Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Flukse Oos-Kapenaars
Flukse Oos-Kapenaars [boodskap #68550] Di, 12 November 2002 14:42 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vandag in die Argus die nuus van die staatsamptenare wat so sieklik is op
Maandae.
Waar op provinsiale vlak tussen 27% en 90% siekteverlof op Maandae geneem
word, skitter die OP met 2.7%, en met 14% in Limpopo en 14% in Mpumalanga
as die ander provinsies met gesonde en getroue werkers.
Nou wonder mens hoekom skitter OP so?
Daar is verskeie redes waaraan ek kan dink:
1) Die registers word verkeerd gehou, of
2) Daar is baie spook-werkers op die boeke wat nooit siek kan wees nie, of
3) Niemand waag om siek te wees nie, anders sal iemand dalk agterkom hoe min
hulle doen..

Die grootste groep Maandagsiekes kom voor in die ouderdomsgroep 30 - 39.

Annette
Re: Flukse Oos-Kapenaars [boodskap #68576 is 'n antwoord op boodskap #68550] Di, 12 November 2002 19:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Snaaks, ek het ook Maandae so snaakse olikheid wat oor my kom.

"Annette" skryf in boodskap news:aqr4kh$ckrb5$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Vandag in die Argus die nuus van die staatsamptenare wat so sieklik is op
> Maandae.
Re: Flukse Oos-Kapenaars [boodskap #68635 is 'n antwoord op boodskap #68550] Wo, 13 November 2002 04:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette - glo my - die Oos Kaap het nie rekords van wie in sy diens is nie,
en sal ook nie weet wie teenwoordig is, al dan nie.

"Annette" skryf in boodskap news:aqr4kh$ckrb5$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Vandag in die Argus die nuus van die staatsamptenare wat so sieklik is op
> Maandae.
> Waar op provinsiale vlak tussen 27% en 90% siekteverlof op Maandae geneem
> word, skitter die OP met 2.7%, en met 14% in Limpopo en 14% in Mpumalanga
> as die ander provinsies met gesonde en getroue werkers.
> Nou wonder mens hoekom skitter OP so?
> Daar is verskeie redes waaraan ek kan dink:
> 1) Die registers word verkeerd gehou, of
> 2) Daar is baie spook-werkers op die boeke wat nooit siek kan wees nie, of
> 3) Niemand waag om siek te wees nie, anders sal iemand dalk agterkom hoe min
> hulle doen..
>
> Die grootste groep Maandagsiekes kom voor in die ouderdomsgroep 30 - 39.
>
> Annette
>
Re: Flukse Oos-Kapenaars [boodskap #68656 is 'n antwoord op boodskap #68635] Wo, 13 November 2002 06:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O wee!! Wil jy me vertel hulle het GEJOK vir Statistiek?!!:))
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:3dd1d34c$0$230@hades.is.co.za...
> Annette - glo my - die Oos Kaap het nie rekords van wie in sy diens is nie,
> en sal ook nie weet wie teenwoordig is, al dan nie.
> "Annette" wrote in message
> news:aqr4kh$ckrb5$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Vandag in die Argus die nuus van die staatsamptenare wat so sieklik is op
>> Maandae.
>> Waar op provinsiale vlak tussen 27% en 90% siekteverlof op Maandae geneem
>> word, skitter die OP met 2.7%, en met 14% in Limpopo en 14% in Mpumalanga
>> as die ander provinsies met gesonde en getroue werkers.
>> Nou wonder mens hoekom skitter OP so?
>> Daar is verskeie redes waaraan ek kan dink:
>> 1) Die registers word verkeerd gehou, of
>> 2) Daar is baie spook-werkers op die boeke wat nooit siek kan wees nie, of
>> 3) Niemand waag om siek te wees nie, anders sal iemand dalk agterkom hoe
> min
>> hulle doen..
>>
>> Die grootste groep Maandagsiekes kom voor in die ouderdomsgroep 30 - 39.
>>
>> Annette
>>
>
Re: Flukse Oos-Kapenaars [boodskap #68662 is 'n antwoord op boodskap #68550] Wo, 13 November 2002 08:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...
> Waar op provinsiale vlak tussen 27% en 90% siekteverlof op Maandae geneem
> word, skitter die OP met 2.7%,

Het hulle iets van Vrydae gesê? So jaar of drie gelede toe droog my ou
tuinman se oumenspensioen op omdat hy volgens inligting ontvang 'n
afgestorwene sou wees. Gaan toe maar met tuinman en sy ID en al op 'n
Vrydagoggend na die Dept. van Welsyn op Grahamstown net om vir hulle
te wys dat hy is nie 'n lyk is nie. Daar gekom, so teen tien die
oggend, vind ons die gebou oop maar alle kantore ens. gesluit.
Uiteindelik kry ek toe darem iemand agter die gebou wat soos 'n wag
van 'n soort lyk en toe ek hom vra waar al die mense is, kyk hy my aan
asof die kat my ingedra het en antwoord, "But sir, it's Friday!" Mens
sou nogal verwag dat Welsyn hier by ons rond dalk een van die
"besiger" departemente moet wees.

Drom
Re: Flukse Oos-Kapenaars [boodskap #68663 is 'n antwoord op boodskap #68662] Wo, 13 November 2002 08:25 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mensdom - jy slaan die spyker seker op die kop. Hulle het verseker nie na
Vrydae gekyk nie.
Blykbaar het dit die staat in 2000 ( ja dis nou eers daardie jaar se syfers)
R 631 miljoen gekos vir hierdie Maandag-wegblyery.
Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0211130021.3abed031@posting.google.com...
> "Annette" wrote in message
news:...
>> Waar op provinsiale vlak tussen 27% en 90% siekteverlof op Maandae geneem
>> word, skitter die OP met 2.7%,
>
> Het hulle iets van Vrydae gesê? So jaar of drie gelede toe droog my ou
> tuinman se oumenspensioen op omdat hy volgens inligting ontvang 'n
> afgestorwene sou wees. Gaan toe maar met tuinman en sy ID en al op 'n
> Vrydagoggend na die Dept. van Welsyn op Grahamstown net om vir hulle
> te wys dat hy is nie 'n lyk is nie. Daar gekom, so teen tien die
> oggend, vind ons die gebou oop maar alle kantore ens. gesluit.
> Uiteindelik kry ek toe darem iemand agter die gebou wat soos 'n wag
> van 'n soort lyk en toe ek hom vra waar al die mense is, kyk hy my aan
> asof die kat my ingedra het en antwoord, "But sir, it's Friday!" Mens
> sou nogal verwag dat Welsyn hier by ons rond dalk een van die
> "besiger" departemente moet wees.
>
> Drom
Vorige onderwerp: Inflasiekoers 12.5%
Volgende onderwerp: Raai wie's terug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 13:28:28 MGT 2024