Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Droë Waterval " deur FERDI GREYLING
" Droë Waterval " deur FERDI GREYLING [boodskap #66949] Di, 01 Oktober 2002 23:29 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

DROË WATERVAL
Ferdi Greyling

In die Klein Karoo vertel ek my kinders
van die werklikheid wat Oudtshoorn was.
Hier waar die tyd stadig uit die skerp lug
'n lewe om my gedrup het.
Hier was nagte soos koue yster
met die veraf klank van aankomende treine
spierwit velde ryp vroegoggend
om die huis
en my ma
wat soos 'n vreugdevolle wetenskaplike
uitvind
in die nag
het die water 'n gletsertjie van ys
by die tuinslang uitgedrup
mense wat veraf in koerante sterf
die geweerskote plat letters op papier
name wat sag weerklink
tussen die beiering van die vier heilige seisoene deur
.... Poqo.... Mandela...
en aande in die agterkop gaan lê
op die beeld van bruin Hermaans die verwer
'n goeie man
wat bakhand voor die agterdeur
die seëning van werk by ander met wit velle moes vra
skoonheid wat onverskillig in 'n meisie brand
terwyl die rook van houtvure
vroegaand oor die blou dorp neersak
en net oor die berge die see
'n reuse blou woud vol gevare en geheime
waatlemoene wat rooi in die somer oopbreek
soos soet halfedelgesteentes
klonte bougainvilleas wat in die warmte
teen die dorp se bome gloei.

Ons ry oor die Swartberge
na waar die Groot Karoo wyd en oop lê.
Ek en my kinders.
Hulle luister verveeld uit hulle helder lewens
na die eggo's
van my verlede.

Op die berg - uitgeplof deur vulkane
en geplooi deur gletsers -
staan ons soos ander toeriste
en kyk na:

Droëwaterval.

'n Mindere geologiese gebeurtenis;
swart oervlekke in strepe teen die rots.
Soos die skaduwee van water.
As jy lank genoeg na die klip staar,
kan jy jou verbeel
jy hoor water,
'n dun verbrokkelde stroom
wat soos vloeibare koelte
in spattende eggo's val.

My kinders dink die naam Droëwaterval is snaaks.
Ek weet dis laf.
Donker vlekke op rots is nie water nie.

Ons klim in die kar en ry.
My kinders giggel om verveling te besweer.
Agter hulle oë, diep in die toekoms,
bruis hulle dade reeds onkeerbaar oor dae.

(Kyk!
Hulle ry alleen oor die oop Karoo
en los my by die gevlekte rotse
van my berg!

Op die dun pad
na Beaufort-Wes
en verder noord,
verby Zimbabwe
tot oorkant Olduvai
waar die horing van Afrika
afsplit in 'n nuwe land
ry hulle steeds!

Dit pla hulle nie
dat vroeë mens en dier
uit die tye van die groen Karoo
vergete in die gestolde klippe lê
waarmee die dun pad gepak is!)

