Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Immoraliteit van verregse passie
Immoraliteit van verregse passie [boodskap #68684] Wo, 13 November 2002 14:18 na volgende boodskap
Jack[1]  is tans af-lyn  Jack[1]
Boodskappe: 3
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Junior Lid
Beeld-forum:13 November
Immoraliteit van verregse passie
Ferdi Greyling

Die klaarblyklike herlewing van verregse passie in die
land - onlangs uitgedruk in die knal van bomme - dwing
'n mens om die ou kwessies van 'n wit tuisland en
gewelddadige verset wat aan dié idee verbind word,
weer te herdink.

Dit is hoofsaaklik omdat " 'n mens" in dié geval ook
wit en Afrikaans is en regse optrede so baie kere in
die naam van wit Afrikaners gedoen word. Daar is
verskeie kern-aspekte aan so 'n verset en die ideaal
van 'n tuisland.

Die eerste is die praktiese aspek - iets moet sekerlik
uitvoerbaar wees as 'n mens dit wil aanpak.

In terme van die regses is 'n soort toets dan om te sê
"sê nou maar die volgende opstand is suksesvol"? Sê
nou maar die huidige regering se weermag, lugmag,
vloot en polisie word verslaan of genoegsaam lamgegelê
sodat die leiers van die volgende regse verset die
Uniegebou kan beset. Hulle loop pres. Thabo Mbeki
se kantoor binne en gaan sit agter sy lessenaar. Nou wat nou?

Sowat 80% van die land se bevolking gaan hulle nie
steun nie en gaan woedend wees oor wat gebeur het.
Wat meer is, daardie 80% vorm die meeste van die
gewapende magte wat verslaan of lamgelê mag wees,
maar hulle is bewapen en het vryheid ervaar.

Die kunsmatige skeiding van apartheid is vir alle praktiese
doeleindes afgebreek. Reuse-dele van die ekonomie is
in swart hande. Woonbuurte is gemeng. Swart Suid-
Afrikaners kan nie meer so maklik onderdruk word nie,
die ou vrese en geweld wat 'n vorige bestel in mense
se koppe in plek gehou het, bestaan nie meer nie.

Hoe gaan die regses nou regeer?

Gaan hulle verkiesing hou?
Dit gaan eenvoudig net nie moontlik wees nie. 'n
Verkiesing is relatief maklik om te ontwrig as dit nie
wye legitimiteit het nie. Dink bietjie hoe maklik gaan
'n verkiesing deur 80% van die bevolking - reeds
woedend - ontwrig word. Selfs al slaag so 'n
opstand, sal dit nie lank in stand gehou kan word nie.
En wat dan?

Wanneer dit ineenstort en die mengsel van chaos en geweld
wat ná so 'n opstand volg spoel uit op ons strate, wat sal
ons baat gevind het by 'n opstand? Ons woon- en werkplekke
sal stukkend wees. Die kanse dat 'n standhoudende wit
Suid-Afrika sal volg op 'n regse opstand, lyk na ver onder 1%.

Dan is daar natuurlik die moreel-politieke argument van demokrasie.
Afrikaners het nog altyd 'n soort instink vir demokrasie gehad.
Ons hou nie van diktators nie, al het ons ons deel van diktators
gehad wat in ons naam dinge gedoen het. Dit het nooit gemaklik
op ons gedagtes gesit nie. Selfs in die dae van apartheid was
gereelde verkiesings in die wit gemeenskap ononderhandelbaar.

Vandag het ons 'n Grondwet en handves van menseregte wat
gereelde verkiesings waarborg en ons kan almal elke keer stem.
Die meerderheid Suid-Afrikaners is swart en die ANC het elke
verkiesing nog gewen, maar dit is 'n werklike demokrasie gegee
die Suid-Afrikaanse werklikheid. Die ANC het ook wit lede in
die parlement.

In ons samelewing word wit Afrikaners se individuele regte in
feit en wet gewaarborg en onderhou. Ons kan woon waar ons
wil, werk waar ons wil, koop waar ons wil...

Geen demokrasie is volmaak nie en ons s'n het ook sy vratte,
maar dis demokrasie en ek kan deelneem daaraan. Veg ons
nie al geslagte vir demokrasie nie? En wil ons nie 'n vreedsame
land hê nie? As jy die twee meng, lyk die resultaat na Suid-Afrika
vandag - gegee ons werklikhede (droomland tel nie in dié argument nie).

