Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Marchand
Marchand [boodskap #64778] Vr, 12 Julie 2002 19:24 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Iewers het jy die naam Marchand genoem, dus neem ek aan jy het daar of
daar naby grootgerword. Ken jy die Engelse? Nou bedoel ek nie
Engelse van die Britse soort nie, maar mense met die van Engels? Die
familienaam onder die mans was nogal Elias, dink ek. Dis die familie
wat die Kalhari-gemsbokpark vir jare beheer het, twee van hulle
namekaar, beide genaamd Elias as ek reg onthou. Dis hulle wat jare
lank leeus wat na Botswana en Suidwes toe afgedwaal het op die rug van
'n kameel gaan terugjaag het. Ystermense!

Ek en een van die jonger (!) Eliase het op dieselde dag op dieselfde
plek begin werk Hy is redelik gou getroud met 'n meisie wat ook van
daai wêreld af kom, een van so iets soos sewe susters. Vertel hy my
eendag die volgende storie: Pa het die lot dogters vir die
skoolvakansie op Upington gaan haal en toe hulle al naby die plaas
kom, dis al donker, loop vrek die bakkie. Pa is uit met die slinger
(dit was nog een van daai soort) en begin slinger, maar Ma en die
dogters kom nie reg met die clutch en die petrol as dit nou lyk asof
daar lewe wil kom nie. Na 'n ruk toe is Pa nou al natgesweet, die
bakkie se ligte brand nog en Pa is nou nie juis bekend vir sy
eindelose geduld nie. Hy staan toe so entjie terug met die slinger en
sê, "Jou bliksem, dan staan jy nog vir my en ky ook!", en woeps!
woeps! slaan hy altwee die ligte stukend!

Drom
Re: Marchand [boodskap #64785 is 'n antwoord op boodskap #64778] Sa, 13 Julie 2002 02:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> Iewers het jy die naam Marchand genoem, dus neem ek aan jy het daar of
> daar naby grootgerword. Ken jy die Engelse?

Nee, ek kan nie mense onthou met die van
Engels nie.
Marchand is 'n klein dorpie tien myl wes
van Kakamas, waar die hoërskool is waar ek
skoolgegaan het. Upington was dus ons naaste
taamlike groot dorp. My pa het ons so eenkeer
elke jaar na Upington geneem waar ons vir 'n
nag of twee in een van die plaaslike hotelle
gebly het, en na 'n goeie fliek gaan kyk het.
Al wat ek van Upington onthou as kind, is hoe
lekker die polonie daar gesmaak het. Ek dink
nie ons kon op daardie stadium polonie in
Kakamas kry nie.

Gloudina
Re: Marchand [boodskap #64791 is 'n antwoord op boodskap #64785] Sa, 13 Julie 2002 06:46 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hrrmmm! My antie, nou het ek jou presies geplaas! Ek weet van daai
gemeenskap....en vir 'n hoërskoolkind onthou jy darem min?
skryf in boodskap news:3D2F90E2.1060108@rogers.com...
>
> Drom wrote:
>
>
>> Iewers het jy die naam Marchand genoem, dus neem ek aan jy het daar of
>> daar naby grootgerword. Ken jy die Engelse?
>
> Nee, ek kan nie mense onthou met die van
> Engels nie.
> Marchand is 'n klein dorpie tien myl wes
> van Kakamas, waar die hoërskool is waar ek
> skoolgegaan het. Upington was dus ons naaste
> taamlike groot dorp. My pa het ons so eenkeer
> elke jaar na Upington geneem waar ons vir 'n
> nag of twee in een van die plaaslike hotelle
> gebly het, en na 'n goeie fliek gaan kyk het.
> Al wat ek van Upington onthou as kind, is hoe
> lekker die polonie daar gesmaak het. Ek dink
> nie ons kon op daardie stadium polonie in
> Kakamas kry nie.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Mugabe en Afrika
Volgende onderwerp: Nog Mugabe.......
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 25 23:35:14 MGT 2024