Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat kan die regering doen om armoede te verlig?
Re: Wat kan die regering doen om armoede te verlig? [boodskap #69045 is 'n antwoord op boodskap #69036] Di, 19 November 2002 18:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 19 Nov 2002 14:28:03 +0200, "Suidwester" wrote:

> Hier wil ek net aanhaak om een van Van Stronten se onsinnighede te antwoord.

> Paultjie van Straaten, dan sal hy ook daarvan 'n boggerop maak. Ek ook. 'n Boer is
> nie elke ou wat 'n tuin kan natlei en dan dink hy gaan boer nie. Veral nie
> in ons woestyne nie!

Paultjie, eintlik het jy vir al hierdie dinge gesoek toe jy êrens 'n
outobiografie gedoen het en gesê het dat jy ''n sakeman is wat twee
besighede besit!' (of so iets). Jou woorde en die tema kan ek nie mooi
onthou nie maar die uitroepteken wel.
Begin voor vriend. Sommer met 'n nuwe naam. Iets soos Ferdinand of
Namibiër of so iets. En meer beskeie. Dìt beteken beslis nie dat almal
op die groep beskeie is nie (as jy dit het, dan hét jy dit!), maar
steeds..try maar:-)))

DD
Re: Wat kan die regering doen om armoede te verlig? [boodskap #69046 is 'n antwoord op boodskap #69045] Di, 19 November 2002 18:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

DD wrote:

> Paultjie, eintlik het jy vir al hierdie dinge gesoek toe jy êrens 'n
> outobiografie gedoen het en gesê het dat jy ''n sakeman is wat twee
> besighede besit!'
> Begin voor vriend. Sommer met 'n nuwe naam.

Ai toggie, hoe sit en praat ons tog met
ons sigselwers. Beteken dit dat Paultjie
ook nou op die pad uit is, net soos oorlee
Sebs?

Tant Hessie van Wonderboom Onder.
Re: Wat kan die regering doen om armoede te verlig? [boodskap #69048 is 'n antwoord op boodskap #69046] Di, 19 November 2002 20:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 19 Nov 2002 18:56:41 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> DD wrote:
>
>> Paultjie, eintlik het jy vir al hierdie dinge gesoek toe jy êrens 'n
>> outobiografie gedoen het en gesê het dat jy ''n sakeman is wat twee
>> besighede besit!'
>> Begin voor vriend. Sommer met 'n nuwe naam.
>
>
> Ai toggie, hoe sit en praat ons tog met
> ons sigselwers. Beteken dit dat Paultjie
> ook nou op die pad uit is, net soos oorlee
> Sebs?
>
> Tant Hessie van Wonderboom Onder.

Tant Hester, jy's skerper met 'n rekenaar as wat jy voorgee.
Hoe jy dit regkry weet ek nie, maar ek werk selfs van twee
rekenaars af en kom steeds nie by jou verby nie.
Vir 'n rukkie sal ek steeds my pose (as Paultjie) hou en dan
by 'n elektroniese snykundige gaan kuier. Wanneer ek dàn
terugkom sal jy my verdomp nie herken nie. Voel uitgedaag.
Hoe op aarde kry jy dit reg?

DD
Re: Wat kan die regering doen om armoede te verlig? [boodskap #69050 is 'n antwoord op boodskap #69048] Di, 19 November 2002 22:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

DD wrote:

> Tant Hester, jy's skerper met 'n rekenaar as wat jy voorgee.
> Hoe jy dit regkry weet ek nie, maar ek werk selfs van twee
> rekenaars af en kom steeds nie by jou verby nie.
> Vir 'n rukkie sal ek steeds my pose (as Paultjie) hou en dan
> by 'n elektroniese snykundige gaan kuier. Wanneer ek dàn
> terugkom sal jy my verdomp nie herken nie. Voel uitgedaag.
> Hoe op aarde kry jy dit reg?

