Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Villanelle " deur BREYTEN BREYTENBACH
" Villanelle " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #65604] Do, 22 Augustus 2002 02:55 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

VILLANELLE
(vir Paul Verlaine)
Breyten Breytenbach

wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
is hierdie dwase onskuld nog nie genoeg gestraf?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

ver het jy geloop, verloop, jou voeteval die wande
wat die swartspore hou van jou drome se draf
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?

veel het jy gesien, die glimlag wat met tande
in die ruimte byt, maar die spuiteinde lag was laf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

dood het jy in jou asem geproe, die amandel
smaak van miere, bouende aan die donker, af
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?

en oor al jou landskappe kruip die brande
van die ysseisoen, ons dae is wit al kaf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

skryf, skryf, pronker, soos 'n eendvoël rou om die rande
sy snoerspoor moet borduur om die graf:
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
Re: " Villanelle " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #65606 is 'n antwoord op boodskap #65604] Do, 22 Augustus 2002 09:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3D64533D.9050803@rogers.com...

> VILLANELLE
> (vir Paul Verlaine)
> Breyten Breytenbach

Jy het al dié ene gepos, meisie. Het jy enige ander villanelle daar
by jou (behalwe die ene wat ek geskryf het)?
Re: " Villanelle " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #65612 is 'n antwoord op boodskap #65606] Do, 22 Augustus 2002 18:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Voetleuce wrote:

> Jy het al dié ene gepos, meisie. Het jy enige ander villanelle daar
> by jou (behalwe die ene wat ek geskryf het)?

Kom ons hou so 'n festivaltjiee van villanelles.
Stuur weer die een wat jy geskryf het. En
ek pos wat ek het (wat nie baie is nie.)
En vertel van die baba. Kruip hy al?

Gloudina
Re: " Villanelle " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #65618 is 'n antwoord op boodskap #65612] Vr, 23 Augustus 2002 08:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3D65350F.2080605@rogers.com...

> Voetleuce wrote:

>> Jy het al dié ene gepos, meisie. Het jy enige ander villanelle daar
>> by jou (behalwe die ene wat ek geskryf het)?

> Kom ons hou so 'n festivaltjiee van villanelles.
> Stuur weer die een wat jy geskryf het. En
> ek pos wat ek het (wat nie baie is nie.)
> En vertel van die baba. Kruip hy al?

Die baba gaan't goed. Ek neem my elke week voor om nóg foto's te neem
en dit op die net te pos. Hy groei al lekker. Hy eet vaste kossies
en kan al regop sit en kan al op sy maag draai en oor 'n paar weke
gaan hy kruip en ek het nog nie 'n wendyhuis gekoop om al my SKERP
gereedskap wat op die VLOER staan in te stoor nie. :-)
Re: " Villanelle " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #65621 is 'n antwoord op boodskap #65618] Vr, 23 Augustus 2002 19:39 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Voetleuce wrote:

Hy groei al lekker. Hy eet vaste kossies
> en kan al regop sit en kan al op sy maag draai en oor 'n paar weke
> gaan hy kruip

Ja, as hy eers begin kruip dan is jou rus
verby. En wag, wanneer hulle eers met hulle
skerp ogies miniskule klein goedjies op die
vloer sien en dit dan in hulle mond wil sit.
So een uit elke vyf besluit darem om die
ding vir jou te gee.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Ou Foto " deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: " Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 03:50:22 MGT 2024