| De Klerk familiewapen [boodskap #67508] |
Di., 15 Oktober 2002 09:12  |
daniel[2]
Boodskappe: 31 Geregistreer: Mei 1998
|
Volle Lid |
|
|
Is daar enige gevaar dat iemand die de Klerk familiewapen ("coat of arms")
in 'n .jpg or .gif of enige ander vorm hier het?
Dankie solank
Daniel
kap...@hotmail.com
|
|
|
|
| Re: De Klerk familiewapen [boodskap #67510 is 'n antwoord op boodskap #67508] |
Di., 15 Oktober 2002 09:26   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek glo nie, maar hoekom soek jy nie 'n heraldiek-websaait op nie?
Ek wonder of daar 'n veerpen iewers in die wapen is?
Annette
"Daniel" skryf in boodskap news:fZQq9.7395$Os6.1011549@news.xtra.co.nz...
> Is daar enige gevaar dat iemand die de Klerk familiewapen ("coat of arms")
> in 'n .jpg or .gif of enige ander vorm hier het?
>
> Dankie solank
>
> Daniel
> kap...@hotmail.com
>
|
|
|
|
|
|
| Re: De Klerk familiewapen [boodskap #67512 is 'n antwoord op boodskap #67511] |
Di., 15 Oktober 2002 09:47   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Probeer die staatsbiblioteek of -argief- miskien kan hulle jou in die regte
rigting lei.
Annette
"Daniel" skryf in boodskap news:%pRq9.7407$Os6.1012423@news.xtra.co.nz...
> Ek sit al die hele aand en soek - maar tevergeefs. Skaars sook
> hoendertande. Ek glo daar is swane op die skild - miskien swaantanne...
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:aogn1o$lph2i$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek glo nie, maar hoekom soek jy nie 'n heraldiek-websaait op nie?
>> Ek wonder of daar 'n veerpen iewers in die wapen is?
>> Annette
>>
>>
>> "Daniel" wrote in message
>> news:fZQq9.7395$Os6.1011549@news.xtra.co.nz...
>>> Is daar enige gevaar dat iemand die de Klerk familiewapen ("coat of arms")
>>> in 'n .jpg or .gif of enige ander vorm hier het?
>>>
>>> Dankie solank
>>>
>>> Daniel
>>> kap...@hotmail.com
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: De Klerk familiewapen [boodskap #67530 is 'n antwoord op boodskap #67511] |
Di., 15 Oktober 2002 15:08   |
TJ
Boodskappe: 723 Geregistreer: Januarie 2004
|
Senior Lid |
|
|
WAPEN:..Gedeel van silwer en blou, oor alles heen 'n ankerkruis tussen vier
fleurs-de-lis skuinskruisgewys met punte na buite, in die skildvoet 'n
neerdalende duif, alles van die een in die ander; die kruis belaai met 'n
helmkroon van goud.
HELMTEKEN:..Twee afgewende swane, tussen die halse 'n oop Bybel, alles van
natuurlike kleur, die Bybel gedek deur 'n helmkroon van goud.
WRONG EN DEKKLEDE:..Silwer en blou.
WAPENSPREUK:..SOLI DEO.
ARMS:..Per pale Argent and Azure, on a cross moline between four
fleurs-de-lis in saltire, points outwards, counterchanged, a crest coronet
Or, in base a descending dove displayed, also counterchanged.
CREST:..Two swans addorsed, between the necks an open
Bible proper ensigned with a crest coronet Or.
WREATH & MANTLING:..Argent and Azure.
MOTTO:..SOLI DEO...(To God alone).
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|