My liewe mens, laat ek tog vir jou
vertel waar davieb (Khoi vir "wortel")
die wortel gegrawe het. Ek weet absoluut
hoe jou brein werk, want ek volg jou nou
al deur soveel gedaantes. Dis die manier
waarop jy dinge verkeerd spel ( soos
Van Straaten. Dis gewoonlik Van Straten.)
Dis die metodes wat jy volg om te maak
asof jy verkeerd spel. Dis die temas in
in jou geskrywery. ( Ek sal nou nie vir
jou daardie temas uitwys nie, want dan
maak ek dit vir jou makliker om hulle te
vermy.) Ek dink nie dit het enigiets met
rekenaarkunde te doen nie. Ek mors nie
my tyd om te gaan kyk vanwaar iemand pos
nie. Ek volg net forensies die spore van
jou breinselle.
Die enigste ding wat my werklik gegooi
het, was toe jy vir Sebs sulke liederlike
taal laat praat het. Dit het ek nie van
Dave du Plessis verwag nie. (En geen
hoeveelheid apologie daarvoor kan dit ont-
daan maak nie. Jou ma het jou nie so groot-
gemaak nie. Moenie dit weer doen nie.)

Tant Hessie die forensiese speurder.
Re: Grondboontjies [boodskap #69052 is 'n antwoord op boodskap #69043] Di, 19 November 2002 22:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

> Dis veral ook mense wat teen die Nafta ooreenkoms is, wat ROOI sien as
> daar net die woord "peanut" genoem word.

Kan jy bietjie verduidelik hoekom mense
wat teen die North American Free Trade
Association is, kwaad word as hulle die
woord "peanut" hoor? Is dit omdat grond-
boontjies goedkoop uit Meksiko ingevoer
word, want hulle word verseker nie hier
in Kanada gekweek nie.
Ek het grootgeword op 'n plek waar
die mense so nou en dan vir hulle eie
gebruik grondboontjies gekweek het. Dis
'n oulike proses. Die plant se blommetjies
sak na 'n sekere tyd af en kom in aanraking
met die grond, en dan ontwikkel die grond-
boontjies onder die grond. Dan spit die
boere die plant uit, draai dit om en laat die
natterige grondboontjiepeule in die son lê,
sodat dit kan droogword. Dan word dit sommer
met die hand van die wortels afgebreek, of as
jy 'n taamlike landvol het, word dit uitgewan op
'n dorsvloer.
Nou wonder ek, op plekke soos die Suide van
die VSA waar hulle op groot skaal grondboontjies
verbou, laat hulle nog altyd die plant onderstebo
op die land lê sodat die peule kan droogword, of
word 'n ander proses gevolg?

Gloudina
Re: Wat kan die regering doen om armoede te verlig? [boodskap #69055 is 'n antwoord op boodskap #69050] Wo, 20 November 2002 00:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 19 Nov 2002 22:21:11 GMT, "@rogers.com" wrote:

. Ek volg net forensies die spore van jou breinselle.

A!! So baie soos Opperman!

Die enigste ding wat my werklik gegooi
> het, was toe jy vir Sebs sulke liederlike
> taal laat praat het. Dit het ek nie van
> Dave du Plessis verwag nie. (En geen
> hoeveelheid apologie daarvoor kan dit ont-
> daan maak nie. Jou ma het jou nie so groot-
> gemaak nie. Moenie dit weer doen nie.)

So ou Davie is Dave du Plessis. Woon hy in Kanada?
Re: Grondboontjies [boodskap #69056 is 'n antwoord op boodskap #69052] Wo, 20 November 2002 00:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> Kan jy bietjie verduidelik hoekom mense
> wat teen die North American Free Trade
> Association is, kwaad word as hulle die
> woord "peanut" hoor? Is dit omdat grond-
> boontjies goedkoop uit Meksiko ingevoer
> word, want hulle word verseker nie hier
> in Kanada gekweek nie.

