Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ja-nee stem van RSG
Ja-nee stem van RSG [boodskap #67689] Sa, 19 Oktober 2002 15:19 na volgende boodskap
Pete  is tans af-lyn  Pete
Boodskappe: 61
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
Luister hoeka na die uitslag van die ja-nee stemmery op RSG Vrydae.

"Het politici hoër morele waardes as prostitute?" Die vraag is gestel na
aanleiding van die onlangse gebeure in die nsa.

Opmerking waarvan ek 110% gehou het: "Politicians are like a bunch of
bananas: all yellow, soft and not a single straight one amongst them."
Uitstekend!

Terloops, 84.6% het wel gemeen dat prostitute beter mense as politici is.
Bye-bye Kortbroek!
Re: Ja-nee stem van RSG [boodskap #67690 is 'n antwoord op boodskap #67689] Sa, 19 Oktober 2002 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis hoekom die lot in die eerste plek te bang was om die mening van die
publiek te vra:))
Ek stem saam - die opmerking is uitstekend - hoekom sou dit nou juis in
Engels wees?
In Afrikaans kan dit net so goed klink.

Annette

"Pete" skryf in boodskap news:aort4s$t2p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Luister hoeka na die uitslag van die ja-nee stemmery op RSG Vrydae.
>
> "Het politici hoër morele waardes as prostitute?" Die vraag is gestel na
> aanleiding van die onlangse gebeure in die nsa.
>
> Opmerking waarvan ek 110% gehou het: "Politicians are like a bunch of
> bananas: all yellow, soft and not a single straight one amongst them."
> Uitstekend!
>
> Terloops, 84.6% het wel gemeen dat prostitute beter mense as politici is.
> Bye-bye Kortbroek!
>
Re: Ja-nee stem van RSG [boodskap #67699 is 'n antwoord op boodskap #67690] So, 20 Oktober 2002 21:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pete  is tans af-lyn  Pete
Boodskappe: 61
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
> In Afrikaans kan dit net so goed klink.

Ek stem saam maar in sekere gevalle werk Engels (en ander tale) beter. Soos
knormoer en "bendix". Wat 'n belaglike woord vir Afrikaans - die Engelse
tegniese term werk beter in hierdie geval. Gaan dring maar aan op 'n
Saterdagoggend op 'n nuwe knormoer by die onderdelewinkel en ek wed jou jy
loop Sondag kerk toe (tensy jy in die Kaap bly, waar jy in elkgeval kerk toe
moet loop aangesien die betrokke onderdeel eers vanaf Gauteng "ingevoer"
moet word).

Betreffende die politici en die piesangs: "Try!" soos oorle Tolla reken in
sy wolf en rooikappietjie-storie. Laat ons sien of jou vertaling nog steeds
die trefkrag sal behou.

En ek wag.........;-)
Knormoer [boodskap #67700 is 'n antwoord op boodskap #67699] So, 20 Oktober 2002 22:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Pete
.... in sekere gevalle werk Engels (en ander tale) beter. Soos
knormoer en "bendix". Wat 'n belaglike woord vir Afrikaans

Wouter
Jy is natuurlik reg dat sommige terme beter in Engels werk, dit
werk natuurlik alkante toe. Maar knormoer is nie 'n goeie
voorbeeld nie, so ver ek weet is die woord nooit in formele
Afrikaans opgeneem nie. Wat 'n bendix (drive?) presies is,
weet ek nie, maar knormoer is lank terug voorgestel vir
'n aansitter, dus die elektriese motor waarmee jy bv. 'n petrolenjin
aan die gang kry. Maar die term het, om logiese redes soos
verwarring met jou skoonma, nooit inslag gevind nie en die
gebruiklike term is 'n aansitter of aanjaer.

