Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Jy was 'n kind " deur NP van WYK LOUW
" Jy was 'n kind " deur NP van WYK LOUW [boodskap #66144] Di, 10 September 2002 01:43
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

N.P. van Wyk Louw
Jy was 'n kind

Jy was 'n kind, en al die helder wete
van bloed en maagdelikheid was in jou oë;
jou liefde was 'n suiwer-afgemete
deel van jou aardse blydskap, en die hoë
gang van jou hare en borste teen die wind
was skugter met 'n ver, óu aardse vrees;
jy het die weg van alle vreug gevind,
en waar jy was, moet altyd vreugde wees.
Daarom is jy (in duistere vermoede),
soos in die aarde donker waters staan,
in al my dink, in al my dowwe woede
teen mens-wees en die lot, in al my waan
van mooier dinge, en menslike verdriet:
'n laaste kuil van stilte tussen riet.
Vorige onderwerp: " Attribute " deur CHARL- PIERRE NAUDE
Volgende onderwerp: " Kontrak " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 10:20:42 MGT 2024