Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » JAAP of JAAPIE
JAAP of JAAPIE [boodskap #65454] Do, 15 Augustus 2002 20:26 na volgende boodskap
Dingus  is tans af-lyn  Dingus
Boodskappe: 187
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hi,

Kan iemand vertel my wat die beteken is vir die word Jaap of Jaapie is?

Waar ek woon noem hulle al ons Suid Afrikaaners Jaapies.

Ek is nou al hier oor die fyf jaar. Ek is 'n Englespreekende Suid Afrikaaner
dis hoekom my taal en spel hier nie soo goed is nie - jammer.

Al die jaare wat ek in Suid Afrika gewoon het het ek nooit gewonder wat to
beteekening was van die word.

Ek het getdink miskien dit is 'n boer wat soos 'n bobbejaan lyk of soo iets?

Cheers,

Dingus.
Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65455 is 'n antwoord op boodskap #65454] Do, 15 Augustus 2002 22:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dingus.
Kan iemand vertel my wat die beteken is vir die word Jaap of Jaapie is?
Waar ek woon noem hulle al ons Suid Afrikaaners Jaapies.
Ek is nou al hier oor die fyf jaar. Ek is 'n Englespreekende Suid Afrikaaner
dis hoekom my taal en spel hier nie soo goed is nie - jammer.
Al die jaare wat ek in Suid Afrika gewoon het het ek nooit gewonder wat to
beteekening was van die word.
Ek het getdink miskien dit is 'n boer wat soos 'n bobbejaan lyk of soo iets?

Wouter
'n Japie is 'n agterlike, eenvoudige persoon. 'n Simpleton.
Waar woon jy, Dingus?
Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65457 is 'n antwoord op boodskap #65455] Vr, 16 Augustus 2002 00:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Dingus.
> Kan iemand vertel my wat die beteken is vir die word Jaap of Jaapie is?
> Waar ek woon noem hulle al ons Suid Afrikaaners Jaapies.
> Ek is nou al hier oor die fyf jaar. Ek is 'n Englespreekende Suid Afrikaaner
> dis hoekom my taal en spel hier nie soo goed is nie - jammer.
> Al die jaare wat ek in Suid Afrika gewoon het het ek nooit gewonder wat to
> beteekening was van die word.
> Ek het getdink miskien dit is 'n boer wat soos 'n bobbejaan lyk of soo iets?
>
> Wouter
> 'n Japie is 'n agterlike, eenvoudige persoon. 'n Simpleton.
> Waar woon jy, Dingus?

Ek neem altyd aan "Dingus" trek ons been
en is eintlik 'n Afrikaans-sprekende en
bly in SA. Hoekom is die naam in sy epos
Frik en dit eindig op za?
Maar miskien bly hy tog in Australië.
Ons Dictionary of South African English
sê die volgende oor JAPIE.
n. colloquial. See plaas-, jaap en gawie.
Also Australian term for a S. African
(acc. to some also Brit.)
Ek neem aan "japie" is ook 'n woord in
Nederlands wat dieselfde beteken ('n agteraf
persoon.) Ek wonder egter hoe dit in
Australië beland het. Daar was baie Australiese
soldate in die Tweede Boere-oorlog in SA, so
hulle kon dit daar opgetel het. Maar hoekom het
hulle die woord "japie" opgetel? Is dit 'n woord
wat die Engelse soldate met wie hulle saamgeveg
het, sou gebruik het? Ek kan nie sê dat ek dié
benaming vir Afrikaners teveel onder die Engelse
in SA gehoor het nie.
Ek neem aan die woord Japie kom van die naam
Jakobus. Maar hoekom dit in Nederlands gebruik
word vir 'n agteraf persoon, is vir my duister.
Ek het die Engelse "jape" nageslaan in die woorde-
boek, maar dit het 'n oorsprong uit ou-Frans en
Latyn.

Gloudina
Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65460 is 'n antwoord op boodskap #65455] Vr, 16 Augustus 2002 01:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dingus woon in Australië- hulle skeidsregters dink ons rugbyspelers is
japies, en dan blaas hulle soos japies ...