Is 'n "bendix" iets anders as 'n (self) starter?
Re: Knormoer [boodskap #67701 is 'n antwoord op boodskap #67700] So, 20 Oktober 2002 22:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 21 Oct 2002 00:48:20 +0200, "Wouter Plaasvark" wrote:
> Pete
> .... in sekere gevalle werk Engels (en ander tale) beter. Soos
> knormoer en "bendix". Wat 'n belaglike woord vir Afrikaans
>
> Wouter
> Maar die term het, om logiese redes soos
> verwarring met jou skoonma, nooit inslag gevind nie en die
> gebruiklike term is 'n aansitter of aanjaer.
>
> Is 'n "bendix" iets anders as 'n (self) starter?
>

Nee Wouter, 'n aansitter 's die ignition switch
Wat die aanjaer aanbetref, dink ek jy jaag nou
aan met die taal;-)))

DD
Bendix [boodskap #67703 is 'n antwoord op boodskap #67701] Ma, 21 Oktober 2002 04:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pete  is tans af-lyn  Pete
Boodskappe: 61
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
'n Bendix is die koppelvlakmeganisme wat tussen die aansitter en die
aansitterklos (starter solenoid) is. As dit nie vir die bendix was nie sou
jou aansittermotor aanhoudend saam met die vliegwiel gedraai het selfs nadat
die masjien aan die gang gekom het.

'n Foutiewe bendix beteken gewoonlik 'n nuwe aansittermotor en in meeste
gevalle 'n nuwe vliegwielrat ook. Aaah, nou sien ek eers, knormoer kom seker
nadat jy die gevolglike rekening van die motorhawe gekry het......
Re: Ja-nee stem van RSG [boodskap #67704 is 'n antwoord op boodskap #67699] Ma, 21 Oktober 2002 08:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Opmerking waarvan ek 110% gehou het: "Politicians are like a bunch of
bananas: all yellow, soft and not a single straight one amongst them."
Uitstekend!

Wil jy my nou lateraal laat dink?
Ek het mos saamgestem dat dit 'n baie goeie uitdrukking is, net gewonder of
mens dit nie net do goed in Afrikaans kan uitdruk nie.
As ek nou gedwing word om piesangs te gebruik, sal dit wees:
Politici is nes 'n tros piesangs. Hang saam, is onverteerbaar as hulle groen
is, en glibberig as hulle oorryp is.

Wat van: 'n Politikus is soos 'n veselperske. Glibberig, draderig, en die
pit is te groot om ingedagte aan te suig.

Of:
'n Politkus is soos 'n Turksvy. Moeilik om by uit te kom, en glibberig as
mens hul in die hande kry.

Nou oor motorterme moet jy nie met my sukkel nie. Dis nou een lot terme waar
hulle te slim wou wees en nou gebruik niemand dit nie. Wat is is 'n
knormoer? Ek is baie lief vir my motor, en nie een van ons twee knor of is
de moer in as ons bymekaar is nie:))

Annette

-

"Pete" skryf in boodskap news:aov7mh$6pb$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> In Afrikaans kan dit net so goed klink.
>
> Ek stem saam maar in sekere gevalle werk Engels (en ander tale) beter. Soos
> knormoer en "bendix". Wat 'n belaglike woord vir Afrikaans - die Engelse
> tegniese term werk beter in hierdie geval. Gaan dring maar aan op 'n
> Saterdagoggend op 'n nuwe knormoer by die onderdelewinkel en ek wed jou jy
> loop Sondag kerk toe (tensy jy in die Kaap bly, waar jy in elkgeval kerk toe
> moet loop aangesien die betrokke onderdeel eers vanaf Gauteng "ingevoer"
> moet word).
>
> Betreffende die politici en die piesangs: "Try!" soos oorle Tolla reken in
> sy wolf en rooikappietjie-storie. Laat ons sien of jou vertaling nog steeds
> die trefkrag sal behou.
>
> En ek wag.........;-)
>
Re: Knormoer [boodskap #67707 is 'n antwoord op boodskap #67700] Ma, 21 Oktober 2002 09:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter[2]  is tans af-lyn  Pieter[2]
Boodskappe: 95
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Praat julle nou van 'n bendix kompressie of 'n bendix torsie starter ?