Ja, soos ek kan agterkom het die ouens dit veral teen die goedkoper
rou produk invoere vanuit Mexiko. Maar die Kanadese invoere is ook 'n
probleem, want onthou dat alhoewel julle dalk nie grondboontjies kweek
nie, vervaardig julle wel grondboontjiebotter.
Blykbaar het die invoer van Kanadese grondboontjiebotter met 45%
gestyg die afgelope paar jaar. Dis 'n groot ongelukkigheid, want julle
produk is baie goedkoper, en dus 'n wesentlike bedreiging vir die
plaaslik vervaardigde produk wat duurder is.

> Nou wonder ek, op plekke soos die Suide van
> die VSA waar hulle op groot skaal grondboontjies
> verbou, laat hulle nog altyd die plant onderstebo
> op die land lê sodat die peule kan droogword, of
> word 'n ander proses gevolg?

Ek het ongelukkig geen idee nie. Maar jy het nou my belangstelling
geprikkel, en ek sal bietjie gaan kyk en met die mense gesels, en laat
weet.
Re: Wat kan die regering doen om armoede te verlig? [boodskap #69057 is 'n antwoord op boodskap #69045] Wo, 20 November 2002 01:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:

> Dìt beteken beslis nie dat almal
> op die groep beskeie is nie (as jy dit het, dan hét jy dit!), maar
> steeds..try maar:-)))

ROTFL!!!
Re: Wat kan die regering doen om armoede te verlig? [boodskap #69061 is 'n antwoord op boodskap #69037] Wo, 20 November 2002 04:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter[2]  is tans af-lyn  Pieter[2]
Boodskappe: 95
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Nee ek was maar net 'n Kedoe, 'n Kedoe-drol spoeg kampioen.

