Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Boikot SABC en trawante. Ons het REEDS betaal.
Boikot SABC en trawante. Ons het REEDS betaal. [boodskap #6905] Wo, 31 Julie 1996 00:00
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
m...@hca.co.za (Mike Erasmus) wrote:

<<>Ek doen 'n beroep op my mede volksgenote,
>Moenie jul TV lisensie betaal nie.....>>>>>

Een of twee punte:
1. Ek glo alle Suid-Afrikaners (dus ook die mense in die townships)
moet hul dienstegelde betaal.
2. Ek glo alle Suid-Afrikaners moet hulle belasting betaal.
3. Ek glo as jy TV kyk, onderwerp jy jou aan die struktuur wat die
staat daarvoor stel. As dit beteken jy moet lisensie-geld betaal,
moet jy dit betaal of van jou TV ontslae raak.
Ek betaal my lisensiegeld.
4. Die nuwe SABC is beter as die ou SAUK.
Daar is minder Afrikaans, maar die goeie Afrikaanse reekse het in
die jare tagtig al begin verdwyn.
Oorgeklankte twak het ek nog nooit gekyk nie.
Daar is deesdae baie wat ek op SABC se dienste kyk. Van uitstekende
Britse reekse, tot goeie flieks en die week nog die Olimpiese
Spele.
Ek kyk. Ek betaal.

(Anders as jy en jou sielsgenote in die townships wat nie wil
dienstegelde betaal nie.)
Vorige onderwerp: Afrikaans op SABC
Volgende onderwerp: Die woord fokken op sabc2
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 11:06:10 MGT 2024