Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die Slamaierwinkel " deur C. LOUIS LEIPOLDT
" Die Slamaierwinkel " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #66270] Sa, 14 September 2002 01:50 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

C. Louis Leipoldt
Die Slamaierwinkel

Daar's 'n ewige rintinkel in die ou Slamaierwinkel,
Waar die tameletjies en groenvye stik;
Want die reuk van knoflokknolle meng met dié van kanferbolle,
En daar's rooi saffraan en bokkoms in 'n blik.
Dis 'n deurmekaar ophoping, uitgesprei hier vir verkoping,
En ou Abdoel troon die toonbank agteroor.
As ek dink, dan tril die snare van my vroeë kinderjare,
En dit klink vir my asof ek Abdoel hoor

As hy sedig heen en weer gaan, en die kopers daar te keer gaan -
"Trippens suiker, sikspens skoon kanariesaad."
Ja, ek sien hom met sy moesie, hoe hy vinnig die kardoesie
Vul met wat hy voor gevra word, as hy praat:
"Ag, vandag is onplesierig, want die mense is so gierig -
Vir 'n sikspens wil hul twintig vye hê;
Dis 'n alte hoë rente, ons is netnou insolvente;
Ek kan net so goed bankrot speel en gaan lê."

En dan hoor ek weer oom Bennie as hy sê: "Abdoel, ek ken nie
'n Slamaier wat so skatryk is as jy.
Jy het, hoor ek, 'n verband op 'n plaas daar langs die strand
En 'n spogkar met twee perde nog daarby.
Wil jy nou vir ons kom wysmaak dat die lewe vir jou grys maak?
Nee, vir jou is dit so lekker soos pampoen.
Dis maar net die arme boer wat nou nie eens met sy roer
'n Bestaan kan maak nie, wat hy ook mag doen."

Ag, ek hoor die goed rintinkel in die ou Slamaierwinkel;
Ek kan amper proe hoe soet die vye smaak.
En die mengelmoes van geure en van rooibont kopdoekkleure
Is genoeg om iemand amper mal te maak.
Maar dit is maar droomgesigte, wat verlig word deur die ligte
Van die sterretjies wat waghou oor die see;
Want ou Abdoel is mos dood en sy kinders algar groot -
En daar's niemand wat my nou groenvye gee.
Re: " Die Slamaierwinkel " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #66278 is 'n antwoord op boodskap #66270] Sa, 14 September 2002 14:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
anri schramm[1]  is tans af-lyn  anri schramm[1]
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 2002
Karma: 0
Volle Lid
Tannie!! Dit noem ek nou 'n blast from the past...

In 1980 was ek 'n laerskool meisiekind op Upington en daai jaar het die
skool 'n Leipoldt-fees gevier ter ere van sy 100e verjaarsdag en dié
gedig het ons spreekkoor voorgedra. Ongelooflik hoe die woorde so
terugkom na mens toe!!
Baie dankie vir die stukkie memory
Anri

