Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Radio Africa
Re: Radio Africa [boodskap #68269] Wo, 06 November 2002 20:14 na volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" wrote:

> frequency?

Elke dag, elke dag....vir 30 minute aaneen.

:-)))
Re: Radio Africa [boodskap #68273 is 'n antwoord op boodskap #68269] Wo, 06 November 2002 23:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: knip

"Katryn"...
> "Tobie" wrote:
>
>> frequency?
>
> Elke dag, elke dag....vir 30 minute aaneen.
>
> :-)))

LOL :-)

--
Re: Radio Africa [boodskap #68285 is 'n antwoord op boodskap #68269] Do, 07 November 2002 09:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
F Ferucci  is tans af-lyn  F Ferucci
Boodskappe: 1
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Junior Lid
What frequency?

Julius Adewumi wrote:
> If you live in Southern Africa, monitor Radio Africa (shortwave) at
> 8.00AM -8:30AM
> Johannesburg time and listen to Prophetic sermon-series on the book of
> Revelations,
> and the book of Daniel. Reply to email below, and let's know that it's loud
> and clear.
>
> ------------------------------------------------
> Gospel Distribution Ministry
> Email: jul...@gospeldistribution.org
>
Re: Radio Africa [boodskap #68312 is 'n antwoord op boodskap #68269] Do, 07 November 2002 21:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kattrein .......... jy't alweer die muis aan die stert
beet. Die frekwensie wat die 'poster' F Ferucci en ek
van praat is radio frekwensie. Die Yeasu FRG 7 was
destyds die populêre ontvanger in die laat 70 jare. Dit
kon ook enkel syband ontvang, vanaf 0 tot 30 Mhz. Met 'n
G8KW antenna, wat 'n 'inverted' V is, met 'Flatsides' sê
suid-oos / noord-wes gestel sou ons daardie stasie kan
ontvang wat Julius van praat. Aan die ander kant kan 'n
wyeband rigstraler wat sê vanaf 80 tot 20 meterband
send/ontvang net so goed wees, indien nie beter nie. Met
die sonaktiewiteit wat nou na aan die einde van die 11
jaar siklus is, sal jy sommer met 'n gewone kortgolf
radio in jou huis ook goed kan ontvang.
FF jy moet maar vir Kattrein verskoon sy is nie net
blond nie, maar 'ashblond' ;-)
groete aan jou en Trudie.
--
--------------------------------------------
News & photos from Luanda
http://walk.isat.co.za
--------------------------------------------

"Katryn" skryf in boodskap news:4asisuccnd0j3gfnq0qaksaieg957b7fev@4ax.com...
> "Tobie" wrote:
>
>> frequency?
>
> Elke dag, elke dag....vir 30 minute aaneen.
>
> :-)))
>
Re: Radio Africa [boodskap #68351 is 'n antwoord op boodskap #68312] Vr, 08 November 2002 22:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
> "Tobie" skryf:

> Kattrein .......... jy't alweer die muis aan die stert
> beet.

:-)))))))))

> Die frekwensie wat die 'poster' F Ferucci en ek
> van praat is radio frekwensie.

Ooooooooooooo....
:-)))

En toe skryf Tobie goeters wat klink soos kode woorde om oor my te
skinner, en vir almal te vertel van my syband en flatsides (en ek
sukkel juis so by die Gym om daarvan ontslae te raak). Maar maak nie
saak wat jy sê nie, ek is genuiaanly nie 'n wyeband rigstraler nie!!
En laat daai oubaas Wouter nou net weer EEN keer vir my vertel ek
protesteth too much!! Gmfff....

> FF jy moet maar vir Kattrein verskoon sy is nie net
> blond nie, maar 'ashblond' ;-)

Gmmmffff...issie waar nie, FF. Ek daai my hare elke maand!!
Ek is eintlik 'n rooi-bruinkop, en net soms so klein bietjie katterig.
Maar darem nie baie nie!

:-))
Re: Radio Africa [boodskap #68360 is 'n antwoord op boodskap #68351] Sa, 09 November 2002 07:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Katryn
En laat daai oubaas Wouter nou net weer EEN keer vir my vertel
ek protesteth too much!! Gmfff....