Daar is ook die morele argument van my naaste wat in 'n
staatkundige opset my medeburgers is. Dit sluit aan by die
demokrasie-argument. Swart Suid-Afrikaners is my mede-
burgers. In 'n moderne, funksionele samelewing ('n demokrasie,
dus) moet ek hulle dieselfde regte gun as wat ek vra.

Ek kan nie met geweld die regte net vir myself en 'n klein
groepie wat etnies soos ek is, opeis nie.

Moreel kan ek dus ook nie stem vir 'n opstand teen die
demokratiese staat waarin ons leef nie. Dis nie haalbaar nie
en daar is ook ernstige morele besware daarteen. Ek wil
in 'n samelewing woon wat kan werk en wat 'n morele basis het.

Die soort geleentheid wat 'n regse (óf linkse) opstand teen die
Suid-Afrikaanse staat gaan skep, gaan lei tot 'n onwerkbare
situasie - een wat gebou is op moreel onaanvaarbare beginsels.
fe...@beeld.com
Re: Immoraliteit van verregse passie [boodskap #68688 is 'n antwoord op boodskap #68684] Wo, 13 November 2002 14:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Daar is nou weer deur 'n regstelsel wat teen die Afrikaner gemik is, besluit
dat 'n skool nie meer net Afrikaans mag
wees nie.
Ja, die vraag of die Afrikaner 'n opstand sou ondersteun, is 'n ope een!Ek
onder andere sal so 'n opstand nie huidiglik ondersteun nie.Hoekom?
Aangesien dit geweldadig onderdruk sou word terwyl die wettige
wapen-eienaars,ook volgens die nuwe SA:wettiglik, ontwapen word deur nuwe
wette.
Verder is daar die probleem dat Afrikaners van kleins af geleer is om te
ja-en-amen vir alles wat die ooms en tannies,se omdat 'n mens hulle
ouderdomme moet respekteer.
Wel, die ooms en die tannies se moer!Ons kan nie langer
sulke kak glo nie!Die nuwe geslag Afrikaner moet dus eers groot word en self
besluit wanneer het ons genoeg gehad.
Hierdie demokrasie is geensins so vreeslik demokraties as wat almal hulle
dit voorstel nie.Ons Afrikaners is maar
altyd die goedgelowige Thomas'se gewees.Ons sal ons eers weer aan onsself
moet bewys,alvorens ons tot gewapende verset kan wend.
Qui vadis?Waarheen nou?

