Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek soek na die Donkie
Ek soek na die Donkie [boodskap #67547] |
Di., 15 Oktober 2002 20:00  |
Kinky[1]
Boodskappe: 193 Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek lees van Vroetelvrien wat saam met haar kêrel ver weg kuier en
skelm sms'e aan Piet Pompdonkie stuur. Toe wonder ek sommer wat van
die donkie op hierdie groep geword het? Het julle hom hier verjaag?
Nie dat ek na hom verlang nie. Nee, nimmer! Hy het my mos so sleg
behandel toe ek laas hier gekuier het. Maar nou kuier hy op n ander
groep en daar het hy die tjeek gehad om na my te verneem! Verbeel
jou! Hy soek mý!! Maar ek gaan nie só dom wees om vir hom te vertel
dat ek daar deelneem nie. Nie, ek giggel lekker in my mou. Want daar
skryf ek onder n skuilnaam. Hy sal my tog nooit daar kan uitken nie.
Ek is baie soet en voorbeeldig daar. Daai groep het dan sulke
vreeslike oulike mense. Hulle vloek en skel mekaar nooit nie. Soos
een groot familie is die mense van daai ordentlike groep.
Nou wonder ek net, hoe die donkie daar beland het?
|
|
|
|
|
|
Re: Vaarwel donkie! Hallo Ampie! [boodskap #67638 is 'n antwoord op boodskap #67622] |
Do., 17 Oktober 2002 21:36  |
Piet J Pompdonkie
Boodskappe: 5 Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
> Ampie
> Maar ekke is nou hier
> Ek skryf vir my plesier
> Ek skryf in Piet se plek
> Ek kan my bek goed rek
> So Kinky, nooi van my
> As jy bietjie hier wil bly
> Dan gesels ek graag met jou
> Ek is eintlik 'n heel nice ou.
KinkY:
Ampie, jy laat my nou lekker kry
Miskien sal ek tog bietjie hier kan bly
Dan help jy my vergeet van Piet
En ek oorkom al my verdriet!
Ampie
Oor Piet is daar niks te huil nie
Niemand weet waar hy skuil nie
Hy is losbandig, glo vir my
Al wat hy goed doen is glo vry
> Ampie
> Ek sal hom sê as ek hom sien
> Hy is maar 'n ou blikkantien
> 'n Regte swerwer is hy
> Op snaakse plekke sal jy hom kry
KinkY:
Die donkie wil ek nou begrawe
Sy beeld doen net té veel skade
Maar Ampie Afferkaner klink na pret
Hoop net nie jy is alte vet!
Ampie, ou maat kan jy dan soen?
En ook ander lekker dinge doen?
Dan speel ons vrolik hier te saam
Want Kinky is mos my naam! ;-)
Ampie
Kinky, haai hoe bloos ek nou
Jy sal dit dalk nog erg berou
Hoe kan jy nou 'n afferkanerseun
Met kienkie stories kom opdreun?
As ek jou eenmaal dalk ontmoet
Vergeet ek dalk ek is eintlik soet
Dan sal ek my glad nie kan keer
Ek doen daai ding dan weer en weer
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Vr. Apr. 18 21:32:56 UTC 2025
|