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3db331c7.0@news1.mweb.co.za...
> Pete
> .... in sekere gevalle werk Engels (en ander tale) beter. Soos
> knormoer en "bendix". Wat 'n belaglike woord vir Afrikaans
>
> Wouter
> Jy is natuurlik reg dat sommige terme beter in Engels werk, dit
> werk natuurlik alkante toe. Maar knormoer is nie 'n goeie
> voorbeeld nie, so ver ek weet is die woord nooit in formele
> Afrikaans opgeneem nie. Wat 'n bendix (drive?) presies is,
> weet ek nie, maar knormoer is lank terug voorgestel vir
> 'n aansitter, dus die elektriese motor waarmee jy bv. 'n petrolenjin
> aan die gang kry. Maar die term het, om logiese redes soos
> verwarring met jou skoonma, nooit inslag gevind nie en die
> gebruiklike term is 'n aansitter of aanjaer.
>
> Is 'n "bendix" iets anders as 'n (self) starter?
>
Re: Knormoer [boodskap #67709 is 'n antwoord op boodskap #67701] Ma, 21 Oktober 2002 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter : Maar die term het, om logiese redes soos
> verwarring met jou skoonma, nooit inslag gevind nie en die
> gebruiklike term is 'n aansitter of aanjaer.

DD : Nee Wouter, 'n aansitter 's die ignition switch

Wouter
'n Ignition switch is 'n aansitskakelaar. Kom ons noem die
self-starter dan maar die aansitmotor, as daar verwarring kan
wees. Net nie 'n knormoer nie. :-)

DD : Wat die aanjaer aanbetref, dink ek jy jaag nou
aan met die taal;-)))

Wouter
Soos 'n turbo?
Re: Ja-nee stem van RSG [boodskap #67717 is 'n antwoord op boodskap #67704] Ma, 21 Oktober 2002 23:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pete  is tans af-lyn  Pete
Boodskappe: 61
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
Annette,

100% vir oorspronklikheid, dankie.
Re: Knormoer [boodskap #67728 is 'n antwoord op boodskap #67709] Di, 22 Oktober 2002 19:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
>
> DD : Wat die aanjaer aanbetref, dink ek jy jaag nou
> aan met die taal;-)))
>
> Wouter
> Soos 'n turbo?
>

of soos die spuitaangedrewe vliegtuie in die vergasser.
Re: Knormoer [boodskap #67734 is 'n antwoord op boodskap #67728] Di, 22 Oktober 2002 21:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ado Krige  is tans af-lyn  Ado Krige
Boodskappe: 6
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
Exhaust manifold - uitlaatspruitstuk ???!!!

Tubeless tyre - binnebandlose buiteband ???!!!

Waar kom ons aan daai snaakse name - kon net Edwil van Aarde of Riaan
Cruywagen gewees het!

Knormoer

"Dave" skryf in boodskap news:vrj8ruc5ks5tc1c7ijnel3puknslbsld6f@4ax.com...
>
>>
>> DD : Wat die aanjaer aanbetref, dink ek jy jaag nou
>> aan met die taal;-)))
>>
>> Wouter
>> Soos 'n turbo?
>>
>
> of soos die spuitaangedrewe vliegtuie in die vergasser.
>
Re: Knormoer [boodskap #67756 is 'n antwoord op boodskap #67734] Wo, 23 Oktober 2002 17:58 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 22 Oct 2002 23:08:17 +0200, "knormoer" wrote:

>
> Waar kom ons aan daai snaakse name - kon net Edwil van Aarde of Riaan
> Cruywagen gewees het!
>
> Knormoer

Eendag (dit was nog in die vorige millenïum) het ek op 'n
juweeljie afgekom. Slegs een maal erens gelees, en dit kon
twee dekades gelede gewees het, maar ek het dit so mooi
gevind dat ek dit steeds onthou, en ook selfs al gebruik het.
Dit was 'n Afrikaanse weergawe vir 'petshop' wat hierdie kreatiewe
skrywer 'n 'arkmark' gemaak het.

DD
Vorige onderwerp: Virrie Holanders
Volgende onderwerp: Pedofiel: Doodstraf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 19:18:48 MGT 2024