien rosyntjies
ook. Ek eet ook rosyntjies. Maar ek maak dit
deel van 'n interessante bakkie vol klein
snippertjies van snoeperye: 'n klein stukkie
sjokolade, 'n versuikerde stukkie pynappel, 'n
paar geroosterde pampoenpitte, wat vreeslik
goed vir jou is, ens. ens. Maar net voor een-
uur in die middag.

Gloudina
Re: Herrie [boodskap #69658 is 'n antwoord op boodskap #69622] Do, 28 November 2002 10:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
:) okay.

"Davie Davis" wrote:
>
> Maar darem het ek dit met 'n smile gesê.
> Ek is nie so onskuldig wat dit aanbetref nie.
> Ek maak die ander helfde van die spelfoute:-)
>
> DD
>
Re: Herrie [boodskap #69693 is 'n antwoord op boodskap #69631] Do, 28 November 2002 20:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Nov 2002 23:31:33 GMT, "@rogers.com" wrote:
'n
> paar geroosterde pampoenpitte, wat vreeslik
> goed vir jou is, ens. ens. Maar net voor een-
> uur in die middag.
>
> Gloudina
>

Vertel meer van die pampoenpitte?

DD
Re: Herrie [boodskap #69702 is 'n antwoord op boodskap #69693] Do, 28 November 2002 21:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

>
> Vertel meer van die pampoenpitte?

Ek hoop ek onthou reg, dat pampoen-
pitte magnesium bevat en dat dit iets
is wat mens maklik te min van inkry.
Hulle is ook effentjies hard as jy
dit op die mark koop, dus moet jy dit
saam met iets anders wat lekker is,
soos 'n stukkie sjokolade, of versuiker-
de pynappel, in jou mond sit. Ek neem
aan dat as mens die pampoenpit reg uit
die pampoen kan eet (nadat jy die
skilletjie afgehaal het) dan sal dit
nog die heel beste wees. 'n Ou Jood
wat in Europa grootgeword het, het
eendag vir ons 'n paar pampoenpitte in
die hand gestop en gesê: eet, dis goed
vir jou. Ek dink as mens pampoenpitte
uitgooi, gooi jy goeie kos uit.
Ek het nooit van pampoen-eet gehou
nie, en gedurig met my ma geveg wat my
wou dwing om dit te eet. Ek hou nie van
soet kos in my bord nie, en ek dink dis
wat my afgesit het. Vandag is ek jammer,
want pampoen is glo baie goed vir jou -
die geel pampoen.

Gloudina
Re: Herrie [boodskap #69711 is 'n antwoord op boodskap #69702] Do, 28 November 2002 22:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 28 Nov 2002 21:53:13 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Davie Davis wrote:
>

>> Vertel meer van die pampoenpitte?
>
>
> Ek hoop ek onthou reg, dat pampoen-
> pitte magnesium bevat en dat dit iets
> is wat mens maklik te min van inkry.

> 'n Ou Jood
> wat in Europa grootgeword het, het
> eendag vir ons 'n paar pampoenpitte in
> die hand gestop en gesê: eet, dis goed
> vir jou. Ek dink as mens pampoenpitte
> uitgooi, gooi jy goeie kos uit.

>
> Gloudina
>

Dit bring nou weer iets anders in my gedagtes.
My vrou sorg dat ons elke dag 'n halwe aspirien
by die oggendkoffie het. Ook maak sy seker van
multi vitamine elke dag. Ek dink dat iemand wat
multi vitamine daagliks inneem hoef nie 'n halwe
aspirien gebruiker te wees nie. Miskien is dit iets
waaroor meer inligting verkry kan word.
Re: Herrie [boodskap #69713 is 'n antwoord op boodskap #69711] Do, 28 November 2002 22:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Eindelik moet jy meer na een 'n week se kant toe leun, maar 'n halwe
aspirien per dag kan goed wees vir jou. As jy maagsere het en sukkel met
jou niere moet jy liewer aspirien vermy. Aspirien maak jou bloed dun en
keer dus dat bloedklonte vorm. As hulle wel vorm is hulle kleiner as wat
dit "sou" gewees het. Jy moet ook dadelik 'n aspirien drink as jy vermoed
jy's besig om 'n hartaanval te kry, dit sal jou bloeddruk effens afbring en
kan jou lewe red.
So jy kan al die vitamines drink wat jy wil - maar dit sal nie jou daaglikse
"Disprin" vervang nie. Moet dit net nie oordoen nie, want te veel aspirien
kan nadelig vir jou wees. Een "Grandpa" poeier bevat 500mg aspirien, en as
jy elke dag net twee drink kan dit na 'n ruk 'n gat in jou maag vreet en jou
niere aantas. Maar 'n halwe aspirien een 'n dag sal jou nie doodmaak nie.

