Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Op my ou ramkietjie " deur C. LOUIS LEIPOLDT
" Op my ou ramkietjie " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #66698] Di, 24 September 2002 17:16 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

C. Louis Leipoldt
Op my ou ramkietjie

Op my ou ramkietjie
Met nog net een snaar
Speel ek in die maanskyn,
Deurmekaar.

Ek sing van Adam
En Eva se val,
Van die ou Paradys.
"Halfpad mal!"

So sê die mense
Wat my hoor speel
As die skemer my wang soen
Soos ferweel.

As die maan my aanhoor,
En die sterre knik,
Dan speel ek kordaat voort,
In my skik.

Wat gee ek om mense
Wat sê ek's mal,
As die varings my aanhoor
By die wal?

Wat om my vrinde -
Wat nooit nie verstaan -
As die sterre my toeknik,
En die maan?

Op my ou ramkietjie
Met nog net een snaar,
Speel ek in die maanskyn,
Deurmekaar.
Re: " Op my ou ramkietjie " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #66727 is 'n antwoord op boodskap #66698] Wo, 25 September 2002 20:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gee ons eerder nog gert vlok nel

--
Groetnis

Francois
skryf in boodskap news:3D909EA9.3000607@rogers.com...
> C. Louis Leipoldt
> Op my ou ramkietjie
>
> Op my ou ramkietjie
> Met nog net een snaar
> Speel ek in die maanskyn,
> Deurmekaar.
>
> Ek sing van Adam
> En Eva se val,
> Van die ou Paradys.
> "Halfpad mal!"
>
> So sê die mense
> Wat my hoor speel
> As die skemer my wang soen
> Soos ferweel.
>
> As die maan my aanhoor,
> En die sterre knik,
> Dan speel ek kordaat voort,
> In my skik.
>
> Wat gee ek om mense
> Wat sê ek's mal,
> As die varings my aanhoor
> By die wal?
>
> Wat om my vrinde -
> Wat nooit nie verstaan -
> As die sterre my toeknik,
> En die maan?
>
> Op my ou ramkietjie
> Met nog net een snaar,
> Speel ek in die maanskyn,
> Deurmekaar.
>
Re: " Op my ou ramkietjie " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #66739 is 'n antwoord op boodskap #66727] Do, 26 September 2002 00:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Francois Human wrote:

> Gee ons eerder nog gert vlok nel

OK. Maar ek het gedag om bietjie van 'n
Leipoldt-fees te hou. As ek reg onthou,
gaan daar 'n Leipoldt-aand by Aardklop
wees hierdie jaar.
Ek is nogal beindruk deur die blykbare
sukses wat die baie feeste wat nou in SA
ontwikkel. Word feeste soos Aardklop meeste
net deur Afrikaners bygewoon, of sien mens
ander groepe ook deelneem?

Gloudina
Re: " Op my ou ramkietjie " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #66760 is 'n antwoord op boodskap #66739] Do, 26 September 2002 21:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Was so een dag daar gewees dinsdag

seker 80% afrikaans
res ander tale
selfs 'n paar swart velle raakgesien (dis nou buiten diegene wat die rommel
opgetel het)

--
Groetnis

Francois
skryf in boodskap news:3D925515.8060401@rogers.com...
>
> Francois Human wrote:
>
>> Gee ons eerder nog gert vlok nel
>
> OK. Maar ek het gedag om bietjie van 'n
> Leipoldt-fees te hou. As ek reg onthou,
> gaan daar 'n Leipoldt-aand by Aardklop
> wees hierdie jaar.
> Ek is nogal beindruk deur die blykbare
> sukses wat die baie feeste wat nou in SA
> ontwikkel. Word feeste soos Aardklop meeste
> net deur Afrikaners bygewoon, of sien mens
> ander groepe ook deelneem?
>
> Gloudina
>
Re: " Op my ou ramkietjie " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #66768 is 'n antwoord op boodskap #66739] Vr, 27 September 2002 04:45 Na vorige boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
Leipoldt het arguably een van die beste gedigte in Afrikaans geskryf:
Boggom en Voertsek. Dit se min of meer alles wat dar te se is.

On Thu, 26 Sep 2002 00:26:55 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Francois Human wrote:
>
>> Gee ons eerder nog gert vlok nel
>
> OK. Maar ek het gedag om bietjie van 'n
> Leipoldt-fees te hou. As ek reg onthou,
> gaan daar 'n Leipoldt-aand by Aardklop
> wees hierdie jaar.
> Ek is nogal beindruk deur die blykbare
> sukses wat die baie feeste wat nou in SA
> ontwikkel. Word feeste soos Aardklop meeste
> net deur Afrikaners bygewoon, of sien mens
> ander groepe ook deelneem?
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Volkslied
Volgende onderwerp: Aardkloppens vol en warm...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 08:39:24 MGT 2024