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d5c2448.0@news1.mweb.co.za...
> Dingus.
> Kan iemand vertel my wat die beteken is vir die word Jaap of Jaapie is?
> Waar ek woon noem hulle al ons Suid Afrikaaners Jaapies.
> Ek is nou al hier oor die fyf jaar. Ek is 'n Englespreekende Suid Afrikaaner
> dis hoekom my taal en spel hier nie soo goed is nie - jammer.
> Al die jaare wat ek in Suid Afrika gewoon het het ek nooit gewonder wat to
> beteekening was van die word.
> Ek het getdink miskien dit is 'n boer wat soos 'n bobbejaan lyk of soo iets?
>
> Wouter
> 'n Japie is 'n agterlike, eenvoudige persoon. 'n Simpleton.
> Waar woon jy, Dingus?
>
Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65463 is 'n antwoord op boodskap #65455] Vr, 16 Augustus 2002 03:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat van Japie my Skapie?
Ek dink Japie is die naam wat alle Suid-Afrikaners genoem word - soos wat
ons van die Engelse praat as Rooinekke, Australiërs as Mathildas en die van
NZ as skaap******.
Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d5c2448.0@news1.mweb.co.za...
> Dingus.
> Kan iemand vertel my wat die beteken is vir die word Jaap of Jaapie is?
> Waar ek woon noem hulle al ons Suid Afrikaaners Jaapies.
> Ek is nou al hier oor die fyf jaar. Ek is 'n Englespreekende Suid Afrikaaner
> dis hoekom my taal en spel hier nie soo goed is nie - jammer.
> Al die jaare wat ek in Suid Afrika gewoon het het ek nooit gewonder wat to
> beteekening was van die word.
> Ek het getdink miskien dit is 'n boer wat soos 'n bobbejaan lyk of soo iets?
>
> Wouter
> 'n Japie is 'n agterlike, eenvoudige persoon. 'n Simpleton.
> Waar woon jy, Dingus?
>
Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65464 is 'n antwoord op boodskap #65455] Vr, 16 Augustus 2002 04:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dingus  is tans af-lyn  Dingus
Boodskappe: 187
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wouter, ek is in NZ.

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3d5c2448.0@news1.mweb.co.za...
> Dingus.
> Kan iemand vertel my wat die beteken is vir die word Jaap of Jaapie is?
> Waar ek woon noem hulle al ons Suid Afrikaaners Jaapies.
> Ek is nou al hier oor die fyf jaar. Ek is 'n Englespreekende Suid Afrikaaner
> dis hoekom my taal en spel hier nie soo goed is nie - jammer.
> Al die jaare wat ek in Suid Afrika gewoon het het ek nooit gewonder wat to
> beteekening was van die word.
> Ek het getdink miskien dit is 'n boer wat soos 'n bobbejaan lyk of soo iets?
>
> Wouter
> 'n Japie is 'n agterlike, eenvoudige persoon. 'n Simpleton.
> Waar woon jy, Dingus?
>
Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65465 is 'n antwoord op boodskap #65454] Vr, 16 Augustus 2002 04:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dingus  is tans af-lyn  Dingus
Boodskappe: 187
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dankie almal - ek sien die word is JAPIE en nie JAAPIE nie.

Ek het gedink dat die word was (engels "derogatory") - en het dit nie
ge-like het as hulle vir ons Japies noem.

Miskien is die nie soo sleg nie!

Cheers,

Dingus.

PS: Onthou - 'n Dingus is 'n wonderlikke ding.

Dingus skryf in boodskap news:3gU69.5272$hk3.991435@news.xtra.co.nz...
> Hi,
>
> Kan iemand vertel my wat die beteken is vir die word Jaap of Jaapie is?
>
> Waar ek woon noem hulle al ons Suid Afrikaaners Jaapies.
>
> Ek is nou al hier oor die fyf jaar. Ek is 'n Englespreekende Suid Afrikaaner
> dis hoekom my taal en spel hier nie soo goed is nie - jammer.
>
> Al die jaare wat ek in Suid Afrika gewoon het het ek nooit gewonder wat to
> beteekening was van die word.
>
> Ek het getdink miskien dit is 'n boer wat soos 'n bobbejaan lyk of soo iets?
>
> Cheers,
>
> Dingus.
>
Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65470 is 'n antwoord op boodskap #65464] Vr, 16 Augustus 2002 07:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jaap is in Nederland gewoon een veelvoorkomende voor naam
Japie wordt dan gezegd als ze kind zijn volwassenen worden Jaap genoemd.