Groete
E

"Davie Davis" wrote:

> Dit bring nou weer iets anders in my gedagtes.
> My vrou sorg dat ons elke dag 'n halwe aspirien
> by die oggendkoffie het. Ook maak sy seker van
> multi vitamine elke dag. Ek dink dat iemand wat
> multi vitamine daagliks inneem hoef nie 'n halwe
> aspirien gebruiker te wees nie. Miskien is dit iets
> waaroor meer inligting verkry kan word.
Re: Herrie [boodskap #69719 is 'n antwoord op boodskap #69711] Vr, 29 November 2002 03:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die aspirien is daar om die bloed dun te hou - niks met die multivitamine te
doen nie.
Jou vrou wil nie hê jy moet trombose kry nie.
Annette

"Davie Davis" skryf in boodskap news:695duugmdkkpqj2kud19bnel0j0088tjur@4ax.com...
> On Thu, 28 Nov 2002 21:53:13 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>>
>> Davie Davis wrote:
>>
>
>>> Vertel meer van die pampoenpitte?
>>
>>
>> Ek hoop ek onthou reg, dat pampoen-
>> pitte magnesium bevat en dat dit iets
>> is wat mens maklik te min van inkry.
>
>
>> 'n Ou Jood
>> wat in Europa grootgeword het, het
>> eendag vir ons 'n paar pampoenpitte in
>> die hand gestop en gesê: eet, dis goed
>> vir jou. Ek dink as mens pampoenpitte
>> uitgooi, gooi jy goeie kos uit.
>
>>
>> Gloudina
>>
>
> Dit bring nou weer iets anders in my gedagtes.
> My vrou sorg dat ons elke dag 'n halwe aspirien
> by die oggendkoffie het. Ook maak sy seker van
> multi vitamine elke dag. Ek dink dat iemand wat
> multi vitamine daagliks inneem hoef nie 'n halwe
> aspirien gebruiker te wees nie. Miskien is dit iets
> waaroor meer inligting verkry kan word.
>
Re: Herrie [boodskap #69723 is 'n antwoord op boodskap #69713] Vr, 29 November 2002 04:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter[2]  is tans af-lyn  Pieter[2]
Boodskappe: 95
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
My pa moet daagliks 'n disprin drik vir sy hart. Maar hy kry ook erge kosere
en het toe heelwat meer per dag gedrink as wat hy moes. Hy het toe letterlik
aant bloei gegaan vir ure aanmekaar deur sy neus. Ons het een Sondag daar
geeet en na 'n tyd besef dat hierdie 'n erge probleem is. Hy is toe Unitas
toe waar hulle sy neus van binne gestop het. Kan nie die prosedure se naam
onthou nie, maar hulle werk vanaf die lies deur 'n hoofaar waar hulle dan
opgaan tot in jou kop , en dan draai hulle af en "plug" die bloedvate in jou
neusgate van binne af. Die 1.5 uur prosedure het die dokter 'n vinnige
22000 in die sak gebring. Nie 'n slegte uurtarief nie he? Dit was in
Augustes en moet se dit hou.