@rogers.com wrote:
> C. Louis Leipoldt
> Die Slamaierwinkel
>
> Daar's 'n ewige rintinkel in die ou Slamaierwinkel,
> Waar die tameletjies en groenvye stik;
> Want die reuk van knoflokknolle meng met dié van kanferbolle,
> En daar's rooi saffraan en bokkoms in 'n blik.
> Dis 'n deurmekaar ophoping, uitgesprei hier vir verkoping,
> En ou Abdoel troon die toonbank agteroor.
> As ek dink, dan tril die snare van my vroeë kinderjare,
> En dit klink vir my asof ek Abdoel hoor
>
> As hy sedig heen en weer gaan, en die kopers daar te keer gaan -
> "Trippens suiker, sikspens skoon kanariesaad."
> Ja, ek sien hom met sy moesie, hoe hy vinnig die kardoesie
> Vul met wat hy voor gevra word, as hy praat:
> "Ag, vandag is onplesierig, want die mense is so gierig -
> Vir 'n sikspens wil hul twintig vye hê;
> Dis 'n alte hoë rente, ons is netnou insolvente;
> Ek kan net so goed bankrot speel en gaan lê."
>
> En dan hoor ek weer oom Bennie as hy sê: "Abdoel, ek ken nie
> 'n Slamaier wat so skatryk is as jy.
> Jy het, hoor ek, 'n verband op 'n plaas daar langs die strand
> En 'n spogkar met twee perde nog daarby.
> Wil jy nou vir ons kom wysmaak dat die lewe vir jou grys maak?
> Nee, vir jou is dit so lekker soos pampoen.
> Dis maar net die arme boer wat nou nie eens met sy roer
> 'n Bestaan kan maak nie, wat hy ook mag doen."
>
> Ag, ek hoor die goed rintinkel in die ou Slamaierwinkel;
> Ek kan amper proe hoe soet die vye smaak.
> En die mengelmoes van geure en van rooibont kopdoekkleure
> Is genoeg om iemand amper mal te maak.
> Maar dit is maar droomgesigte, wat verlig word deur die ligte
> Van die sterretjies wat waghou oor die see;
> Want ou Abdoel is mos dood en sy kinders algar groot -
> En daar's niemand wat my nou groenvye gee.
>
Re: " Die Slamaierwinkel " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #66280 is 'n antwoord op boodskap #66278] Sa, 14 September 2002 16:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

anri schramm wrote:

> In 1980 was ek 'n laerskool meisiekind op Upington
> Baie dankie vir die stukkie memory

"You are welcome," soos hulle hier in Noord-
Amerika sê.
So as jy op laerskool in Upington was, ken
jy seker die eilande van die Oranje-rivier, en
weet jy waar Keimoes en Kakamas is. Of was jy
dalk 'n Duitswester wat op Upington in die
koshuis was?

Gloudina

>> C. Louis Leipoldt
>> Die Slamaierwinkel
>
>> Daar's 'n ewige rintinkel in die ou Slamaierwinkel,
>> Waar die tameletjies en groenvye stik;
>> Want die reuk van knoflokknolle meng met dié van kanferbolle,
>> En daar's rooi saffraan en bokkoms in 'n blik.
>> Dis 'n deurmekaar ophoping, uitgesprei hier vir verkoping,
>> En ou Abdoel troon die toonbank agteroor.
>> As ek dink, dan tril die snare van my vroeë kinderjare,
>> En dit klink vir my asof ek Abdoel hoor

>> As hy sedig heen en weer gaan, en die kopers daar te keer gaan -
>> "Trippens suiker, sikspens skoon kanariesaad."
>> Ja, ek sien hom met sy moesie, hoe hy vinnig die kardoesie
>> Vul met wat hy voor gevra word, as hy praat:
>> "Ag, vandag is onplesierig, want die mense is so gierig -
>> Vir 'n sikspens wil hul twintig vye hê;
>> Dis 'n alte hoë rente, ons is netnou insolvente;
>> Ek kan net so goed bankrot speel en gaan lê."

>> En dan hoor ek weer oom Bennie as hy sê: "Abdoel, ek ken nie
>> 'n Slamaier wat so skatryk is as jy.
>> Jy het, hoor ek, 'n verband op 'n plaas daar langs die strand
>> En 'n spogkar met twee perde nog daarby.
>> Wil jy nou vir ons kom wysmaak dat die lewe vir jou grys maak?
>> Nee, vir jou is dit so lekker soos pampoen.
>> Dis maar net die arme boer wat nou nie eens met sy roer
>> 'n Bestaan kan maak nie, wat hy ook mag doen."

>> Ag, ek hoor die goed rintinkel in die ou Slamaierwinkel;
>> Ek kan amper proe hoe soet die vye smaak.
>> En die mengelmoes van geure en van rooibont kopdoekkleure
>> Is genoeg om iemand amper mal te maak.
>> Maar dit is maar droomgesigte, wat verlig word deur die ligte
>> Van die sterretjies wat waghou oor die see;
>> Want ou Abdoel is mos dood en sy kinders algar groot -
>> En daar's niemand wat my nou groenvye gee.

