Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Name vir die Oos-Kaap
Name vir die Oos-Kaap [boodskap #66783] |
Fri, 27 September 2002 19:09 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Net vir diegene wat nog nie weet nie, die Oos-Kaapse Premier,
Eerwaarde Arnold Stofile, het die volgende kortlys van nuwe name vir
die provinsie uit die voorgestelde name gekies:
KwaXhosa (plek van die amaXhosa)
KwaNtu (min of meer die plek van mense)
Eastern Cape
Ekhaleni (plek waar aalwyne is), en
eNciba (die Xhosa naam vir die Keirivier)
Nou is daar skynbaar 'n woeste gestryery tussen groepe en faksies oor
watter naam die mees-gepaste sal wees. Wat myself betref sal dit maar
altyd in my agterkop die Oos-Kaap bly. Ek dink ook net dat besoekers
dalk probleme kan hê met die uitspraak van die "Xh" van KwaXhosa en
die "Nc" van eNciba. Sal maar sien wat word. Die finale keuse sal glo
so teen Februarie bekend gemaak word.
Drom
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Name vir die Oos-Kaap [boodskap #66906 is 'n antwoord op boodskap #66902] |
Mon, 30 September 2002 13:29 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
> "Jonas" wrote
>> Wat van Moertoe?
>> Die vrugbaarste landbougrond in Suid-Afrika - met die hoogste erosie - onder
>> andere.
Hierdie storie dat die Transkei die
"vrugbaarste landbougrond" in SA het,
is heelwaarskynlik ook maar een van
die stokke waarmee wit nerwe die swart
man wil slaan. Ek twyfel of dit die
vrugbaarste landbougrond in SA is. Die
Boland kry tog seker dié eer.
Dit is wel waar dat daar baie erosie
in die Transkei is, maar dit is meer
as gevolg van die feit dat daar vir eeue
'n groter as normale bevolking ingedruk
is in 'n afgesonderde gebied, waar hulle
die bome afgekap het vir vuurmaak, en
waar hulle meer beeste as wat die grond kon
dra, laat wei het. En, as ek dit nie mis het
nie, het die feit, dat hulle naby die water-
skeiding wat die Drakensberge veroorsaak, nie
ook iets met die saak te maak nie?
Gloudina
|
|
|
Re: Name vir die Oos-Kaap [boodskap #66929 is 'n antwoord op boodskap #66906] |
Tue, 01 October 2002 12:10 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Antie - ek weet nie waarom ek jou nog antwoord nie. Jou reaksies is so
voorspelbaar en vervelig dis net nie waar nie. Maar siende dat jou
opmerkings nie op feite gegrond is nie sal ek jou in jou onkunde laat
voortploeter.
Ek is in elk geval besig met 'n ander ene... Ek kyk nou die aand na Breyten
waar hy met ene Eerwaarde Boesak 'n onderhoud op KYKNET voer. Dat iemand so
gatkruiperignederig kan wees oor die "sondes" van die verlede is my gat se
deksel. Maar tipies van die soort wat hulle merk in daardie daie "gemaak"
het.
Toe wonder ek, wat het van al die apartheidshelde geword - met die ondergang
van "apartheid" het hulle ook van die toneel af verdwyn. Snaaks, ek het
altyd geglo hulle is deur "apartheid" "gemaak". Lyk my daai apartheidshelde
is eintlik die apartheidsvarke - en moontlik die rede waarom jy hulle so met
gemak kan herken...
skryf in boodskap news:3D985299.9080302@rogers.com...
>
>> "Jonas" wrote
>
>
>>> Wat van Moertoe?
>>> Die vrugbaarste landbougrond in Suid-Afrika - met die hoogste erosie - onder
>>> andere.
>
>
> Hierdie storie dat die Transkei die
> "vrugbaarste landbougrond" in SA het,
> is heelwaarskynlik ook maar een van
> die stokke waarmee wit nerwe die swart
> man wil slaan. Ek twyfel of dit die
> vrugbaarste landbougrond in SA is. Die
> Boland kry tog seker dié eer.
> Dit is wel waar dat daar baie erosie
> in die Transkei is, maar dit is meer
> as gevolg van die feit dat daar vir eeue
> 'n groter as normale bevolking ingedruk
> is in 'n afgesonderde gebied, waar hulle
> die bome afgekap het vir vuurmaak, en
> waar hulle meer beeste as wat die grond kon
> dra, laat wei het. En, as ek dit nie mis het
> nie, het die feit, dat hulle naby die water-
> skeiding wat die Drakensberge veroorsaak, nie
> ook iets met die saak te maak nie?
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Name vir die Oos-Kaap [boodskap #66935 is 'n antwoord op boodskap #66929] |
Tue, 01 October 2002 16:52 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
Ek kyk nou die aand na Breyten
> waar hy met ene Eerwaarde Boesak 'n onderhoud op KYKNET voer. Dat iemand so
> gatkruiperignederig kan wees oor die "sondes" van die verlede is my gat se
> deksel.
Kom ons los nou maar vir Breyten en Boesak uit,
en bekyk net jou taal hierbo. Jy is tipies van
'n sekere soort, wat gewoonlik smalend praat
oor die "Nuwe SA", die meerderheid van jou
landsgenote minag, eintlik nie kan sien dat
die apartheidsdade groteske skending van mense-
regte was nie. En tipies, jou taal is ook nie
alte welriekend nie. Miskien merk jy dit nie
op nie, maar meeste mense gee nie teveel aandag
aan wat jy sê nie, want jy is so voorspelbaar.
Wat ek ookal van Breyten dink, hy het tenminste
die krag van sy oortuiging gehad en besluit om iets
kragdadigs teen die apartheidsvarke te doen. So het
die Afrikaner ten minste 'n held, wat in murg en
bloed 'n Afrikaner is, en wat sewe jaar in die tronk
gesit het omdat hy teen apartheid opgetrek het. Ek
is dit hom dankbaar. Hy het iets gedoen wat ek ook
moes gedoen het.
Gloudina
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Wed Feb 19 03:52:27 UTC 2025
|