Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rugbypale
Rugbypale [boodskap #68965] |
Mon, 18 November 2002 07:48  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Vanaf Roekeloos:
Rugbypale gesteel
============================================================ =
Die Hoërskool Empangeni se aluminium-rugbypale het oornag
verdwyn. Dit is 20cm van die grond af afgesaag en weggedra.
Die diewe sou sowat R50 kry by 'n skrootwerf vir hul buit,
maar dit kos die skool sowat R10 000 om nuwe pale op te rig.
|
|
|
|
|
Re: Rugbypale [boodskap #69047 is 'n antwoord op boodskap #69042] |
Tue, 19 November 2002 18:58   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Gids wrote:
Ek ken mense soos jy in ander lande. Toe hulle
> hier was het hulle steen en been gekla oor alles.
Jy is dus terug in Suid-Afrika, Gideon?
Waar is jy nou, en is jy bly jy is terug?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Dinge hier wat ek van hou [boodskap #69079 is 'n antwoord op boodskap #69077] |
Wed, 20 November 2002 16:24   |
Gids
Boodskappe: 140 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:fc8ntusn3b1uqkv417hq1d6s95pa5l14l2@4ax.com...
>
> Maar voor jy woestyn toe gaan - sê net vinnig waarvan hou jy die
> meeste en waarvan die minste - sommer so in 'n neutedop vasgevat?
> En voel jou vrou en kinders dieselfde?
>
Sjoe - daar is baie dinge.
Wat ek van hou daarvan om terug te wees.
- Ek hou daarvan om dinge in my eie tale te kan doen. Ek het nooit moeite om
myself verstaanbaar te maak nie. Ek hou daarvan om iets te sê en jy sien nie
eers so 'n vae uitdrukking in die hoorder se oë omdat hul jou aksent nie
verstaan of omdat jy 'n woord uit 'n dialek gebruik het in 'n ander streek
nie. Om in 'n vreemde taal iets te doen is nie altyd maklik nie - veral as
jy dit vir meer as vier jaar lank doen en nog steeds somtyds vreemde kyke
kry.
- Ek hou daarvan om dae aaneen son te hê. Die depressiwiteit van dae van
bewolktheid begin jou later aantas.
- Ek hou daarvan om meer gespreksonderwerpe te hê as net die weer of die
verkeer.
- Die vryheid om my eie dinge te kan doen sonder om te wonder of ek nie een
of ander wet (landswet of ongeskrewe) oortree in die proses nie. Ek is mal
daaroor om sonder die "sosiale kontrole" van 'n buurt te lewe waar almal se
sake almal s'n is en mense hulself die reg aanmaan om jou te vertel of jy
die boom in jou voortuin moet afkap aldan nie.
- Die vryheid om 'n nuwe kar/meubels/pak te koop sonder dat die bure hul
wenkbroue vir jou lig nie. Dit is hier ok om geld te hê en iets te koop wat
jy wil.
- Ek hou daarvan om in my eie taal te kan sing sonder dat jy eers lirieke
moet vertaal of eers lang agtergrondinligting te gee. Dit is lekker as jy
iets sing en iemand snap die humor of verstaan die konsepte wat jy oordra.
- Die herlewing van Afrikaans - ten spyte van die taalstryd
- Ek hou daarvan om nie te hoef verduidelik waarom ek nou eintlik uit die
land uit is nie.
- Ek hou daarvan om na 'n supermark te gaan en daar is meer dan een soort
koffie/pasta/melk of watookal.
- Biltong, melktert, koeksisters, chutney, karringmelk beskuit, peppermint
crisp en baie ander dinge by die supermark en goedkoop. Al die expats sal
jou vertel dat jy al die dinge kan kry. Ja - teen watter prys en watter
moeite. Van my vriende was dodelik siek van biltong wat hul by so 'n
verskaffer gekoop het. Waarom? Hy mag nie salpeter gebruik het in die
voorbereiding nie as gevolg van milieuwette.
- Ek hou van wette wat ek verstaan en wat die amptenare wat dit uitvoer ook
verstaan.
- Om nie die gevoel te kry dat pryse beheer word deur 'n paar organisasies
nie. Om byvoorbeeld drie kwotasies te kry en hulle is almal verskillend
instede van dieselfde.
- Om iets op 'n veiling te gaan koop omdat die veilings oop is vir die
publiek en nie net beperk is tot handelaars nie.
- Om besigheid te kan doen en weet dat jy 'n redelike kans het dat jy eerlik
behandel sal word.
- Om dieselfde interpretasies van kontrakte te kry by inwerkingstelling en
ontbinding.
