Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Vlamme" deur FERDI GREYLING
"Vlamme" deur FERDI GREYLING [boodskap #66383] Ma, 16 September 2002 16:52
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

VLAMME
Ferdi Greyling

Jy is 'n terugflits
na blou berge soos tande teen die lug,
na die verligting van donderstorms,
as somer oor die veld vlam,
'n swembad in die somer
met jong mense wat speel
en grootword.

As jy nou weer sou verskyn
na al die jare;
jy wat ek geken het
en verloor het
in die elegansie van liefde.
(Die wêreld draai vinniger
as wat ons ooit kon vermoed.)

Al wat ek sal kan sê
as jy weer sou verskyn,
is dat die bougainvilleas
in Oudtshoorn se stowwerige somer
heeltemal op hulle eie
soos pers vlamme brand.
Vorige onderwerp: " Die Slamaierwinkel " deur C. LOUIS LEIPOLDT
Volgende onderwerp: " Slytasie " deur KOOT PIETERSE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 19:57:52 MGT 2024