Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rugbypale
Rugbypale [boodskap #68965] Ma, 18 November 2002 07:48 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vanaf Roekeloos:
Rugbypale gesteel
============================================================ =
Die Hoërskool Empangeni se aluminium-rugbypale het oornag
verdwyn. Dit is 20cm van die grond af afgesaag en weggedra.
Die diewe sou sowat R50 kry by 'n skrootwerf vir hul buit,
maar dit kos die skool sowat R10 000 om nuwe pale op te rig.
Re: Rugbypale [boodskap #68982 is 'n antwoord op boodskap #68965] Ma, 18 November 2002 14:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Nou waarvoor wag julle Liberaliste,gee gou geld
dan hoef die skool nie sonder pale te wees nie.
Nog beter,kry die ANC dan gaan steel hulle makkers gou ander pale!

"Annette" skryf in boodskap news:ara6j7$gp04k$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Vanaf Roekeloos:
> Rugbypale gesteel
> ============================================================ =
> Die Hoërskool Empangeni se aluminium-rugbypale het oornag
> verdwyn. Dit is 20cm van die grond af afgesaag en weggedra.
> Die diewe sou sowat R50 kry by 'n skrootwerf vir hul buit,
> maar dit kos die skool sowat R10 000 om nuwe pale op te rig.
>
Re: Rugbypale [boodskap #69042 is 'n antwoord op boodskap #68982] Di, 19 November 2002 16:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Waarom emigreer jy nie. Dit maak my moeg net om te dink dat iemand so veel
negatiwiteit in een liggaam kan huisves. Dan kan jy die lewens van mense in
'n ander land gaan versuur. Ek ken mense soos jy in ander lande. Toe hulle
hier was het hulle steen en been gekla oor alles. Nou is hulle 'n ander
lande, en kla nog steeds steen en been oor alles.

Wil jy iets verander? Begin by jouself. Dit is nie die Liberaliste, die
kommuniste en die ander -iste wat die land opdonner nie.

-Gideon-

"Paul Van Straaten" skryf in boodskap news:arb4nd$33u$4@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nou waarvoor wag julle Liberaliste,gee gou geld
> dan hoef die skool nie sonder pale te wees nie.
> Nog beter,kry die ANC dan gaan steel hulle makkers gou ander pale!

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.410 / Virus Database: 231 - Release Date: 2002/10/31
Re: Rugbypale [boodskap #69047 is 'n antwoord op boodskap #69042] Di, 19 November 2002 18:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Gids wrote:

Ek ken mense soos jy in ander lande. Toe hulle
> hier was het hulle steen en been gekla oor alles.

Jy is dus terug in Suid-Afrika, Gideon?
Waar is jy nou, en is jy bly jy is terug?

Gloudina
Re: Rugbypale [boodskap #69058 is 'n antwoord op boodskap #69047] Wo, 20 November 2002 03:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
schreef in bericht news:3DDA8AC3.3050306@rogers.com...
>
> Jy is dus terug in Suid-Afrika, Gideon?
> Waar is jy nou, en is jy bly jy is terug?
>
> Gloudina
>
Ja Gloudien. Ek is in Centurion ( die ou Verwoerdburg). Ek is bly dat ek
terug is. Die werk is bietjie stil hier, maar ek hou die pot aan die kook
deur kort kontrakte die buiteland. Ek het nou weer 'n drie weke ietsie in
die Midde-Ooste en daarna sal ons weer sien.

Waarom is ek bly om terug te wees? Dit word 'n hele aparte thread, so
wanneer ek terug is uit die woestyn sal ek meer gesels :)

-Gideon-

>

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.410 / Virus Database: 231 - Release Date: 2002/10/31
Re: Rugbypale [boodskap #69071 is 'n antwoord op boodskap #69058] Wo, 20 November 2002 13:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Gids wrote:

Ek het nou weer 'n drie weke ietsie in
> die Midde-Ooste

Ek hoop nie jy sal moet koes
vir George Bush se bomme nie.

Gloudina
Re: Rugbypale [boodskap #69075 is 'n antwoord op boodskap #69071] Wo, 20 November 2002 14:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Aag - ons kyk maar. Ek het die gevoel dat die Amerikane nog steeds 'n rede
soek om Sadam te boelie, en dan sal ek seker maar moet huistoe kom. Ek hoop
maar dat hulle kop hou - nie net uit mede-menslikheid met die potensiële
slagoffers nie, maar ook uit eiebelang.

