Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Nuus uit die binneland " deur PETER BLUM
" Nuus uit die binneland " deur PETER BLUM [boodskap #66077] Sa, 07 September 2002 02:07 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Peter Blum
Nuus uit die binneland
Vir Dirk Opperman

Soms in die winter as die reën sag stuif
op grasperke, dig en diep soos 'n tapyt -
as hy die rotsige bergreeks wegskuif
agter 'n misgordyn - as voor die ruit
popliere, eike en kastaiingbome
saamvloei, en ons versink in blaargroen drome
terwyl ons oor 'n ou beskawing lees -
dan gryp die onwerklikheid ons met die loop
van waters wat kalmeer, en in die gees
vou grys en sat die graafskap Surrey oop.

Soms in 'n najaarsdag se skemerty
stap ons in 'n stil straatjie en gewaar
deur 'n ou bolig, kunstig uitgesny
in vlegtende patroon van druif en blaar,
die lig van verre dae: Ons word gesluk
soos deur 'n mond; die luiterse getik
van 'n ou horlosie vervang ons ontstoke
harte se ritme in die kamerhoek,
en ons gestaltes kwyn tot stywe spoke
in die vernislaag van 'n Delftse doek.

Maar as die bergwind so rukkerig waai
en tussen ons rondkrap soos 'n stok
in 'n miershoop - in die palms blaai
nes 'n barbaar in 'n keurige boek -
dan is ons rillend buite alle mure
wat ons opstapel in redelike ure
met doel en plan -
ruik ons droogte en brand, en gerug
van sprinkaan, aardbewing en oproer
op daardie skroeiende binnelandse lug
- dan, dan
weet ons op watter vasteland ons boer.
Re: " Nuus uit die binneland " deur PETER BLUM [boodskap #66095 is 'n antwoord op boodskap #66077] Sa, 07 September 2002 19:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3D796000.7010706@rogers.com...
> Peter Blum
> Nuus uit die binneland
> Vir Dirk Opperman
>
> Soms in die winter as die reën sag stuif
> op grasperke, dig en diep soos 'n tapyt -
> as hy die rotsige bergreeks wegskuif
> agter 'n misgordyn - as voor die ruit
> popliere, eike en kastaiingbome
> saamvloei, en ons versink in blaargroen drome
> terwyl ons oor 'n ou beskawing lees -
> dan gryp die onwerklikheid ons met die loop
> van waters wat kalmeer, en in die gees
> vou grys en sat die graafskap Surrey oop.
>
> Soms in 'n najaarsdag se skemerty
> stap ons in 'n stil straatjie en gewaar
> deur 'n ou bolig, kunstig uitgesny
> in vlegtende patroon van druif en blaar,
> die lig van verre dae: Ons word gesluk
> soos deur 'n mond; die luiterse getik
> van 'n ou horlosie vervang ons ontstoke
> harte se ritme in die kamerhoek,
> en ons gestaltes kwyn tot stywe spoke
> in die vernislaag van 'n Delftse doek.
>
> Maar as die bergwind so rukkerig waai
> en tussen ons rondkrap soos 'n stok
> in 'n miershoop - in die palms blaai
> nes 'n barbaar in 'n keurige boek -
> dan is ons rillend buite alle mure
> wat ons opstapel in redelike ure
> met doel en plan -
> ruik ons droogte en brand, en gerug
> van sprinkaan, aardbewing en oproer
> op daardie skroeiende binnelandse lug
> - dan, dan
> weet ons op watter vasteland ons boer.

Ontroerend. Hierdie ou weet hoe om met woorde te werk.

Swart Simon
Re: " Nuus uit die binneland " deur PETER BLUM [boodskap #66099 is 'n antwoord op boodskap #66095] So, 08 September 2002 01:17 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Swart Simon wrote:

>> Peter Blum
>> Nuus uit die binneland
>> Vir Dirk Opperman

> Ontroerend. Hierdie ou weet hoe om met woorde te werk.

Ja, Peter Blum was een van die beste
digters in Afrikaans. Jammer dat SA
en Afrikaans hom "verloor" het. Die
regering van SA het hom nooit toegelaat
om burger te word nie, en hy is uiteinde-
lik Engeland toe waar hy dan ook dood is.
J.C. Kannemeyer het 'n baie interessante
boek oor hom geskryf: "Wat het geword van
Peter Blum? Die speurtog na die Steppewolf."
Hy is in 1925 in Duitsland gebore en is in
1990 in Engeland dood.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN
Volgende onderwerp: " Aftelrympie" deur PETER BLUM
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 10:55:45 MGT 2024