Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " 'n Handvol gruis uit die Hantam " deur C. LOUIS LEIPOLDT
" 'n Handvol gruis uit die Hantam " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #66532] Vr, 20 September 2002 13:04
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

C. Louis Leipoldt
'n Handvol gruis uit die Hantam

'n Handvol gruis uit die Hantam -
My liewe, lekker Hantam-wyk!
'n Handvol gruis en gedroogde blare,
Waboom-blare, ghnarrabos-blare!
Arm was ek gister, en nou is ek ryk.

Arm in herinnering, arm in verbeelding,
Arm in onthou van die vroeër jare
Deurgebring in die Hantam-wyk.
'n Handvol gras en gedroogde blare
Maak my, wat arm was, koning-ryk -

Ryk in herinnering, ryk in verbeelding,
Ryk in onthou van die vroeër tyd
Toe die Hantam-wêreld al die wêreld
Vir my was in die vroeër tyd.
'n Handvol gruis en gedroogde blare
Vertel so veel van die wonderjare
In my liewe lekker Hantam-wyk -
Waboom-blare, ghnarrabos-blare -
Arm eergister en nou skatryk!
Vorige onderwerp: " tannie Jutie wat die aarde beërwe " deur GERT VLOK NEL
Volgende onderwerp: " Boggom en Voertsek " deur C. LOUIS LEIPOLDT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 22:54:27 MGT 2024