- Om 'n yskas/wasmasjien/tuimeldroeër te koop en 'n redelike verwagting hê
dat dit langer sal hou as een week verby die verstryking van die waarborg.
- Om deur mense aanvaar te word al is jy nie deel van hul kliek nie.
- Dit is bekostigbaar om hier te lewe. Kos, vervoer, versekering,
verbruiksgoedere, behuising.
- Iemand anders gooi my petrol in
-Tuindienste
- Die hond vries nie as hy buite slaap nie (labrador op ys)
- Oorwegend goeie en vriendelike diens
- Ek hoef nie meer met die tipe expats te make te hê wat die ou SA
verheerlik, oor hul nuwe tuiste kla en elke keer as hul iets slegs oor SA in
die media sien dit aan jou e-mail of jou daarvan vertel nie. Intussen huil
hulle oor musiek van Laurika Rauch en woon elke jaar Ukasie of Eurokasie by.
WAT EK NIE VAN HOU NIE:
- Ek hou nie daarvan om die heeltyd aan mense te moet verduidelik waarom ek
nou eintlik teruggekom het nie.
- Hoë bankkostes en rentekoerse
- Die veiligheidsituasie - jy moet hier ekstra stappe neem vir veiligheid.
- Elektriese heinings , Armed response en sekuriteitskomplekse.
- Tolhekke
- Slaggate
- Die feit dat ek nie by die see woon nie (miskien moet ek terug Kaap toe)
- Kontrakte is skaars op hierdie stadium. (Sal verander - maar ek moet seker
vertel van my stresse ;)
- Die lang wag vir 'n telefooninstallasie
- Bedelaars en karoppassers
- Regses wat nog steeds nie kan vrede maak daarmee dat hul blanke paradys
nie meer bestaan nie
- Die doeane
My vrou en kinders deel my sentimente, hoewel vir hulle lê die klem op ander
plekke. Ek kan byvoeg dat David gek is op die skool hier. Dit gaan dan oor
baie aspekte onder andere die manier wat kinders met mekaar en onderwysers
omgaan. Selfs die gespot met sy Hollandse fiets is in 'n goeie gees.
---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.419 / Virus Database: 235 - Release Date: 2002/11/13
|
|
|
|
Re: Dinge hier wat ek van hou [boodskap #69108 is 'n antwoord op boodskap #69079] |
Thu, 21 November 2002 01:02   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Gids" wrote:
> Sjoe - daar is baie dinge.
Dankie, Gideon. Dit was alles baie interessant. Dit was/is ook
interessant vir my om bietjie meer van die Nederlandse setup te leer
vanuit 'n Suid Afrikaner se oogpunt. (Net so paat vinnige opmerkings
- eintlik moet ek nie nou hier speel nie) :-)
> - Ek hou daarvan om na 'n supermark te gaan en daar is meer dan een soort
> koffie/pasta/melk of watookal.
Baie interessant. So, jy sou dus sê dat daar 'n groter verskeidenheid
in SA is, as wat daar in Holland was? Ek sou dit nooit kon raai nie.
Maar dit sluit darem seker kase uit? :-))
> - Biltong, melktert, koeksisters, chutney, karringmelk beskuit, peppermint
> crisp en baie ander dinge by die supermark en goedkoop. Al die expats sal
> jou vertel dat jy al die dinge kan kry.
Hehehehe...ja, ek giggel nogal altyd vir die expats wat hier ook so
danig is met (of is dit oor?) hulle Suid Afrikaanse produkte. :-)
> - Om besigheid te kan doen en weet dat jy 'n redelike kans het dat jy eerlik
> behandel sal word.
Dus vind jy die Hollanders 'n oneerlike spul oor die algemeen? Of
bedoel jy net as dit by besigheid kom?
> - Slaggate
Moet dan NOOIT Chicago toe gaan nie!! :-))
> - Die feit dat ek nie by die see woon nie (miskien moet ek terug Kaap toe)
NATUURLIK moet jy teruggaan Kaap toe! Daar is mos geen "miskien" aan
nie? :-)
> - Kontrakte is skaars op hierdie stadium. (Sal verander - maar ek moet seker
> vertel van my stresse ;)
Dit sal regkom.
> My vrou en kinders deel my sentimente, hoewel vir hulle lê die klem op ander
> plekke.
Dis goed. Ek het gedink hulle klem sal dalk op ander plekke lê. Maar
die belangrikste is dat julle almal gelukkig is.
|
|
|
|
Re: Dinge hier wat ek van hou [boodskap #69118 is 'n antwoord op boodskap #69079] |
Thu, 21 November 2002 06:32   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
> Sjoe - daar is baie dinge.