Groete

"Elaine" skryf in boodskap news:3de69af9.0@news1.mweb.co.za...
> Eindelik moet jy meer na een 'n week se kant toe leun, maar 'n halwe
> aspirien per dag kan goed wees vir jou. As jy maagsere het en sukkel met
> jou niere moet jy liewer aspirien vermy. Aspirien maak jou bloed dun en
> keer dus dat bloedklonte vorm. As hulle wel vorm is hulle kleiner as wat
> dit "sou" gewees het. Jy moet ook dadelik 'n aspirien drink as jy vermoed
> jy's besig om 'n hartaanval te kry, dit sal jou bloeddruk effens afbring en
> kan jou lewe red.
> So jy kan al die vitamines drink wat jy wil - maar dit sal nie jou daaglikse
> "Disprin" vervang nie. Moet dit net nie oordoen nie, want te veel aspirien
> kan nadelig vir jou wees. Een "Grandpa" poeier bevat 500mg aspirien, en as
> jy elke dag net twee drink kan dit na 'n ruk 'n gat in jou maag vreet en jou
> niere aantas. Maar 'n halwe aspirien een 'n dag sal jou nie doodmaak nie.
>
> Groete
> E
>
> "Davie Davis" wrote:
>
>> Dit bring nou weer iets anders in my gedagtes.
>> My vrou sorg dat ons elke dag 'n halwe aspirien
>> by die oggendkoffie het. Ook maak sy seker van
>> multi vitamine elke dag. Ek dink dat iemand wat
>> multi vitamine daagliks inneem hoef nie 'n halwe
>> aspirien gebruiker te wees nie. Miskien is dit iets
>> waaroor meer inligting verkry kan word.
>
Re: Herrie [boodskap #69731 is 'n antwoord op boodskap #69713] Vr, 29 November 2002 08:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:3de69af9.0@news1.mweb.co.za...
> Eindelik moet jy meer na een 'n week se kant toe leun, maar 'n halwe
> aspirien per dag kan goed wees vir jou. As jy maagsere het en sukkel met
> jou niere moet jy liewer aspirien vermy. Aspirien maak jou bloed dun en
> keer dus dat bloedklonte vorm. As hulle wel vorm is hulle kleiner as wat
> dit "sou" gewees het. Jy moet ook dadelik 'n aspirien drink as jy vermoed
> jy's besig om 'n hartaanval te kry, dit sal jou bloeddruk effens afbring en
> kan jou lewe red.
> So jy kan al die vitamines drink wat jy wil - maar dit sal nie jou daaglikse
> "Disprin" vervang nie. Moet dit net nie oordoen nie, want te veel aspirien
> kan nadelig vir jou wees. Een "Grandpa" poeier bevat 500mg aspirien, en as
> jy elke dag net twee drink kan dit na 'n ruk 'n gat in jou maag vreet en jou
> niere aantas. Maar 'n halwe aspirien een 'n dag sal jou nie doodmaak nie.

Mensen hebben sosm een kleine bloeding in de hersenen en dat hoef je niet
altijd te merken
want het stol snel
het is dan gevaarlijk als je dun bloed hebt..dan stolt je bloed niet snel
dus alleen aspirine als het gevaar van trombose groter is.
Tegenwoordig kan je daar beter voor naar de huisarts gaan als zelf
experimenteren
hij heeft een aangepast medicijn.

grt emmy

>
> Groete
> E
>
> "Davie Davis" wrote:
>
>> Dit bring nou weer iets anders in my gedagtes.
>> My vrou sorg dat ons elke dag 'n halwe aspirien
>> by die oggendkoffie het. Ook maak sy seker van
>> multi vitamine elke dag. Ek dink dat iemand wat
>> multi vitamine daagliks inneem hoef nie 'n halwe
>> aspirien gebruiker te wees nie. Miskien is dit iets
>> waaroor meer inligting verkry kan word.
>
Re: Herrie [boodskap #69733 is 'n antwoord op boodskap #69731] Vr, 29 November 2002 08:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Miskien is dit nou net my dokter, maar ek weet hy sal nou die bodder om eers
te kyk of ek erens bloeding op die brein het voordat hy my aspirien gee nie.
Eindelik ken ek nie een dokter wat dit sal doen nie. Oral waar jy gaan word
jy aangemoedig om jou halwe aspirien 'n dag te drink. Enige medisyne wat
gebruik word om trombose te behandel gaan jou bloed dun maak

E

"emmy" wrote:
>
> Mensen hebben sosm een kleine bloeding in de hersenen en dat hoef je niet
> altijd te merken
> want het stol snel
> het is dan gevaarlijk als je dun bloed hebt..dan stolt je bloed niet snel
> dus alleen aspirine als het gevaar van trombose groter is.
> Tegenwoordig kan je daar beter voor naar de huisarts gaan als zelf
> experimenteren
> hij heeft een aangepast medicijn.
>
> grt emmy
Re: Herrie [boodskap #69737 is 'n antwoord op boodskap #69733] Vr, 29 November 2002 10:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:3de729a6.0@news1.mweb.co.za...
> Miskien is dit nou net my dokter, maar ek weet hy sal nou die bodder om eers
> te kyk of ek erens bloeding op die brein het voordat hy my aspirien gee nie.
> Eindelik ken ek nie een dokter wat dit sal doen nie. Oral waar jy gaan word
> jy aangemoedig om jou halwe aspirien 'n dag te drink. Enige medisyne wat
> gebruik word om trombose te behandel gaan jou bloed dun maak
>