-Gideon-

schreef in bericht news:3DDB93B8.5000706@rogers.com...
>
> Gids wrote:
>
> Ek het nou weer 'n drie weke ietsie in
>> die Midde-Ooste
>
>
> Ek hoop nie jy sal moet koes
> vir George Bush se bomme nie.
>
> Gloudina
>

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.419 / Virus Database: 235 - Release Date: 2002/11/13
Re: Rugbypale [boodskap #69077 is 'n antwoord op boodskap #69058] Wo, 20 November 2002 14:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Gids" wrote:

> Waarom is ek bly om terug te wees? Dit word 'n hele aparte thread, so
> wanneer ek terug is uit die woestyn sal ek meer gesels :)

Maar voor jy woestyn toe gaan - sê net vinnig waarvan hou jy die
meeste en waarvan die minste - sommer so in 'n neutedop vasgevat?
En voel jou vrou en kinders dieselfde?
Dinge hier wat ek van hou [boodskap #69079 is 'n antwoord op boodskap #69077] Wo, 20 November 2002 16:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:fc8ntusn3b1uqkv417hq1d6s95pa5l14l2@4ax.com...
>
> Maar voor jy woestyn toe gaan - sê net vinnig waarvan hou jy die
> meeste en waarvan die minste - sommer so in 'n neutedop vasgevat?
> En voel jou vrou en kinders dieselfde?
>
Sjoe - daar is baie dinge.

Wat ek van hou daarvan om terug te wees.
- Ek hou daarvan om dinge in my eie tale te kan doen. Ek het nooit moeite om
myself verstaanbaar te maak nie. Ek hou daarvan om iets te sê en jy sien nie
eers so 'n vae uitdrukking in die hoorder se oë omdat hul jou aksent nie
verstaan of omdat jy 'n woord uit 'n dialek gebruik het in 'n ander streek
nie. Om in 'n vreemde taal iets te doen is nie altyd maklik nie - veral as
jy dit vir meer as vier jaar lank doen en nog steeds somtyds vreemde kyke
kry.

- Ek hou daarvan om dae aaneen son te hê. Die depressiwiteit van dae van
bewolktheid begin jou later aantas.

- Ek hou daarvan om meer gespreksonderwerpe te hê as net die weer of die
verkeer.

- Die vryheid om my eie dinge te kan doen sonder om te wonder of ek nie een
of ander wet (landswet of ongeskrewe) oortree in die proses nie. Ek is mal
daaroor om sonder die "sosiale kontrole" van 'n buurt te lewe waar almal se
sake almal s'n is en mense hulself die reg aanmaan om jou te vertel of jy
die boom in jou voortuin moet afkap aldan nie.

- Die vryheid om 'n nuwe kar/meubels/pak te koop sonder dat die bure hul
wenkbroue vir jou lig nie. Dit is hier ok om geld te hê en iets te koop wat
jy wil.

- Ek hou daarvan om in my eie taal te kan sing sonder dat jy eers lirieke
moet vertaal of eers lang agtergrondinligting te gee. Dit is lekker as jy
iets sing en iemand snap die humor of verstaan die konsepte wat jy oordra.

- Die herlewing van Afrikaans - ten spyte van die taalstryd

- Ek hou daarvan om nie te hoef verduidelik waarom ek nou eintlik uit die
land uit is nie.

- Ek hou daarvan om na 'n supermark te gaan en daar is meer dan een soort
koffie/pasta/melk of watookal.

- Biltong, melktert, koeksisters, chutney, karringmelk beskuit, peppermint
crisp en baie ander dinge by die supermark en goedkoop. Al die expats sal
jou vertel dat jy al die dinge kan kry. Ja - teen watter prys en watter
moeite. Van my vriende was dodelik siek van biltong wat hul by so 'n
verskaffer gekoop het. Waarom? Hy mag nie salpeter gebruik het in die
voorbereiding nie as gevolg van milieuwette.

- Ek hou van wette wat ek verstaan en wat die amptenare wat dit uitvoer ook
verstaan.

- Om nie die gevoel te kry dat pryse beheer word deur 'n paar organisasies
nie. Om byvoorbeeld drie kwotasies te kry en hulle is almal verskillend
instede van dieselfde.

- Om iets op 'n veiling te gaan koop omdat die veilings oop is vir die
publiek en nie net beperk is tot handelaars nie.

- Om besigheid te kan doen en weet dat jy 'n redelike kans het dat jy eerlik
behandel sal word.

- Om dieselfde interpretasies van kontrakte te kry by inwerkingstelling en
ontbinding.

- Om 'n yskas/wasmasjien/tuimeldroeër te koop en 'n redelike verwagting hê
dat dit langer sal hou as een week verby die verstryking van die waarborg.

- Om deur mense aanvaar te word al is jy nie deel van hul kliek nie.

- Dit is bekostigbaar om hier te lewe. Kos, vervoer, versekering,
verbruiksgoedere, behuising.

