Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Irak?
Irak? [boodskap #66259] |
Fri, 13 September 2002 16:25  |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Moet die VSA eers 'n tweede 11 September ervaar voordat daar teen Sadam
opgetree word?
As hy niks verbloem nie, waarom laat hy die die VN-inspekteurs toe om dit te
bevestig nie?
Wat is Bush se ware rede om Irak aan te val - as hy dan kwansuis oor geen
"bewyse" beski nie?
Ek vra maar net aangesien die dreigende oorlog die petrolprys verder kan
bedonder.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Irak? [boodskap #66300 is 'n antwoord op boodskap #66290] |
Sun, 15 September 2002 12:23   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
Dis juis om die bewyse te bekom wat
> die inval geregverdig kan word - indien daar niks is nie is daar tog geen
> rede om inspekteurs toegang te weier nie.
> Of hoe?
Die Irakse argument teen die uitgooi van die laaste
klomp inspekteurs was dat hulle spioene was. Dit word
nou deur sommige toegegee dat sommige van hulle wel
daardie funksie vervul het.
Mens wonder hoekom Scott Ritter, een van die leiers
van die vorige inspekteurs en baie anti-Saddam toe, nou
skielik 'n ander deuntjie sing.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Oorlog skep nooit groei nie [boodskap #66357 is 'n antwoord op boodskap #66347] |
Mon, 16 September 2002 10:06   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wouter
Jy is reg dat die wenner van 'n oorlog wel ekonomies kan
wen, Jonas. Wel, jy is minstens in teorie reg. Maar dan is dit
grootliks ten koste van die verloorder.
En in die praktyk is die oorwinnaar se koste en skade baie
groter as dit wat hy kan hoop om te wen. Die prys waarvoor
geveg word is eerder veiligheid van die land se mense (soos
hier teen vrese van 'n kernaanval van Sadam) of nasionale ego.
Die VSA-leiers het goeie ekonomies adviseurs. Ek is oortuig
dat die ekonomiese argument nie in die besluit van 'n oorlog
inkom nie, behalwe in die negatiewe sin, om die koste van 'n
oorlog te beperk. Die gewaande ekonomiese voordele word
agterna voorgehou, maar dis propoganda, bullshit baffling brains.
"Jonas" skryf in boodskap news:3d855832$0$18848@hades.is.co.za...
Wouter. Jammer, ek stem nie saam met die vergelyking "sloot grawe" en
"oorlog ekonomie" nie - dit is ietwat simplisties.
Daarvolgens laat die herverdeling van oa grondstowwe uit berekeninbg na die
oorlog - in ooreenstemming met die behoeftes van die oorwinnaar.
My mening is dat (feitlik) alles wat die VSA internasionaal van stapel stuur
primer afgestem is op die bevoordeling van die VSA-ekonomie. Ook in die
huidige geval van Irak. Die detail is my, en jou, ongelukkig nie beskore
nie.
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d84fac1.0@news1.mweb.co.za...
> I. Hate Telkom: .
> Oorlog was nog altyd 'n katalisator vir ekonomiese groei
> in die VSA. Dit vat darm so paar jaar, maar die groei is
> konstant daar. So ekonomiese groei is ook 'n doelwit.
>
> Wouter
> Oorlog is geen katalisator vir ekonomiese groei nie, dis 'n
> katalisator vir besteding. Jy kan dieselfde effek kry deur
> slote te grawe en dit dan weer toe te gooi. Jy verloor net
> minder lewens.
>
> 'n Oorlog mag die idee skep dat dit beter gaan, omdat die
> staat geld in sirkulasie pomp. Maar dit stimuleer inflasie,
> nie groei nie.
>
> 'n Beter manier om dieselfde welvaartsgevoel te skep is om
> belastings te verlaag en staatsuitgawes aan bv. infrastruktuur
> te verhoog. Dit pomp ook geld in sirkulasie, maar het minstens
> 'n kans om 'n basis vir ekonomiese groei te skep.
|
|
|
|
|
|
Re: Irak? [boodskap #66620 is 'n antwoord op boodskap #66603] |
Mon, 23 September 2002 03:28   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Chrisjolette wrote:
> Nou waar dink jy kom al onse Bruinmense (of Kleurlinge soos julle ons
> noem) dan vandaan? Lyk vir my na `n pretty goeie mengsel van wit en
> swart.
Du Plessis, jy word nou net
plein boring.