Men zegt ook wel ...
Wat een jaap van een wond ( grote bezering diepe snee ) of wat een jaap van
een vis ( grote vis gevangen)

grt emmy

Dingus schreef in berichtnieuws
4p%69.5382$hk3.1003532@news.xtra.co.nz...
> Wouter, ek is in NZ.
>
> Wouter Plaasvark wrote in message
> news:3d5c2448.0@news1.mweb.co.za...
>> Dingus.
>> Kan iemand vertel my wat die beteken is vir die word Jaap of Jaapie is?
>> Waar ek woon noem hulle al ons Suid Afrikaaners Jaapies.
>> Ek is nou al hier oor die fyf jaar. Ek is 'n Englespreekende Suid
> Afrikaaner
>> dis hoekom my taal en spel hier nie soo goed is nie - jammer.
>> Al die jaare wat ek in Suid Afrika gewoon het het ek nooit gewonder wat to
>> beteekening was van die word.
>> Ek het getdink miskien dit is 'n boer wat soos 'n bobbejaan lyk of soo
> iets?
>>
>> Wouter
>> 'n Japie is 'n agterlike, eenvoudige persoon. 'n Simpleton.
>> Waar woon jy, Dingus?
>>
>
Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65471 is 'n antwoord op boodskap #65470] Vr, 16 Augustus 2002 08:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ik wist niet dat men ZA japie noemde ;-))zoals NL kaaskoopen genoemd worden
Misschien waren onder de eerste Nederlanders in de zuid kaap velen die Jaap
als voornaam hadden.

grt emmy

emmy schreef in berichtnieuws
3d5ca8a4$0$5478$8fcfb86b@news.wanadoo.nl...
> Jaap is in Nederland gewoon een veelvoorkomende voor naam
> Japie wordt dan gezegd als ze kind zijn volwassenen worden Jaap genoemd.
>
> Men zegt ook wel ...
> Wat een jaap van een wond ( grote bezering diepe snee ) of wat een jaap van
> een vis ( grote vis gevangen)
>
> grt emmy
>
>
> Dingus schreef in berichtnieuws
> 4p%69.5382$hk3.1003532@news.xtra.co.nz...
>> Wouter, ek is in NZ.
>>
>> Wouter Plaasvark wrote in message
>> news:3d5c2448.0@news1.mweb.co.za...
>>> Dingus.
>>> Kan iemand vertel my wat die beteken is vir die word Jaap of Jaapie is?
>>> Waar ek woon noem hulle al ons Suid Afrikaaners Jaapies.
>>> Ek is nou al hier oor die fyf jaar. Ek is 'n Englespreekende Suid Afrikaaner
>>> dis hoekom my taal en spel hier nie soo goed is nie - jammer.
>>> Al die jaare wat ek in Suid Afrika gewoon het het ek nooit gewonder wat to
>>> beteekening was van die word.
>>> Ek het getdink miskien dit is 'n boer wat soos 'n bobbejaan lyk of soo iets?
>>>
>>> Wouter
>>> 'n Japie is 'n agterlike, eenvoudige persoon. 'n Simpleton.
>>> Waar woon jy, Dingus?
>>>
>>
>
Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65473 is 'n antwoord op boodskap #65465] Vr, 16 Augustus 2002 09:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dingus"
Dankie almal - ek sien die word is JAPIE en nie JAAPIE nie.
Ek het gedink dat die word was (engels "derogatory") - en het dit nie
ge-like het as hulle vir ons Japies noem.
Miskien is die nie soo sleg nie!

Wouter
Die woord is beslis neerhalend, Dingus. Maar darem nou ook
nie 'n vieslike skelwoord nie, dit impliseer bloot dat jy 'n
bietjie "backward" is. Ek vermoed dit is 'n verkorting van
plaasjapie, wat 'n term is wat ook soms neerhalend gebruik
word vir 'n plattelandse persoon. Dis dus 'n SA woord,
waarskynlik sonder wortels in ons stamtale, want die woorde
plaa(t)s in Nederlands en platz in Duits het sover ek weet 'n
bietjie van 'n ander gebruik as net 'n boereplaas.

