Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Inflasiekoers 12.5%
Inflasiekoers 12.5% [boodskap #68541] Di, 12 November 2002 11:17 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit is so. Telkom het so pas aangekondig hulle gaan alle oproepkoste met
12.5% verhoog, wat ooreenstem met die inflasiekoers.
Die spreekdame praat van "die werklike" inflasiekoers, wat natuurlik nie
ooreenstem met die dept van finansies se " die verkeerde" inflasiekoers
nie;))
Waar, o waar, is die kompetisie wat al verlede jaar, en " op die laaste
einde Mei vanjaar", ingestel sou gewees het?

Annette
Re: Inflasiekoers 12.5% [boodskap #68544 is 'n antwoord op boodskap #68541] Di, 12 November 2002 12:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stone  is tans af-lyn  Stone
Boodskappe: 85
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Volle Lid
Die CPI is 12.5%
Dit beteken Telkom mag (volgens ICASA) sy pryse met tot 11% (1.5% onder CPI)
opsit,
maar Telkom het besluit om dit net met 9.5% op te sit.

"Annette" skryf in boodskap news:aqqr65$cflhs$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dit is so. Telkom het so pas aangekondig hulle gaan alle oproepkoste met
> 12.5% verhoog, wat ooreenstem met die inflasiekoers.
> Die spreekdame praat van "die werklike" inflasiekoers, wat natuurlik nie
> ooreenstem met die dept van finansies se " die verkeerde" inflasiekoers
> nie;))
> Waar, o waar, is die kompetisie wat al verlede jaar, en " op die laaste
> einde Mei vanjaar", ingestel sou gewees het?
>
> Annette
>
Re: Inflasiekoers 12.5% [boodskap #68545 is 'n antwoord op boodskap #68544] Di, 12 November 2002 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Was dit nou op later nuus? Want daar is geen manier wat ek op die 1-uur nuus
12.5% gehoor het ipv 9.5 % nie.
Dit ( die 12.5% ) is glo die voorstel wat ter tafel gelê gaan word vir
goedkeuring volgens die nuusaankondiging.
As dit verkeerd is, skryf asseblief aan die SABC en Telkom om hul nuusflitse
en berigte reg uit te stuur en uit te saai.

Annette

"Stone" skryf in boodskap news:aqqsop$f3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die CPI is 12.5%
> Dit beteken Telkom mag (volgens ICASA) sy pryse met tot 11% (1.5% onder CPI)
> opsit,
> maar Telkom het besluit om dit net met 9.5% op te sit.
>
> "Annette" wrote in message
> news:aqqr65$cflhs$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Dit is so. Telkom het so pas aangekondig hulle gaan alle oproepkoste met
>> 12.5% verhoog, wat ooreenstem met die inflasiekoers.
>> Die spreekdame praat van "die werklike" inflasiekoers, wat natuurlik nie
>> ooreenstem met die dept van finansies se " die verkeerde" inflasiekoers
>> nie;))
>> Waar, o waar, is die kompetisie wat al verlede jaar, en " op die laaste
>> einde Mei vanjaar", ingestel sou gewees het?
>>
>> Annette
>>
>
Re: Inflasiekoers 12.5% [boodskap #68546 is 'n antwoord op boodskap #68545] Di, 12 November 2002 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stone  is tans af-lyn  Stone
Boodskappe: 85
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Volle Lid
Moenie alles sommer altyd glo wat oorvertel word nie,
probeer eers kyk of jy dit direk van die oorsprong af kan kry:-)))
---->> http://www.telkom.co.za/