- Iemand anders gooi my petrol in

-Tuindienste

- Die hond vries nie as hy buite slaap nie (labrador op ys)

- Oorwegend goeie en vriendelike diens

- Ek hoef nie meer met die tipe expats te make te hê wat die ou SA
verheerlik, oor hul nuwe tuiste kla en elke keer as hul iets slegs oor SA in
die media sien dit aan jou e-mail of jou daarvan vertel nie. Intussen huil
hulle oor musiek van Laurika Rauch en woon elke jaar Ukasie of Eurokasie by.

WAT EK NIE VAN HOU NIE:
- Ek hou nie daarvan om die heeltyd aan mense te moet verduidelik waarom ek
nou eintlik teruggekom het nie.

- Hoë bankkostes en rentekoerse

- Die veiligheidsituasie - jy moet hier ekstra stappe neem vir veiligheid.

- Elektriese heinings , Armed response en sekuriteitskomplekse.

- Tolhekke

- Slaggate

- Die feit dat ek nie by die see woon nie (miskien moet ek terug Kaap toe)

- Kontrakte is skaars op hierdie stadium. (Sal verander - maar ek moet seker
vertel van my stresse ;)

- Die lang wag vir 'n telefooninstallasie

- Bedelaars en karoppassers

- Regses wat nog steeds nie kan vrede maak daarmee dat hul blanke paradys
nie meer bestaan nie

- Die doeane

My vrou en kinders deel my sentimente, hoewel vir hulle lê die klem op ander
plekke. Ek kan byvoeg dat David gek is op die skool hier. Dit gaan dan oor
baie aspekte onder andere die manier wat kinders met mekaar en onderwysers
omgaan. Selfs die gespot met sy Hollandse fiets is in 'n goeie gees.

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.419 / Virus Database: 235 - Release Date: 2002/11/13
Re: Dinge hier wat ek van hou [boodskap #69102 is 'n antwoord op boodskap #69079] Wo, 20 November 2002 22:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Nov 2002 18:24:21 +0200, "Gids"
wrote:

> - Elektriese heinings ,

Hulle werk glo is elk geval nie so goed nie. Jy kan glo maklik daaraan
vat en dit ooptrek - as jy die onaangenaamheid van elektrisiteit kan
uitstaan, maar dit zap jou nie op jou gat nie - dis wat ek hoor. Nog
nooit self getry nie.

Die lang wag vir 'n telefooninstallasie

Telkom is bietjie soos 'n ou kar wat eintlik in sy moer is. Soms vat
die enjin en hy brul en mens kry hoop, maar die volgende 5 kere as jy
wil start is daar niks.

> My vrou en kinders deel my sentimente, hoewel vir hulle lê die klem op ander
> plekke. Ek kan byvoeg dat David gek is op die skool hier. Dit gaan dan oor
> baie aspekte onder andere die manier wat kinders met mekaar en onderwysers
> omgaan. Selfs die gespot met sy Hollandse fiets is in 'n goeie gees.

Hoe verskil die akademiese standaard?
Re: Dinge hier wat ek van hou [boodskap #69108 is 'n antwoord op boodskap #69079] Do, 21 November 2002 01:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Gids" wrote:

> Sjoe - daar is baie dinge.

Dankie, Gideon. Dit was alles baie interessant. Dit was/is ook
interessant vir my om bietjie meer van die Nederlandse setup te leer
vanuit 'n Suid Afrikaner se oogpunt. (Net so paat vinnige opmerkings
- eintlik moet ek nie nou hier speel nie) :-)

> - Ek hou daarvan om na 'n supermark te gaan en daar is meer dan een soort
> koffie/pasta/melk of watookal.

Baie interessant. So, jy sou dus sê dat daar 'n groter verskeidenheid
in SA is, as wat daar in Holland was? Ek sou dit nooit kon raai nie.
Maar dit sluit darem seker kase uit? :-))

> - Biltong, melktert, koeksisters, chutney, karringmelk beskuit, peppermint
> crisp en baie ander dinge by die supermark en goedkoop. Al die expats sal
> jou vertel dat jy al die dinge kan kry.

Hehehehe...ja, ek giggel nogal altyd vir die expats wat hier ook so
danig is met (of is dit oor?) hulle Suid Afrikaanse produkte. :-)

> - Om besigheid te kan doen en weet dat jy 'n redelike kans het dat jy eerlik
> behandel sal word.

Dus vind jy die Hollanders 'n oneerlike spul oor die algemeen? Of
bedoel jy net as dit by besigheid kom?