>
Re: " Die Slamaierwinkel " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #66284 is 'n antwoord op boodskap #66280] Sa, 14 September 2002 20:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
anri schramm[1]  is tans af-lyn  anri schramm[1]
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 2002
Karma: 0
Volle Lid
Nee, Gloudina, my Oupa is in 1978 oorlede en toe het ons van PTA af
soontoe getrek - my pa en ma se families kom uit die gewestes. Almal was
natuurlik mal oor die eilande, met die Langste Palmlaning in die
Suidelike Halfrond!!!Ta-raa!! Of was dit nou die wêreld? Heerlike
tye...ons het op die rivier reg oorkant die eiland gewoon, en het
kleilat gespeel, ek en my nefies, en net daar onder by die rivier het ek
die eerste keer gerook, natuurlik onder die nefies se bose invloed!! Het
só gehoes dat ek amper in die rivier geval het!! Weet jy miskien waar
die name Keimoes en Kakamas vandaan kom??

Baai
Anri

@rogers.com wrote:
>
> anri schramm wrote:
>
>
>> In 1980 was ek 'n laerskool meisiekind op Upington Baie dankie vir die
>> stukkie memory
>
>
> "You are welcome," soos hulle hier in Noord-
> Amerika sê.
> So as jy op laerskool in Upington was, ken
> jy seker die eilande van die Oranje-rivier, en
> weet jy waar Keimoes en Kakamas is. Of was jy
> dalk 'n Duitswester wat op Upington in die
> koshuis was?
>
> Gloudina
>
>
>>> C. Louis Leipoldt
>>> Die Slamaierwinkel
>
>>> Daar's 'n ewige rintinkel in die ou Slamaierwinkel,
>>> Waar die tameletjies en groenvye stik;
>>> Want die reuk van knoflokknolle meng met dié van kanferbolle,
>>> En daar's rooi saffraan en bokkoms in 'n blik.
>>> Dis 'n deurmekaar ophoping, uitgesprei hier vir verkoping,
>>> En ou Abdoel troon die toonbank agteroor.
>>> As ek dink, dan tril die snare van my vroeë kinderjare,
>>> En dit klink vir my asof ek Abdoel hoor
>
>>> As hy sedig heen en weer gaan, en die kopers daar te keer gaan -
>>> "Trippens suiker, sikspens skoon kanariesaad."
>>> Ja, ek sien hom met sy moesie, hoe hy vinnig die kardoesie
>>> Vul met wat hy voor gevra word, as hy praat:
>>> "Ag, vandag is onplesierig, want die mense is so gierig -
>>> Vir 'n sikspens wil hul twintig vye hê;
>>> Dis 'n alte hoë rente, ons is netnou insolvente;
>>> Ek kan net so goed bankrot speel en gaan lê."
>
>>> En dan hoor ek weer oom Bennie as hy sê: "Abdoel, ek ken nie
>>> 'n Slamaier wat so skatryk is as jy.
>>> Jy het, hoor ek, 'n verband op 'n plaas daar langs die strand
>>> En 'n spogkar met twee perde nog daarby.
>>> Wil jy nou vir ons kom wysmaak dat die lewe vir jou grys maak?
>>> Nee, vir jou is dit so lekker soos pampoen.
>>> Dis maar net die arme boer wat nou nie eens met sy roer
>>> 'n Bestaan kan maak nie, wat hy ook mag doen."
>
>>> Ag, ek hoor die goed rintinkel in die ou Slamaierwinkel;
>>> Ek kan amper proe hoe soet die vye smaak.
>>> En die mengelmoes van geure en van rooibont kopdoekkleure
>>> Is genoeg om iemand amper mal te maak.
>>> Maar dit is maar droomgesigte, wat verlig word deur die ligte
>>> Van die sterretjies wat waghou oor die see;
>>> Want ou Abdoel is mos dood en sy kinders algar groot -
>>> En daar's niemand wat my nou groenvye gee.
>