Dingus
Wouter, ek is in NZ.

Wouter
Ja, ek het gesien jy pos van Telecom Xtra in NZ, maar het
gewonder as gevolg van die za in jou "adres". Dankie.
Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65478 is 'n antwoord op boodskap #65463] Vr, 16 Augustus 2002 10:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ons noem algemeen mense wat op plase bly, plaasjapies en dit het niks met
agterlikheid te doen nie. Net so noem die plaasbewoners die dorpsbewoners,
dorpsjapies. Dis sommer 'n bynaam om 'n algemene naam te gee aan 'n groep,
veral kinders. Die Duitsertjies het ons Japies genoem en ons het hulle
Blokkoppe genoem.......die duurste haarsnit want jy skeer om 4 kante!

"Annette" skryf in boodskap news:ajhsa9$1bhgnt$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Wat van Japie my Skapie?
> Ek dink Japie is die naam wat alle Suid-Afrikaners genoem word - soos wat
> ons van die Engelse praat as Rooinekke, Australiërs as Mathildas en die van
> NZ as skaap******.
> Annette
>
>
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3d5c2448.0@news1.mweb.co.za...
>> Dingus.
>> Kan iemand vertel my wat die beteken is vir die word Jaap of Jaapie is?
>> Waar ek woon noem hulle al ons Suid Afrikaaners Jaapies.
>> Ek is nou al hier oor die fyf jaar. Ek is 'n Englespreekende Suid Afrikaaner
>> dis hoekom my taal en spel hier nie soo goed is nie - jammer.
>> Al die jaare wat ek in Suid Afrika gewoon het het ek nooit gewonder wat to
>> beteekening was van die word.
>> Ek het getdink miskien dit is 'n boer wat soos 'n bobbejaan lyk of soo iets?
>>
>> Wouter
>> 'n Japie is 'n agterlike, eenvoudige persoon. 'n Simpleton.
>> Waar woon jy, Dingus?
>>
>
Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65490 is 'n antwoord op boodskap #65473] Vr, 16 Augustus 2002 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hantam:
Heeltemal korrek Wouter. Indien iemand my 'n Japie sou noem "in my gesig"
sou ek hom verseker bliksem. Daar is natuurlik ook die gebruik om na iemand
te verwys as 'n "Frikkie." No pun intended. Dit het dieselfde betekenis.

> Wouter
> Die woord is beslis neerhalend, Dingus. Maar darem nou ook
> nie 'n vieslike skelwoord nie, dit impliseer bloot dat jy 'n
> bietjie "backward" is.
Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65491 is 'n antwoord op boodskap #65490] Vr, 16 Augustus 2002 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Op bustoere in Europa word al die SA-ners Japies genoem, en ons aanvaar dit
so - geen sin in om elke dag te begin met 'n bakleiery nie;))
Annette

"Globalrider" skryf in boodskap news:u0879.10119$xL5.33964@news-server.bigpond.net.au...
> Hantam:
> Heeltemal korrek Wouter. Indien iemand my 'n Japie sou noem "in my gesig"
> sou ek hom verseker bliksem. Daar is natuurlik ook die gebruik om na iemand
> te verwys as 'n "Frikkie." No pun intended. Dit het dieselfde betekenis.
>
>> Wouter
>> Die woord is beslis neerhalend, Dingus. Maar darem nou ook
>> nie 'n vieslike skelwoord nie, dit impliseer bloot dat jy 'n
>> bietjie "backward" is.
>
Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65494 is 'n antwoord op boodskap #65471] Vr, 16 Augustus 2002 17:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"emmy" schreef...
> Ik wist niet dat men ZA japie noemde ;-))zoals NL kaaskoopen genoemd worden
> Misschien waren onder de eerste Nederlanders in de zuid kaap velen die Jaap
> als voornaam hadden.

Amper soos al die Jan Keese in New York?