Wouter
Ek reken jy protesteth too much...
Re: Radio Africa [boodskap #68366 is 'n antwoord op boodskap #68360] Sa, 09 November 2002 09:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Ek reken jy protesteth too much...
~~~~~~~~~~~~
en haar naels hou sy skerp op die afrikaanse ng. .......
hehehehh ...............
Re: Radio Africa [boodskap #68384 is 'n antwoord op boodskap #68360] Sa, 09 November 2002 16:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Oubaasvark" wrote:

> Wouter
> Ek reken jy protesteth too much...

Gmmmff...:-)
(Terloops in die oorspronklike bedoeling van daardie hoogs verkragte
Shakesperean kwotasie was die betekenis van "protest" nie juis om te
kla soos jy en ander dit so algemeen gebruik nie, maar eerder in die
meer argaiese sin van "a solemn declaration of opinion".)

Sê eerder methinks 'ein getroffener Hund bellt', 'kay? :-)

So, wat dink jy van Bush en sy Amerikaners?
Re: Radio Africa [boodskap #68387 is 'n antwoord op boodskap #68366] Sa, 09 November 2002 16:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" wrote:

> en haar naels hou sy skerp op die afrikaanse ng. .......
> hehehehh ...............

Gmfff...
:-)
Bush, ens. [boodskap #68406 is 'n antwoord op boodskap #68384] Sa, 09 November 2002 22:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Katryn
So, wat dink jy van Bush en sy Amerikaners?

Wouter
Alhoewel George Bush nou nie juis my gunstelingpersoon is nie,
reken ek hy en die Republikeine is goed vir die ekonomie van
die VSA en dit is weer goed vir ons ekonomie. As ek 'n
Amerikaner was sou ek waarskynlik vir hom gestem het,
die alternatiewe lyk vir my minder lekker.

Dis sal interessant wees om te sien of Bush gaan inmeng
met die nuwe wireless (Wi-Fi?) tegnologie wat 'n klomp
gevestigde belange in die elektronika en internet gaan
bedreig. Die Demokrate sou dit waarskynlik gedoen het,
ten koste van die ekonomie en die publiek?

Oor sy stories met Irak wil ek my nie slim hou nie, maar as
hy reg is dat Saddam 'n tydbom is wat plofstof aan die opbou
is, het ek vrede met sy optrede daar. Soos baie Amerikaners
is ek ook gatvol vir die Saddams en bin Ladens van dié wêreld.
Maar hoe beoordeel 'n mens so 'n situasie van hier af?
Re: Bush, ens. [boodskap #68419 is 'n antwoord op boodskap #68406] So, 10 November 2002 02:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

Dankie vir jou gedagtes, Wouter. Al stem ek nie saam met jou polities
gesproke nie, geniet ek dit tog om te lees.

> Wouter
> Alhoewel George Bush nou nie juis my gunstelingpersoon is nie,
> reken ek hy en die Republikeine is goed vir die ekonomie van
> die VSA en dit is weer goed vir ons ekonomie.

Dit gaan nie soseer oor die politieke party (repugs vs dems nie, want
altwee ondersteun en onderskryf kapitalisme). Maar hoe op deeske
aarde kan jy sê dat die Republikeine onder leiding van junior, is goed
vir die ekonomie van die VSA? Kyk na die feite. Hoe vergelyk die
ekonomie onder die bossies se regering (kyk gerus ook na papa bos se
rekord in hierdie verband) Dit lyk eerder vir my asof selfs ou
Greenspan se towerstokkie leeg geraak het van towerstoffies onder die
Bush regime.
Terloops, ek hoop tog nie jy glo ook daardie stuk propaganda wat so
volop is van hoe Clinton se sukses weens Reaganomics was, en dat Bush
se probleme is alles Clinton se skuld.
Ai....

> As ek 'n
> Amerikaner was sou ek waarskynlik vir hom gestem het,
> die alternatiewe lyk vir my minder lekker.

Wat jy en ander vergeet is dat Bush was nie die enigste repug
kandidaat nie. Jy moes gesien het hoe sleg het Bush se mense sy
teenstander(s) en veral McCain, behandel. En buitendien as jy glo dat
slegs Republikein = laissez-faire kapitalisme, maak jy ook 'n groot
fout. Dan moet jy eerder Libertarian stem.
(Ek sou jou graag wou probeer oortuig dat anargisme die enigste
antwoord is, maar ek dink dit sal tyd neem) :-)

> Dis sal interessant wees om te sien of Bush gaan inmeng
> met die nuwe wireless (Wi-Fi?) tegnologie wat 'n klomp
> gevestigde belange in die elektronika en internet gaan
> bedreig. Die Demokrate sou dit waarskynlik gedoen het,
> ten koste van die ekonomie en die publiek?

Dit sal interessant wees. Maar waarom glo jy dat die Demokrate sou
inmeng ten koste van die ekonomie en die publiek? Nee, as daar
inmenging sou wees van die Dems, sou dit wees tot VOORDEEL van die
publiek en die ekonomie.
Daar is natuurlik verskillende "grade" van dems en repugs wat oor 'n
spektrum van konsewatief tot liberaal strek.
Die huidige konserwatiewe repugs onder leiding van junior, is 'n
fassistiese stelsel. Bush is nou al amper 'n diktatorskap... Om die
waarheid te sê voel dit nou al amper ons gaan nou 'n periode in wat
Rusland al baie jare agter gelaat het. Daarom sal dit my GLADNIE
verbaas as hulle (die regering/bush regime) wel inmeng nie.
Eintlik is dit (wi-fi) 'n hele onderwerp op sy eie wat baie
interessant is.

> Oor sy stories met Irak wil ek my nie slim hou nie, maar as
> hy reg is dat Saddam 'n tydbom is wat plofstof aan die opbou
> is, het ek vrede met sy optrede daar.

En wat dan van die ander lande wat al erken het dat hulle kernwapens
het? Ek wens jy kon papa bos nou die dag hoor toe hy van Saddam praat
- die gif het omtrent gedrup van haat. Dit is om van te skrik. :-(
En wanneer ek luister hoe junior van Saddam praat as"the man who
tried to kill my dad."...dan wonder mens maar waaroor die rerig
gaan...Dalk iets soos: "Avenge daddy! Attack Iraq!"?

> Soos baie Amerikaners
> is ek ook gatvol vir die Saddams en bin Ladens van dié wêreld.
> Maar hoe beoordeel 'n mens so 'n situasie van hier af?

Om gatvol te wees vir die spul is een ding, maar om lande en mense te
gaan bom en vernietig, is 'n ander saak. Volgens die Bush regime se
denke moet ons dan mos ook ander ex-cons en alle mense wat ooit in 'n
tronk was se huise gaan bom, en hulle gesinnne vernietig, want:
1. Daar is definitiewe bewyse dat hulle 'n gevaar is vir ons
samelewing.
2. Ons kan nie sulke mense vertrou nie.
3. As ons hulle nie doodmaak nie, gaan hulle heel waarskynlik weer
dieselfde crime pleeg en ander erger komplotte voer.
4. ens
en so kan ek aangaan...
Re: Bush, ens. [boodskap #68427 is 'n antwoord op boodskap #68419] So, 10 November 2002 07:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
>> Katryn
>> So, wat dink jy van Bush en sy Amerikaners?

> Wouter
> Alhoewel George Bush nou nie juis my gunstelingpersoon is nie,
> reken ek hy en die Republikeine is goed vir die ekonomie van
> die VSA en dit is weer goed vir ons ekonomie.

Katryn
Dankie vir jou gedagtes, Wouter. Al stem ek nie saam met jou
polities gesproke nie, geniet ek dit tog om te lees.

Wouter
Ook so. Jou reaksie het my laat besef dat ek eintlik te min van