"Annette" skryf in boodskap news:ardbi6$hl5ob$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Gaan jy vir ons vertel Springbok in watter sport, of gaan jy ons laat
> raai?:))
> Annette- wat net provinsiale kleure het.
>
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3dda2e62.0@news1.mweb.co.za...
>> Ag seunie, laat ek jou tog maar antwoord. Toevallig het ek jou land se
> ID.
>> Ek het jou land op die sportveld verteenwoordig. Ek het in jou land se
>> weermag gedien toe dit van my gevra is. Enige verdere kwalifikasies
> nodig
>> om jou rugbyspannetjie te mag kritiseer. EK is 'n Springbok! Wat is
> jy?
>> Die blote gedagte dat 'n internasionale maatskappy vir jou besigheid gaan
>> gee, is skrikwekkend om die minste te sê, maar gelukkig weet ek dis
>> wensdenkery. Ek het nie nodig om ander mense 'af' te praat net om in
>> statuur te groei nie. Jy is nie dalk een van daai mannetjies wat ly aan
>> die 'kleinpiepiesindroom' nie?
>> "Paul Van Straaten" wrote in message
>> news:arb4ni$33u$6@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Sommige van my bydraes kan dalk deur jou gesien word as vrek
>> kinderagtig...
>>> Maar ek bly nie soos jy in 'n land en kla dan oor 'n ander land se swak
>>> rugby-spelers nie!
>>> Jy kan kou en herkou...maar feite bly feite!
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:3dd8a2d2.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Ek weet darem nie. Sy bydraes by tye is maar vrek kinderagtig.
>>>> "Annette" wrote in message
>>>> news:ara1tv$gcov3$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> > Ek aan die ander kant dink dat hy 'n hopelose verstokte ou mens
> is:))
>>>> > Van die bom tot die treinspoor.
>>>> > Die gewaande regse wat toe kwansuis 'n Hollandse fotograaf is - die
>>>> weduwee
>>>> > wat blou sweer dis haar man is ook 'n ver regse wat uit Holland die
>>>> "goeie"
>>>> > stryd stry.
>>>> > Sy broer aan die ander kant beweer dit is nie hy nie. Aan die foto
>> self
>>>> > sukkel ek om te sien dit is dieselfde mens. Sy bolip het
>> onverklaarbaar
>>>> > verleng en selfs sy oë se vorm en grote het verander van 'n vroeëre
>>>> weergawe
>>>> > tot die een wat op die internet is.
>>>> > Het julle gisteraand op Carte Blanche gesien van hoe baie dabbels
>> Saddam
>>>> > gebruik maak?
>>>> > Annette
>>>> >
>>>> >
>>>> > "Suidwester" wrote in message
>>>> > news:3dd8836d.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > > Hier moet ek met jou saamstem. Die Van Straaten-ou irriteer my
> al
>>>> lank.
>>>> > > Hy vertel hy het twee besighede, maar al die voorstelle wat hy
> maak
>>> tov
>>>> > die
>>>> > > ekonomie, is vir my 'n aanduiding dat dit te betwyfel is. Ook
is
>> sy
>>>> > > taalgebruik vir my te 'jonk'. Ek sal 'n paar Rand daarop sit
dat
>> hy
>>>> nog
>>>> > > bitter jonk is......
>>>> > > "Wouter Plaasvark" wrote in message
>>>> > > news:3dd80cfe.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > > > Paul Van Straaten
>>>> > > > 1)Daar moet werk geskep word, deur van die plase wat
>>>> > > > in die regering se besit is, te gebruik om op te boer. Hoe
>>>> > > > groter die aanbod van 'n produk,hoe goedkoper word dit.
>>>> > > >
>>>> > > > Wouter
>>>> > > > Hoeveel plase besit die staat met boerderypotensiaal?
>>>> > > > En wat is die waarde van die produkte wat daarop
>>>> > > > geproduseer kan word? Behalwe dat die staat inherent
>>>> > > > onbekwaam is om te boer dink el jy praat van peanuts.
>>>> > > >
>>>> > > > 2)'n Verbeterde Staatsdiens wat weer werk kan skep
>>>> > > > moet gepropageer word.
>>>> > > >
>>>> > > > Wouter
>>>> > > > Alle regerings propageer 'n verbeterde staatsdiens,
>>>> > > > dit help presies niks. Dis nie die regering se funksie om
>>>> > > > werk te skep nie, hulle kan ook nie regte werk skep nie,
>>>> > > > hulle is in wese onkapabel om dit doen en gee net meer
>>>> > > > belastinggeld uit as hulle dit probeer doen. Net kommuniste
>>>> > > > glo wat jy hier propageer en hulle is wêreldwyd verkeerd bewys.
>>>> > > >
>>>> > > > 3)Werklike behuisingsprojekte moet van stapel gestuur
>>>> > > > word, en daar moet huise gebou word (nie vuurhoutjie-