"Jack" skryf in boodskap news:3dd25f3b$1_5@news.teranews.com...
> Beeld-forum:13 November
> Immoraliteit van verregse passie
> Ferdi Greyling
>
> Die klaarblyklike herlewing van verregse passie in die
> land - onlangs uitgedruk in die knal van bomme - dwing
> 'n mens om die ou kwessies van 'n wit tuisland en
> gewelddadige verset wat aan dié idee verbind word,
> weer te herdink.
>
> Dit is hoofsaaklik omdat " 'n mens" in dié geval ook
> wit en Afrikaans is en regse optrede so baie kere in
> die naam van wit Afrikaners gedoen word. Daar is
> verskeie kern-aspekte aan so 'n verset en die ideaal
> van 'n tuisland.
>
> Die eerste is die praktiese aspek - iets moet sekerlik
> uitvoerbaar wees as 'n mens dit wil aanpak.
>
> In terme van die regses is 'n soort toets dan om te sê
> "sê nou maar die volgende opstand is suksesvol"? S�
> nou maar die huidige regering se weermag, lugmag,
> vloot en polisie word verslaan of genoegsaam lamgegelê
> sodat die leiers van die volgende regse verset die
> Uniegebou kan beset. Hulle loop pres. Thabo Mbeki
> se kantoor binne en gaan sit agter sy lessenaar. Nou wat nou?
>
> Sowat 80% van die land se bevolking gaan hulle nie
> steun nie en gaan woedend wees oor wat gebeur het.
> Wat meer is, daardie 80% vorm die meeste van die
> gewapende magte wat verslaan of lamgelê mag wees,
> maar hulle is bewapen en het vryheid ervaar.
>
> Die kunsmatige skeiding van apartheid is vir alle praktiese
> doeleindes afgebreek. Reuse-dele van die ekonomie is
> in swart hande. Woonbuurte is gemeng. Swart Suid-
> Afrikaners kan nie meer so maklik onderdruk word nie,
> die ou vrese en geweld wat 'n vorige bestel in mense
> se koppe in plek gehou het, bestaan nie meer nie.
>
> Hoe gaan die regses nou regeer?
>
> Gaan hulle verkiesing hou?
> Dit gaan eenvoudig net nie moontlik wees nie. 'n
> Verkiesing is relatief maklik om te ontwrig as dit nie
> wye legitimiteit het nie. Dink bietjie hoe maklik gaan
> 'n verkiesing deur 80% van die bevolking - reeds
> woedend - ontwrig word. Selfs al slaag so 'n
> opstand, sal dit nie lank in stand gehou kan word nie.
> En wat dan?
>
> Wanneer dit ineenstort en die mengsel van chaos en geweld
> wat ná so 'n opstand volg spoel uit op ons strate, wat sal
> ons baat gevind het by 'n opstand? Ons woon- en werkplekke
> sal stukkend wees. Die kanse dat 'n standhoudende wit
> Suid-Afrika sal volg op 'n regse opstand, lyk na ver onder 1%.
>
> Dan is daar natuurlik die moreel-politieke argument van demokrasie.
> Afrikaners het nog altyd 'n soort instink vir demokrasie gehad.
> Ons hou nie van diktators nie, al het ons ons deel van diktators
> gehad wat in ons naam dinge gedoen het. Dit het nooit gemaklik
> op ons gedagtes gesit nie. Selfs in die dae van apartheid was
> gereelde verkiesings in die wit gemeenskap ononderhandelbaar.
>
> Vandag het ons 'n Grondwet en handves van menseregte wat
> gereelde verkiesings waarborg en ons kan almal elke keer stem.
> Die meerderheid Suid-Afrikaners is swart en die ANC het elke
> verkiesing nog gewen, maar dit is 'n werklike demokrasie gegee
> die Suid-Afrikaanse werklikheid. Die ANC het ook wit lede in
> die parlement.
>
> In ons samelewing word wit Afrikaners se individuele regte in
> feit en wet gewaarborg en onderhou. Ons kan woon waar ons
> wil, werk waar ons wil, koop waar ons wil...
>
> Geen demokrasie is volmaak nie en ons s'n het ook sy vratte,
> maar dis demokrasie en ek kan deelneem daaraan. Veg ons
> nie al geslagte vir demokrasie nie? En wil ons nie 'n vreedsame
> land hê nie? As jy die twee meng, lyk die resultaat na Suid-Afrika
> vandag - gegee ons werklikhede (droomland tel nie in dié argument nie).
>
> Daar is ook die morele argument van my naaste wat in 'n
> staatkundige opset my medeburgers is. Dit sluit aan by die
> demokrasie-argument. Swart Suid-Afrikaners is my mede-
> burgers. In 'n moderne, funksionele samelewing ('n demokrasie,
> dus) moet ek hulle dieselfde regte gun as wat ek vra.
>
> Ek kan nie met geweld die regte net vir myself en 'n klein
> groepie wat etnies soos ek is, opeis nie.
>
> Moreel kan ek dus ook nie stem vir 'n opstand teen die
> demokratiese staat waarin ons leef nie. Dis nie haalbaar nie
> en daar is ook ernstige morele besware daarteen. Ek wil
> in 'n samelewing woon wat kan werk en wat 'n morele basis het.
>
> Die soort geleentheid wat 'n regse (óf linkse) opstand teen die
> Suid-Afrikaanse staat gaan skep, gaan lei tot 'n onwerkbare
> situasie - een wat gebou is op moreel onaanvaarbare beginsels.
> fe...@beeld.com
>
Re: Immoraliteit van verregse passie [boodskap #68699 is 'n antwoord op boodskap #68684] Wo, 13 November 2002 17:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek het dit gelees vandag. Ek weet net nie of jy dit sonder toestemmning mag
publiseer nie. Ferdi - kan dit of pla dit nie?