>
Re: " Die Slamaierwinkel " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #66287 is 'n antwoord op boodskap #66284] Sa, 14 September 2002 23:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

anri schramm wrote:

Almal was
> natuurlik mal oor die eilande, met die Langste Palmlaning in die
> Suidelike Halfrond!!!Ta-raa!! Of was dit nou die wêreld? Weet jy miskien waar
> die name Keimoes en Kakamas vandaan kom??

Ek het heeltemal vergeet van daardie
palm-laning storie. Ek het vergeet waar
dit was, maar ek neem aan dit was naby
Upington, want ek het dit nooit gesien nie.
Al wat ek kan onthou, is dat hulle op
'n sekere tydstip die idee gekry het dat
die eilande van die Oranje ook datels
(of is dit dadels) moet kan verbou. Die goed
groei glo goed in brak grond, en hulle het
toe begin datelbome aanplant. Die goed het
baie mooi geaard, maar toe vind hulle uit dat
die suikergehalte van die datels so hoog is,
dat dit die droog daarvan bemoeilik, en toe het
dit nooit 'n intense industrie daar geword nie.
Maar ek kan onthou dat my pa met van die onge-
droogde datels eendag by die huis aangekom het,
en hulle was regtig suikersoet.
Ek weet nie van die oorsprong van Keimoes
nie, maar hier is wat Engela van Rooyen in "Met
'n eie siekspens" oor die herkoms van Kakamas
sê:
"Daar is etlike verklarings vir die naam
Takemas, later Kakamas, maar almal is dit eens dat
dit 'n Hottentot-woord is. Een reken dit kom van
'kagomas', wat "kwaai stormende koei" of
"vinnig aangejaagde koei" beteken. Hier by die drif
het die nomadiese Korannas altyd hulle grootvee deur-
gejaag. Aan die ander kant kan 'gamagas' (bruin)
dui op die rooibruin klei waarmee die vroue hulle
gesigte gesmeer het... Die meer obskure betekenis
"slegte weiveld" lyk onwaarskynlik, want die vroeë
Sweedse reisiger Wikar meld dat hy goeie weiding gevind
het waar die Hartbeesrivier in die Gariep loop."

Gloudina
Re: " Die Slamaierwinkel " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #66294 is 'n antwoord op boodskap #66287] So, 15 September 2002 11:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ja ek kan onthou van daai palmlaning, Ek was so 8 jaar oud toe ons uit
Upington agter die bank se giere aan (wie moet ons bedank? Boland Bank)
verlaat het om ons in die Groot stad Uitenhage te vestig. Al wat duidelik
in my geheue uitstaan is my ma se trane oor haar nuwe huis wat pas ses
maande gelede klaar gebou is met die gras wat nog soe voel-voel aan die rooi
kalahariegrond wat spesiaal ingery is om die klippe om die huis te verbloem.
En die ander is daai moerlang palmlaning. Vir iemand van my size was hy
oneindig. Ook Milk-shakes by die Eiland se roadhouse en bruin water wat oor
die brug spoel in die vloed van '68! En die eerste duisendpoot wat ek
gesien het, vas onder die indruk dis 'n slang. En tieroogklippe wat sommer
die wêreld vol rondgelê het. En die wynkelders. En Kanoneiland. Jissie dit
raak al meer, ek beter nou ophou voorlat ek ook soos my ma begin tjank oor
lang verlore tye.

