Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oorlopery
Oorlopery [boodskap #67215] |
Tue, 08 October 2002 09:36  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Kaapse Metropool gaan nou 'n ANC burgemeester kry, omdat daar genoeg DA
lede laasnag na die NNP/ANC oorgeloop het.
Wat vir my bietjie dronkslaan is dat die name van die oorlopers glo nie
bekend gemaak sal word voordat die 10 dae periode verstreke is nie, om die
oorlopers glo te beskerm.
Beskerm van wat? Daar is tog duidelik gestel dat hulle nie weer kan
terugloop nie.
Dus is Onse Charles Bronson sy ketting kwyt.
Sjym
Annette
|
|
|
|
|
|
Re: Oorlopery [boodskap #67226 is 'n antwoord op boodskap #67222] |
Tue, 08 October 2002 13:41  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Ding is die regte woord. Mens kry nie eers diere wat so optree nie.
Annette
"Koot" skryf in boodskap news:anulth$8mi$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek voel saam met jou, Sakkie. 'n Politikus is 'n aardige ding - dis die mees
> taktvolle manier om dit te sê.
>
> Koot
>
> "Sakkie" wrote in message
> news:3da2c946$0$18842@hades.is.co.za...
>> Dit is vir my net eenvoudig ongelooflik dat iemand wat deur lede van 'n
>> spesifieke politieke groep verkies is, skielik nie meer hulle wil
>> verteenwoordig nie, en toegelaat word om sy setel te behou. Miskien
sien
> ek
>> dit simplisties, maar as ek vir Thabo stem en hy loop oor na ET toe,
>> verteenwoordig hy tog nie meer my standpunte nie. Nou praat ek alweer
>> politiek! Die presiese rede hoekom ek nie meer gereeld hier kuier nie.
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:anu94n$hbgad$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Die Kaapse Metropool gaan nou 'n ANC burgemeester kry, omdat daar
genoeg
>> DA
>>> lede laasnag na die NNP/ANC oorgeloop het.
>>> Wat vir my bietjie dronkslaan is dat die name van die oorlopers glo nie
>>> bekend gemaak sal word voordat die 10 dae periode verstreke is nie, om
> die
>>> oorlopers glo te beskerm.
>>> Beskerm van wat? Daar is tog duidelik gestel dat hulle nie weer kan
>>> terugloop nie.
>>>
>>> Dus is Onse Charles Bronson sy ketting kwyt.
>>> Sjym
>>>
>>> Annette
>>>
>>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 12:59:37 UTC 2025
|