"Annette" skryf in boodskap news:aqqti2$cltl0$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Was dit nou op later nuus? Want daar is geen manier wat ek op die 1-uur nuus
> 12.5% gehoor het ipv 9.5 % nie.
> Dit ( die 12.5% ) is glo die voorstel wat ter tafel gelê gaan word vir
> goedkeuring volgens die nuusaankondiging.
> As dit verkeerd is, skryf asseblief aan die SABC en Telkom om hul nuusflitse
> en berigte reg uit te stuur en uit te saai.
>
> Annette
>
> "Stone" wrote in message
> news:aqqsop$f3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Die CPI is 12.5%
>> Dit beteken Telkom mag (volgens ICASA) sy pryse met tot 11% (1.5% onder
> CPI)
>> opsit,
>> maar Telkom het besluit om dit net met 9.5% op te sit.
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:aqqr65$cflhs$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Dit is so. Telkom het so pas aangekondig hulle gaan alle oproepkoste met
>>> 12.5% verhoog, wat ooreenstem met die inflasiekoers.
>>> Die spreekdame praat van "die werklike" inflasiekoers, wat natuurlik
> nie
>>> ooreenstem met die dept van finansies se " die verkeerde" inflasiekoers
>>> nie;))
>>> Waar, o waar, is die kompetisie wat al verlede jaar, en " op die laaste
>>> einde Mei vanjaar", ingestel sou gewees het?
>>>
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Inflasiekoers 12.5% [boodskap #68547 is 'n antwoord op boodskap #68546] Di, 12 November 2002 13:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee. Dis nie hoe dit werk nie:))
Mens luister na die radio om die regte inligting te kry.))
Skuus - dit was nie oor die nuus nie - dit was net na die nuus., want die
segspersoon het self gepraat in 'n onderhoud met haar.

Annette

"Stone" skryf in boodskap news:aqqu2b$2hk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Moenie alles sommer altyd glo wat oorvertel word nie,
> probeer eers kyk of jy dit direk van die oorsprong af kan kry:-)))
> ---->> http://www.telkom.co.za/
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:aqqti2$cltl0$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Was dit nou op later nuus? Want daar is geen manier wat ek op die 1-uur
> nuus
>> 12.5% gehoor het ipv 9.5 % nie.
>> Dit ( die 12.5% ) is glo die voorstel wat ter tafel gelê gaan word vir
>> goedkeuring volgens die nuusaankondiging.
>> As dit verkeerd is, skryf asseblief aan die SABC en Telkom om hul
> nuusflitse
>> en berigte reg uit te stuur en uit te saai.
>>
>> Annette
>>
>> "Stone" wrote in message
>> news:aqqsop$f3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Die CPI is 12.5%
>>> Dit beteken Telkom mag (volgens ICASA) sy pryse met tot 11% (1.5%
onder
>> CPI)
>>> opsit,
>>> maar Telkom het besluit om dit net met 9.5% op te sit.
>>>
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:aqqr65$cflhs$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> Dit is so. Telkom het so pas aangekondig hulle gaan alle oproepkoste
> met
>>>> 12.5% verhoog, wat ooreenstem met die inflasiekoers.
>>>> Die spreekdame praat van "die werklike" inflasiekoers, wat
natuurlik
>> nie
>>>> ooreenstem met die dept van finansies se " die verkeerde"
> inflasiekoers
>>>> nie;))
>>>> Waar, o waar, is die kompetisie wat al verlede jaar, en " op die
> laaste
>>>> einde Mei vanjaar", ingestel sou gewees het?
>>>>
>>>> Annette
>>>>
>>>
>>
>
Re: Inflasiekoers 12.5% [boodskap #68549 is 'n antwoord op boodskap #68546] Di, 12 November 2002 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek het die oorsprong gaan bekyk en is nog nie seker of die 9,5% nie 'n
vindingryke manipulasie van syfers is nie. Vir ons gewone plaaslike en
langafstandoproepe gaan ons 12,5% meer betaal, en dit omvat seker 90% van
ons gewone mense se gebruike. Telkom sê die GEMIDDELDE toename is 9,5%, en
in hulle berekeningsmandjie gooi hulle dan die meer eksotiese gebruike wat
met, sê, 5% opgaan maar wat ek en jy baie min mee te doen het.

Dalk is ek heeltemal verkeerd, maar ons sal seker die waarheid binnekort
hoor.

