Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Kontrak " deur D.J. OPPERMAN
" Kontrak " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #66232] Vr, 13 September 2002 00:49 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

D.J. Opperman
Kontrak

U het die wêreld oopgeskiet
tot grot en gramadoela;

toe die blaar en riet,
U arbeiders, gestuur; wortels
wat nederig werk, die mier
wat stokkies dra
en beitelpunt van die rivier.

U droom met dinamiet
en laat aan arbeiders
die besonderhede en verdriet.
Re: " Kontrak " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #66282 is 'n antwoord op boodskap #66232] Sa, 14 September 2002 19:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Tik jy die ou rympies oor uit jou Afrikaanse Groot Verseboek wat jy in
Matriek in 'n Gratis Wit Apartheid Skool gekry het, of skên jy dit sommer op
jou PieSie?

--
Groete, Francois Human

Geldmaak is prettig (en vinnig) by Free Store Club! Kry 'n Gratis Internet
"SUPER STORE!" Groot besparings! Groot inkomste! Dis Nuut, Gratis en dis
HOT!
http://soois.freestoreclub.com

Earning is fast and fun with Free Store Club! Get an online SUPER STORE
FREE! Start saving BIG! Start earning BIG! It's NEW, FREE, and HOT!
http://soois.freestoreclub.com
skryf in boodskap news:3D8136CA.7040900@rogers.com...
> D.J. Opperman
> Kontrak
>
> U het die wêreld oopgeskiet
> tot grot en gramadoela;
>
> toe die blaar en riet,
> U arbeiders, gestuur; wortels
> wat nederig werk, die mier
> wat stokkies dra
> en beitelpunt van die rivier.
>
> U droom met dinamiet
> en laat aan arbeiders
> die besonderhede en verdriet.
>
Re: " Kontrak " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #66285 is 'n antwoord op boodskap #66282] Sa, 14 September 2002 20:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
anri schramm[1]  is tans af-lyn  anri schramm[1]
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 2002
Karma: 0
Volle Lid
Ek het ook al daaroor gewonder, Gloudina, want party is nogal vrek lank!
Anri

Francois Human wrote:
> Tik jy die ou rympies oor uit jou Afrikaanse Groot Verseboek wat jy in
> Matriek in 'n Gratis Wit Apartheid Skool gekry het, of skên jy dit sommer op
> jou PieSie?
>
> --
> Groete, Francois Human
>
> Geldmaak is prettig (en vinnig) by Free Store Club! Kry 'n Gratis Internet
> "SUPER STORE!" Groot besparings! Groot inkomste! Dis Nuut, Gratis en dis
> HOT!
> http://soois.freestoreclub.com
>
> Earning is fast and fun with Free Store Club! Get an online SUPER STORE
> FREE! Start saving BIG! Start earning BIG! It's NEW, FREE, and HOT!
> http://soois.freestoreclub.com
> skryf in boodskap news:3D8136CA.7040900@rogers.com...
>
>> D.J. Opperman
>> Kontrak

>> U het die wêreld oopgeskiet
>> tot grot en gramadoela;

>> toe die blaar en riet,
>> U arbeiders, gestuur; wortels
>> wat nederig werk, die mier
>> wat stokkies dra
>> en beitelpunt van die rivier.

>> U droom met dinamiet
>> en laat aan arbeiders
>> die besonderhede en verdriet.

>
Re: " Kontrak " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #66286 is 'n antwoord op boodskap #66282] Sa, 14 September 2002 23:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Francois Human wrote:

> Tik jy die ou rympies oor uit jou Afrikaanse Groot Verseboek wat jy in
> Matriek in 'n Gratis Wit Apartheid Skool gekry het, of skên jy dit sommer op
> jou PieSie?
>
> --
> Groete, Francois Human
>
> Geldmaak is prettig (en vinnig) by Free Store Club!

Kom ons gebruik nou hierdie pos om 'n
psigologiese analise te maak van die
ene Francois Human. Hy praat van "die ou
rympies." Dit is nou 'n tipiese
manier waarop 'n sekere soort liggewig
persoonlikheid iemand anders probeer
afkraak deur iets, wat hy met daardie
persoon assosieer, af te kraak. So, hy hou
blykbaar nie van my nie, nou kraak hy die
Afrikaanse digkuns af. Vergeet nou van die
feit dat hy hierdeur Leipoldt en Opperman
en dié snare afkraak.
Ek vind dit egter interessant dat hy praat
van die "gratis wit apartheidskool." Ja, in
daardie dae toe alle witvelle langs die vleespotte
gesit het, was daar mos volop vir dié wat die
regte velkleur gehad het. Ek hoop egter dat enig-
iemand in SA ook nou gratis skooltoelating
kry in regeringsskole. Of moet almal, letterlik
almal, vir hulle skoolsitplek betaal?
So, vertel ons, François, wat het die Free
Store Club met die prys van eiers te doen?

Gloudina
Re: " Kontrak " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #66288 is 'n antwoord op boodskap #66285] Sa, 14 September 2002 23:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

anri schramm wrote:

> Ek het ook al daaroor gewonder, Gloudina, want party is nogal vrek lank!
> Anri
>
> Francois Human wrote:
>
>> Tik jy die ou rympies oor uit jou Afrikaanse Groot Verseboek wat jy in
>> Matriek in 'n Gratis Wit Apartheid Skool gekry het, of skên jy dit
>> sommer op
>> jou PieSie?

