Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Aftelrympie" deur PETER BLUM
" Aftelrympie" deur PETER BLUM [boodskap #66100] So, 08 September 2002 01:24
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Peter Blum
Aftelrympie

My plaas se naam is Kleinbegin:
met God se hulp sal ek oorwin.

My plaas se naam is L'Avenir:
ek swaai my sweep met krag en swier.

My plaas se naam is Vyandsvlei:
buurman se rook, bly ver van my.

My plaas se naam is Skoongesig:
en saans maak ek die hortjies dig.

My plaas se naam is Rusmysiel:
maar voor my draadhek rol 'n wiel.

My plaas se naam is Vredendal:
die bergstroom torring aan sy wal.

My plaas se naam is Luiperdkom:
alreeds begin die werkvolk brom.

My plaas se naam is Nooitgedag:
dit lyk my ek oorskat my krag.

My plaas se naam is Droëbult:
die oes word minder, meer die skuld.

My plaas se naam is Moedverloor:
op 'n diep kliplaag breek my boor.

My plaas se naam is Kansverbeur:
'n stal se bouval noem my Seur.

Allesverloren is my plaas:
Leë murasies noem my Baas.
Vorige onderwerp: " Nuus uit die binneland " deur PETER BLUM
Volgende onderwerp: " Attribute " deur CHARL- PIERRE NAUDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 18:41:59 MGT 2024