Koot

"Stone" skryf in boodskap news:aqqu2b$2hk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Moenie alles sommer altyd glo wat oorvertel word nie,
> probeer eers kyk of jy dit direk van die oorsprong af kan kry:-)))
> ---->> http://www.telkom.co.za/
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:aqqti2$cltl0$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Was dit nou op later nuus? Want daar is geen manier wat ek op die 1-uur
> nuus
>> 12.5% gehoor het ipv 9.5 % nie.
>> Dit ( die 12.5% ) is glo die voorstel wat ter tafel gelê gaan word vir
>> goedkeuring volgens die nuusaankondiging.
>> As dit verkeerd is, skryf asseblief aan die SABC en Telkom om hul
> nuusflitse
>> en berigte reg uit te stuur en uit te saai.
>>
>> Annette
>>
>> "Stone" wrote in message
>> news:aqqsop$f3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Die CPI is 12.5%
>>> Dit beteken Telkom mag (volgens ICASA) sy pryse met tot 11% (1.5%
onder
>> CPI)
>>> opsit,
>>> maar Telkom het besluit om dit net met 9.5% op te sit.
>>>
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:aqqr65$cflhs$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> Dit is so. Telkom het so pas aangekondig hulle gaan alle oproepkoste
> met
>>>> 12.5% verhoog, wat ooreenstem met die inflasiekoers.
>>>> Die spreekdame praat van "die werklike" inflasiekoers, wat
natuurlik
>> nie
>>>> ooreenstem met die dept van finansies se " die verkeerde"
> inflasiekoers
>>>> nie;))
>>>> Waar, o waar, is die kompetisie wat al verlede jaar, en " op die
> laaste
>>>> einde Mei vanjaar", ingestel sou gewees het?
>>>>
>>>> Annette
>>>>
>>>
>>
>
Re: Inflasiekoers 12.5% [boodskap #68575 is 'n antwoord op boodskap #68549] Di, 12 November 2002 19:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy's reg Koot, ek het dit nou net op die nuus gesien. Dis hoogtyd dat die
regering Telkom se monopolie opskort, want so lank hulle die enigste
verskaffer van landlyn telefoon dienste in die land is, kan hulle vra wat
hulle wil.
Selfs die direkte Internet lyne behoort aan Telkom, en hulle kan dus vra wat
hulle wil vir lyn huur. Dis g'n wonder ons ISP's en ander Internet
besighede gaan bankrot nie.
Ons kan bv nie 'n direkte lyn na die Internet aanlê nie. Telkom se koste
vir 'n ISDN is absurd (en die gaan ook op met 6 - 12,5% vir die verskillende
dienste). Nie alleen moet jy 'n ISDN modem gaan koop nie (R2500), dan moet
jy nog jou lyne opgradeer, jy moet lynhuur betaal (R200 - R300 p/m) en jy
moet gewone oproep koste ook betaal. Diginet gaan jou enigiets van R5500
tot R7500 p/m uit die sak jaag.
Totdat daar nie 'n bietjie gesonde kompetisie is nie, gaan ons of betaal dat
ons hik.

Groete
Elaine

"Koot" skryf in boodskap news:aqr193$8ea$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het die oorsprong gaan bekyk en is nog nie seker of die 9,5% nie 'n
> vindingryke manipulasie van syfers is nie. Vir ons gewone plaaslike en
> langafstandoproepe gaan ons 12,5% meer betaal, en dit omvat seker 90% van
> ons gewone mense se gebruike. Telkom sê die GEMIDDELDE toename is 9,5%, en
> in hulle berekeningsmandjie gooi hulle dan die meer eksotiese gebruike wat
> met, sê, 5% opgaan maar wat ek en jy baie min mee te doen het.
>
> Dalk is ek heeltemal verkeerd, maar ons sal seker die waarheid binnekort
> hoor.
>
> Koot
Re: Inflasiekoers 12.5% [boodskap #68578 is 'n antwoord op boodskap #68546] Di, 12 November 2002 19:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D  is tans af-lyn  D
Boodskappe: 40
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 12 Nov 2002 15:00:59 +0200, "Stone"
wrote:

> Moenie alles sommer altyd glo wat oorvertel word nie,
> probeer eers kyk of jy dit direk van die oorsprong af kan kry:-)))
> ---->> http://www.telkom.co.za/
>

Stone, jou klipharde verdediging van Telkom
het niks te doen met Annette se vraag:

'Waar, o waar, is die kompetisie wat al verlede jaar, en " op die
laaste einde Mei vanjaar", ingestel sou gewees het?'

nie. Dìt was tog haar vraag.

