Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Boggom en Voertsek " deur C. LOUIS LEIPOLDT
" Boggom en Voertsek " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #66779] Vr, 27 September 2002 15:11
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

C. Louis Leipoldt
Boggom en Voertsek

Boggom en Voertsek het saam gelewe
Waar die Hantam-berge pryk
En die dun kapok in die naglug swewe
As die wind die biesies stryk.

Boggom en Voertsek het saam geswerwe
Waar die boegoe-bossies bloei
En die harde klip, deur die ys gekerwe
In die oerou tyd, nog groei.

Boggom en Voertsek het saam gesanik
In die aand teen die vollemaan:
Sluit ek my oë vandag, dan waan ek
Ek kan hulle taal verstaan.

Boggom en Voertsek het saam gesterwe,
Waar die Hantam-wêreld hom strek.
Daar's niks as die storie om oor te erwe,
En niks om daaruit te trek.
Vorige onderwerp: " 'n Handvol gruis uit die Hantam " deur C. LOUIS LEIPOLDT
Volgende onderwerp: " Lied van die lemoen " deur UYS KRIGE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 19:04:15 MGT 2024