> - Slaggate

Moet dan NOOIT Chicago toe gaan nie!! :-))

> - Die feit dat ek nie by die see woon nie (miskien moet ek terug Kaap toe)

NATUURLIK moet jy teruggaan Kaap toe! Daar is mos geen "miskien" aan
nie? :-)

> - Kontrakte is skaars op hierdie stadium. (Sal verander - maar ek moet seker
> vertel van my stresse ;)

Dit sal regkom.

> My vrou en kinders deel my sentimente, hoewel vir hulle lê die klem op ander
> plekke.

Dis goed. Ek het gedink hulle klem sal dalk op ander plekke lê. Maar
die belangrikste is dat julle almal gelukkig is.
Re: Dinge hier wat ek van hou [boodskap #69111 is 'n antwoord op boodskap #69108] Do, 21 November 2002 04:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:fe8otugm0cqdlqs617tves0j5m1e8c4beh@4ax.com...
>
>> - Ek hou daarvan om na 'n supermark te gaan en daar is meer dan een soort
>> koffie/pasta/melk of watookal.
>
> Baie interessant. So, jy sou dus sê dat daar 'n groter verskeidenheid
> in SA is, as wat daar in Holland was? Ek sou dit nooit kon raai nie.
> Maar dit sluit darem seker kase uit? :-))
>
Ja - verskeidenheid is nie so groot in die gemiddelde supermark nie. Hulle
is geneig om kleiner winkels (so groot soos 'n Spar of 7 11) in groter
konsentrasies te hê. Kase en beleg (koue vleis) het hulle wel groot
verskeidenheid.

>> - Om besigheid te kan doen en weet dat jy 'n redelike kans het dat jy eerlik
>> behandel sal word.
>
> Dus vind jy die Hollanders 'n oneerlike spul oor die algemeen? Of
> bedoel jy net as dit by besigheid kom?
>
Dit is moeilik te kwalifiseer. Die gevoel wat ek kry in Nederland is dat
besigheidsmanne daar nie dink dat hul oneerlik is nie. Die idee wat ek kry
is dat alles wat hulle kan doen waarmee hulle kan wegkom onder die wet
volgens hulle eerbaar is. Hulle verstaan nie dat daar 'n verskil is tussen
eerbaar en wettig nie. 'n Gentlemans agreement bestaan nie. As dit nie op
papier staan nie kan 'n ooreenkoms gebreek word. Ek is besig om te
veralgemeen, maar die persentasie van sulke dinge wat met ons gebeur het is
onrusbarend hoog.

>> - Die feit dat ek nie by die see woon nie (miskien moet ek terug Kaap
toe)
>
> NATUURLIK moet jy teruggaan Kaap toe! Daar is mos geen "miskien" aan
> nie? :-)

*SUG* Dit is darem ook lekker hier in die Hoëveld. Ons het pragtige mense
hier ontmoet. Ons mis wel ons vriende en familie wat in die Kaap bly

>
>> - Kontrakte is skaars op hierdie stadium. (Sal verander - maar ek moet seker
>> vertel van my stresse ;)
>
> Dit sal regkom.
>
Natuurlik. Die IT mark is net tydelik in die stres

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.419 / Virus Database: 235 - Release Date: 2002/11/13
Re: Dinge hier wat ek van hou [boodskap #69118 is 'n antwoord op boodskap #69079] Do, 21 November 2002 06:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
> Sjoe - daar is baie dinge.
>
> Wat ek van hou daarvan om terug te wees.
> - Ek hou daarvan om dinge in my eie tale te kan doen. Ek het nooit moeite om
> myself verstaanbaar te maak nie. Ek hou daarvan om iets te sê en jy sien nie
> eers so 'n vae uitdrukking in die hoorder se oë omdat hul jou aksent nie
> verstaan of omdat jy 'n woord uit 'n dialek gebruik het in 'n ander streek
> nie. Om in 'n vreemde taal iets te doen is nie altyd maklik nie - veral as
> jy dit vir meer as vier jaar lank doen en nog steeds somtyds vreemde kyke
> kry.
>
> - Ek hou daarvan om dae aaneen son te hê. Die depressiwiteit van dae van
> bewolktheid begin jou later aantas.
>
> - Ek hou daarvan om meer gespreksonderwerpe te hê as net die weer of die
> verkeer.

Doen die mense in Holand dit ook? Die Engelse doen dit ook, maar net oor die
weer:)) Hulle bel 1 keer in 2 maande vir mekaar, en dan praat hulle oor die
weer.:)
>
> - Die vryheid om my eie dinge te kan doen sonder om te wonder of ek nie een
> of ander wet (landswet of ongeskrewe) oortree in die proses nie. Ek is mal
> daaroor om sonder die "sosiale kontrole" van 'n buurt te lewe waar almal se
> sake almal s'n is en mense hulself die reg aanmaan om jou te vertel of jy
> die boom in jou voortuin moet afkap aldan nie.