-Gideon-

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.410 / Virus Database: 231 - Release Date: 2002/11/01
Re: Immoraliteit van verregse passie [boodskap #68702 is 'n antwoord op boodskap #68684] Wo, 13 November 2002 18:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Vra nou vir Ferdi waarom die regses die "knal van bomme" laat plaasvind het.
Volgens Ferdi is daar geen rede vir die gebeure nie - so, is die klompie wat
dit pleeg mal?
Hierdie artikel kan enige sot uit sy duim suig - terwyl hy winde breek agter
sy rekenaar.
Nee wat Ferdi - kry jou agterent uit die kantoor en gaan soek nuus,
feitelikhede, en laat my die leser toe om my eie menings daarvolgens te
vorm.

"Jack" skryf in boodskap news:3dd25f3b$1_5@news.teranews.com...
> Beeld-forum:13 November
> Immoraliteit van verregse passie
> Ferdi Greyling
>
> Die klaarblyklike herlewing van verregse passie in die
> land - onlangs uitgedruk in die knal van bomme - dwing
> 'n mens om die ou kwessies van 'n wit tuisland en
> gewelddadige verset wat aan dié idee verbind word,
> weer te herdink.
>
> Dit is hoofsaaklik omdat " 'n mens" in dié geval ook
> wit en Afrikaans is en regse optrede so baie kere in
> die naam van wit Afrikaners gedoen word. Daar is
> verskeie kern-aspekte aan so 'n verset en die ideaal
> van 'n tuisland.
>
> Die eerste is die praktiese aspek - iets moet sekerlik
> uitvoerbaar wees as 'n mens dit wil aanpak.
>
> In terme van die regses is 'n soort toets dan om te sê
> "sê nou maar die volgende opstand is suksesvol"? S�
> nou maar die huidige regering se weermag, lugmag,
> vloot en polisie word verslaan of genoegsaam lamgegelê
> sodat die leiers van die volgende regse verset die
> Uniegebou kan beset. Hulle loop pres. Thabo Mbeki
> se kantoor binne en gaan sit agter sy lessenaar. Nou wat nou?
>
> Sowat 80% van die land se bevolking gaan hulle nie
> steun nie en gaan woedend wees oor wat gebeur het.
> Wat meer is, daardie 80% vorm die meeste van die
> gewapende magte wat verslaan of lamgelê mag wees,
> maar hulle is bewapen en het vryheid ervaar.
>
> Die kunsmatige skeiding van apartheid is vir alle praktiese
> doeleindes afgebreek. Reuse-dele van die ekonomie is
> in swart hande. Woonbuurte is gemeng. Swart Suid-
> Afrikaners kan nie meer so maklik onderdruk word nie,
> die ou vrese en geweld wat 'n vorige bestel in mense
> se koppe in plek gehou het, bestaan nie meer nie.
>
> Hoe gaan die regses nou regeer?
>
> Gaan hulle verkiesing hou?
> Dit gaan eenvoudig net nie moontlik wees nie. 'n
> Verkiesing is relatief maklik om te ontwrig as dit nie
> wye legitimiteit het nie. Dink bietjie hoe maklik gaan
> 'n verkiesing deur 80% van die bevolking - reeds
> woedend - ontwrig word. Selfs al slaag so 'n