As Francois Human enigsins geweet het van die
inhoude van die Groot Verseboeke, dan sou hy
geweet het dat ek dit nie alles uit Groot Verse-
boeke kan kry nie.
Die eintlike waarheid is dat ek 'n taamlike
groot versameling van Afrikaanse gedigte op ons
rekenaar het. Dit is oor baie jare versamel. 'n
hele klomp van hierdie gedigte het ek self ingetik.
Maar daar is ook baie wat vir my deur mense aangestuur
is. My eerste kennismaking met Gert Vlok Nel was
byvoorbeeld deurdat iemand vir my sorgvuldig sy baie
eienaardige soort Afrikaans en lettertekens uit sy
eerste bundel uitgetik het en dit vir my aangestuur
het.
Nou onlangs het ek begin om van 'n site (waarvan
iemand vir my laat weet het) direk gedigte op die nuusgroep
oor te plaas. Vandaar die taamlike lang gedigte, Anri.

Gloudina
Re: " Kontrak " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #66292 is 'n antwoord op boodskap #66286] So, 15 September 2002 11:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hehehe!

Ek het gewonder watter interressante en oulike stywe bolip antwoord ek sou
kry van iemand wat haarself ooglopend as superieur beskou. Ek moet sê ou
gloudina'kie dat jy my stoutste verwagtinge oortref het, veral in die pynlik
korrekte gebruik van die "ç" in my naam. Wat die free store club betref, my
diepste apologie. Ek het vergeet van die ou signatuurtjie wat outomaties
uitgaan saam met my e-pos en moes dit verwyder het.

Wees gerus, ek sal elke nou en dan my brandewyn-drinkende boerewors-etende
kultuurloosheid hier ten toon stel, al is dit ook net om te probeer om jou
meer te irriteer as wat ek reeds doen! :-)

--
Groete, Francois Human

skryf in boodskap news:3D83C09B.4090007@rogers.com...
>
> Francois Human wrote:
>
>> Tik jy die ou rympies oor uit jou Afrikaanse Groot Verseboek wat jy in
>> Matriek in 'n Gratis Wit Apartheid Skool gekry het, of skên jy dit sommer op
>> jou PieSie?
>>
>> --
>> Groete, Francois Human
>>
>> Geldmaak is prettig (en vinnig) by Free Store Club!
>
>
> Kom ons gebruik nou hierdie pos om 'n
> psigologiese analise te maak van die
> ene Francois Human. Hy praat van "die ou
> rympies." Dit is nou 'n tipiese
> manier waarop 'n sekere soort liggewig
> persoonlikheid iemand anders probeer
> afkraak deur iets, wat hy met daardie
> persoon assosieer, af te kraak. So, hy hou
> blykbaar nie van my nie, nou kraak hy die
> Afrikaanse digkuns af. Vergeet nou van die
> feit dat hy hierdeur Leipoldt en Opperman
> en dié snare afkraak.
> Ek vind dit egter interessant dat hy praat
> van die "gratis wit apartheidskool." Ja, in
> daardie dae toe alle witvelle langs die vleespotte
> gesit het, was daar mos volop vir dié wat die
> regte velkleur gehad het. Ek hoop egter dat enig-
> iemand in SA ook nou gratis skooltoelating
> kry in regeringsskole. Of moet almal, letterlik
> almal, vir hulle skoolsitplek betaal?
> So, vertel ons, François, wat het die Free
> Store Club met die prys van eiers te doen?
>
> Gloudina
>
Re: " Kontrak " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #66308 is 'n antwoord op boodskap #66292] So, 15 September 2002 12:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Francois Human wrote:

Ek moet sê ou
> gloudina'kie dat jy my stoutste verwagtinge oortref het, veral in die pynlik
> korrekte gebruik van die "ç" in my naam.

Hoekom die onnatuurlike verkleinwoord vir my
naam, ou Françoisietjie? Ja-nee jong, tant
Hessie is omge-ellie, tot die laaste cedilla,
kapittel en vers.

Tant Hessie van die Derde Republiek
se taalbeweging.
Re: " Kontrak " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #66310 is 'n antwoord op boodskap #66292] So, 15 September 2002 12:55 Na vorige boodskap
Kawa  is tans af-lyn  Kawa
Boodskappe: 24
Geregistreer: Augustus 2002
Karma: 0
Junior Lid
On Sun, 15 Sep 2002 13:01:20 +0200, "Francois Human"
wrote:

>
> Wees gerus, ek sal elke nou en dan my brandewyn-drinkende boerewors-etende
> kultuurloosheid hier ten toon stel, al is dit ook net om te probeer om jou
> meer te irriteer as wat ek reeds doen! :-)

Dit is (ek dink) die derde keer wat ek hier inloer
en nog steeds is niks anders nie. Behalwe vir
'n spammer wat meer mense irriteer as wat hy
dink. Is jy een van daardie mense wat my epos
so oorlaai met 'spamming'?

"SUPER STORE!" Groot besparings! Groot inkomste! Dis Nuut, Gratis en
dis
HOT!
http://francois_se_spaaming.com

FREE! Start saving BIG! Start earning BIG! It's NEW, FREE, and HOT!
http://francois_spamming.com
Vorige onderwerp: " Jy was 'n kind " deur NP van WYK LOUW
Volgende onderwerp: " Die Slamaierwinkel " deur C. LOUIS LEIPOLDT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 09:02:38 MGT 2024