>>>> > > > dosies nie), wat die boubedryf sal stimuleer.
>>>> > > >
>>>> > > > Wouter
>>>> > > > Wie betaal hiervoor? Die staat? Dan verhoog staatsuitgawes
>>>> > > > en belasting en inflasie gaan deur die dak, jy praat van baie
>> groot
>>>> > geld.
>>>> > > >
>>>> > > > 4)Lee fabrieke kan omskep word in skole, waar
>>>> > > > meer bekostigbare onderwys en opleiding kan geskied.
>>>> > > >
>>>> > > > Wouter
>>>> > > > Wie koop of huur die fabrieke by die huidige eienaars?
>>>> > > > Die staat? Sien punt 3.
>>>> > > >
>>>> > > > 5)Alle hospitale soos onder die ou-bedeling moet op ge-
>>>> > > > gradeer word tot op Internasionaal aanvaarbare
>>>> > > > standaarde.Hierdie dienste moet gelewer word, nie
>>>> > > > nie gratis nie,maar teen 'n verhoogde koste...aangesien
>>>> > > > die persoon wat dit gebruik weer geld in sy/haar sak sal he.
>>>> > > >
>>>> > > > Wouter
>>>> > > > Ek neem aan die staat betaal ook hiervoor?
>>>> > > > Jy is egter verkeerd dat die verbruiker geld in die sak
>>>> > > > gaan hê. Al die uitgawes gaan belasting ens. verhoog en
>>>> > > > werkgeleenthed wegneem en ons gaan almal armer wees.
>>>> > > >
>>>> > > > 9)Nie-lonende bedrywe moet genasionaliseer word en
>>>> > > > kundiges op daardie gebied aangestel word, om die
>>>> > > > bedryf weer lonend te maak, waarna dit geprivatiseer
>>>> > > > kan word...wat geld vir die staat sal beteken.
>>>> > > >
>>>> > > > Wouter
>>>> > > > 'n Regering is altyd baie sleg om besigheid te doen. Hulle
>>>> > > > kry ook nooit die regte kundiges nie, hulle prosedures
>>>> > > > en die wyse waarop hulle besoldig, stoot daardie mense
>>>> > > > af, hulle sal baie eerder self die risiko loop en die geld
>>>> > > > verdien met so 'n omdraaipoging.
>>>> > > >
>>>> > > > Die beste kundiges wat die staat sal kan trek, gaan in
>>>> > > > relatiewe terme paloekas wees wat ons geld gaan mors.
>>>> > > > Al wat gaan gebeur is dat die staat baie geld gaan uitgee,
>>>> > > > jy praat hier letterlik van biljoene. Na heelwat verdere
>>>> > > > staatsuitgawes (salarisse, konsultasiefooie, bribes, ens)
>>>> > > > gaan alles afgeskryf of vir peanuts verkoop word.
>>>> > > > Vergelyk wat met Mossgas onder staatsbeheer gebeur
>>>> > > > het, daar is nie veel oor om te verkoop nie, wat nie
>>>> > > > wanbestee is nie, is gebreek of gesteel.
>>>> > > >
>>>> > > > 11)Aborsies moet afgeskaf word,aangesien dit te duur is.
>>>> > > >
>>>> > > > Te duur? Jy kan nie ernstig wees nie! Dink jy dis goedkoper
>>>> > > > om die kinders, wat die ma's nie wou hê nie, groot te maak?
>>>> > > > Jy gaan bloot meer agterstraat-aborsies kry, dis goedkoop,
>>>> > > > maar lewensgevaarlik. Dan land die ma dikwels in elk geval
>>>> > > > in die hospitaal vir baie duurder behandeling. Op grootliks
>>>> > > > die staat se koste.
>>>> > > >
>>>> > > > 12)Staats-spandering moet beperk word...
>>>> > > > en siedaar,die gelde om bogenoemde te kan vermag
>>>> > > > is beskikbaar!
>>>> > > >
>>>> > > > Wouter
>>>> > > > Siedaar inderdaad. Nou praat jy groot strooi, elkeen
>>>> > > > van jou onbekookte voorstelle hier bo gaan die staat
>>>> > > > se spandering sterk opjaag. Meer as 80% van die staat
>>>> > > > se uitgawes gaan aan onderwys, gesondheid (meesal
>>>> > > > hospitale) en beskerming (meesal polisie en howe).
>>>> > > > En dit is grootliks salarisse.
>>>> > > >
>>>> > > > Om wesenlik te bespaar moet jy dus diep aan een of
>>>> > > > meer van daardie drie sny en honderde duisende mense
>>>> > > > werkloos maak. Watter mense het jy in gedagte?
>>>> > > >
>>>> > > > Onthou, jy het 'n hele paar honderdduisend miljoen geblaas
>>>> > > > met jou aksieplanne daar bo, jy moet dus groot sny net om
>>>> > > > staatsuitgawes gelyk te hou.
>>>> > > >
>>>> > > > Siedaar inderdaad. 'n Ekonomiese moeras waarin selfs
>>>> > > > hardelynkommuniste ons nie so vinnig in sal kry as jou
>>>> > > > planne nie.
>>>> > > >
>>>> > > >
>>>> > >
>>>> > >
>>>> >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: Wat kan die regering doen om armoede te verlig? [boodskap #69070 is 'n antwoord op boodskap #69055] Wo, 20 November 2002 13:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Ferdi Greyling wrote:

> So ou Davie is Dave du Plessis. Woon hy in Kanada?

Nee, ons laat nie mense wat nie hulle
beginsels wil bekend maak, in Kanada
in nie. Ook nie tweegatjakkalse nie.
Ek het 'n spesmaas hy woon in jou deel
van die wêreld.

Tant Hessie Poirot
Re: Wat kan die regering doen om armoede te verlig? [boodskap #69094 is 'n antwoord op boodskap #69050] Wo, 20 November 2002 19:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willie Vorster  is tans af-lyn  Willie Vorster
Boodskappe: 38
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Ek wonder waar die spreekwoord vandaan sou kom. Hoekom sal 'n wortel nou 'n
wortel wou grawe?

>
> My liewe mens, laat ek tog vir jou
> vertel waar davieb (Khoi vir "wortel")
> die wortel gegrawe het.
Re: Wat kan die regering doen om armoede te verlig? [boodskap #69096 is 'n antwoord op boodskap #69050] Wo, 20 November 2002 20:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 19 Nov 2002 22:21:11 GMT, "@rogers.com" wrote:

>

> My liewe mens, laat ek tog vir jou
> vertel waar davieb (Khoi vir "wortel")
> die wortel gegrawe het. ...
>
> Tant Hessie die forensiese speurder.
>

Staan davied dan vir diensbare wortel?

Davie Davis
Re: Wat kan die regering doen om armoede te verlig? [boodskap #69144 is 'n antwoord op boodskap #69094] Do, 21 November 2002 17:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Willie Vorster wrote:

> Ek wonder waar die spreekwoord vandaan sou kom. Hoekom sal 'n wortel nou 'n
> wortel wou grawe?
>> >
>>> My liewe mens, laat ek tog vir jou
>> vertel waar davieb (Khoi vir "wortel")
>> die wortel gegrawe het.

Ja, ek het ookal gewonder. Maar dis seker
maar soos dinge werk in taalontwikkeling.
Miskien het die Khoi- of San=sprekers 'n
uitdrukking gehad wat van die simboliese
"wortel uitwys" gebruik gemaak het, wat toe
deur die Nederlands-sprekers oorgeneem is.
Wat myns insiens egter baie belangrik is,
is dat omtrent enige Afrikaans-spreker die
uitdrukking ken. Dit moes dus in die taal
ingekom het voor die middel van die
negentiende eeu, toe die Voortrekkers die
taalbakermat begin te verlaat het.

Gloudina
Re: Wat kan die regering doen om armoede te verlig? [boodskap #69147 is 'n antwoord op boodskap #69050] Do, 21 November 2002 18:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 19 Nov 2002 22:21:11 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> (En geen
> hoeveelheid apologie daarvoor kan dit ont-
> daan maak nie. )
>
> Tant Hessie die forensiese speurder.
>

Tant Hes, daar's nie 'n kans sat enig iemand
my sal oortuig dat jy onvergewensgesind is nie.
Daar was selfs 'n tyd wat jy my gedreig het om
my predikant in Minnesota te laat weet maar jy
was nie werklik so gemeen nie. Miskien maak
ek misbruik van die feit dat ek oor die jare
geleer het dat jy soos...soos...soos... soos
byvoorbeeld 'n skaapbolletjie is wat voorgee
om ouer te wees as wat hy is. Harde kors maar
sag binne.

Dawie
Re: Wat kan die regering doen om armoede te verlig? [boodskap #69152 is 'n antwoord op boodskap #69147] Do, 21 November 2002 19:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:

> Tant Hes, daar's nie 'n kans sat enig iemand
> my sal oortuig dat jy onvergewensgesind is nie.
> Daar was selfs 'n tyd wat jy my gedreig het om
> my predikant in Minnesota te laat weet maar jy
> was nie werklik so gemeen nie. Miskien maak
> ek misbruik van die feit dat ek oor die jare
> geleer het dat jy soos...soos...soos... soos
> byvoorbeeld 'n skaapbolletjie is wat voorgee
> om ouer te wees as wat hy is. Harde kors maar
> sag binne.

