Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ideologiese Invloed?
Ideologiese Invloed? [boodskap #66750] Do, 26 September 2002 11:18 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kry gister in die pos 'n poskaartgrootkaartjie.
Alles in Engels.
Voor op: geteken - 3 mans - almal bruinerig van gelaat.
Waarin ons vriendelik versoek word om mense te verkla by
0800 52 53 52.

Agterop die kategorieë, en onderaan 'n nota dat 'n nuwe wet diegene beskerm
wat uitpraat oor probleme by die werk.
Die nommer voorop is glo ook vir gratis vertroulike regsadvies.
Dit word versprei deur ODAC , en www.opendemocracy.org.za word aangegee. -
het nog nie gaan kyk nie.

Goed en wel - maar wat van die mense wat valslik uit nyd beskuldig word?

Nietemin - hieronder die goed wat jou 'n sterretjie kan besorg as jy die
mense wat oortree verkla:

Aflaai ( downloading) pornografie by die werk
Gebruik van werksvoertuie vir privaatgebruik
Nooduitgange gesluit
Omkopery om dokumentasie in regsgedinge te verloor.
Geen brandblussers
Privaat uitgawes op die besigheidskredietkaart
Seksuele Teistering
Rook terwyl brandstof gelaai word
Mishandeling van oumense in ouetehuise
Koop van vuurwapens in tronke
Verkoop kos wat besmet is
Ontvang van omkoopgeld om dokumentasie deur te voer.
Bouinspekteurs wat omgekoop word om swak werk goed te keur
Ontvang van omkoopgeld om voertuie vir padwaardigheid goed te keur
Verkoop van bestuurslisensies
Dwelmhamdel in tronke
Ontvang van omkoopgeld om permitte uit te reik
betaling vir werk wat nie gedoen is nie
Verkoop van bande as nuwes wat nie nuut is nie
Mishandeling in skole, voorskool en nasorg.
Ignoreer veiligheidsregulasies in fabrieke en myne
Onwettige aflaai van rommel
Ontvang van omkoopgeld om vuurwapenlisensies uit te reik aan aanvallers.
Besighede wat van kinderarbeid gebruik maak
Insit van goedkoop parte, en die prys vra van duur parte
Betaling aan amptenare om permitte en lisensies goed te keur.
Verpreiding van eksamenvraestelle voor die tyd
Sadistiese offisiere in die staande mag
Spookpersoneel in die publieke sektor
Mediese fonds eise wat niks te doen het met die siekte nie.

Annette
Re: Ideologiese Invloed? [boodskap #66753 is 'n antwoord op boodskap #66750] Do, 26 September 2002 13:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Agterop die kategorië, en onderaan 'n nota dat 'n nuwe wet diegene beskerm
> wat uitpraat oor probleme by die werk.
> Die nommer voorop is glo ook vir gratis vertroulike regsadvies.
> Dit word versprei deur ODAC , en www.opendemocracy.org.za word aangegee. -
> het nog nie gaan kyk nie.

In die VSA is daar ook so 'n wet wat
"whistle blowers" beskerm. Ek wonder
of ons so 'n wet het hier in Kanada.
Ek hoop so.
'n Whistle blower het 'n moeilike
taak. Dit kan ook gevaarlik wees.
" The Insider" met Al Pacino en Russell
Crowe vertel die storie van die ou wat
die whistle ge=blow het teen die tabak-
maatskappye oor die verryking van sigarette
met ekstra nikotien. Daar was glo dreigemente
teen sy lewe van die tabakmaatskappye af.
My eerste en enigste rol as whistle-
blower: Ek het in 'n hospitaal gewerk, en
ek en 'n ander vrou het by die oorsiener
van die departement gaan kla oor die feit
dat 'n sekere groepie mans een jong man
probeer uitmaak as homoseksueel, terwyl hy
dit nie was nie. Toe die jong man vir ons
vertel hoe dit hom depressief maak, het ons
besluit om die bestuurder te gaan spreek.
Omdat die klomp toe die leviete voorgelees
was, kom een van hulle die volgende dag en
sê vir my "What's wrong with you. Didn't
you get it this morning?" Ek draai toe net
daar om en gaan verkla hom van "sexual
harassment" en hy word offisieel gewaarsku.
As dit weer sou gebeur, dan verloor hy sy
werk.
In dieselfde departement het 'n ander
situasie ontwikkel: sekere mans het ingekom
in die deel waar ons gewerk het en het dan
geflankeer met vroumense, en die gepraat het
soms baie na aan "dirty talk" gekom. Een van
ons medewerkers was 'n apostoliese christen
en het privaat gesê dat sy dit nie meer kan
verdra om al hierdie soort gepraat aan te hoor
nie. Sommige van ons het toe besluit dat ons
met die mense moet praat oor die saak. Die
mense wat egter die meeste teen ons optrede
geobjekteer het, was juis daardie een of twee
vroumense wat daarvan gehou het dat daar met
hulle geflankeer word en wat gehou het van die
gewaagde "dirty talk." Hulle het nie daarvan
gehou dat ons hulle speletjie bederf nie.

