Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Ouma Baai maak heuningbier " deur GEORGE WEIDEMAN
" Ouma Baai maak heuningbier " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #65936] Ma, 02 September 2002 19:27 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

George Weideman
Ouma Baai maak heuningbier

In hierdie onvaste uur
tussen slaap en wakkerword
is my geheue sonderling opgeskort:
Langs die steier brand 'n asbosvuur;

'n koningstor kom agter sy gebrom
padlangs aangesnor, bokke blêr
hul voersak tegemoet en die môrester
raak weg in die dieptes van 'n sonneblom.

Onder 'n karos op die steierkis
staan, sorgsaam toegemaak
en stilweg deur die werfhond bewaak,
'n boepenskom met !kharib en gis.

'n Dolende engel, gelok deur die geur,
sweef rakelings verby die waenhuisdeur.
Re: " Ouma Baai maak heuningbier " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #65953 is 'n antwoord op boodskap #65936] Di, 03 September 2002 07:28 Na vorige boodskap
anri schramm[1]  is tans af-lyn  anri schramm[1]
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 2002
Karma: 0
Volle Lid
Pragtige beelde!

anri

@rogers.com wrote:
> George Weideman
> Ouma Baai maak heuningbier
>
> In hierdie onvaste uur
> tussen slaap en wakkerword
> is my geheue sonderling opgeskort:
> Langs die steier brand 'n asbosvuur;
>
> 'n koningstor kom agter sy gebrom
> padlangs aangesnor, bokke blêr
> hul voersak tegemoet en die môrester
> raak weg in die dieptes van 'n sonneblom.
>
> Onder 'n karos op die steierkis
> staan, sorgsaam toegemaak
> en stilweg deur die werfhond bewaak,
> 'n boepenskom met !kharib en gis.
>
> 'n Dolende engel, gelok deur die geur,
> sweef rakelings verby die waenhuisdeur.
>
Vorige onderwerp: " Pa-Wees " deur KOOT PIETERSE
Volgende onderwerp: " Geskiedenisles " deur GEORGE WEIDEMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 07:40:17 MGT 2024