Hulle ry voort.
Hulle ry steeds voort.
Re: " Droë Waterval " deur FERDI GREYLING [boodskap #66980 is 'n antwoord op boodskap #66949] Do, 03 Oktober 2002 04:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie is 'n herhaling Antie - verkalking is 'n lelike ding, hoor! 'n
Eetlepel appelasyn op 'n glas lou water elke oggend kan help - dit verwyder
die kalk op die valsgebit ...
skryf in boodskap news:3D9A30A4.5070409@rogers.com...
>
> DROë WATERVAL
> Ferdi Greyling
>
>
> In die Klein Karoo vertel ek my kinders
> van die werklikheid wat Oudtshoorn was.
> Hier waar die tyd stadig uit die skerp lug
> 'n lewe om my gedrup het.
> Hier was nagte soos koue yster
> met die veraf klank van aankomende treine
> spierwit velde ryp vroegoggend
> om die huis
> en my ma
> wat soos 'n vreugdevolle wetenskaplike
> uitvind
> in die nag
> het die water 'n gletsertjie van ys
> by die tuinslang uitgedrup
> mense wat veraf in koerante sterf
> die geweerskote plat letters op papier
> name wat sag weerklink
> tussen die beiering van die vier heilige seisoene deur
> .... Poqo.... Mandela...
> en aande in die agterkop gaan lê
> op die beeld van bruin Hermaans die verwer
> 'n goeie man
> wat bakhand voor die agterdeur
> die seëning van werk by ander met wit velle moes vra
> skoonheid wat onverskillig in 'n meisie brand
> terwyl die rook van houtvure
> vroegaand oor die blou dorp neersak
> en net oor die berge die see
> 'n reuse blou woud vol gevare en geheime
> waatlemoene wat rooi in die somer oopbreek
> soos soet halfedelgesteentes
> klonte bougainvilleas wat in die warmte
> teen die dorp se bome gloei.
>
> Ons ry oor die Swartberge
> na waar die Groot Karoo wyd en oop lê.
> Ek en my kinders.
> Hulle luister verveeld uit hulle helder lewens
> na die eggo's
> van my verlede.
>
> Op die berg - uitgeplof deur vulkane
> en geplooi deur gletsers -
> staan ons soos ander toeriste
> en kyk na:
>
> Droëwaterval.
>
> 'n Mindere geologiese gebeurtenis;
> swart oervlekke in strepe teen die rots.
> Soos die skaduwee van water.
> As jy lank genoeg na die klip staar,
> kan jy jou verbeel
> jy hoor water,
> 'n dun verbrokkelde stroom
> wat soos vloeibare koelte
> in spattende eggo's val.
>
> My kinders dink die naam Droëwaterval is snaaks.
> Ek weet dis laf.
> Donker vlekke op rots is nie water nie.
>
> Ons klim in die kar en ry.
> My kinders giggel om verveling te besweer.
> Agter hulle oë, diep in die toekoms,
> bruis hulle dade reeds onkeerbaar oor dae.
>
> (Kyk!
> Hulle ry alleen oor die oop Karoo
> en los my by die gevlekte rotse
> van my berg!
>
> Op die dun pad
> na Beaufort-Wes
> en verder noord,
> verby Zimbabwe
> tot oorkant Olduvai
> waar die horing van Afrika
> afsplit in 'n nuwe land
> ry hulle steeds!
>
> Dit pla hulle nie
> dat vroeë mens en dier
> uit die tye van die groen Karoo
> vergete in die gestolde klippe lê
> waarmee die dun pad gepak is!)
>
> Hulle ry voort.
> Hulle ry steeds voort.
>
Re: " Droë Waterval " deur FERDI GREYLING [boodskap #67032 is 'n antwoord op boodskap #66980] Do, 03 Oktober 2002 17:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Hierdie is 'n herhaling Antie - verkalking is 'n lelike ding, hoor! 'n
> Eetlepel appelasyn op 'n glas lou water elke oggend kan help

Bedoel jy hierdie raad vir die kurators van die
Kango-grotte wat na die stalagmiete en stalagtiete
moet omsien?
As jy dit miskien nog nie opgemerk het nie, ek
herhaal baie gedigte van baie digters oor die jare.
Ek herhaal veral gedigte wat ek dink uitmuntend is.
En "Droë Waterval" is so 'n gedig. Nie alleen beskryf
dit 'n werklike natuurverskynsel in die Klein-Karoo
nie, maar dit som 'n stuk geskiedenis op (beide 'n
persoonlike geskiedenis en 'n land se geskiedenis en
'n vasteland se geskiedenis) en het 'n optimistiese
kyk op die toekoms, selfs wanneer dit 'n elegie word
vir die verlede.

