Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Die Vetkoekpaleis
Die Vetkoekpaleis [boodskap #6771] Sa, 13 Julie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Iemand praat onlangs op die nuusgroep oor die
populariteit van die televisieprogram VETKOEK-
PALEIS onder beide die Engelse en Afrikaanse lede
van die bevolking. Kan iemand 'n bietjie meer daar-
van vertel. Wie skryf en produseer dit?
Ek stel veral belang in die redes waarom die Engels-
sprekers daarvan hou. Ek hoop dat die situasies nie
altyd "ten koste van" Afrikaners vertel word nie.
As iemand wat amper haar hele werkende lewe in Suid-
Afrika deurgebring het in situasies waar ek omtrent die
enigste Afrikaner was, het ek 'n fyn aanvoeling ontwikkel
vir die verskillende bevolkingsgroepe se reaksies op die
feit dat ek 'n Afrikaner is. Ek het die reaksies van die ver-
skillende Engelse tipes die mees verbasend gevind. Hulle
was soms letterlik vir my kwaad as hulle uitvind hoe meer
"liberaal" ek is as hulle. Dis nou die Suid-Afrikaanse
Engelse. Engelse uit Engeland het, toentertyd, 'n groot
bewondering gehad vir die Afrikaner, en effens neergesien
op die Suid-Afrikaanse Engelse.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Films gemaak met samewerking van die SAVM
Volgende onderwerp: Afrikaans op SABC
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 14:34:25 MGT 2024