Ons het Hollandse bure in Bellville gehad, en ek weet van hulle dinge met
bome;))

>
> - Die vryheid om 'n nuwe kar/meubels/pak te koop sonder dat die bure hul
> wenkbroue vir jou lig nie. Dit is hier ok om geld te hê en iets te koop wat
> jy wil.

Ek dog hulle noem dit geneemskapsbetrokkenheid?:)

>
> - Ek hou daarvan om in my eie taal te kan sing sonder dat jy eers lirieke
> moet vertaal of eers lang agtergrondinligting te gee. Dit is lekker as jy
> iets sing en iemand snap die humor of verstaan die konsepte wat jy oordra.
>
> - Die herlewing van Afrikaans - ten spyte van die taalstryd.
>
> - Ek hou daarvan om nie te hoef verduidelik waarom ek nou eintlik uit die
> land uit is nie.

Jy hoef nie, daar is genoeg ander wat dit doen:)
>
> - Ek hou daarvan om na 'n supermark te gaan en daar is meer dan een soort
> koffie/pasta/melk of watookal.
>
> - Biltong, melktert, koeksisters, chutney, karringmelk beskuit, peppermint
> crisp en baie ander dinge by die supermark en goedkoop. Al die expats sal
> jou vertel dat jy al die dinge kan kry. Ja - teen watter prys en watter
> moeite. Van my vriende was dodelik siek van biltong wat hul by so 'n
> verskaffer gekoop het. Waarom? Hy mag nie salpeter gebruik het in die
> voorbereiding nie as gevolg van milieuwette.
>
> - Ek hou van wette wat ek verstaan en wat die amptenare wat dit uitvoer ook
> verstaan.
>
> - Om nie die gevoel te kry dat pryse beheer word deur 'n paar organisasies
> nie. Om byvoorbeeld drie kwotasies te kry en hulle is almal verskillend
> instede van dieselfde.
>
> - Om iets op 'n veiling te gaan koop omdat die veilings oop is vir die
> publiek en nie net beperk is tot handelaars nie.

Nou dit is nogal 'n ding - Ek vind veilings vreeslik vermaaklik.

>
> - Om besigheid te kan doen en weet dat jy 'n redelike kans het dat jy eerlik
> behandel sal word.

Is dit oral in Europa so?
>
> - Om dieselfde interpretasies van kontrakte te kry by inwerkingstelling en
> ontbinding.
>
> - Om 'n yskas/wasmasjien/tuimeldroeër te koop en 'n redelike verwagting hê
> dat dit langer sal hou as een week verby die verstryking van die waarborg.
>
> - Om deur mense aanvaar te word al is jy nie deel van hul kliek nie.
>
> - Dit is bekostigbaar om hier te lewe. Kos, vervoer, versekering,
> verbruiksgoedere, behuising.
>
> - Iemand anders gooi my petrol in
>
> -Tuindienste
>
> - Die hond vries nie as hy buite slaap nie (labrador op ys)
>
> - Oorwegend goeie en vriendelike diens

Bly om dit te hoor - want die koerante vertel ons heeltyd ons lewer nie
goeie en vriendelike dien nie. Ek stem nie saam met die koerante nie.

>
> - Ek hoef nie meer met die tipe expats te make te hê wat die ou SA
> verheerlik, oor hul nuwe tuiste kla en elke keer as hul iets slegs oor SA in
> die media sien dit aan jou e-mail of jou daarvan vertel nie. Intussen huil
> hulle oor musiek van Laurika Rauch en woon elke jaar Ukasie of Eurokasie
by.

Praat jy nou van Max?:))

>
> WAT EK NIE VAN HOU NIE:
> - Ek hou nie daarvan om die heeltyd aan mense te moet verduidelik waarom ek
> nou eintlik teruggekom het nie.

Jy hoef nie. Jy het mos maar net terug huistoe gekom.

>
> - Hoë bankkostes en rentekoerse
>
> - Die veiligheidsituasie - jy moet hier ekstra stappe neem vir veiligheid.

Nie eintlik hier in die Kaap nie.
>
> - Elektriese heinings , Armed response en sekuriteitskomplekse.
>
> - Tolhekke Sover sit ons nog net met een hier in die Kaap.- by Du Toitskloof.
>
> - Slaggate
>
> - Die feit dat ek nie by die see woon nie (miskien moet ek terug Kaap toe)

Dis lekker by die see, verseker.

>
> - Kontrakte is skaars op hierdie stadium. (Sal verander - maar ek moet seker
> vertel van my stresse ;)
>
> - Die lang wag vir 'n telefooninstallasie
>
> - Bedelaars en karoppassers
Deel van ons wat ons maar aanvaar.