Gloudina

>> DROË WATERVAL
>> Ferdi Greyling


>> In die Klein Karoo vertel ek my kinders
>> van die werklikheid wat Oudtshoorn was.
>> Hier waar die tyd stadig uit die skerp lug
>> 'n lewe om my gedrup het.
>> Hier was nagte soos koue yster
>> met die veraf klank van aankomende treine
>> spierwit velde ryp vroegoggend
>> om die huis
>> en my ma
>> wat soos 'n vreugdevolle wetenskaplike
>> uitvind
>> in die nag
>> het die water 'n gletsertjie van ys
>> by die tuinslang uitgedrup
>> mense wat veraf in koerante sterf
>> die geweerskote plat letters op papier
>> name wat sag weerklink
>> tussen die beiering van die vier heilige seisoene deur
>> .... Poqo.... Mandela...
>> en aande in die agterkop gaan lê
>> op die beeld van bruin Hermaans die verwer
>> 'n goeie man
>> wat bakhand voor die agterdeur
>> die seëning van werk by ander met wit velle moes vra
>> skoonheid wat onverskillig in 'n meisie brand
>> terwyl die rook van houtvure
>> vroegaand oor die blou dorp neersak
>> en net oor die berge die see
>> 'n reuse blou woud vol gevare en geheime
>> waatlemoene wat rooi in die somer oopbreek
>> soos soet halfedelgesteentes
>> klonte bougainvilleas wat in die warmte
>> teen die dorp se bome gloei.

>> Ons ry oor die Swartberge
>> na waar die Groot Karoo wyd en oop lê.
>> Ek en my kinders.
>> Hulle luister verveeld uit hulle helder lewens
>> na die eggo's
>> van my verlede.

>> Op die berg - uitgeplof deur vulkane
>> en geplooi deur gletsers -
>> staan ons soos ander toeriste
>> en kyk na:

>> Droëwaterval.

>> 'n Mindere geologiese gebeurtenis;
>> swart oervlekke in strepe teen die rots.
>> Soos die skaduwee van water.
>> As jy lank genoeg na die klip staar,
>> kan jy jou verbeel
>> jy hoor water,
>> 'n dun verbrokkelde stroom
>> wat soos vloeibare koelte
>> in spattende eggo's val.

>> My kinders dink die naam Droëwaterval is snaaks.
>> Ek weet dis laf.
>> Donker vlekke op rots is nie water nie.

>> Ons klim in die kar en ry.
>> My kinders giggel om verveling te besweer.
>> Agter hulle oë, diep in die toekoms,
>> bruis hulle dade reeds onkeerbaar oor dae.

>> (Kyk!
>> Hulle ry alleen oor die oop Karoo
>> en los my by die gevlekte rotse
>> van my berg!

>> Op die dun pad
>> na Beaufort-Wes
>> en verder noord,
>> verby Zimbabwe
>> tot oorkant Olduvai
>> waar die horing van Afrika
>> afsplit in 'n nuwe land
>> ry hulle steeds!

>> Dit pla hulle nie
>> dat vroeë mens en dier
>> uit die tye van die groen Karoo
>> vergete in die gestolde klippe lê
>> waarmee die dun pad gepak is!)

>> Hulle ry voort.
>> Hulle ry steeds voort.


>
Re: " Droë Waterval " deur FERDI GREYLING [boodskap #67078 is 'n antwoord op boodskap #67032] Vr, 04 Oktober 2002 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie - ek sal self besluit oor wat ek as uitmuntend beskou - en is.
Jou digter is substandaard - en jy weet dit.
Wat is jou verhouding met Ferdi (behalwe dat hy jou agter(uit)ryer is) -
skuld jy hom iets?