julle politieke opset weet om daarop kommentaar te lewer.

Wat ek veral nie verstaan nie, is hoekom jy my opinie wou hê :-)
Maar terwyl jy my nou verder uitlok, reageer ek tog op enkele
punte.

Katryn
Hoe vergelyk die ekonomie onder die bossies se regering (kyk gerus
ook na papa bos se rekord in hierdie verband) Dit lyk eerder vir my
asof selfs ou Greenspan se towerstokkie leeg geraak het van
towerstoffies onder die Bush regime.

Wouter
As jy fundamenteel daarna kyk is die VSA se ekonomie al lank
in die moeilikheid. Julle spandeer te veel en leen daarvoor van
veral Oosterse lande. Die situasie het in Clinton se tydperk
verswak, hy laat dus vir die bossies 'n erger legacy as wat hy
gekry het. Clinton was duidelik 'n goeie leier, maar het nie 'n
briljante rekord met met staatsfinasies nie. Reagan was beter daarmee.

Katryn
Terloops, ek hoop tog nie jy glo ook daardie stuk propaganda
wat so volop is van hoe Clinton se sukses weens Reaganomics
was, en dat Bush se probleme is alles Clinton se skuld. Ai....

Wouter
Propaganda? Ja, beslis. En ook baie eensydig.
Maar dis nie onwaar nie.

> Dis sal interessant wees om te sien of Bush gaan inmeng
> met die nuwe wireless (Wi-Fi?) tegnologie wat 'n klomp
> gevestigde belange in die elektronika en internet gaan
> bedreig. Die Demokrate sou dit waarskynlik gedoen het,
> ten koste van die ekonomie en die publiek?

Katryn
Dit sal interessant wees. Maar waarom glo jy dat die Demokrate
sou inmeng ten koste van die ekonomie en die publiek?

Wouter
Ek glo dit nie, dis bloot 'n persepsie dat Demokratiese regerings
meer geneig is om in te meng. Daarom het ek dit as 'n vraag gestel,
sien die ? aan die einde van die sin.

Katryn
Nee, as daar inmenging sou wees van die Dems, sou dit wees tot
VOORDEEL van die publiek en die ekonomie.

Wouter
Come off it, Kathryn. Regerings glo altyd hulle inmenging is tot
voordeel van die publiek, ens. Selfs Mugabe glo dit. Maar in
die praktyk lei inmenging in die markte grootliks tot presies die
teenoorgestelde. Die regering se werk moet eerder wees om
die inmengers te keer om in te meng. My persepsie is dat die
Republikeine beter is daarmee.

Katryn
Die huidige konserwatiewe repugs onder leiding van junior, is 'n
fassistiese stelsel. Bush is nou al amper 'n diktatorskap... Om die
waarheid te sê voel dit nou al amper ons gaan nou 'n periode in wat
Rusland al baie jare agter gelaat het.

Wouter
Hoe verklaar jy die steun wat Bush se regering in die "mid-term"
verkiesings gewen het? Hou die VSA se kiesers van fassistiese
diktators wat julle in 'n Nazi- of soortgelyke situasie inlei?

> Oor sy stories met Irak wil ek my nie slim hou nie, maar as
> hy reg is dat Saddam 'n tydbom is wat plofstof aan die opbou
> is, het ek vrede met sy optrede daar.

Katryn
En wat dan van die ander lande wat al erken het dat hulle
kernwapens het?

Wouter
Dis soos jy sê 'n onderwerp op sy eie. Een waar ander meer
bekwaam oor kan praat as ek. Maar daardie ander lande, weier
hulle ook steeds effektiewe toegang aan die VN se monitors?
En het hulle ook Saddam se gewelddadige track record? Ek
reken onstabiele diktators soos Saddam of Mugabe is baie
gevaarliker met kernwapens as ander. So, wat van die ander?

> is ek ook gatvol vir die Saddams en bin Ladens van dié wêreld.
> Maar hoe beoordeel 'n mens so 'n situasie van hier af?

Katryn
Om gatvol te wees vir die spul is een ding, maar om lande en
mense te gaan bom en vernietig, is 'n ander saak. Volgens die
Bush regime se denke moet ons dan mos ook ander ex-cons
en alle mense wat ooit in 'n tronk was se huise gaan bom

Wouter
Nee jong, nou redeneer jy soos 'n ander persoon van julle
kontinent so graag hier doen. :-)

Saddam met kernwapens is 'n totaal ander vlak van bedreiging
as ex-cons. Jy kan hom ook nie met wetstoepassing beveg nie.
Daar is geen parallel nie. Different strokes for different okes, jy weet.

Maar ek sê weer, ek kan nie Bush se aksies in Irak van hier
na waarde skat nie. Ek sluit net nie sulke aksies in beginsel
uit nie.
Re: Bush, ens. [boodskap #68430 is 'n antwoord op boodskap #68427] So, 10 November 2002 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Maar ek sê weer, ek kan nie Bush se aksies in Irak van hier
> na waarde skat nie. Ek sluit net nie sulke aksies in beginsel
> uit nie.

En ek sê weer: Bush en Mugabe is voëls van
dieselfde vere: Mugabe is dit net op 'n baie
kleiner skaal as Bush. Bush word noual 'n
bedreiging vir ons hier in Kanada, want hy en
sy trawante wil Kanada gaan sien as deel van
dit waarvan hulle nie hou nie, mense wat
hulle wil kritiseer en volgens hulle nie genoeg
doen om hulle militaristiese oogmerke te help
nie. Een van die eerste reaksies na 9/11 was om
te sê dat sommige van die suicide bombers uit
Kanada gekom het. Vir 'n paar uur is dit selfs
in die pers berig. Dis eers later dat dit
duidelik geword het dat die suicide bombers
almal wettig die VSA binnegekom het. En 'n paar
van hulle het bevestiging van hulle visa-status
ontvang deur hulle vliegskole, weke nadat hulle
dood is in die suicide bombing. Famous North
American efficiency.
Ek dink, Wouter, dat Bush 'n groter bedreiging
vir jou wel en wee is as Mugabe. Hoekom skree jy so
teen Mugabe? Ek stel voor dat jy, net soos duisende
ander in SA, 'n kompulsie het om teen iets swarts
te skree. En noudat jy dit nie meer teen die ouens
in SA kan doen nie, nou moet Mugabe deurloop.

Gloudina
Re: Bush, ens. [boodskap #68437 is 'n antwoord op boodskap #68430] So, 10 November 2002 16:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
schreef in bericht news:3DCE62D1.5020508@rogers.com...
>
>
> En ek sê weer: Bush en Mugabe is voëls van
> dieselfde vere: Mugabe is dit net op 'n baie
> kleiner skaal as Bush.

Ek stem heeltemal saam met Gloudina. Hulle is albei diktators en die erge
ding is dat Bush droom om 'n wêrelddiktator te word. Sy land besit die
grootste en magtigste oorlogsmasjien ter wêreld en sê kan hy enige ander
land met uitroeiing bedreig.
Hoekom dink julle het Frankryk en Rusland en selfs Siri� die VN resolusie
teen Irak geteken ? Omdat hulle goed weet dat dit dalk die enige
moontlikheid is om Bush daarvan te weerhou dat hy Irak binneval en dalk 'n
derde wêreldoorlog ontketen (alhoewel ek dit nie regtig glo nie, want ek
sien nie in watter land teen Amerika weerstand kan bied nie).
Ons moet maar hoop dat daardie grootheidswaanzige diktator steeds met die VN
rekening sal hou. Maar dit is natuurlik nie 'n sekerheid nie.
Hilda.
Re: Bush, ens. [boodskap #68438 is 'n antwoord op boodskap #68430] So, 10 November 2002 16:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wouter:
> Maar ek sê weer, ek kan nie Bush se aksies in Irak van hier
> na waarde skat nie. Ek sluit net nie sulke aksies in beginsel