--
Groete, Francois Human

skryf in boodskap news:3D83C557.4080703@rogers.com...
>
> anri schramm wrote:
>
> Almal was
>> natuurlik mal oor die eilande, met die Langste Palmlaning in die
>> Suidelike Halfrond!!!Ta-raa!! Of was dit nou die wêreld? Weet jy miskien waar
>> die name Keimoes en Kakamas vandaan kom??
>
> Ek het heeltemal vergeet van daardie
> palm-laning storie. Ek het vergeet waar
> dit was, maar ek neem aan dit was naby
> Upington, want ek het dit nooit gesien nie.
> Al wat ek kan onthou, is dat hulle op
> 'n sekere tydstip die idee gekry het dat
> die eilande van die Oranje ook datels
> (of is dit dadels) moet kan verbou. Die goed
> groei glo goed in brak grond, en hulle het
> toe begin datelbome aanplant. Die goed het
> baie mooi geaard, maar toe vind hulle uit dat
> die suikergehalte van die datels so hoog is,
> dat dit die droog daarvan bemoeilik, en toe het
> dit nooit 'n intense industrie daar geword nie.
> Maar ek kan onthou dat my pa met van die onge-
> droogde datels eendag by die huis aangekom het,
> en hulle was regtig suikersoet.
> Ek weet nie van die oorsprong van Keimoes
> nie, maar hier is wat Engela van Rooyen in "Met
> 'n eie siekspens" oor die herkoms van Kakamas
> sê:
> "Daar is etlike verklarings vir die naam
> Takemas, later Kakamas, maar almal is dit eens dat
> dit 'n Hottentot-woord is. Een reken dit kom van
> 'kagomas', wat "kwaai stormende koei" of
> "vinnig aangejaagde koei" beteken. Hier by die drif
> het die nomadiese Korannas altyd hulle grootvee deur-
> gejaag. Aan die ander kant kan 'gamagas' (bruin)
> dui op die rooibruin klei waarmee die vroue hulle
> gesigte gesmeer het... Die meer obskure betekenis
> "slegte weiveld" lyk onwaarskynlik, want die vroeë
> Sweedse reisiger Wikar meld dat hy goeie weiding gevind
> het waar die Hartbeesrivier in die Gariep loop."
>
> Gloudina
>
Re: " Die Slamaierwinkel " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #66305 is 'n antwoord op boodskap #66287] So, 15 September 2002 12:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
anri schramm[1]  is tans af-lyn  anri schramm[1]
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 2002
Karma: 0
Volle Lid
Die laning was die eintlike ingang na die eiland holiday resort toe.
Mens het op die groot pad by 'n hek ingery en dan het mens hierdie lang
laan -

taken from...http://www.places.co.za/html/upington.html
"Die Eiland, a Holiday Resort and caravan park, is situated on an island
in the middle of the Orange River, with a Date Palm entrance avenue of 1
041 metres of Palms planted 9 m apart, which makes it one of the longest
and densest palm avenues in the southern hemisphere"