>
> Wat ek van hou daarvan om terug te wees.
> - Ek hou daarvan om dinge in my eie tale te kan doen. Ek het nooit moeite om
> myself verstaanbaar te maak nie. Ek hou daarvan om iets te sê en jy sien nie
> eers so 'n vae uitdrukking in die hoorder se oë omdat hul jou aksent nie
> verstaan of omdat jy 'n woord uit 'n dialek gebruik het in 'n ander streek
> nie. Om in 'n vreemde taal iets te doen is nie altyd maklik nie - veral as
> jy dit vir meer as vier jaar lank doen en nog steeds somtyds vreemde kyke
> kry.
>
> - Ek hou daarvan om dae aaneen son te hê. Die depressiwiteit van dae van
> bewolktheid begin jou later aantas.
>
> - Ek hou daarvan om meer gespreksonderwerpe te hê as net die weer of die
> verkeer.
Doen die mense in Holand dit ook? Die Engelse doen dit ook, maar net oor die
weer:)) Hulle bel 1 keer in 2 maande vir mekaar, en dan praat hulle oor die
weer.:)
>
> - Die vryheid om my eie dinge te kan doen sonder om te wonder of ek nie een
> of ander wet (landswet of ongeskrewe) oortree in die proses nie. Ek is mal
> daaroor om sonder die "sosiale kontrole" van 'n buurt te lewe waar almal se
> sake almal s'n is en mense hulself die reg aanmaan om jou te vertel of jy
> die boom in jou voortuin moet afkap aldan nie.
Ons het Hollandse bure in Bellville gehad, en ek weet van hulle dinge met
bome;))
>
> - Die vryheid om 'n nuwe kar/meubels/pak te koop sonder dat die bure hul
> wenkbroue vir jou lig nie. Dit is hier ok om geld te hê en iets te koop wat
> jy wil.
Ek dog hulle noem dit geneemskapsbetrokkenheid?:)
>
> - Ek hou daarvan om in my eie taal te kan sing sonder dat jy eers lirieke
> moet vertaal of eers lang agtergrondinligting te gee. Dit is lekker as jy
> iets sing en iemand snap die humor of verstaan die konsepte wat jy oordra.
>
> - Die herlewing van Afrikaans - ten spyte van die taalstryd.
>
> - Ek hou daarvan om nie te hoef verduidelik waarom ek nou eintlik uit die
> land uit is nie.
Jy hoef nie, daar is genoeg ander wat dit doen:)
>
> - Ek hou daarvan om na 'n supermark te gaan en daar is meer dan een soort
> koffie/pasta/melk of watookal.
>
> - Biltong, melktert, koeksisters, chutney, karringmelk beskuit, peppermint
> crisp en baie ander dinge by die supermark en goedkoop. Al die expats sal
> jou vertel dat jy al die dinge kan kry. Ja - teen watter prys en watter
> moeite. Van my vriende was dodelik siek van biltong wat hul by so 'n
> verskaffer gekoop het. Waarom? Hy mag nie salpeter gebruik het in die
> voorbereiding nie as gevolg van milieuwette.
>
> - Ek hou van wette wat ek verstaan en wat die amptenare wat dit uitvoer ook
> verstaan.
>
> - Om nie die gevoel te kry dat pryse beheer word deur 'n paar organisasies
> nie. Om byvoorbeeld drie kwotasies te kry en hulle is almal verskillend
> instede van dieselfde.
>
> - Om iets op 'n veiling te gaan koop omdat die veilings oop is vir die
> publiek en nie net beperk is tot handelaars nie.
Nou dit is nogal 'n ding - Ek vind veilings vreeslik vermaaklik.
>
> - Om besigheid te kan doen en weet dat jy 'n redelike kans het dat jy eerlik
> behandel sal word.
Is dit oral in Europa so?
>
> - Om dieselfde interpretasies van kontrakte te kry by inwerkingstelling en
> ontbinding.
>
> - Om 'n yskas/wasmasjien/tuimeldroeër te koop en 'n redelike verwagting hê
> dat dit langer sal hou as een week verby die verstryking van die waarborg.
>
> - Om deur mense aanvaar te word al is jy nie deel van hul kliek nie.
>
> - Dit is bekostigbaar om hier te lewe. Kos, vervoer, versekering,
> verbruiksgoedere, behuising.
>
> - Iemand anders gooi my petrol in
>
> -Tuindienste
>
> - Die hond vries nie as hy buite slaap nie (labrador op ys)
>
> - Oorwegend goeie en vriendelike diens
Bly om dit te hoor - want die koerante vertel ons heeltyd ons lewer nie
goeie en vriendelike dien nie. Ek stem nie saam met die koerante nie.