> uit nie.

Gloudina
Ek dink, Wouter, dat Bush 'n groter bedreiging
vir jou wel en wee is as Mugabe. Hoekom skree jy so
teen Mugabe?

Wouter
Die enigste kommentaar wat ek nog hier oor Mugabe gelewer het
was in reaksie op jou lofsange vir hom. Die res was bloot berigte
uit neutrale media en dit het ook gedoen om mense soos jy beter
ingelig te kry oor wat julle Afrika-helde doen.

Dis jy wat die skreewerk doen, teen Bush en vir Mugabe.
Re: Bush, ens. [boodskap #68449 is 'n antwoord op boodskap #68427] So, 10 November 2002 19:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Wouter
> Wat ek veral nie verstaan nie, is hoekom jy my opinie wou hê :-)

Danielle:
(Net 'n blitsige antwoord op hierdie spesifieke vraag - sal later
vanaand meer detail op die ander antwoord)

Want ou Wouterkabouter, ek het jou leer "ken" as iemand met netjies
gebalanseerde sieninge oor alles en nog wat in die lewe. Daarom is jy
(en andere soos jy) ideale maatstawwe om my eie denke en idees teen te
"bounce". Jy as "buitestaander" van ons politiek is dan imo ook in
'n beter posisie om 'n oordeel te vel oor spesifiek "Bush en sy
Amerikaners" ('n Gloudiniaanse frase wat ek nogal baie van hou). Want
moet tog net nooit vergeet die die oorgrote meerderheid Amerikaners
het NIE vir Bush gestem nie.

Daarom geniet ek dit om idees met jou en mense soos jy uit te ruil,
want ek voel veilig dat jy nie my persoon sal aanval nie, maar wel my
idees of dit wat ek skryf. Mens raak later so moeg van die ou holrug
geryde cliche's soos "jy is so dom " en "jy weet nie hoe werk ons
politieke stelsel nie", en "ek is nie 'n rassis nie, maar..." en so
aan - ad infinitum..

Hoop dit antwoord jou vraag?
:-)
Re: Bush, ens. (ekonomie) [boodskap #68453 is 'n antwoord op boodskap #68427] So, 10 November 2002 21:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Wouter
> As jy fundamenteel daarna kyk is die VSA se ekonomie al lank
> in die moeilikheid. Julle spandeer te veel en leen daarvoor van
> veral Oosterse lande. Die situasie het in Clinton se tydperk
> verswak, hy laat dus vir die bossies 'n erger legacy as wat hy
> gekry het.

Hmm....feit oor spandering en lenings : Spending (less interest on the
debt) was at 18.4% of GDP in 1993. Dem-only rule reduced that to
17.5% by 1995. In 1998 when we had our first surplus, spending (less
interest on the debt) was down to 16.3% of GDP

Dit lyk nie vir my na 'n verswakking nie?
Vergelyk nou hierdie syfers met die Bush regering, dan gesels ons
weer.

> Clinton was duidelik 'n goeie leier, maar het nie 'n
> briljante rekord met met staatsfinasies nie. Reagan was beter daarmee.

Nonsens. Clinton was 'n goeie leier, ja. (En ek sê dit nie net omdat
hy 'n Demokraat is nie - Carter is ook 'n Demokraat and he sucketh big
time!)
Die res is suiwer republikeinse propaganda. Die feite lyk anders.
Wat dink jy het gebeur tydens Bush administrasie se 4 jaar, na Reagan
en voor Clinton? Waarom vergeet julle Reagan aanhangers altyd so
gerieflik van die 4 jaar van papa bos se administrasie? WIl jy nou
vir my vertel dat daar 'n 4 jaar wagperiode was vir die Reagonomics om
pos te vat - net toevallig vir die CLinton administrasie? Agge
nee...dis mos nie logies nie?
Wie dink jy is die big time spenders? Nee, moenie luister na wat
propaganda, die media en jou repug vriende vir jou vertel nie - gaan
kyk self (op die Internet en ander bronne).
Die gewone, ou hulruggeryde stelling van :"The Democrats were known
for social justice, not economic development. That is the territory
of the Republicans." is BELAGLIK en oudmodies. Miskien glo die idiote
dit, maar 'n ingeligte intelligente Amerikaner val nie meer vir
daardie goed nie. George Orwell se "Ignorance is Strength" pas by
Bush se Amerikaners, maar definitief nie Amerikaners oor die algemeen
nie.

> Katryn
> Terloops, ek hoop tog nie jy glo ook daardie stuk propaganda
> wat so volop is van hoe Clinton se sukses weens Reaganomics
> was, en dat Bush se probleme is alles Clinton se skuld. Ai....
>
> Wouter
> Propaganda? Ja, beslis. En ook baie eensydig.
> Maar dis nie onwaar nie.

Dis *IS* .
Clinton het 'n gefaalde Bush administrasie oorgeneem, en in die 8 jaar
van die Clinton administrasie het hy ons ekonomie omgedraai van 'n
"deficit" van triljoene dollars (geerf van Bush Senior en Reagan se
oormatige spandering) na 'n snel groeiende ekonomie wat die gesondste
was in jare, en hy het sy termyn geeindig met 'n REUSE surplus wat
binne enkele maande vermors en in sy peetjie gestuur is deur junior.
Ons sit nou met 'n skuld wat groter is as wie weet wanneer ooit in ons
geskiedenis. That's the REAL facts, Wouter.
Dink daaroor...
Reagan se " trickled down" ekonomiese beleid het totaal gefaal om die
ekonomie te stimuleer. Daarteenoor het die Clinton-era se
"globalization & free trade policy" in samewerking met Greenspan se
fiskale beleid, beide Amerika maar veral die wereld se ekonomie kon
help. Julle in SA en die res van Afrika was beter af onder die
Clinton administrasie as wat julle is en gaan wees onder die huidige
Bush regime - an dats a fact! :-)
Re: Bush, ens. (ekonomie) [boodskap #68475 is 'n antwoord op boodskap #68453] Ma, 11 November 2002 08:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> As jy fundamenteel daarna kyk is die VSA se ekonomie al lank
> in die moeilikheid. Julle spandeer te veel en leen daarvoor van
> veral Oosterse lande.

Katryn
Spending (less interest on the debt) was at 18.4% of GDP

Wouter
Dis moeilik om op enkele sulke punte te redeneer, want geen
enkele aanduier gee die hele prentjie nie. As jy na die VSA se
balansstaat kyk, is dit steeds rede tot kommer, julle leen en
verbruik hopeloos te veel. Onder beide Demokratiese en
Republikeinse regerings. As julle nie die grootste ekonomie
in die wêreld was nie, sou niemand vir julle wou leen nie en
sou julle 'n enorme krisis gehad het.

Clinton het basies niks gedoen om julle binnelandse spaarpoging
te verbeter nie, hy het die rykes progressief hoër belas (as bv
Reagan en Pappa Bush) en sodoende dié wat kan spaar
verhinder en gedemotiveer om dit te doen. En ek sê nie dat
Reagan of Bush al die antwoorde gehad het nie, bloot dat ek
nooit ooit aan die Demokrate se manier sal glo om die rykes
te belas en sosiale spandering te verhoog nie. Ek glo in die
kapitalisme en die markbeginsel, die Demokrate neuk relatief
meer met albei.

> Clinton was duidelik 'n goeie leier, maar het nie 'n
> briljante rekord met met staatsfinasies nie. Reagan was beter daarmee.

Katryn
Nonsens. .... Die feite lyk anders.

Wouter
Nie volgens die gereelde nuusbriewe wat ek al jare van VSA
beleggingsmaatskappye kry nie.

> Katryn
> Terloops, ek hoop tog nie jy glo ook daardie stuk propaganda
> wat so volop is van hoe Clinton se sukses weens Reaganomics