>
> - Regses wat nog steeds nie kan vrede maak daarmee dat hul blanke paradys
> nie meer bestaan nie
>
> - Die doeane
>
Wat doen hulle?

>
> My vrou en kinders deel my sentimente, hoewel vir hulle lê die klem op ander
> plekke. Ek kan byvoeg dat David gek is op die skool hier. Dit gaan dan oor
> baie aspekte onder andere die manier wat kinders met mekaar en onderwysers
> omgaan. Selfs die gespot met sy Hollandse fiets is in 'n goeie gees.
>
Ek wonder of kinders nog steeds kaalvoet kan skooltoe gaan as hulle wil?
Re: Dinge hier wat ek van hou [boodskap #69121 is 'n antwoord op boodskap #69102] Do, 21 November 2002 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Meeste elektriese heinings is gekoppel aan 'n alarm. Die sekuriteitsfirma
wat ons gebruik is nogal goed. As die heining se alarm afgaan is hulle
binne 5 minute hier. Die heinings in ongelukkig onstabiel, want sterk winde
en swaar weer laat die alarm afgaan.

As die heining jou skok, raak die plek waarmee jy aan die heining geraak het
lam. So as jy met jou kaal hande daaraan vat, word jou hele arm lam. Jy
kan natuurlik rubber handskoen dra, wat nie elektrisiteit gelei nie.

Groete
Elaine

"Ferdi Greyling" wrote:

Hulle werk glo is elk geval nie so goed nie. Jy kan glo maklik daaraan
vat en dit ooptrek - as jy die onaangenaamheid van elektrisiteit kan
uitstaan, maar dit zap jou nie op jou gat nie - dis wat ek hoor. Nog
nooit self getry nie.
Re: Dinge hier wat ek van hou [boodskap #69122 is 'n antwoord op boodskap #69121] Do, 21 November 2002 10:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gister hier in die Argus 'n saak waar 'n huiseienaar 'n sekuriteitsfirma
dagvaar, omdat die persoon wat bedoel was om hom te beskerm hom geskiet het.
Lang storie en tragies, maar ook snaaks.
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3ddca97f.0@news1.mweb.co.za...
> Meeste elektriese heinings is gekoppel aan 'n alarm. Die sekuriteitsfirma
> wat ons gebruik is nogal goed. As die heining se alarm afgaan is hulle
> binne 5 minute hier. Die heinings in ongelukkig onstabiel, want sterk winde
> en swaar weer laat die alarm afgaan.
>
> As die heining jou skok, raak die plek waarmee jy aan die heining geraak het
> lam. So as jy met jou kaal hande daaraan vat, word jou hele arm lam. Jy
> kan natuurlik rubber handskoen dra, wat nie elektrisiteit gelei nie.
>
> Groete
> Elaine
>
> "Ferdi Greyling" wrote:
>
> Hulle werk glo is elk geval nie so goed nie. Jy kan glo maklik daaraan
> vat en dit ooptrek - as jy die onaangenaamheid van elektrisiteit kan
> uitstaan, maar dit zap jou nie op jou gat nie - dis wat ek hoor. Nog
> nooit self getry nie.
>
Re: Dinge hier wat ek van hou [boodskap #69131 is 'n antwoord op boodskap #69122] Do, 21 November 2002 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jinne - was dit aspris of per ongeluk? Ek het al baie gedink dat die mense
wat werk vir die sekuriteitsfirmas vreeslike gevaarlike werk doen. Ek kry
skoon rillings as hulle hier stop, en dis net "bulletproofs" en pomp-aksie
haelgewere en goed.

Elaine

"Annette" skryf in boodskap news:aridf4$ip4r1$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Gister hier in die Argus 'n saak waar 'n huiseienaar 'n sekuriteitsfirma
> dagvaar, omdat die persoon wat bedoel was om hom te beskerm hom geskiet het.
> Lang storie en tragies, maar ook snaaks.
> Annette
Re: Dinge hier wat ek van hou [boodskap #69146 is 'n antwoord op boodskap #69131] Do, 21 November 2002 18:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink nie dit was per ongeluk nie. Hy het die eienaar van die huis 3 keer
getref, en die rower ook 'n paar keer meer.
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3ddd16cf.0@news1.mweb.co.za...
> Jinne - was dit aspris of per ongeluk? Ek het al baie gedink dat die mense
> wat werk vir die sekuriteitsfirmas vreeslike gevaarlike werk doen. Ek kry
> skoon rillings as hulle hier stop, en dis net "bulletproofs" en pomp-aksie
> haelgewere en goed.
>
> Elaine
>
> "Annette" wrote in message
> news:aridf4$ip4r1$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Gister hier in die Argus 'n saak waar 'n huiseienaar 'n sekuriteitsfirma
>> dagvaar, omdat die persoon wat bedoel was om hom te beskerm hom geskiet
> het.
>> Lang storie en tragies, maar ook snaaks.
>> Annette
>
Re: Dinge hier wat ek van hou [boodskap #69154 is 'n antwoord op boodskap #69146] Do, 21 November 2002 19:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 21 Nov 2002 20:25:05 +0200, "Annette" wrote:

>> news:aridf4$ip4r1$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Gister hier in die Argus 'n saak waar 'n huiseienaar 'n sekuriteitsfirma
>>> dagvaar, omdat die persoon wat bedoel was om hom te beskerm hom geskiet
>> het.
>>> Lang storie en tragies, maar ook snaaks.
>>> Annette

> Ek dink nie dit was per ongeluk nie. Hy het die eienaar van die huis 3 keer
> getref, en die rower ook 'n paar keer meer.
> Annette
>
>

Wat ek hier van hou
is die tema
waaronder jy dit vertel:-)
Re: Dinge hier wat ek van hou [boodskap #69174 is 'n antwoord op boodskap #69146] Vr, 22 November 2002 00:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
O, wel hy't darem die rower ook getref. Ek sien mos hier loop sulke
"Rambo's" in die stad rond. Hulle het sulke lekker groot haelgewere, en
sommer klaar die vingers op die sneller. In dit in oorvol winkelsentrums.
Lyk my die wagte kry nie voldoende wapen opleiding nie.

Elaine

"Annette" skryf in boodskap news:arj8l4$ip91u$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek dink nie dit was per ongeluk nie. Hy het die eienaar van die huis 3 keer
> getref, en die rower ook 'n paar keer meer.
> Annette
Re: Dinge hier wat ek van hou [boodskap #69188 is 'n antwoord op boodskap #69111] Vr, 22 November 2002 04:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter[2]  is tans af-lyn  Pieter[2]
Boodskappe: 95
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
In watter deel van die IT is jy?

"Gids" skryf in boodskap news:arhojv$8th$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Katryn" schreef in bericht
> news:fe8otugm0cqdlqs617tves0j5m1e8c4beh@4ax.com...
>>
>>> - Ek hou daarvan om na 'n supermark te gaan en daar is meer dan een soort
>>> koffie/pasta/melk of watookal.
>>
>> Baie interessant. So, jy sou dus sê dat daar 'n groter verskeidenheid
>> in SA is, as wat daar in Holland was? Ek sou dit nooit kon raai nie.
>> Maar dit sluit darem seker kase uit? :-))
>>
> Ja - verskeidenheid is nie so groot in die gemiddelde supermark nie. Hulle
> is geneig om kleiner winkels (so groot soos 'n Spar of 7 11) in groter
> konsentrasies te hê. Kase en beleg (koue vleis) het hulle wel groot
> verskeidenheid.
>
>>> - Om besigheid te kan doen en weet dat jy 'n redelike kans het dat jy
> eerlik
>>> behandel sal word.
>>
>> Dus vind jy die Hollanders 'n oneerlike spul oor die algemeen? Of
>> bedoel jy net as dit by besigheid kom?
>>
> Dit is moeilik te kwalifiseer. Die gevoel wat ek kry in Nederland is dat
> besigheidsmanne daar nie dink dat hul oneerlik is nie. Die idee wat ek kry
> is dat alles wat hulle kan doen waarmee hulle kan wegkom onder die wet
> volgens hulle eerbaar is. Hulle verstaan nie dat daar 'n verskil is tussen
> eerbaar en wettig nie. 'n Gentlemans agreement bestaan nie. As dit nie op
> papier staan nie kan 'n ooreenkoms gebreek word. Ek is besig om te
> veralgemeen, maar die persentasie van sulke dinge wat met ons gebeur het is
> onrusbarend hoog.
>
>
>
>>> - Die feit dat ek nie by die see woon nie (miskien moet ek terug Kaap
> toe)
>>
>> NATUURLIK moet jy teruggaan Kaap toe! Daar is mos geen "miskien" aan
>> nie? :-)
>
> *SUG* Dit is darem ook lekker hier in die Hoëveld. Ons het pragtige mense
> hier ontmoet. Ons mis wel ons vriende en familie wat in die Kaap bly
>
>>
>>> - Kontrakte is skaars op hierdie stadium. (Sal verander - maar ek moet
> seker
>>> vertel van my stresse ;)
>>
>> Dit sal regkom.
>>
> Natuurlik. Die IT mark is net tydelik in die stres
>
>
>
> ---
> Outgoing mail is certified Virus Free.
> Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
> Version: 6.0.419 / Virus Database: 235 - Release Date: 2002/11/13
>
Re: Dinge hier wat ek van hou [boodskap #69212 is 'n antwoord op boodskap #69118] Vr, 22 November 2002 15:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Annette"