Alleen goed als alternatief voor bloedverdunnende middelen mits dit echt
nodig is.
Aspirine innemen zomaar zonder reden is niet goed.. vooral bij jonge mensen
( onder de 55 )
zijn de aders soepel en als je dan een bloeding krijgt en deze niet stolt
kan deze fataal zijn.
Als ze deze aspirine niet geslikt hadden was de bloeding wel gestopt.
Mensen met risico voor trombose is aspirine wel goed omdat het risico van
een trombose te krijgen groter is.
Oudere mensen hebben stugge aders ( bloedvat scheurt minder snel verder open
bij bloeding )
en daar is het risico van het innemen van aspirine minder.

grt emmy

> E
>
> "emmy" wrote:
>>
>> Mensen hebben sosm een kleine bloeding in de hersenen en dat hoef je niet
>> altijd te merken
>> want het stol snel
>> het is dan gevaarlijk als je dun bloed hebt..dan stolt je bloed niet snel
>> dus alleen aspirine als het gevaar van trombose groter is.
>> Tegenwoordig kan je daar beter voor naar de huisarts gaan als zelf
>> experimenteren
>> hij heeft een aangepast medicijn.
>>
>> grt emmy
>
Re: Herrie [boodskap #69770 is 'n antwoord op boodskap #69737] Vr, 29 November 2002 17:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sou dink ou mense sukkel meer met bloeding, en dat dit langer sal vat om
gesond te word. Maar ek sal nie stry nie. Ek drink ook my halwe aspirien
per dag, deels omdat my ma amper dood is aan trombose, en deels omdat ek
absoluut paranoid is wanner dit by sulke goed kom.

Natuurlik speel goed soos bloedarmoede ook 'n rol, en bloeiers moet liefs
wegbly van aspirien af.

E

"emmy" wrote:

> Alleen goed als alternatief voor bloedverdunnende middelen mits dit echt
> nodig is.
> Aspirine innemen zomaar zonder reden is niet goed.. vooral bij jonge mensen
> ( onder de 55 )
> zijn de aders soepel en als je dan een bloeding krijgt en deze niet stolt
> kan deze fataal zijn.
> Als ze deze aspirine niet geslikt hadden was de bloeding wel gestopt.
> Mensen met risico voor trombose is aspirine wel goed omdat het risico van
> een trombose te krijgen groter is.
> Oudere mensen hebben stugge aders ( bloedvat scheurt minder snel verder open
> bij bloeding )
> en daar is het risico van het innemen van aspirine minder.
>
>
> grt emmy
Re: Herrie [boodskap #69774 is 'n antwoord op boodskap #69723] Vr, 29 November 2002 18:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 29 Nov 2002 06:22:05 +0200, "Pieter" wrote:

> My pa moet daagliks 'n disprin drik vir sy hart.

'n hallosê oproep vroeg in die oggend na my skelm
vind ek een groot verligting vir hartprobleme

anoniem
Re: Herrie [boodskap #69775 is 'n antwoord op boodskap #69733] Vr, 29 November 2002 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Oral waar jy gaan word
> jy aangemoedig om jou halwe aspirien 'n dag te drink. Enige medisyne wat
> gebruik word om trombose te behandel gaan jou bloed dun maak
>
> E
>

selfs 'n (paar!) medisynemaat lepels 'Wit Perd' bloedverdunningsmiddel
na 'n Vrydagaand vleisbraai werk perfek. Ek voel heel dunbloedig
vanaand:-)

Die WitPerd
Re: Herrie [boodskap #69778 is 'n antwoord op boodskap #69775] Vr, 29 November 2002 18:29 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, my man is ook besig om vir ons 'n vleisie te tan. My suster-hulle is
hier. Ek is nou nie besig om te drink nie - uit simpatie vir my suster wat
6 maande swanger is en nie mag drink nie :o)
Maar my man en swaer is lekker voor. Kom ons hoop ons vleisie verbrand nie.

"Davie Davis" wrote:

> selfs 'n (paar!) medisynemaat lepels 'Wit Perd' bloedverdunningsmiddel
> na 'n Vrydagaand vleisbraai werk perfek. Ek voel heel dunbloedig
> vanaand:-)
>
> Die WitPerd
>
Vorige onderwerp: Re: Die lakei is ontmasker
Volgende onderwerp: Difference between Afrikaans and Flemish
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 21:41:16 MGT 2024