> was, en dat Bush se probleme is alles Clinton se skuld. Ai....

> Wouter
> Propaganda? Ja, beslis. En ook baie eensydig.
> Maar dis nie onwaar nie.

Katryn : Dit *IS*

Wouter:
Nie volgens wat ek oor die jare gelees het nie. Die mense wat ek
verkies om hieroor te glo interpreteer die feite heel anders as jy.

Katryn
Ons sit nou met 'n skuld wat groter is as wie weet wanneer ooit in
ons geskiedenis. That's the REAL facts, Wouter. Dink daaroor...

Wouter
Daardie stelling was ook waar aan die einde van Clinton se periode.
Dink daaroor...

Katryn
Reagan se " trickled down" ekonomiese beleid het totaal gefaal om die
ekonomie te stimuleer. Daarteenoor het die Clinton-era se
"globalization & free trade policy" in samewerking met Greenspan se
fiskale beleid, beide Amerika maar veral die wereld se ekonomie kon
help. Julle in SA en die res van Afrika was beter af onder die
Clinton administrasie as wat julle is en gaan wees onder die
huidige Bush regime - an dats a fact! :-)

Wouter
Julle hoofprobleem is uit my perspektief nie juis om die ekonomie
gestimuleer te kry nie, dit help om stemme te kry maar lei tot verdere
konsumpsie en lenings en verswak julle reeds patetiese balansstaat.

Julle kort eerder meer fiskale dissipline en veral binnelandse besparing.
En dit sal julle eerder onder 'n Republikein kry. Ek beskou persoonlik
die VSA as 'n hoë risiko gebied om in te belê, julle ekonomiese
kaartehuis kan inmekaarval. 'n Stimulasie van die ekonomie verhoog
die risiko aansienlik.

Wat SA se posisie betref, dink ek ook jy is verkeerd. In Clinton
se vroeë dae was sy administrasie taamlik anti-SA gewees en
het die sanksies se effek ook nog gebyt. Ons sal maar sien
wat Bush gaan oplewer, maar die grootste bydrae wat hy tot
'n stabieler wêreld kan maak is om julle ekonomie uit die
skuldspiraal te begin lig, nie om Saddam uit te wis nie. As
julle skuldbubble sou bars gaan dit die hele wêreld affekteer.
Meer as wat Al Queda of Saddam ooit kan.

Maar na ek dit klaar gesê het, dink ek nie dis vir SA so erg
belangrik of Bush of wie ook al aan die bewind is nie. Die
verskille is meer klemverskille en daar is relatiewe voordele
en nadele by almal.

Maar as ek met 'n direkte keuse gekonfronteer word,
sal ek soos die meeste Amerikaners, 'n Republikein bo
'n Demokraat kies, other things equal. Sonder om te huiwer.

Maar ek nie 'n probleem dat jy die Demokrate verkies
nie, hoor. Dit wys minstens jy gee om. Hoekom?
Iemand het onlangs gesê dat as 'n mens op 20 nie 'n
Demokraat is nie, dan het jy 'n gebrek aan deernis
(compassion). Maar as jy op 40 nie 'n Republikein
is nie, dan het jy 'n gebrek aan intelligensie. ;-)
Re: Bush, ens. (ekonomie) [boodskap #68493 is 'n antwoord op boodskap #68475] Ma, 11 November 2002 14:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

bloot dat ek
> nooit ooit aan die Demokrate se manier sal glo om die rykes
> te belas en sosiale spandering te verhoog nie. Ek glo in die
> kapitalisme en die markbeginsel, die Demokrate neuk relatief
> meer met albei.

Jy het 'n verstarde soort van opinie van
wat dit beteken om 'n Demokraat in die VSA
(en 'n lid van die Liberal Party in Kanada)
te wees. Ek kan alleen van die Liberals hier
in Kanada praat (wat baie meer socially
responsive is as wat die Demokrate van die
VSA ooit kan hoop om te wees) en dis onder
die Liberals dat die belastings in Kanada
afgebring word, dieselfdertyd dat daar baie
meer dinge gedoen word vir die minderbevoor-
regtes en ander groepe.

Gloudina
Re: Bush, ens. (ekonomie) [boodskap #68494 is 'n antwoord op boodskap #68475] Ma, 11 November 2002 14:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Iemand het onlangs gesê dat as 'n mens op 20 nie 'n
> Demokraat is nie, dan het jy 'n gebrek aan deernis
> (compassion). Maar as jy op 40 nie 'n Republikein
> is nie, dan het jy 'n gebrek aan intelligensie. ;-)

Die een wie dit natuurlik gesê het, is 'n
Republikein. Die soort wat blatant lieg,
dieselfde tyd as wat hy met sy Bybel die
kerk in loop en dan nog die kat in die donker
knyp, soos Knut Gingrich destyds.

Gloudina
Re: Bush, ens. (ekonomie) [boodskap #68496 is 'n antwoord op boodskap #68494] Ma, 11 November 2002 15:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
> Iemand het onlangs gesê dat as 'n mens op 20 nie 'n
> Demokraat is nie, dan het jy 'n gebrek aan deernis
> (compassion). Maar as jy op 40 nie 'n Republikein
> is nie, dan het jy 'n gebrek aan intelligensie. ;-)

Gloudina
Die een wie dit natuurlik gesê het, is 'n Republikein.

Wouter
Nie heeltemaal reg nie. Dit was 'n eertydse Demokraat,
wat die lig gesien het en 'n Repubiklein geword het.
Re: Bush, ens. (ekonomie) [boodskap #68498 is 'n antwoord op boodskap #68496] Ma, 11 November 2002 15:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Wouter
>> Iemand het onlangs gesê dat as 'n mens op 20 nie 'n
>> Demokraat is nie, dan het jy 'n gebrek aan deernis
>> (compassion). Maar as jy op 40 nie 'n Republikein
>> is nie, dan het jy 'n gebrek aan intelligensie. ;-)
>
> Gloudina
> Die een wie dit natuurlik gesê het, is 'n Republikein.
>
> Wouter
> Nie heeltemaal reg nie. Dit was 'n eertydse Demokraat,
> wat die lig gesien het en 'n Repubiklein geword het.

Ja, dit is ou Kenneth Starr se goeie ou pel wat saam met Kenneth in
Reagan se Justice Department gewerk het. Die tweetjies het nogal iets
anders in gemeen ook - iets wat Ferdi se ogies sal laat opflikker -
they both pranced around in drag for variety shows.
Re: Bush, ens. (ekonomie) [boodskap #68499 is 'n antwoord op boodskap #68496] Ma, 11 November 2002 15:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Wouter
> Nie heeltemaal reg nie. Dit was 'n eertydse Demokraat,
> wat die lig gesien het en 'n Repubiklein geword het.

Wou netnou ook sê - dis natuurlik niks vreemds vir politici om van
party te verander nie - dit gebeur gereeld. En daar is redes voor,
maar ek is nie nou lus om dit te verduidelik nie. Behalwe om net te
noem (eintlik is dit bedoel vir Rennie Oster) die NY repugs word
algmeen altyd verwys na as RINOs, (Republican in name only)
Dis om stemme te kry en aan bewind te kan bly dat hulle dit doen.

Daardie kwotasie kom van die laaste verkiesing waar Guliani gehad het,
en toe hy gekonfronteer was deur 'n baie linkse artikel wat hy in
college (vasity) dae geskryf het.
Hy moes sy repug vriende/voters gelukkig hou, maar hy was/is nog altyd
'n RINO!
Re: Bush, ens. (ekonomie) [boodskap #68500 is 'n antwoord op boodskap #68493] Ma, 11 November 2002 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wouter:
bloot dat ek
> nooit ooit aan die Demokrate se manier sal glo om die rykes
> te belas en sosiale spandering te verhoog nie. Ek glo in die