@rogers.com wrote:
>
> anri schramm wrote:
>
> Almal was
>
>> natuurlik mal oor die eilande, met die Langste Palmlaning in die
>> Suidelike Halfrond!!!Ta-raa!! Of was dit nou die wêreld?
>
> Weet jy miskien waar
>
>> die name Keimoes en Kakamas vandaan kom??
>
>
> Ek het heeltemal vergeet van daardie
> palm-laning storie. Ek het vergeet waar
> dit was, maar ek neem aan dit was naby
> Upington, want ek het dit nooit gesien nie.
> Al wat ek kan onthou, is dat hulle op
> 'n sekere tydstip die idee gekry het dat
> die eilande van die Oranje ook datels
> (of is dit dadels) moet kan verbou. Die goed
> groei glo goed in brak grond, en hulle het
> toe begin datelbome aanplant. Die goed het
> baie mooi geaard, maar toe vind hulle uit dat
> die suikergehalte van die datels so hoog is,
> dat dit die droog daarvan bemoeilik, en toe het
> dit nooit 'n intense industrie daar geword nie.
> Maar ek kan onthou dat my pa met van die onge-
> droogde datels eendag by die huis aangekom het,
> en hulle was regtig suikersoet.
> Ek weet nie van die oorsprong van Keimoes
> nie, maar hier is wat Engela van Rooyen in "Met
> 'n eie siekspens" oor die herkoms van Kakamas
> sê:
> "Daar is etlike verklarings vir die naam
> Takemas, later Kakamas, maar almal is dit eens dat
> dit 'n Hottentot-woord is. Een reken dit kom van
> 'kagomas', wat "kwaai stormende koei" of
> "vinnig aangejaagde koei" beteken. Hier by die drif
> het die nomadiese Korannas altyd hulle grootvee deur-
> gejaag. Aan die ander kant kan 'gamagas' (bruin)
> dui op die rooibruin klei waarmee die vroue hulle
> gesigte gesmeer het... Die meer obskure betekenis
> "slegte weiveld" lyk onwaarskynlik, want die vroeë
> Sweedse reisiger Wikar meld dat hy goeie weiding gevind
> het waar die Hartbeesrivier in die Gariep loop."
>
> Gloudina
>
Re: " Die Slamaierwinkel " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #66307 is 'n antwoord op boodskap #66294] So, 15 September 2002 12:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
anri schramm[1]  is tans af-lyn  anri schramm[1]
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 2002
Karma: 0
Volle Lid
OOOo ek weet hoe jy voel. Mens was so klein en die plek het sulke
indrukke op mens gelaat. My pa het altyd warm gekry! En ons kinders was
Altyd in die swembad - maak nie saak watter tyd van die dag nie. My ouma
het die tallste storues vertel om ons uit die water op die middagtyd te
hou. Mens kry krampe as mens op 'n vol maag swem. Maar dit het alles nie
gehelp nie! En soos jy sê, vir 'n kond was daai palmlaan moer lank!
('Skuus!) Ek sou ten minste 2 km geskat het. Op Kanoneiland was ek nooit
nie, maar die naam is great.

Francois Human wrote:
> Ja ek kan onthou van daai palmlaning, Ek was so 8 jaar oud toe ons uit
> Upington agter die bank se giere aan (wie moet ons bedank? Boland Bank)
> verlaat het om ons in die Groot stad Uitenhage te vestig. Al wat duidelik
> in my geheue uitstaan is my ma se trane oor haar nuwe huis wat pas ses
> maande gelede klaar gebou is met die gras wat nog soe voel-voel aan die rooi
> kalahariegrond wat spesiaal ingery is om die klippe om die huis te verbloem.
> En die ander is daai moerlang palmlaning. Vir iemand van my size was hy
> oneindig. Ook Milk-shakes by die Eiland se roadhouse en bruin water wat oor
> die brug spoel in die vloed van '68! En die eerste duisendpoot wat ek
> gesien het, vas onder die indruk dis 'n slang. En tieroogklippe wat sommer
> die wêreld vol rondgelê het. En die wynkelders. En Kanoneiland. Jissie dit
> raak al meer, ek beter nou ophou voorlat ek ook soos my ma begin tjank oor
> lang verlore tye.
>
> --
> Groete, Francois Human
>
> skryf in boodskap news:3D83C557.4080703@rogers.com...
>
>> anri schramm wrote:

>> Almal was
>>> natuurlik mal oor die eilande, met die Langste Palmlaning in die
>>> Suidelike Halfrond!!!Ta-raa!! Of was dit nou die wêreld? Weet jy miskien waar
>>> die name Keimoes en Kakamas vandaan kom??