Groete,
Arthur
Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65495 is 'n antwoord op boodskap #65455] Vr, 16 Augustus 2002 17:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> 'n Japie is 'n agterlike, eenvoudige persoon. 'n Simpleton.

Hier in SA word soms na ons Afrikaners verwys as "Rock spiders" of
sommer net "Rocks." Dis hoekom hulle nou op sommige plekke daardie
padteken by uitgrawings, wat wwarsku teen die gevaar van vallende
klippe, as voetgangersoorgange gebruik. "Rocks crossing Road." Sien?

Drom
Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65514 is 'n antwoord op boodskap #65491] Sa, 17 Augustus 2002 19:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Op bustoere in Europa word al die SA-ners Japies genoem

Ek vind hierdie verskynsel baie interessant.
Ek kan nie sê dat ek nog ooit dié ondervinding
gehad het nie, maar dan het ek ook nie in die
afgelope dekade of twee op bustoere gegaan waar
ek ander toeriste ontmoet het nie. Want ek neem
aan dat dit nie die Europeërs self is wat die
woord "japie" gebruik nie, maar dat dit heelwaar-
skynlik van Australiërs en New Zealanders af kom.
Ek sal graag wil weet hoe dit in hulle Engels
beland het. Want ek dink nie dat in al my dae
in SA, toe ek meestal met Engelssprekendes saamge-
werk het, enigiemand vir my 'n japie probeer
noem nie.
My beste raaiskoot is dat dit in die Boere-oorlog
was waar die Australiese magte die woord opgetel het.
Die Dictionary of South African English dui aan dat
-japie- in die konteks van "plaasjapie" in SA Engels
gebruik word, maar dat dit ook in Australiese Engels
is vir 'n Suid-Afrikaner.

Gloudina
Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65515 is 'n antwoord op boodskap #65494] Sa, 17 Augustus 2002 19:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Arthur wrote:

> Amper soos al die Jan Keese in New York?

Ja. Ek wonder hoeveel Amerikaners weet
wanneer hulle uitgeskel word vir "Yankees"
dat hulle uitgeskel word vir Nederlanders.

Gloudina
Rock Spider [boodskap #65523 is 'n antwoord op boodskap #65495] So, 18 Augustus 2002 18:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Drom
Hier in SA word soms na ons Afrikaners verwys as "Rock spiders" of
sommer net "Rocks."

Wouter
Hairyback, Rock spider en Rock is terme wat waarskynlik almal in
die Oos-Kaap ontstaan het, veral in die Oos-Londen omgewing.

Die gemeenskappe daar was sterk Engelssprekend en omtrent die
enigste Afrikaners wat destyds daar was, was dié wat deur die
Spoorweë (en in 'n mindere mate die polisie) soontoe gestuur is.
Die spoorweë was destyds grootliks Afrikaans en die Engelse
gemeenskappe het neergesien op die Afrikaanssprekende
Spoorwegwerkers, wat 'n gemeenskap op hulle eie gevorm het
en grootliks eenkant in spoorweghuise gewoon het.

Vandaar die neerhalende name, wat vandag nog plek-plek reg
deur die land gebruik word

Kyk hier vir voorbeelde van "Rock spider speak" :-)
http://www.watkykjy.co.za/wkj3/slang.htm
Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65524 is 'n antwoord op boodskap #65491] So, 18 Augustus 2002 18:30 Na vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Hantam:
> Heeltemal korrek Wouter. Indien iemand my 'n Japie sou
noem "in my gesig" sou ek hom verseker bliksem.

Annette
Op bustoere in Europa word al die SA-ners Japies genoem,
en ons aanvaar dit so - geen sin in om elke dag te begin met
'n bakleiery nie;))

Wouter
Dis ook nie nodig om elke dag te baklei nie, as jy hulle die
eerste dag goed genoeg opdonner is dit nooit weer nodig nie :-)

Meer ernstig, as 'n uitlander my 'n japie noem, sal ek hom laat
verstaan dat dit 'n belediging is. As hy daarmee aangaan, gaan
ek hom iets baie erger noem.
Vorige onderwerp: Nuwe SA Juweeltjies
Volgende onderwerp: Onthou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 14:42:26 MGT 2024