Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hulp met "Inkopie Site"
Hulp met "Inkopie Site" [boodskap #68725] |
Wed, 13 November 2002 21:55  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek hou daarvan om myself te vermaak. Ek praat nou van lees, musiek, flieks,
rekenaar speletjies, Internet, ens. Basies enige ding wat ek by die huis
kan doen wat my sal vermaak. Ek glo nie aan "piracy" nie en ek probeer so
ver moontlik al my "goed" (CD's, DVD's, en boeke) wettig koop. Voorheen het
ek al my "goed" by theshoppingmatrix.com gekoop, maar hulle het hulle deure
in Augustus toegemaak. Ek is nie mal oor Kalahari.net nie en ek kan uit die
aard van die saak nie Amazon se goed bekostig nie.
Ek soek 'n plek waar ek al my "goed" kan koop. Een sentrale site wat boeke,
dvd's, cd's en "games" verkoop. As theshoppingmatrix.com binne 24 - 48 uur
kon aflewer kan ander ouens dit ook doen. Nie een van die sites wat ek
besoek het kan dit aan my waarborg nie. Kalahari.net bied 24 uur aflewering
aan vir produkte wat hulle in voorraad het, maar dis gewoonlik die simpel
goed wat niemand wil hê nie.
My vraag is, wie kan my na 'n goeie "Inkopie Site" verwys? Een waar ek my
boeke, cd's, dvd's en games kan koop en waar ek nie 'n ewigheid moet wag
voordat hulle sal aflewer nie. Meer as een site is ook reg as dit moet.
Groete
Elaine
|
|
|
Re: Hulp met "Inkopie Site" [boodskap #68749 is 'n antwoord op boodskap #68725] |
Thu, 14 November 2002 16:43   |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek weet nie van die boeke nie, maar probeer gerus www.mysimon.com - baie
gaaf indien elektroniese pryse vergelyk word.
Ek stem nie saam mbt piracy nie. Enige ou wat betaal vir sagteware sal ook
vir die dienste van slegte vrouens betaal...
"Elaine" skryf in boodskap news:3dd2ca60.0@news1.mweb.co.za...
> Ek hou daarvan om myself te vermaak. Ek praat nou van lees, musiek, flieks,
> rekenaar speletjies, Internet, ens. Basies enige ding wat ek by die huis
> kan doen wat my sal vermaak. Ek glo nie aan "piracy" nie en ek probeer so
> ver moontlik al my "goed" (CD's, DVD's, en boeke) wettig koop. Voorheen het
> ek al my "goed" by theshoppingmatrix.com gekoop, maar hulle het hulle deure
> in Augustus toegemaak. Ek is nie mal oor Kalahari.net nie en ek kan uit die
> aard van die saak nie Amazon se goed bekostig nie.
> Ek soek 'n plek waar ek al my "goed" kan koop. Een sentrale site wat boeke,
> dvd's, cd's en "games" verkoop. As theshoppingmatrix.com binne 24 - 48 uur
> kon aflewer kan ander ouens dit ook doen. Nie een van die sites wat ek
> besoek het kan dit aan my waarborg nie. Kalahari.net bied 24 uur aflewering
> aan vir produkte wat hulle in voorraad het, maar dis gewoonlik die simpel
> goed wat niemand wil hê nie.
> My vraag is, wie kan my na 'n goeie "Inkopie Site" verwys? Een waar ek my
> boeke, cd's, dvd's en games kan koop en waar ek nie 'n ewigheid moet wag
> voordat hulle sal aflewer nie. Meer as een site is ook reg as dit moet.
>
> Groete
> Elaine
>
|
|
|
|
|
|
Re: Hulp met "Inkopie Site" [boodskap #68775 is 'n antwoord op boodskap #68756] |
Fri, 15 November 2002 00:52   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het nie van sagteware gepraat nie. Sagteware se pryse is ongelooflik
belaglik. As die mense wat Linux sagteware verniet - of so te sê verniet -
kan weg gee en nog steeds 'n wins kan maak, kan die anner ouens sekerlik
hulle pryse ook 'n bietjie af bring.
Ek begroot elke maand vir ietsie nice. 'n CD en 'n boek, of 'n dvd en 'n
game of iets dergliks. Ek koop so een dvd en 'n boek of cd per maand. So
elke tweede of derde maand sal ek 'n "game" koop, speel nie rerig rekenaar
speletjies nie. Dit kos so R500 per maand - afhangende van wat ek koop. 'n
Gemiddelde DVD kos R200 - behalwe as jy iets gewilds koop. Ek moes bv R330
uithaal vir die Gladiator DVD.
Ek doen dit al vandat ek my eie geld verdien het, selfs al maak jy 'n
bietjie minder geld, moet jy nog steeds geld uit hou vir 'n "luxury". Ek
het een keer een van hierdie vreeslike slim ekonome hoor sê - as jy arm dink
sal jy arm leef, sal jy arm wees. Hy het voorgestel jy begroot vir jou
"luxury" elke maand. Dan sal jy nie arm voel nie, jy sal nie arm dink nie,
jy sal nie arm leef nie, en dalk sal jy ook, eendag, nie arm wees nie. So
ver werk dit nie te goed nie - maar ek voel beter oor die saak :-)
Groetnis
Elaine
"Davie Davis" skryf in boodskap news:34r7tuogldmmdeabs7nhovt7olgr6q6ql4@4ax.com...
> On Wed, 13 Nov 2002 23:55:41 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
> jy is óf skatryk, of jy besit min sagteware of jy jok. Finis en klaar!
|
|
|
|
|
|
|
Re: Hulp met "Inkopie Site" [boodskap #68893 is 'n antwoord op boodskap #68811] |
Sat, 16 November 2002 21:46  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wel siende ek oud genoeg om my eie geld te verdien, en my eie geldsake te
beheer, en solank ek niks beter het om met my geld te doen nie, behalwe om
dit te gebruik vir my eie plesier nie, sien ek nie 'n krisis daarmee om 'n
CD of twee te koop nie.
"Davie Davis" wrote
> Eendag as jy groot is
> en sommetjies maak
> sal jy dink en wis
> om te kraak
> sal miskien nie jou gewetenssaak
> maar wel jou bankstaat sis
>
> David Confucius
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 18:21:15 UTC 2025
|