> kapitalisme en die markbeginsel, die Demokrate neuk relatief
> meer met albei.

Gloudina
Jy het 'n verstarde soort van opinie van

Wouter
Jy kan maar nie redeneer sonder om persoonlik en beledigend
te raak nie, né. As enige iemand anders my verstar genoem het,
sou ek daaroor gaan dink het, maar terwyl dit van jou kom wat
ons hier deurlopend met starre stereotipe rassisme probeer
vermaak, sal ek dit as 'n kompliment beskou. As jy saamgestem
het, sou dit beteken het dat ek êrens 'n dinkfout gemaak het..

Gloudina
wat dit beteken om 'n Demokraat in die VSA
(en 'n lid van die Liberal Party in Kanada)
te wees. Ek kan alleen van die Liberals hier
in Kanada praat

Wouter
Jy het pas ook van die Demokrate gepraat

Gloudina
(wat baie meer socially responsive is as wat die Demokrate
van die VSA ooit kan hoop om te wees) en dis onder
die Liberals dat die belastings in Kanada
afgebring word, dieselfdertyd dat daar baie
meer dinge gedoen word vir die minderbevoor-
regtes en ander groepe.

Wouter
Jy het 'n verstarde interpretasie van wat ek gesê het. Ek het
nêrens gepraat van belastings wat verhoog of verlaag nie. Wel
van wie meer belas word. As jy die 'haves' relatief te swaar belas,
spaar die land te min. Dit gebeur in die VSA en dompel die land
al dieper in 'n skuldprobleem. Die omgekeerde gebeur in Japan
en baie ander Oosterse lande. Hulle gaan op die ou end al die
belangrikste bates in die VSA (en Kanada?) besit.

Dit is nie so moeilik om belastings te verlaag en sosiale spandering
te verhoog nie, die staatsuitgawes moet net besnoei word. Dit
kan onder liberale en konserwatiewe regerings gebeur. Die
ANC doen dit byvoorbeeld taamlik suksesvol en ek dink nie
iemand sal hulle met die Republikeine vergelyk nie.
Re: Bush, ens. (ekonomie) [boodskap #68501 is 'n antwoord op boodskap #68500] Ma, 11 November 2002 16:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Wouter
> As enige iemand anders my verstar genoem het,
> sou ek daaroor gaan dink het,

Tel ek as iemand anders?
Jou denke oor wat 'n Demokraat in die VSA is, is oudmodies Wouter. Ek
herhaal wat ek alreeds ook gesê het - dat die gewone, ou hulruggeryde
stelling van :"The Democrats were known for social justice, not
economic development. That is the territory of the Republicans." is
BELAGLIK en oudmodies.

Maar oor die belasting stories het jy 'n punt beet, en dit is waar ons
dems 100% anders as die repugs dink. Later meer...ek is ALWEER laat!
:-(
Re: Bush, ens. (ekonomie) [boodskap #68505 is 'n antwoord op boodskap #68501] Ma, 11 November 2002 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter : As enige iemand anders my verstar genoem het,
> sou ek daaroor gaan dink het,

Katryn : Tel ek as iemand anders?

Wouter : Ja, nogal :-)

Katryn : Jou denke oor wat 'n Demokraat in die VSA is,
is oudmodies Wouter.

Wouter :
Hoekom sê jy dit? Watter van my denke?
Ek stry nie, hoor, ek ken nie julle opset so goed nie.
Maar ek verstaan regtig nie hoekom jy dit sê nie.

Katryn
Ek herhaal wat ek alreeds ook gesê het - dat die gewone, ou
holruggeryde stelling van :"The Democrats were known for social
justice, not economic development. That is the territory of the
Republicans." is BELAGLIK en oudmodies.

Wouter
Maar dit het ek nie gesê nie en ook nie eers gedink nie,
dis nou die tweede keer wat jy my dit in die mond lê.
Op die punt argumenteer jy net met jouself.

My punt was juis dat dit nie so baie verskil maak watter
party aan bewind is nie, maar dat die Republikeine beter
kapitaliste is en daarom met hulle belastingbeleid meer
besparing sal aanmoedig of dan minstens minder sal ontmoedig.

Ek kan verstaan dat ekonomiese ontwikkeling vir julle
belangrik is, maar ek het dit baie duidelik gestel dat dit
myns insiens nie die prioriteit behoort te wees nie.

Katryn
Maar oor die belasting stories het jy 'n punt beet, en dit is
waar ons dems 100% anders as die repugs dink. Later
meer...ek is ALWEER laat! :-(

Wouter
Dit was my enigste punt, belasting en binnelandse spaar.
En daarmee saam die bereidwilligheid om met die
markmeganisme in te meng.

Die ander punt is net in jou kop, jy is nie dalk 'n bietjie
verstar oor daardie punt nie? Jy wil daaroor baklei en
die feit dat ek nie verskil nie gaan my niks help nie? :-)
Re: Bush, ens. (ekonomie) [boodskap #68518 is 'n antwoord op boodskap #68500] Ma, 11 November 2002 20:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Dit is nie so moeilik om belastings te verlaag en sosiale spandering
> te verhoog nie, die staatsuitgawes moet net besnoei word. Dit
> kan onder liberale en konserwatiewe regerings gebeur. Die
> ANC doen dit byvoorbeeld taamlik suksesvol en ek dink nie
> iemand sal hulle met die Republikeine vergelyk nie.

Bewys dit dus nie juis hoe agterstevoor
jou argumente is oor wie wát kan doen nie.
Niemand kan die ANC beskuldig daarvan dat
hulle soos die Republikeine in die VSA is
nie, maar hulle volg, volgens jou, die regte
soort ekonomiese pad.

Gloudina
Re: Bush, ens. (ekonomie) [boodskap #68522 is 'n antwoord op boodskap #68518] Ma, 11 November 2002 21:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Dit is nie so moeilik om belastings te verlaag en sosiale spandering
> te verhoog nie, die staatsuitgawes moet net besnoei word. Dit
> kan onder liberale en konserwatiewe regerings gebeur. Die
> ANC doen dit byvoorbeeld taamlik suksesvol en ek dink nie
> iemand sal hulle met die Republikeine vergelyk nie.

Gloudina
Bewys dit dus nie juis hoe agterstevoor
jou argumente is oor wie wát kan doen nie.
Niemand kan die ANC beskuldig daarvan dat
hulle soos die Republikeine in die VSA is
nie, maar hulle volg, volgens jou, die regte
soort ekonomiese pad.

Wouter
Nee, jou opmerking bewys eerder dat jou ekonomiese begripsvermoë
yl is, om die minste te sê. Daar is geen parallel tussen die VSA- en
SA-ekonomie nie. En die ANC het min opsies, hulle kan nie op enige
skaal buitelands leen soos die VSA nie. Hulle vermoë om droog te
maak is dus baie kleiner, hulle het nie 'n manier om dit te befonds nie.
Indien die DA byvoorbeeld aan die bewind was, sou die ekonomiese
beleid nie veel verskil het nie, maar die enkele klemverskille sou
waarskynlik positief gewees het.

Die blote feit dat die ANC tans op 'n gesonde ekonomiese pad is,
het presies niks te doen met my wie die beter ekonomiese beleid
vir die VSA het nie. Ek is vir my opinie gevra daaroor en ek het
dit gegee, no big deal. Dis nie ek wat gesê het dis belangrik of
die Republikeine of Demokrate aan die bewind is nie, ek dink
dis relatief onbelangrik.
Re: Bush, ens. (ekonomie) [boodskap #68530 is 'n antwoord op boodskap #68505] Di, 12 November 2002 04:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Katryn : Jou denke oor wat 'n Demokraat in die VSA is,
> is oudmodies Wouter.