DD
Re: Inflasiekoers 12.5% [boodskap #68585 is 'n antwoord op boodskap #68578] Di, 12 November 2002 20:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stone  is tans af-lyn  Stone
Boodskappe: 85
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Volle Lid
"Dave" skryf in boodskap news:stl2tughd3evrvb4qoa3q4u9sl42tbsn3f@4ax.com...
> On Tue, 12 Nov 2002 15:00:59 +0200, "Stone"
> wrote:
>
>> Moenie alles sommer altyd glo wat oorvertel word nie,
>> probeer eers kyk of jy dit direk van die oorsprong af kan kry:-)))
>> ---->> http://www.telkom.co.za/
>>
>
> Stone, jou klipharde verdediging van Telkom
> het niks te doen met Annette se vraag:
>
> 'Waar, o waar, is die kompetisie wat al verlede jaar, en " op die
> laaste einde Mei vanjaar", ingestel sou gewees het?'
>
> nie. Dít was tog haar vraag.

Verskriklik jammer DD dat ek nie haar vraag beantwoord het nie,
maar nou gaan ek seker weer nie haar vraag beantwoord nie, iemand
anders moet maar probeer:-))

Ek persoonlik dink net nie die SNO gaan so 'n groot verskil maak nie,
die eerste 2 jaar gaan hulle in elk geval grotendeels van Telkom se
infrastrukruur gebruik maak wat hulle by Telkom gaan huur en dan moet
hulle self ook nog 'n wins maak, so ek dink nie hulle tariewe gaan einlik
laer wees as die van Telkom nie. Kyk na die selfone.

En anders as wat Elaine gesê het kan Telkom in elk geval nie hulle pryse
maak soos hulle wil nie, dit moet volgens ICASA se aanwysings en formules
bereken word en goedgekeur word. Presies dieselfde aanwysings en formules
sal vir die SNO geld.

Ek self het ook uitgesien na die SNO, veral vir ADSL, maar nadat ek bietjie
gaan kyk het na wat mense in ander lande, waar een diens nie deur 'n ander
gesubsidieer mag word nie, betaal vir hulle ADSL, het ek nie veel hoop om
dit goedkoper te kry nie:-(

Maar ons mag seker maar aanhou hoop.

Wonder of ons nie iets daaruit moet lees dat niemand eintlik belanggestel
het
om te gaan vir die 51% van die SNO nie? Miskien het hulle gedink: "Daardie
tariewe in daardie land met daardie reëls sal ons nie sommer kan beat nie"
:-)))))))))))))))))))))))))))
Re: Inflasiekoers 12.5% [boodskap #68589 is 'n antwoord op boodskap #68585] Di, 12 November 2002 20:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D  is tans af-lyn  D
Boodskappe: 40
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 12 Nov 2002 22:12:41 +0200, "Stone"
wrote:

>
> Ek persoonlik dink net nie die SNO gaan so 'n groot verskil maak nie,
> die eerste 2 jaar gaan hulle in elk geval grotendeels van Telkom se
> infrastrukruur gebruik maak wat hulle by Telkom gaan huur en dan moet
> hulle self ook nog 'n wins maak, so ek dink nie hulle tariewe gaan einlik
> laer wees as die van Telkom nie. Kyk na die selfone.

Soos jy sê Stone, kyk na die selfone. Kompetisie het inderwaarheid
geen verligting gebring daar nie. En as mens na Telkom se houding
ivm prysstygings kyk, lyk dit ook nie asof hulle moontlike kompetisie
as 'n bedreiging sien nie. Iemand het eendag hier gesê dat sy die
opposisie sal steun, selfs al is hulle duurder. Want sy het genoeg
van Telkom gehad:-)
Dankie vir jou mooi uitleg:-)))

DD
Re: Inflasiekoers 12.5% [boodskap #68613 is 'n antwoord op boodskap #68585] Di, 12 November 2002 22:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
ICASA beheer dalk die pryse, maar Telkom sit nog steeds so hulle pryse so
hoog as moontlik op. En moet my nie kom vertel hulle sal nie meer 'n wins
maak as hulle nie hulle pryse op sit nie, want almal weet dis snert. Ek gee
nie om dat hulle, hulle pryse opsit nie, maar verdomp 12,5%! Onthou ook net
dat die meeste van ons se salarisse nie ook met 12,5% aangepas word om die
verhoging te kan hanteer nie. Al die "groot" besighede in die land hou aan
en aan om hulle pryse te verhoog, terwyl die gewone ou op straat se salaris
nie ook verhoog word nie. Telkom is maar net een van baie. Een van die dae
gaan ek op soya moet leef as hulle so aan hou.