> opstand, sal dit nie lank in stand gehou kan word nie.
> En wat dan?
>
> Wanneer dit ineenstort en die mengsel van chaos en geweld
> wat ná so 'n opstand volg spoel uit op ons strate, wat sal
> ons baat gevind het by 'n opstand? Ons woon- en werkplekke
> sal stukkend wees. Die kanse dat 'n standhoudende wit
> Suid-Afrika sal volg op 'n regse opstand, lyk na ver onder 1%.
>
> Dan is daar natuurlik die moreel-politieke argument van demokrasie.
> Afrikaners het nog altyd 'n soort instink vir demokrasie gehad.
> Ons hou nie van diktators nie, al het ons ons deel van diktators
> gehad wat in ons naam dinge gedoen het. Dit het nooit gemaklik
> op ons gedagtes gesit nie. Selfs in die dae van apartheid was
> gereelde verkiesings in die wit gemeenskap ononderhandelbaar.
>
> Vandag het ons 'n Grondwet en handves van menseregte wat
> gereelde verkiesings waarborg en ons kan almal elke keer stem.
> Die meerderheid Suid-Afrikaners is swart en die ANC het elke
> verkiesing nog gewen, maar dit is 'n werklike demokrasie gegee
> die Suid-Afrikaanse werklikheid. Die ANC het ook wit lede in
> die parlement.
>
> In ons samelewing word wit Afrikaners se individuele regte in
> feit en wet gewaarborg en onderhou. Ons kan woon waar ons
> wil, werk waar ons wil, koop waar ons wil...
>
> Geen demokrasie is volmaak nie en ons s'n het ook sy vratte,
> maar dis demokrasie en ek kan deelneem daaraan. Veg ons
> nie al geslagte vir demokrasie nie? En wil ons nie 'n vreedsame
> land hê nie? As jy die twee meng, lyk die resultaat na Suid-Afrika
> vandag - gegee ons werklikhede (droomland tel nie in dié argument nie).
>
> Daar is ook die morele argument van my naaste wat in 'n
> staatkundige opset my medeburgers is. Dit sluit aan by die
> demokrasie-argument. Swart Suid-Afrikaners is my mede-
> burgers. In 'n moderne, funksionele samelewing ('n demokrasie,
> dus) moet ek hulle dieselfde regte gun as wat ek vra.
>
> Ek kan nie met geweld die regte net vir myself en 'n klein
> groepie wat etnies soos ek is, opeis nie.
>
> Moreel kan ek dus ook nie stem vir 'n opstand teen die
> demokratiese staat waarin ons leef nie. Dis nie haalbaar nie
> en daar is ook ernstige morele besware daarteen. Ek wil
> in 'n samelewing woon wat kan werk en wat 'n morele basis het.
>
> Die soort geleentheid wat 'n regse (óf linkse) opstand teen die
> Suid-Afrikaanse staat gaan skep, gaan lei tot 'n onwerkbare
> situasie - een wat gebou is op moreel onaanvaarbare beginsels.
> fe...@beeld.com
>
Re: Immoraliteit van verregse passie [boodskap #68713 is 'n antwoord op boodskap #68699] Wo, 13 November 2002 20:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 13 Nov 2002 19:15:04 +0200, "Gids"
wrote:

> Ek het dit gelees vandag. Ek weet net nie of jy dit sonder toestemmning mag
> publiseer nie. Ferdi - kan dit of pla dit nie?
>
> -Gideon-

Dit was gepubliseer in Beeld en is dus openbaar.
Re: Immoraliteit van verregse passie [boodskap #68778 is 'n antwoord op boodskap #68684] Vr, 15 November 2002 04:33 Na vorige boodskap
Pieter[2]  is tans af-lyn  Pieter[2]
Boodskappe: 95
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Die ding het dit seker as sy plig geag om iets te se. As iemand anders dit
geskryf het sou ek dit gelees het maar komende van hom.. laat maar verby
gaan.

"Jack" skryf in boodskap news:3dd25f3b$1_5@news.teranews.com...
> Beeld-forum:13 November
> Immoraliteit van verregse passie
> Ferdi Greyling
>
> Die klaarblyklike herlewing van verregse passie in die
> land - onlangs uitgedruk in die knal van bomme - dwing
> 'n mens om die ou kwessies van 'n wit tuisland en
> gewelddadige verset wat aan dié idee verbind word,
> weer te herdink.
>
> Dit is hoofsaaklik omdat " 'n mens" in dié geval ook
> wit en Afrikaans is en regse optrede so baie kere in
> die naam van wit Afrikaners gedoen word. Daar is
> verskeie kern-aspekte aan so 'n verset en die ideaal
> van 'n tuisland.
>
> Die eerste is die praktiese aspek - iets moet sekerlik
> uitvoerbaar wees as 'n mens dit wil aanpak.
>
> In terme van die regses is 'n soort toets dan om te sê
> "sê nou maar die volgende opstand is suksesvol"? S�
> nou maar die huidige regering se weermag, lugmag,
> vloot en polisie word verslaan of genoegsaam lamgegelê
> sodat die leiers van die volgende regse verset die
> Uniegebou kan beset. Hulle loop pres. Thabo Mbeki
> se kantoor binne en gaan sit agter sy lessenaar. Nou wat nou?
>
> Sowat 80% van die land se bevolking gaan hulle nie
> steun nie en gaan woedend wees oor wat gebeur het.
> Wat meer is, daardie 80% vorm die meeste van die
> gewapende magte wat verslaan of lamgelê mag wees,
> maar hulle is bewapen en het vryheid ervaar.
>
> Die kunsmatige skeiding van apartheid is vir alle praktiese
> doeleindes afgebreek. Reuse-dele van die ekonomie is
> in swart hande. Woonbuurte is gemeng. Swart Suid-
> Afrikaners kan nie meer so maklik onderdruk word nie,
> die ou vrese en geweld wat 'n vorige bestel in mense
> se koppe in plek gehou het, bestaan nie meer nie.
>
> Hoe gaan die regses nou regeer?
>
> Gaan hulle verkiesing hou?
> Dit gaan eenvoudig net nie moontlik wees nie. 'n
> Verkiesing is relatief maklik om te ontwrig as dit nie
> wye legitimiteit het nie. Dink bietjie hoe maklik gaan
> 'n verkiesing deur 80% van die bevolking - reeds
> woedend - ontwrig word. Selfs al slaag so 'n
> opstand, sal dit nie lank in stand gehou kan word nie.
> En wat dan?
>
> Wanneer dit ineenstort en die mengsel van chaos en geweld
> wat ná so 'n opstand volg spoel uit op ons strate, wat sal
> ons baat gevind het by 'n opstand? Ons woon- en werkplekke
> sal stukkend wees. Die kanse dat 'n standhoudende wit
> Suid-Afrika sal volg op 'n regse opstand, lyk na ver onder 1%.
>
> Dan is daar natuurlik die moreel-politieke argument van demokrasie.
> Afrikaners het nog altyd 'n soort instink vir demokrasie gehad.
> Ons hou nie van diktators nie, al het ons ons deel van diktators
> gehad wat in ons naam dinge gedoen het. Dit het nooit gemaklik
> op ons gedagtes gesit nie. Selfs in die dae van apartheid was
> gereelde verkiesings in die wit gemeenskap ononderhandelbaar.
>
> Vandag het ons 'n Grondwet en handves van menseregte wat
> gereelde verkiesings waarborg en ons kan almal elke keer stem.
> Die meerderheid Suid-Afrikaners is swart en die ANC het elke
> verkiesing nog gewen, maar dit is 'n werklike demokrasie gegee
> die Suid-Afrikaanse werklikheid. Die ANC het ook wit lede in
> die parlement.
>
> In ons samelewing word wit Afrikaners se individuele regte in
> feit en wet gewaarborg en onderhou. Ons kan woon waar ons
> wil, werk waar ons wil, koop waar ons wil...
>
> Geen demokrasie is volmaak nie en ons s'n het ook sy vratte,
> maar dis demokrasie en ek kan deelneem daaraan. Veg ons
> nie al geslagte vir demokrasie nie? En wil ons nie 'n vreedsame
> land hê nie? As jy die twee meng, lyk die resultaat na Suid-Afrika
> vandag - gegee ons werklikhede (droomland tel nie in dié argument nie).
>
> Daar is ook die morele argument van my naaste wat in 'n
> staatkundige opset my medeburgers is. Dit sluit aan by die
> demokrasie-argument. Swart Suid-Afrikaners is my mede-
> burgers. In 'n moderne, funksionele samelewing ('n demokrasie,
> dus) moet ek hulle dieselfde regte gun as wat ek vra.
>
> Ek kan nie met geweld die regte net vir myself en 'n klein
> groepie wat etnies soos ek is, opeis nie.
>
> Moreel kan ek dus ook nie stem vir 'n opstand teen die
> demokratiese staat waarin ons leef nie. Dis nie haalbaar nie
> en daar is ook ernstige morele besware daarteen. Ek wil
> in 'n samelewing woon wat kan werk en wat 'n morele basis het.
>
> Die soort geleentheid wat 'n regse (óf linkse) opstand teen die
> Suid-Afrikaanse staat gaan skep, gaan lei tot 'n onwerkbare
> situasie - een wat gebou is op moreel onaanvaarbare beginsels.
> fe...@beeld.com
>
Vorige onderwerp: Giggel met 'n traan
Volgende onderwerp: Selfmoord
Gaan na forum:
  
[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 26 07:41:32 MGT 2024