skryf in boodskap news:3D9C7901.7000606@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Hierdie is 'n herhaling Antie - verkalking is 'n lelike ding, hoor! 'n
>> Eetlepel appelasyn op 'n glas lou water elke oggend kan help
>
>
>
>
> Bedoel jy hierdie raad vir die kurators van die
> Kango-grotte wat na die stalagmiete en stalagtiete
> moet omsien?
> As jy dit miskien nog nie opgemerk het nie, ek
> herhaal baie gedigte van baie digters oor die jare.
> Ek herhaal veral gedigte wat ek dink uitmuntend is.
> En "Droë Waterval" is so 'n gedig. Nie alleen beskryf
> dit 'n werklike natuurverskynsel in die Klein-Karoo
> nie, maar dit som 'n stuk geskiedenis op (beide 'n
> persoonlike geskiedenis en 'n land se geskiedenis en
> 'n vasteland se geskiedenis) en het 'n optimistiese
> kyk op die toekoms, selfs wanneer dit 'n elegie word
> vir die verlede.
>
> Gloudina
>
>
>
>>> DROë WATERVAL
>>> Ferdi Greyling
>
>
>>> In die Klein Karoo vertel ek my kinders
>>> van die werklikheid wat Oudtshoorn was.
>>> Hier waar die tyd stadig uit die skerp lug
>>> 'n lewe om my gedrup het.
>>> Hier was nagte soos koue yster
>>> met die veraf klank van aankomende treine
>>> spierwit velde ryp vroegoggend
>>> om die huis
>>> en my ma
>>> wat soos 'n vreugdevolle wetenskaplike
>>> uitvind
>>> in die nag
>>> het die water 'n gletsertjie van ys
>>> by die tuinslang uitgedrup
>>> mense wat veraf in koerante sterf
>>> die geweerskote plat letters op papier
>>> name wat sag weerklink
>>> tussen die beiering van die vier heilige seisoene deur
>>> .... Poqo.... Mandela...
>>> en aande in die agterkop gaan lê
>>> op die beeld van bruin Hermaans die verwer
>>> 'n goeie man
>>> wat bakhand voor die agterdeur
>>> die seëning van werk by ander met wit velle moes vra
>>> skoonheid wat onverskillig in 'n meisie brand
>>> terwyl die rook van houtvure
>>> vroegaand oor die blou dorp neersak
>>> en net oor die berge die see
>>> 'n reuse blou woud vol gevare en geheime
>>> waatlemoene wat rooi in die somer oopbreek
>>> soos soet halfedelgesteentes
>>> klonte bougainvilleas wat in die warmte
>>> teen die dorp se bome gloei.
>
>>> Ons ry oor die Swartberge
>>> na waar die Groot Karoo wyd en oop lê.
>>> Ek en my kinders.
>>> Hulle luister verveeld uit hulle helder lewens
>>> na die eggo's
>>> van my verlede.
>
>>> Op die berg - uitgeplof deur vulkane
>>> en geplooi deur gletsers -
>>> staan ons soos ander toeriste
>>> en kyk na:
>
>>> Droëwaterval.
>
>>> 'n Mindere geologiese gebeurtenis;
>>> swart oervlekke in strepe teen die rots.
>>> Soos die skaduwee van water.
>>> As jy lank genoeg na die klip staar,
>>> kan jy jou verbeel
>>> jy hoor water,
>>> 'n dun verbrokkelde stroom
>>> wat soos vloeibare koelte
>>> in spattende eggo's val.
>
>>> My kinders dink die naam Droëwaterval is snaaks.
>>> Ek weet dis laf.
>>> Donker vlekke op rots is nie water nie.
>
>>> Ons klim in die kar en ry.
>>> My kinders giggel om verveling te besweer.
>>> Agter hulle oë, diep in die toekoms,
>>> bruis hulle dade reeds onkeerbaar oor dae.
>
>>> (Kyk!
>>> Hulle ry alleen oor die oop Karoo
>>> en los my by die gevlekte rotse
>>> van my berg!
>
>>> Op die dun pad
>>> na Beaufort-Wes
>>> en verder noord,
>>> verby Zimbabwe
>>> tot oorkant Olduvai
>>> waar die horing van Afrika
>>> afsplit in 'n nuwe land
>>> ry hulle steeds!
>
>>> Dit pla hulle nie
>>> dat vroeë mens en dier
>>> uit die tye van die groen Karoo
>>> vergete in die gestolde klippe lê
>>> waarmee die dun pad gepak is!)
>
>>> Hulle ry voort.
>>> Hulle ry steeds voort.
>
>
>>
>
Re: " Droë Waterval " deur FERDI GREYLING [boodskap #67081 is 'n antwoord op boodskap #67078] Vr, 04 Oktober 2002 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Antie - ek sal self besluit oor wat ek as uitmuntend beskou - en is.
> Jou digter is substandaard - en jy weet dit.