Gloudina
Re: Ideologiese Invloed? [boodskap #66757 is 'n antwoord op boodskap #66753] Do, 26 September 2002 15:19 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het ook die fliek gesien, en ek het geen probleem as iets regtig verkeerd
is om te gaan kla nie. Ongelukkig, as so iets so oopgegooi word, gaan jy
altyd onskuldige mense kry wat onskuldig aan die kortste end trek.
Ek is natuurlik alweer op 'n tog -
Ek het 'n kliënt wat 'n caterer is.
Begin van die jaar kry hy toe die kontrak om aan die dept van Onderwys etes
te voorsien.
Op daardie stadium ( en nog steeds vandag) het hy al die diens aan die
gesondheidsdept verskaf.
Maar die Dept van Onderwys word ongelukkig beman in 'n klomp
verantwoordelike poste deur onverantwoordelike amptenare.
Ten eerste word die rekening nie, soos ooreengekom, binne 30 dae betaal
nie - na 3 maande - toe die rekening al oor die R 40 000 trek, na
baiebaiebaie oproepe, en die takie wat net altyd aangeskuif word, en die
hoof wat duidelik stel dat dit nie sy probleem is nie, is my mense na Helen
Zille, eerstydse minister van onderwys, en sy het André Gaum - huidige
posbekleer- genader.
Etlike van die fakture is wederregtelik verander ( verminder met tot die
helfte) , op geen betalingsbewys is 'n verwysing watter faktuur betaal is
nie, en betaling het toe wel uiteindelik geskied - behalwe nou natuurlik vir
die veranderde fakture waarop bedrae uitstaande is.
Toe gee die hoof opdrag dat daar geen bestellings van hulle af na my kliënt
mag wees nie, omdat hulle gaan kla het dat hulle nie hul betaling kry vir
diens wat gelewer is nie.
Sulke goed laat my bloed kook.
Ek het aan my kliënt die nommer van ODAC gegee.
Maar ek voel ons moet dit nie daar laat nie - die ander caterers wat nou
moet voorsien gaan in dieselfde penarie van niebetaling beland, en daardie
mense moet gewaarsku word.
Annette

news:3D930D69.6010408@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Agterop die kategorieë, en onderaan 'n nota dat 'n nuwe wet diegene beskerm
>> wat uitpraat oor probleme by die werk.
>> Die nommer voorop is glo ook vir gratis vertroulike regsadvies.
>> Dit word versprei deur ODAC , en www.opendemocracy.org.za word aangegee. -
>> het nog nie gaan kyk nie.
>
> In die VSA is daar ook so 'n wet wat
> "whistle blowers" beskerm. Ek wonder
> of ons so 'n wet het hier in Kanada.
> Ek hoop so.
> 'n Whistle blower het 'n moeilike
> taak. Dit kan ook gevaarlik wees.
> " The Insider" met Al Pacino en Russell
> Crowe vertel die storie van die ou wat
> die whistle ge=blow het teen die tabak-
> maatskappye oor die verryking van sigarette
> met ekstra nikotien. Daar was glo dreigemente
> teen sy lewe van die tabakmaatskappye af.
> My eerste en enigste rol as whistle-
> blower: Ek het in 'n hospitaal gewerk, en
> ek en 'n ander vrou het by die oorsiener
> van die departement gaan kla oor die feit
> dat 'n sekere groepie mans een jong man
> probeer uitmaak as homoseksueel, terwyl hy
> dit nie was nie. Toe die jong man vir ons
> vertel hoe dit hom depressief maak, het ons
> besluit om die bestuurder te gaan spreek.
> Omdat die klomp toe die leviete voorgelees
> was, kom een van hulle die volgende dag en
> sê vir my "What's wrong with you. Didn't
> you get it this morning?" Ek draai toe net
> daar om en gaan verkla hom van "sexual
> harassment" en hy word offisieel gewaarsku.
> As dit weer sou gebeur, dan verloor hy sy
> werk.
> In dieselfde departement het 'n ander
> situasie ontwikkel: sekere mans het ingekom
> in die deel waar ons gewerk het en het dan
> geflankeer met vroumense, en die gepraat het
> soms baie na aan "dirty talk" gekom. Een van
> ons medewerkers was 'n apostoliese christen
> en het privaat gesê dat sy dit nie meer kan
> verdra om al hierdie soort gepraat aan te hoor
> nie. Sommige van ons het toe besluit dat ons
> met die mense moet praat oor die saak. Die
> mense wat egter die meeste teen ons optrede
> geobjekteer het, was juis daardie een of twee
> vroumense wat daarvan gehou het dat daar met
> hulle geflankeer word en wat gehou het van die
> gewaagde "dirty talk." Hulle het nie daarvan
> gehou dat ons hulle speletjie bederf nie.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Irak?
Volgende onderwerp: Volkslied
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 04:47:18 MGT 2024