>> Ek het heeltemal vergeet van daardie
>> palm-laning storie. Ek het vergeet waar
>> dit was, maar ek neem aan dit was naby
>> Upington, want ek het dit nooit gesien nie.
>> Al wat ek kan onthou, is dat hulle op
>> 'n sekere tydstip die idee gekry het dat
>> die eilande van die Oranje ook datels
>> (of is dit dadels) moet kan verbou. Die goed
>> groei glo goed in brak grond, en hulle het
>> toe begin datelbome aanplant. Die goed het
>> baie mooi geaard, maar toe vind hulle uit dat
>> die suikergehalte van die datels so hoog is,
>> dat dit die droog daarvan bemoeilik, en toe het
>> dit nooit 'n intense industrie daar geword nie.
>> Maar ek kan onthou dat my pa met van die onge-
>> droogde datels eendag by die huis aangekom het,
>> en hulle was regtig suikersoet.
>> Ek weet nie van die oorsprong van Keimoes
>> nie, maar hier is wat Engela van Rooyen in "Met
>> 'n eie siekspens" oor die herkoms van Kakamas
>> sê:
>> "Daar is etlike verklarings vir die naam
>> Takemas, later Kakamas, maar almal is dit eens dat
>> dit 'n Hottentot-woord is. Een reken dit kom van
>> 'kagomas', wat "kwaai stormende koei" of
>> "vinnig aangejaagde koei" beteken. Hier by die drif
>> het die nomadiese Korannas altyd hulle grootvee deur-
>> gejaag. Aan die ander kant kan 'gamagas' (bruin)
>> dui op die rooibruin klei waarmee die vroue hulle
>> gesigte gesmeer het... Die meer obskure betekenis
>> "slegte weiveld" lyk onwaarskynlik, want die vroeë
>> Sweedse reisiger Wikar meld dat hy goeie weiding gevind
>> het waar die Hartbeesrivier in die Gariep loop."

>> Gloudina

>
Re: " Die Slamaierwinkel " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #66312 is 'n antwoord op boodskap #66294] So, 15 September 2002 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Francois Human wrote:

bruin water wat oor
> die brug spoel in die vloed van '68!

Ek was nie meer in daardie geweste
daardie tyd nie, maar weet van die
vloed omdat dit glo tot binne in ons
huis op Marchand gespoel het, 'n huis
wat gebou is op 'n veilige distansie
van die rivier af, op 'n plek waar die
water selfs nie in die groot vloed van
1925 gekom het nie. (Teen daardie tyd
het my ma al die huis verkoop.) Die
algemene idee was dat die vloed van 1968
veroorsaak is deur al die onnatuurlike
damme en dies meer wat daar in die loop
van die Oranje en die Vaalrivier gebou is,
en wat dus groot hoeveelhede water moes
laat gaan toe die damme te vol geword het.
Ons eerste huis was op "ons" eiland,
Perde-eiland. Ek dink dit was twaalf myl
lank, en het bestaan uit twee gemeenskappe:
Onder-eiland met sy eie skool en winkel,
en die Bo-eiland, wat eintlik deel was van
Marchand, sodat ons uit die eiland na die
primêre skool moes loop, nogal 'n hele entjie.

Gloudina
Walms uit die palms [boodskap #66321 is 'n antwoord op boodskap #66307] So, 15 September 2002 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
anri schramm:
En soos jy sê, vir 'n kond was daai palmlaan moer lank!

Wouter
Nou boggel my maaind oor wat julle alles agter daardie palms
gedoen het :-)
Re: Walms uit die palms [boodskap #66340 is 'n antwoord op boodskap #66321] So, 15 September 2002 20:11 Na vorige boodskap
anri schramm[1]  is tans af-lyn  anri schramm[1]
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 2002
Karma: 0
Volle Lid
Eintlik nogal baie snaaks! Freudian slip, miskien? In elk geval, die
'Skuus was vir die 'moer'
EN ek het altyd vir Francois gewag, maar hulle was toe al lankal in
Uitenhage!

Wouter Plaasvark wrote:
> anri schramm:
> En soos jy sê, vir 'n kond was daai palmlaan moer lank!
>
> Wouter
> Nou boggel my maaind oor wat julle alles agter daardie palms
> gedoen het :-)
>
Vorige onderwerp: " Kontrak " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Vlamme" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:52:37 MGT 2024