Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Volkslied
Volkslied [boodskap #66749] Do, 26 September 2002 09:56 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek is nou nog vies vir 'n kolomskrywer in Sunday Times - so ek sal maar
seker vir hulle briewekolom moet skrywe.
Verlede Sondag wil die bot mos beweer dat die Volkslied in sy huidige vorm
nooit gewerk het en nooit sal werk nie.
Hy beweer hoe vreeslik skaam hy was toe ons Volkslied gespeel is toe Onse
Prez saam met Castro van Kuba op 'n pleintjie staan en moes luister na die
gehate dele van Die Stem.
Nou - duidelik het die geagte haat-joernalis nog nie in 8 jaar die moeite
gedoen om die woorde te lees van die Stem-gedeelte nie.- sy argument val
daar dus plat.
En iewers is daar ook 'n helse knoop los as hy haat en nyd aan 'n wysie wil
koppel.
Dis dan ook 'n helse klap in die gesig van Oom Nelson, en almal wat hom
ondersteun het , wat hierdie versoenende volkslied voorgestaan en laat
deurvoer het
Die kolomskrywer beywer dus om slegs Nkosi Sikelele as Volkslied ingestel te
kry

Tans sing elke lot lustig die gedeelte wat hy/sy goed ken en brom saam met
die nie-bekende gedeeltes. Ons almal ken die wysie, en al hoe meer mense
sing al die hele Volkslied.

Ek stem saam dat dit lank is - maar definitief nie die langste Volkslied
nie - mens raak byv moeg deur net na die Argentynse Volkslied te luister;)))

As daar na 'n nuwe Volkslied gekyk wil word, sal dit in die eerste plek in
Engels moet wees, aangesien dit as die hoofkommunikasietaal op ons afgedwing
word, en ten tweede sal daar heeltemal weggebreek moet word van beide Nkosi
Sikelele en Die Stem.

Annette
Re: Volkslied [boodskap #66754 is 'n antwoord op boodskap #66749] Do, 26 September 2002 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hey, maar mens wonder partydae of die mense wat sulke goed kwytraak, enige
sensitiwiteit in hulle het. Hier by ons huil die regering omdat die
witmense nie die vlag en volkslied respekteer nie, maar op elke politieke
vergadering word die 'boere' uitgekryt vir alles wat na 13 jaar nog fout in
die land is. Net so daar by julle. Elke man het mos sy deel wat vir hom
kosbaar is en as jy daarmee gaan rondfoeter, gaan jy probleme kry.
Gewoonlik kan mens in hierdie drastiese politieke uitsprake ook die
aspirasie van 'wannabee' politici sien. Manne wat nog hulle merk wil
maak.......die wat dit reeds gedoen het, ry met hul Mercs rond!

"Annette" skryf in boodskap news:amuo08$9c8a3$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek is nou nog vies vir 'n kolomskrywer in Sunday Times - so ek sal maar
> seker vir hulle briewekolom moet skrywe.
> Verlede Sondag wil die bot mos beweer dat die Volkslied in sy huidige vorm
> nooit gewerk het en nooit sal werk nie.
> Hy beweer hoe vreeslik skaam hy was toe ons Volkslied gespeel is toe Onse
> Prez saam met Castro van Kuba op 'n pleintjie staan en moes luister na die
> gehate dele van Die Stem.
> Nou - duidelik het die geagte haat-joernalis nog nie in 8 jaar die moeite
> gedoen om die woorde te lees van die Stem-gedeelte nie.- sy argument val
> daar dus plat.
> En iewers is daar ook 'n helse knoop los as hy haat en nyd aan 'n wysie wil
> koppel.
> Dis dan ook 'n helse klap in die gesig van Oom Nelson, en almal wat hom
> ondersteun het , wat hierdie versoenende volkslied voorgestaan en laat
> deurvoer het
> Die kolomskrywer beywer dus om slegs Nkosi Sikelele as Volkslied ingestel te
> kry
>
> Tans sing elke lot lustig die gedeelte wat hy/sy goed ken en brom saam met
> die nie-bekende gedeeltes. Ons almal ken die wysie, en al hoe meer mense
> sing al die hele Volkslied.
>
> Ek stem saam dat dit lank is - maar definitief nie die langste Volkslied
> nie - mens raak byv moeg deur net na die Argentynse Volkslied te luister;)))
>
> As daar na 'n nuwe Volkslied gekyk wil word, sal dit in die eerste plek in
> Engels moet wees, aangesien dit as die hoofkommunikasietaal op ons afgedwing
> word, en ten tweede sal daar heeltemal weggebreek moet word van beide Nkosi
> Sikelele en Die Stem.
>
> Annette
>
Re: Volkslied [boodskap #66765 is 'n antwoord op boodskap #66749] Vr, 27 September 2002 03:44 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek is onder die indruk dat die huidige hantering van die volkslied baie doen
om mens te herinner aan die verskille en ook die aanloop tot die huidige
situasie.

"Annette" skryf in boodskap news:amuo08$9c8a3$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek is nou nog vies vir 'n kolomskrywer in Sunday Times - so ek sal maar
> seker vir hulle briewekolom moet skrywe.
> Verlede Sondag wil die bot mos beweer dat die Volkslied in sy huidige vorm
> nooit gewerk het en nooit sal werk nie.
> Hy beweer hoe vreeslik skaam hy was toe ons Volkslied gespeel is toe Onse
> Prez saam met Castro van Kuba op 'n pleintjie staan en moes luister na die
> gehate dele van Die Stem.
> Nou - duidelik het die geagte haat-joernalis nog nie in 8 jaar die moeite
> gedoen om die woorde te lees van die Stem-gedeelte nie.- sy argument val
> daar dus plat.
> En iewers is daar ook 'n helse knoop los as hy haat en nyd aan 'n wysie wil
> koppel.
> Dis dan ook 'n helse klap in die gesig van Oom Nelson, en almal wat hom
> ondersteun het , wat hierdie versoenende volkslied voorgestaan en laat
> deurvoer het
> Die kolomskrywer beywer dus om slegs Nkosi Sikelele as Volkslied ingestel te
> kry
>
> Tans sing elke lot lustig die gedeelte wat hy/sy goed ken en brom saam met
> die nie-bekende gedeeltes. Ons almal ken die wysie, en al hoe meer mense
> sing al die hele Volkslied.
>
> Ek stem saam dat dit lank is - maar definitief nie die langste Volkslied
> nie - mens raak byv moeg deur net na die Argentynse Volkslied te luister;)))
>
> As daar na 'n nuwe Volkslied gekyk wil word, sal dit in die eerste plek in
> Engels moet wees, aangesien dit as die hoofkommunikasietaal op ons afgedwing
> word, en ten tweede sal daar heeltemal weggebreek moet word van beide Nkosi
> Sikelele en Die Stem.
>
> Annette
>
Vorige onderwerp: Ideologiese Invloed?
Volgende onderwerp: " Op my ou ramkietjie " deur C. LOUIS LEIPOLDT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 00:38:12 MGT 2024