>
> Wouter :
> Hoekom sê jy dit? Watter van my denke?
> Ek stry nie, hoor, ek ken nie julle opset so goed nie.
> Maar ek verstaan regtig nie hoekom jy dit sê nie.

Want ek verstaan dan die hele tyd dat jy sê die repugs is beter
kapitaliste as die dems? En dan lei ek daaruit af dat jy sê dat die
repugs is beter vir die ekonomie as wat die dems ooit was of kan wees.
En ek probeer vir jou oortuig dat ALTWEE partye is kapitalisties, maar
nie een van die 2 is eintlik rerige "free-market capitalists" in die
strengste sin nie.
Jy skryf: "dat ek
nooit ooit aan die Demokrate se manier sal glo om die rykes
te belas en sosiale spandering te verhoog nie. Ek glo in die
kapitalisme en die markbeginsel, die Demokrate neuk relatief
meer met albei."

Maar my punt is dat die repugs neuk net soveel. Daardie woordjie
"relatief" wat jy gebruik is 'n sleutelwoord. Dit is alles relatief.
Die repugs neuk weer deur hulle "regse" konserwatiewe en rassistiese
agendas wat altyd verdraaide godsdienstige "waardes" insluit. Hulle
wil altyd vir ons "morele" en ander waardes voorskryf en afdwing. Dit
is ook inmengery en dit beinvloed ook 'n vrye mark kapitalistiese
sisteem!

Maar 'n vraag - glo jy of vereenselwig jy jouself met die naiewe
strooi stories dat demokrate altyd "bak handjies" staan en wag dat die
regering vir hulle moet uitdeel? Dit is so verregaande dat ek elke
keer wil stik as ek sulke naiewe strooi lees! :-(

Elkgeval - granted - dalk is jou denke nie so oudmodies as wat ek
gedink het nie. :-)

> Wouter
> Maar dit het ek nie gesê nie en ook nie eers gedink nie,
> dis nou die tweede keer wat jy my dit in die mond lê.
> Op die punt argumenteer jy net met jouself.

Ja...ek het gedog jy het dit gedink! Okay okay....

> My punt was juis dat dit nie so baie verskil maak watter
> party aan bewind is nie, maar dat die Republikeine beter
> kapitaliste is en daarom met hulle belastingbeleid meer
> besparing sal aanmoedig of dan minstens minder sal ontmoedig.

Sien, hier sê jy dit weer. Jy dink dat die Republikeine is beter
kapitaliste en daarom beter vir die ekonomie? Net omdat die dems se
belastingsbeleid anders is, maak dit van hulle minder kapitalisties en
sleg vir die ekonomie? Nou hoe dan nou? Ja, 'kay - ek weet wat jy
bedoel. Maar is dit noodwendig reg?
Ek sou graag die ekonomiese beleid van kapitalisme, wou skei van die
regeringsbeleid. As 'n regeringsvorm ondersteun ek 100% 'n
sosialistiese stelsel, maar as 'n ekonomiese beleid glo ek dat
kapitalisme is die enigiste rerig opsie.
I dunno of dit screwed up denke is, of nie. En miskien voel ek dan
soos Marx dat kapitalisme eventueel sal evolve na sosialisme.
:-)
As die dêm repugs net meer Christelik kon wees, dan was hulle
baie goeie demokrate!
:-)

> Die ander punt is net in jou kop, jy is nie dalk 'n bietjie
> verstar oor daardie punt nie? Jy wil daaroor baklei en
> die feit dat ek nie verskil nie gaan my niks help nie? :-)

Maar ek moet eers probeer uitvind wat
"verstar" beteken!
:-)
Re: Bush, ens. (ekonomie) [boodskap #68542 is 'n antwoord op boodskap #68530] Di, 12 November 2002 11:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Katryn : Want ek verstaan dan die hele tyd dat jy sê die repugs
is beter kapitaliste as die dems?

Wouter :
Dis reg, ja.. Maar ek kon ook gesê het suiwerder kapitaliste.

Katryn: En dan lei ek daaruit af dat jy sê dat die repugs is beter vir
die ekonomie as wat die dems ooit was of kan wees.

Wouter
Nee, dit volg hoegenaamd nie. Want alle stelsels is mengsels
van kapitalisme en sosialisme/kommunisme. Wat in gegewe
omstandighede beter vir die ekonomie is, hang van omstandighede
af en verg noodwendig ook 'n persoonlike opinie. Suiwer
kapitalisme sal waarskynlik katastrofies vir enige gemeenskap
en ekonomie wees.

Katryn
En ek probeer vir jou oortuig dat ALTWEE partye is kapitalisties,
maar nie een van die 2 is eintlik rerige "free-market capitalists" in
die strengste sin nie.

Wouter
Maar ek stem daarmee saam, daarom het ek gesê dit maak nie
so 'n groot verskil wie aan bewind is nie. Hel, ons praat van
Amerika, natuurlik is die Demokrate ook kapitaliste.

Katryn
Jy skryf: "dat ek nooit ooit aan die Demokrate se manier sal glo
om die rykes te belas en sosiale spandering te verhoog nie. Ek
glo in die kapitalisme en die markbeginsel, die Demokrate neuk
relatief meer met albei."

Wouter : Presies, dis my persepsie

Katryn
Maar my punt is dat die repugs neuk net soveel. Daardie woordjie
"relatief" wat jy gebruik is 'n sleutelwoord. Dit is alles relatief.

Katryn
Oukei, nou is ons by die eintlike punt. Ek glo die Republikeine se
mengsel van kapitalisme en sosialisme het meer van eersgenoemde
as die Demokrate. Veral omdat dit my persepsie is dat Demokrate
geneig is om dié met hoë inkomstes swaarder te belas, wat 'n
baie sosialistiese beginsel is. Maar ek is nie daarteen omdat dit
sosialisties is nie, maar omdat ek glo dat dit onproduktief is as
dit te ver geneem word. En omdat dit binnelandse spaar erg
ontmoedig, iets wat te min aandag in die VSA kry. Maar dit
gaan bloot oor die mengsel, nie oor die beginsel nie.

Katryn
Die repugs neuk weer deur hulle "regse" konserwatiewe en rassistiese
agendas wat altyd verdraaide godsdienstige "waardes" insluit. Hulle
wil altyd vir ons "morele" en ander waardes voorskryf en afdwing. Dit
is ook inmengery en dit beinvloed ook 'n vrye mark kapitalistiese
sisteem!

Wouter
Jawelnofine. Ek woon nie daar nie en kan dit nie na waarde skat nie.
Dit klink egter vir my na dinge met taamlik klein ekonomiese impak.
Ek is ook nie 'n voorstaander van hardcore kapitalisme nie. Maar
ek verskil met jou siening dat die Republikeine net soveel inmeng
as die Demokrate. Nie met die dinge wat saak maak vir die
ekonomie nie.

Katryn
Maar 'n vraag - glo jy of vereenselwig jy jouself met die naiewe
strooi stories dat demokrate altyd "bak handjies" staan en wag
dat die regering vir hulle moet uitdeel? Dit is so verregaande
dat ek elke keer wil stik as ek sulke naiewe strooi lees! :-(

Wouter
Ek ken nie eers daardie stories nie.

> My punt was juis dat dit nie so baie verskil maak watter
> party aan bewind is nie, maar dat die Republikeine beter
> kapitaliste is en daarom met hulle belastingbeleid meer
> besparing sal aanmoedig of dan minstens minder sal ontmoedig.

Katryn
Sien, hier sê jy dit weer. Jy dink dat die Republikeine is beter
kapitaliste en daarom beter vir die ekonomie?

Wouter
Miskien moes ek hier ook gesê het suiwerder kapitaliste. En ja,
dis beter vir besparing, 'n belangrike aspek van die ekonomie..
Maar dis nie so simplisties as wat jy dit namens my probeer stel nie

Katryn
Net omdat die dems se belastingsbeleid anders is, maak dit van
hulle minder kapitalisties en sleg vir die ekonomie? Nou hoe dan
