Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Verknoeide Mirakel " deur HENNIE AUCAMP
" Verknoeide Mirakel " deur HENNIE AUCAMP [boodskap #66915] Di, 01 Oktober 2002 00:28
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

VERKNOEIDE MIRAKEL
Vir Nataniël le Roux
Hennie Aucamp (Teen latenstyd, 1987)

Die son wat jy beloof het,
het nooit die dag geskyn nie;
die drank wat jy geskink het,
was water en geen wyn nie.

Jou haardos wat geblink het,
het hennarooi besiel,
maar toe ek dit vertroetel,
was jou lokke van akriel.

Jou borste wat beloof het
'n koninklike buit,
was onbestand teen passie:
sinteties ingespuit.

Jou rokke wat geval het
soos water van 'n krans,
het om jou spits bly karring:
en kyk, ons was twee mans.

Die son wat jy beloof het,
is uitgedoof tot nag;
en na ek jou vermoor het,
het ek jou weer verkrag.
Vorige onderwerp: " Om te lewe is onnatuurlik " deur GERT VLOK NEL
Volgende onderwerp: " Droë Waterval " deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 13:00:15 MGT 2024