>> (Gids)
>> - Ek hoef nie meer met die tipe expats te make te hê wat die ou SA
>> verheerlik, oor hul nuwe tuiste kla en elke keer as hul iets slegs oor SA
> in
>> die media sien dit aan jou e-mail of jou daarvan vertel nie. Intussen huil
>> hulle oor musiek van Laurika Rauch en woon elke jaar Ukasie of Eurokasie
> by.
>
> Praat jy nou van Max?:))

Sies vir jou, Annette! Ek pas heeltemal nie in daai sinnetjie nie. Ek
was wel verlede jaar by Ukkasie, maar hierdie jaar het ek Ukkasie en
Eurokasie gemis! Ek het wel gehoor dat Eurokasie 'n fantastiese fees
was!

Jy weet mos al dat ek dolgelukkig is in Holland, en nie terugverlang
na die ou SA nie... (Ook nie na die nuwe een nie!)

Ek het Gideon se lysie verskriklik geniet, want ek kan met baie dinge
identifiseer... Ek weet nie waar hy gebly en gewerk het nie, maar is
jammer as hy dit nie so geniet het soos ek nie...

Dis nou 16:25 en ek sit deur my kantoorvenster en kyk hoe die son sak.
(Ek's seker hy mis dít nie)

Sinterklaas het verlede naweek in NL aangekom. (Ek's seker hy mis dít)

So't elke plek maar sy ups en downs.

Gideon, ek hoop jy laat weet nog meer van jou ervaringe. Het dinge
baie verander terwyl jy weg was?

Groete
Max______________________________________________________
Re: Dinge hier wat ek van hou [boodskap #69243 is 'n antwoord op boodskap #69212] Sa, 23 November 2002 07:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Max
Gideon, ek hoop jy laat weet nog meer van jou ervaringe.
Het dinge baie verander terwyl jy weg was?

Wouter
Gideon is weg, hy werk in die Ooste en kom eers laat in
Desember terug. Maar dalk loer hy vir ons van daar af?
Re: Dinge hier wat ek van hou [boodskap #69274 is 'n antwoord op boodskap #69079] So, 24 November 2002 14:26 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Gids wrote:

> - Om besigheid te kan doen en weet dat jy 'n redelike kans het dat jy eerlik
> behandel sal word.
>
> - Om dieselfde interpretasies van kontrakte te kry by inwerkingstelling en
> ontbinding.

Ek weet nie watter soort regstelsel nou in Nederland
gevolg word nie, maar mens moet tog aanneem dat dit
die "Romeins-Hollandse Reg" is, wat hulle in Suid-Afrika
gehad het, ten minste toe ek nog daar gebly het. ( Het
dit verander?)
Maar ek moet vir jou vertel dat dit een van die subtiele
kultuurskokke was, toe ons in Noord-Amerika beland het, om
te sien hoeveel mense soos ons, wat aan die Romeins-
Hollandse Reg gewoond is, kontrakte as baie meer heilig sien
as dié mense hier wat onder die Engelse Reg grootgeword het.
Eenkeer het ons vir 'n somer 'n kontrak geteken om in iemand
se huis in 'n ander plek te gaan bly vir drie maande, en toe
ons by die huis aankom, toe sien ons die huis se spasie en
meubilering is baie verdraai, en ons gesin kon moeilik daarin
bly vir drie maande. Ons gaan kla toe by die universiteits-
kantore wat die advertensie vir ons gestuur het, meer om die
baas van die huis se adres te kry ( dit was maar studente wat
die ding onderverhuur het vir die somer.) Toe sê die mense
by die Universiteit : soek vir julle 'n ander plek, en skryf
net aan hierdie mense dat julle uittrek, omdat julle nie
tevrede is nie. Toe sê ek: "maar ons het 'n kontrak geteken!"
Toe kyk die man net vir my en sê, maar hulle het vir jou
gelieg. So die denke oor kontrakte is hier baie meer los as
wat dit is in die opinie van iemand wat onder die Romeinse
Reg grootgeword het.
In Kanada bestaan daar in alle geval twee regstelsels.
Quebec het sy eie stelsel, wat soortgelyk is as wat hulle in
Frankryk gekry het gedurende Napoleon se regime. Die res van
Kanada is onder English common law.

Gloudina
Vorige onderwerp: Halstarrig
Volgende onderwerp: boom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 08:38:46 MGT 2024