nou? Ja, 'kay - ek weet wat jy bedoel. Maar is dit noodwendig reg?

Wouter
Dit maak hulle beslis minder kapitalisties. Dalk is hulle op ander
aspekte meer kapitalisties. Wat beter vir die ekonomie is, is 'n
kwessie van oordeel. Jy het my opinie gevra en ek glo die
Republikeine is beter.

Katryn
Ek sou graag die ekonomiese beleid van kapitalisme, wou skei
van die regeringsbeleid. As 'n regeringsvorm ondersteun ek
100% 'n sosialistiese stelsel, maar as 'n ekonomiese beleid glo
ek dat kapitalisme is die enigiste rerig opsie. I dunno of dit
screwed up denke is, of nie.

Wouter
Jy kan dit nie skei en albei stelsels apart bedryf nie, want
sosialisme vra byvoorbeeld dat jy die suksesvolles penaliseer
om te kan herverdeel. Kapitalisme vra dat jy die suksesvolles
beloon sodat hulle al hoe meer suksesvol raak en die ekonomie
en werkskepping uitbou. Daarom is 'n mengsel aangewese,
sodat jy nie die suksesvolles antagoniseer en verjaag nie, maar
tog 'n matige herverdeling bewerkstellig.

Katryn
En miskien voel ek dan soos Marx dat kapitalisme eventueel
sal evolve na sosialisme. :-)

Wouter
Ek reken dis die ideaal. Sorg vir 'n welvarende gemeenskap
deur kapitalisme en sit dan sosiale vangnette en sosiale
voordele in plek. Maar as jy die kapitalisme totaal afsweer
gaan jy goed moontlik in armoede verval en dan is jou
sosiale vangnette en voordele ook in sy peetjie. Die twee
kan myns insiens nie sonder mekaar bestaan nie.

Maar jy moet jou prioriteite en jou mengsel reg hê. As jy
byvoorbeeld met sosialisme begin (en nou praat ek nie van die
VSA nie, eerder nader aan die huis) dan bly jy vir ewig arm
en kom jy nooit by regte sosiale voordele uit nie. Sosialisme
is great, maar dit werk net as jy dit kan bekostig. Daarvoor
het jy kapitalisme nodig.
Re: Bush, ens. (ekonomie) [boodskap #68551 is 'n antwoord op boodskap #68542] Di, 12 November 2002 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

Wat beter vir die ekonomie is, is 'n
> kwessie van oordeel. Jy het my opinie gevra en ek glo die
> Republikeine is beter.
> Jy kan dit nie skei en albei stelsels apart bedryf nie, want
> sosialisme vra byvoorbeeld dat jy die suksesvolles penaliseer
> om te kan herverdeel. Kapitalisme vra dat jy die suksesvolles
> beloon sodat hulle al hoe meer suksesvol raak en die ekonomie
> en werkskepping uitbou. Daarom is 'n mengsel aangewese,
> sodat jy nie die suksesvolles antagoniseer en verjaag nie, maar
> tog 'n matige herverdeling bewerkstellig.

En ek stel voor dat dit duidelik geword
het dat in vandag se klimaat die Demokrate
in die VSA ( onder Clinton) en die
Liberals in Kanada baie meer suksesvol is
in hulle "mengsel" en dus baie beter is
vir die verskeie ekonomieë van hulle land
as wat die Republikeine in die VSA en die
Tories in Kanada ooit kan hoop om te wees.
Die Republikeine in die VSA pay lip service
aan die sogenaamde konserwatiewe ekonomiese
ideale, maar as dit op die keper kom, dan
stig hulle baie meer nuwe regerings-strukture
as die Demokrate ( al spog hulle dat hulle
vir "less government interference" is.)
Dit is wel waar dat die Republikeine vir
"big business" is, want dis daar waar hulle
hulle grootste finansiële bydraes kry,maar
dit is net die groot konglomerasies wat daarby
baat. Die kleiner besighede wat staatmaak op
"consumer spending" lyk dit vir my is nou ook
op die afdraand, al is die Republikeine in die
saal in die VSA. Oral dank hulle mense af. In
Clinton se tyd was die navraag na arbeiders so
erg dat hulle vir mense bonusse moes gee om in
Macdonalds te kom werk.
Dis merkwaardig dat daar 'n resessie begin
het amper onmiddellik toe Bush die leisels oorgeneem
het. Mense in die VSA het net onmiddellik opgehou
geld uitgee ( behalwe op huise.) Dis ook merkwaardig
dat ons hier in Kanada onder die Liberals tot nog
toe hierdie resessie vrygespring het, dat ons nog
surplusse het in ons regerings-inkomste, en dat ons
belastings nou die laagste is wat dit in die laaste
drie dekades was. ( Daarenteen het die Conservative/
Tory party hulle hele politieke basis verloor toe hulle
die G.S.T. (VAT) in die vroeë 90's ingevoer het. Hulle
was dus die groot belastingsheffers.)

Gloudina
Re: Bush, ens. (ekonomie) [boodskap #68562 is 'n antwoord op boodskap #68542] Di, 12 November 2002 18:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Katryn
> En miskien voel ek dan soos Marx dat kapitalisme eventueel
> sal evolve na sosialisme. :-)
>
> Wouter
> Ek reken dis die ideaal. Sorg vir 'n welvarende gemeenskap
> deur kapitalisme en sit dan sosiale vangnette en sosiale
> voordele in plek. Maar as jy die kapitalisme totaal afsweer
> gaan jy goed moontlik in armoede verval en dan is jou
> sosiale vangnette en voordele ook in sy peetjie. Die twee
> kan myns insiens nie sonder mekaar bestaan nie.

Eintlik stem ons dan meer saam oor dinge as wat ons verskil.
Dis net oor die "mengsel" wat ons verskil.

> Maar jy moet jou prioriteite en jou mengsel reg hê. As jy
> byvoorbeeld met sosialisme begin (en nou praat ek nie van die
> VSA nie, eerder nader aan die huis) dan bly jy vir ewig arm
> en kom jy nooit by regte sosiale voordele uit nie. Sosialisme
> is great, maar dit werk net as jy dit kan bekostig. Daarvoor
> het jy kapitalisme nodig.

Heeltemal so. Daarom het ek nog nooit, en sal ook nooit die ANC
ondersteun nie. Ek het nie vertroue in julle politieke stelsel nie.
(net so min as wat ek in die huidige regime hier by ons het).
Re: Bush, ens. (ekonomie) [boodskap #68570 is 'n antwoord op boodskap #68562] Di, 12 November 2002 19:05 Na vorige boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Katryn
Eintlik stem ons dan meer saam oor dinge as wat ons verskil.
Dis net oor die "mengsel" wat ons verskil.

> Maar jy moet jou prioriteite en jou mengsel reg hê. As jy
> byvoorbeeld met sosialisme begin (en nou praat ek nie van die
> VSA nie, eerder nader aan die huis) dan bly jy vir ewig arm
> en kom jy nooit by regte sosiale voordele uit nie. Sosialisme
> is great, maar dit werk net as jy dit kan bekostig. Daarvoor
> het jy kapitalisme nodig.

Katryn
Heeltemal so. Daarom het ek nog nooit, en sal ook nooit die ANC
ondersteun nie. Ek het nie vertroue in julle politieke stelsel nie.
(net so min as wat ek in die huidige regime hier by ons het).

Wouter
Ja wel, ek ondersteun hulle ook nie. As dit suiwer oor die
ekonomiese stelsel gegaan het, sou ek dit kon doen, maar dit
gaan oor baie meer. En solank ons met die huidige klomp simpel
arbeidswette sit is daar ook geen manier wat ek hulle sal
ondersteun nie. En dit is ook nie die enigste rede nie.
Vorige onderwerp: Re: Afrikaners is plesierig 3
Volgende onderwerp: Re:Vryheids manifes van die Afrikaner volk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 17:06:01 MGT 2024