Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ja-nee stem van RSG
Ja-nee stem van RSG [boodskap #67689] |
Sat, 19 October 2002 15:19  |
Pete
Boodskappe: 61 Geregistreer: August 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Luister hoeka na die uitslag van die ja-nee stemmery op RSG Vrydae.
"Het politici hoër morele waardes as prostitute?" Die vraag is gestel na
aanleiding van die onlangse gebeure in die nsa.
Opmerking waarvan ek 110% gehou het: "Politicians are like a bunch of
bananas: all yellow, soft and not a single straight one amongst them."
Uitstekend!
Terloops, 84.6% het wel gemeen dat prostitute beter mense as politici is.
Bye-bye Kortbroek!
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ja-nee stem van RSG [boodskap #67704 is 'n antwoord op boodskap #67699] |
Mon, 21 October 2002 08:34   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Opmerking waarvan ek 110% gehou het: "Politicians are like a bunch of
bananas: all yellow, soft and not a single straight one amongst them."
Uitstekend!
Wil jy my nou lateraal laat dink?
Ek het mos saamgestem dat dit 'n baie goeie uitdrukking is, net gewonder of
mens dit nie net do goed in Afrikaans kan uitdruk nie.
As ek nou gedwing word om piesangs te gebruik, sal dit wees:
Politici is nes 'n tros piesangs. Hang saam, is onverteerbaar as hulle groen
is, en glibberig as hulle oorryp is.
Wat van: 'n Politikus is soos 'n veselperske. Glibberig, draderig, en die
pit is te groot om ingedagte aan te suig.
Of:
'n Politkus is soos 'n Turksvy. Moeilik om by uit te kom, en glibberig as
mens hul in die hande kry.
Nou oor motorterme moet jy nie met my sukkel nie. Dis nou een lot terme waar
hulle te slim wou wees en nou gebruik niemand dit nie. Wat is is 'n
knormoer? Ek is baie lief vir my motor, en nie een van ons twee knor of is
de moer in as ons bymekaar is nie:))
Annette
-
"Pete" skryf in boodskap news:aov7mh$6pb$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> In Afrikaans kan dit net so goed klink.
>
> Ek stem saam maar in sekere gevalle werk Engels (en ander tale) beter. Soos
> knormoer en "bendix". Wat 'n belaglike woord vir Afrikaans - die Engelse
> tegniese term werk beter in hierdie geval. Gaan dring maar aan op 'n
> Saterdagoggend op 'n nuwe knormoer by die onderdelewinkel en ek wed jou jy
> loop Sondag kerk toe (tensy jy in die Kaap bly, waar jy in elkgeval kerk toe
> moet loop aangesien die betrokke onderdeel eers vanaf Gauteng "ingevoer"
> moet word).
>
> Betreffende die politici en die piesangs: "Try!" soos oorle Tolla reken in
> sy wolf en rooikappietjie-storie. Laat ons sien of jou vertaling nog steeds
> die trefkrag sal behou.
>
> En ek wag.........;-)
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Knormoer [boodskap #67756 is 'n antwoord op boodskap #67734] |
Wed, 23 October 2002 17:58  |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: January 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 22 Oct 2002 23:08:17 +0200, "knormoer" wrote:
>
> Waar kom ons aan daai snaakse name - kon net Edwil van Aarde of Riaan
> Cruywagen gewees het!
>
> Knormoer
Eendag (dit was nog in die vorige millenïum) het ek op 'n
juweeljie afgekom. Slegs een maal erens gelees, en dit kon
twee dekades gelede gewees het, maar ek het dit so mooi
gevind dat ek dit steeds onthou, en ook selfs al gebruik het.
Dit was 'n Afrikaanse weergawe vir 'petshop' wat hierdie kreatiewe
skrywer 'n 'arkmark' gemaak het.
DD
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Feb 25 11:36:00 UTC 2025
|