Tant Hessie van Soekmekaar
|
|
|
|
|
Re: Irak? [boodskap #66651 is 'n antwoord op boodskap #66603] |
Mon, 23 September 2002 12:33   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Chrisjolette wrote:
> Nou waar dink jy kom al onse Bruinmense (of Kleurlinge soos julle ons
> noem) dan vandaan? Lyk vir my na `n pretty goeie mengsel van wit en
> swart.
So hoe gaan dit deedae met jou
praktisering van die Boeddhisme,
du Plessis?
Tant Hessie van Waterval Onder en
Waterval Boven en die lugspasie
tussenin.
|
|
|
Re: Irak? [boodskap #66686 is 'n antwoord op boodskap #66275] |
Tue, 24 September 2002 14:22   |
Oom Gert die \"d
Boodskappe: 28 Geregistreer: September 2002
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Emmy,
Ek wil nie met jou stry om sommer net te stry nie. Jy kom te veel oor as 'n
oulike dame, maar hoe sal ek en jy nou werklik weet wat Bush weet of nie
weet nie. As alles oop was, was daar mos geen rede vir lande se nasionale
intelligensie dienste nie. Ek dink Bush het rede om Saddam vas te vat, al
is dit net vir olie. Kom ek vra jou 'n vraag. As jy die president van
Amerika was en jou land se voortbestaan as wêreldmoontheid hang af van die
olie wat jy in 'n grond gebied kan kry wat beheer word deur iemand soos
Saddam, sou jy nie die geleentheid gebruik het om hom uit te haal nie. Dit
is miskien vreeslik selfsugtig, maar uit Amerika se oogpunt is daar dalk
(buiten die militêre oorwegings) ook ekonomiese redes vir hul optrede. Ek
hoop net ek kom nooit in hul pad nie.
As ek die leier is van 'n land en my land se sekuriteit of voortbestaan word
bedreig deur iemand soos Saddam sal ek hom met liefde uithaal.
Laastens sal ek moet afsluit met die gedagte rondom wat Bush weet of nie
weet nie. Wat weet ek en jy regtig? Ons moet maar die leiers van die
westerse wêreld vertrou. Ek is nie 'n aanhanger van die ander kulture nie,
so ek hou my maar by dit wat ek gemaklik mee is. Net omdat iemand ongemaklik
gaan wees a.g.v my gemak nie, beteken glad nie ek moet nou maar myself
ongemaklik maak vir hom nie. Die feit is dat kulture bots vir daardie
eenvoudige rede. Dis of die een of die ander.
Die status quo in die wêreld is egter besig om te verbrokkel en die dag
waarop jy of jou seuns hulle keuse gaan moet maak is dalk nader as wat jy
dink.
Ek hoop jy verstaan wat ek bedoel.
Cheers
"emmy" skryf in boodskap news:3d832f85$0$87562$8fcfb86b@news.wanadoo.nl...
>
> Rosie schreef in berichtnieuws
> alunle$bhq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek dink Bush het baie meer rede om Irak aan te val, maar dat die wereld 'n
>> bietjie terugstaan vir Amerika se "agressie". Dis jammer, want al hoe meer
>> getuienis dui daarop dat Hussein betrokke is by Hosana Ben Ladin se
>> optredes.
>
> Er is nog geen bewijs .......Bush heeft geen enkel bewijs laten zien bij
> zijn
> toespraak aan de VN
> Wat doet die aanval met de rest van de wereld.. misschien beter is om de
> oppositie sterker te steunen.
> Er zijn nog veel vragen te beantwoorden..
>
>
> grt emmy
>
>>
>>
>>
>> "Jonas" wrote in message
>> news:3d821174$0$18842@hades.is.co.za...
>> Moet die VSA eers 'n tweede 11 September ervaar voordat daar teen Sadam
>> opgetree word?
>> As hy niks verbloem nie, waarom laat hy die die VN-inspekteurs toe om
dit
> te
>> bevestig nie?
>> Wat is Bush se ware rede om Irak aan te val - as hy dan kwansuis oor geen
>> "bewyse" beski nie?
>> Ek vra maar net aangesien die dreigende oorlog die petrolprys verder kan
>> bedonder.
>>
>
|
|
|
|
|
Re: Irak? [boodskap #66729 is 'n antwoord op boodskap #66628] |
Wed, 25 September 2002 21:14  |
Chrisjolette
Boodskappe: 38 Geregistreer: June 2002
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Jong ongelukkig kon ek dit nie self aanskou nie aangesien ek by die
WVO in Sandton was.
"Annette"
> Weet jy, ek het net hierdie naweek gewonder wat van jou geword het, en of jy
> iets te doen gehad het met die Groenes wat jou werkplek beklim het?
> Annette
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 03:52:28 UTC 2025
|