En ek stel voor dat jy 'n substandaard-
oordeelsvermoë het. En meer nog, dat jy
jou "opinies" oor alles en nog wat manipuleer
vir jou eie intellektueel-reaksionêre
gewin. Byvoorbeeld, jy het probeer koning
op die mishoop kraai oor UNISA en die
"Xhose-nostra," totdat iemand in UNISA vir
jou oor die feite vasgevat het. Dit gebeur
keer op keer.
Ferdi Greyling mag nie 'n Opperman of
'n I.D. du Plessis wees nie, maar hy skryf
gedigte wat gunstig vergelyk met wat vandag
as die nuwe jong digwerk in SA beskou word.
Hy is myns insiens myle beter as Joan
Hambidge of Toast Coetzer en dié snare.

Gloudina
Re: " Droë Waterval " deur FERDI GREYLING [boodskap #67087 is 'n antwoord op boodskap #67081] Sa, 05 Oktober 2002 03:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie - jy kan die inligting dirtek aan Joan Hambidge en Toast Coetzer
oordra.
Ek sal jou laat weet dat die uitdrukking "Xhosa Nostra" nou reeds self deur
jou party (ANC/SAKP/Cosatu) gebruik - en gevrees word...
Niks maak so seer soos die waarheid nie, nê? Vandaar jou gedetailleerde
reaksie op Ferdi se snert.
skryf in boodskap news:3D9DD7C4.9080002@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Antie - ek sal self besluit oor wat ek as uitmuntend beskou - en is.
>> Jou digter is substandaard - en jy weet dit.
>
>
> En ek stel voor dat jy 'n substandaard-
> oordeelsvermoë het. En meer nog, dat jy
> jou "opinies" oor alles en nog wat manipuleer
> vir jou eie intellektueel-reaksionêre
> gewin. Byvoorbeeld, jy het probeer koning
> op die mishoop kraai oor UNISA en die
> "Xhose-nostra," totdat iemand in UNISA vir
> jou oor die feite vasgevat het. Dit gebeur
> keer op keer.
> Ferdi Greyling mag nie 'n Opperman of
> 'n I.D. du Plessis wees nie, maar hy skryf
> gedigte wat gunstig vergelyk met wat vandag
> as die nuwe jong digwerk in SA beskou word.
> Hy is myns insiens myle beter as Joan
> Hambidge of Toast Coetzer en dié snare.
>
> Gloudina
>
Re: " Droë Waterval " deur FERDI GREYLING [boodskap #67098 is 'n antwoord op boodskap #67087] Sa, 05 Oktober 2002 16:47 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Niks maak so seer soos die waarheid nie, nê? Vandaar jou gedetailleerde
> reaksie op Ferdi se snert.

Jonas, ek wonder soms of jy weet wat jy openbaar
wanneer jy hierdie "aanvalle" maak? Veral deur
iemand wat nie eens "nè" kan spel nie.

Tante Koba se koffie se moer.
Vorige onderwerp: " Verknoeide Mirakel " deur HENNIE AUCAMP
Volgende onderwerp: " Weer in die Ark " deur TOTIUS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 04:17:32 MGT 2024