>
> - Ek hoef nie meer met die tipe expats te make te hê wat die ou SA
> verheerlik, oor hul nuwe tuiste kla en elke keer as hul iets slegs oor SA in
> die media sien dit aan jou e-mail of jou daarvan vertel nie. Intussen huil
> hulle oor musiek van Laurika Rauch en woon elke jaar Ukasie of Eurokasie
by.
Praat jy nou van Max?:))
>
> WAT EK NIE VAN HOU NIE:
> - Ek hou nie daarvan om die heeltyd aan mense te moet verduidelik waarom ek
> nou eintlik teruggekom het nie.
Jy hoef nie. Jy het mos maar net terug huistoe gekom.
>
> - Hoë bankkostes en rentekoerse
>
> - Die veiligheidsituasie - jy moet hier ekstra stappe neem vir veiligheid.
Nie eintlik hier in die Kaap nie.
>
> - Elektriese heinings , Armed response en sekuriteitskomplekse.
>
> - Tolhekke Sover sit ons nog net met een hier in die Kaap.- by Du Toitskloof.
>
> - Slaggate
>
> - Die feit dat ek nie by die see woon nie (miskien moet ek terug Kaap toe)
Dis lekker by die see, verseker.
>
> - Kontrakte is skaars op hierdie stadium. (Sal verander - maar ek moet seker
> vertel van my stresse ;)
>
> - Die lang wag vir 'n telefooninstallasie
>
> - Bedelaars en karoppassers
Deel van ons wat ons maar aanvaar.
>
> - Regses wat nog steeds nie kan vrede maak daarmee dat hul blanke paradys
> nie meer bestaan nie
>
> - Die doeane
>
Wat doen hulle?
>
> My vrou en kinders deel my sentimente, hoewel vir hulle lê die klem op ander
> plekke. Ek kan byvoeg dat David gek is op die skool hier. Dit gaan dan oor
> baie aspekte onder andere die manier wat kinders met mekaar en onderwysers
> omgaan. Selfs die gespot met sy Hollandse fiets is in 'n goeie gees.
>
Ek wonder of kinders nog steeds kaalvoet kan skooltoe gaan as hulle wil?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Dinge hier wat ek van hou [boodskap #69274 is 'n antwoord op boodskap #69079] |
Sun, 24 November 2002 14:26  |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Gids wrote:
> - Om besigheid te kan doen en weet dat jy 'n redelike kans het dat jy eerlik
> behandel sal word.
>
> - Om dieselfde interpretasies van kontrakte te kry by inwerkingstelling en
> ontbinding.
Ek weet nie watter soort regstelsel nou in Nederland
gevolg word nie, maar mens moet tog aanneem dat dit
die "Romeins-Hollandse Reg" is, wat hulle in Suid-Afrika
gehad het, ten minste toe ek nog daar gebly het. ( Het
dit verander?)
Maar ek moet vir jou vertel dat dit een van die subtiele
kultuurskokke was, toe ons in Noord-Amerika beland het, om
te sien hoeveel mense soos ons, wat aan die Romeins-
Hollandse Reg gewoond is, kontrakte as baie meer heilig sien
as dié mense hier wat onder die Engelse Reg grootgeword het.
Eenkeer het ons vir 'n somer 'n kontrak geteken om in iemand
se huis in 'n ander plek te gaan bly vir drie maande, en toe
ons by die huis aankom, toe sien ons die huis se spasie en
meubilering is baie verdraai, en ons gesin kon moeilik daarin
bly vir drie maande. Ons gaan kla toe by die universiteits-
kantore wat die advertensie vir ons gestuur het, meer om die
baas van die huis se adres te kry ( dit was maar studente wat
die ding onderverhuur het vir die somer.) Toe sê die mense
by die Universiteit : soek vir julle 'n ander plek, en skryf
net aan hierdie mense dat julle uittrek, omdat julle nie
tevrede is nie. Toe sê ek: "maar ons het 'n kontrak geteken!"
Toe kyk die man net vir my en sê, maar hulle het vir jou
gelieg. So die denke oor kontrakte is hier baie meer los as
wat dit is in die opinie van iemand wat onder die Romeinse
Reg grootgeword het.
In Kanada bestaan daar in alle geval twee regstelsels.
Quebec het sy eie stelsel, wat soortgelyk is as wat hulle in
Frankryk gekry het gedurende Napoleon se regime. Die res van
Kanada is onder English common law.
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 19:26:03 UTC 2025
|