LOL! O deksels, jy is goed!! Onthou jy nog daardie fliek "The Best
Little Whorehouse in Texas"? Jy's nes daai Texan goewerneur wat 'n
meester van "The Side Step" was!

Way to go, DD! Jy is nog loshande voor in hierdie "kompetisie", hoor!
:-)))
Re: Wat kan die regering doen om armoede te verlig? [boodskap #69157 is 'n antwoord op boodskap #69152] Do, 21 November 2002 19:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 21 Nov 2002 14:16:13 -0500, Katryn wrote:

>
> Way to go, DD! Jy is nog loshande voor in hierdie "kompetisie", hoor!
> :-)))

Katryn, met jou handeklap en
aansporing van uit die pawiljoen
is daar nie 'n kans dat die tannie
my stof sal ruik nie...:-)))))))
Jy's my vitaminedrankie!

DD
Re: Wat kan die regering doen om armoede te verlig? [boodskap #69161 is 'n antwoord op boodskap #69157] Do, 21 November 2002 20:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:

> Katryn, met jou handeklap en
> aansporing van uit die pawiljoen

(dis eintlik vanuit die peanut gallery) :-))

> is daar nie 'n kans dat die tannie
> my stof sal ruik nie...:-)))))))

Hehehehe...
(die gebruik van "nie" gooi my altyd bietjie. Skryf stadiger, sodat
ek mooi kan volg wat jy presies bedoel. )

> Jy's my vitaminedrankie!

Sjoe, laas was ek maar nog net 'n nederige ou "spelfout". (Onthou jy
toe jy gesê het D is net 'n spelfout?)

Ek klim stadig maar seker op (of is dit af?)
:-)))
Re: Wat kan die regering doen om armoede te verlig? [boodskap #69163 is 'n antwoord op boodskap #69161] Do, 21 November 2002 20:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 21 Nov 2002 15:23:33 -0500, Katryn wrote:

>
> Sjoe, laas was ek maar nog net 'n nederige ou "spelfout". (Onthou jy
> toe jy gesê het D is net 'n spelfout?)
>
> Ek klim stadig maar seker op (of is dit af?)
> :-)))
>
>
As ek reg onthou was my D die spelfout
toe jy my uitgetrap het oor 'n die gebruik
van 'n enkele D wat inderwaarheid jou
logo is:-)
En die erkenning dat selfs mense soos
ek somtyds spelvoute maak, was my
eerste trappie op die leer na bo:-)))

DD
Re: Wat kan die regering doen om armoede te verlig? [boodskap #69165 is 'n antwoord op boodskap #69163] Do, 21 November 2002 21:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:

> As ek reg onthou was my D die spelfout
> toe jy my uitgetrap het oor 'n die gebruik
> van 'n enkele D wat inderwaarheid jou
> logo is:-)

Ja, die dêm veeks wat ek is!! Maar dankie dat jy darem geluister het!
:-)
Re: Wat kan die regering doen om armoede te verlig? [boodskap #69168 is 'n antwoord op boodskap #69163] Do, 21 November 2002 21:36 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

DD wrote:

> En die erkenning dat selfs mense soos
> ek somtyds spelvoute maak, was my
> eerste trappie op die leer na bo:-)))

Du Plessis, as jy my nou probeer uitlok
met jou herhaaldelike verkeerde spelling
van "fout," dan slaan jy die bal mis.

Tant Hessie van die Agterste van Helsdingens.
As du Plessis 'n spelfout maak, dan breek
ek dit.
Vorige onderwerp: SWA se plase....alweer!
Volgende onderwerp: Re: Pa's en Ma's
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 10:53:00 MGT 2024