Baie mense wat toegang tot die Internet het by die werk, sal liewer aanhou
om hulle selfone te gebruik en hulle landlyne uithaal. Meeste van die mense
wat ek ken is reeds besig om dit te doen. My suster, ouers en 90% van my
vriende het reeds hulle landlyne laat verwyder. Dis eenvoudig goedkoper om
'n selfoon te gebruik. Veral as jy een van hierdie "free minutes" pakette
het. Buitendien kry meeste werkende mense ook vandag 'n selfoon toelaag.

ADSL is reeds beskikbaar in sekere dele van die land. Hulle is besig om dit
te toets, gaan na http://www.saix.net toe om meer te lees oor ADSL.

Elaine

"Stone" skryf in boodskap news:aqrn83$csk$1@ctb-nnrp2.saix.net...

En anders as wat Elaine gesê het kan Telkom in elk geval nie hulle pryse
maak soos hulle wil nie, dit moet volgens ICASA se aanwysings en formules
bereken word en goedgekeur word. Presies dieselfde aanwysings en formules
sal vir die SNO geld.

> Ek self het ook uitgesien na die SNO, veral vir ADSL, maar nadat ek bietjie
> gaan kyk het na wat mense in ander lande, waar een diens nie deur 'n ander
> gesubsidieer mag word nie, betaal vir hulle ADSL, het ek nie veel hoop om
> dit goedkoper te kry nie:-(
Re: Inflasiekoers 12.5% [boodskap #68617 is 'n antwoord op boodskap #68613] Di, 12 November 2002 22:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D  is tans af-lyn  D
Boodskappe: 40
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 13 Nov 2002 00:03:10 +0200, "Elaine" wrote:

>
> Baie mense wat toegang tot die Internet het by die werk, sal liewer aanhou
> om hulle selfone te gebruik en hulle landlyne uithaal. Meeste van die mense
> wat ek ken is reeds besig om dit te doen. My suster, ouers en 90% van my
> vriende het reeds hulle landlyne laat verwyder. Dis eenvoudig goedkoper om
> 'n selfoon te gebruik. Veral as jy een van hierdie "free minutes" pakette
> het. Buitendien kry meeste werkende mense ook vandag 'n selfoon toelaag.
>

Toevallig het ek vandag dit aan 'n kliënt genoem
dat dit 'n neiging raak, maar as mens jou laaste
sin uitsluit, dink ek nie dat dit goedkoper is nie.

Sy het met my saamgestem en vertel dat
elkeen in hul huis 'n selfoon het, en dat
sy reeds aan hulle gesê het dat
hulle 'n berekening moet maak
oor hoeveel in hul huis alleen
aan lugtyd gespandeer word.

D
Re: Inflasiekoers 12.5% [boodskap #68624 is 'n antwoord op boodskap #68617] Di, 12 November 2002 22:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Okay, dan sal ek maar sê dat dit vir my goedkoper is. My selfoon rekening
is laer as my landlyn rekening, en ek gebruik omtrent nooit die landlyn vir
persoonlike oproepe nie. Ek gebruik my selfoon vir persoonlike oproepe. En
ek bel minstens een persoon per dag. Ek kry ook nie 'n selfoon toelaag nie

Elaine

"Dave" wrote in message
>
> Toevallig het ek vandag dit aan 'n kliënt genoem
> dat dit 'n neiging raak, maar as mens jou laaste
> sin uitsluit, dink ek nie dat dit goedkoper is nie.
>
> D
Re: Inflasiekoers 12.5% [boodskap #68627 is 'n antwoord op boodskap #68624] Di, 12 November 2002 22:41 Na vorige boodskap
D  is tans af-lyn  D
Boodskappe: 40
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 13 Nov 2002 00:27:21 +0200, "Elaine" wrote:

> Okay, dan sal ek maar sê dat dit vir my goedkoper is. My selfoon rekening
> is laer as my landlyn rekening, en ek gebruik omtrent nooit die landlyn vir
> persoonlike oproepe nie. Ek gebruik my selfoon vir persoonlike oproepe. En
> ek bel minstens een persoon per dag. Ek kry ook nie 'n selfoon toelaag nie
>
> Elaine

Slaaptyd Elaine:-)))
Sien jou môre

DD
Vorige onderwerp: WAT KAN ONS VERWAG VIR 2003?
Volgende onderwerp: Flukse Oos-Kapenaars
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 13:02:24 MGT 2024