Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog Mugabe.......
Nog Mugabe....... [boodskap #64796] Sa, 13 Julie 2002 07:45
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek gesels annerdag met 'n ervare IDB-speurder oor diamantsmokkelary.
Meeste mense het mos maar die idee dat diamantesmokkel baie keer meer 'n
geleentheid eerder as 'n misdaad is. Baie sal jou vertel dat as hy net die
kans kry, sal hy net vir EEN keer die kans vat om die nodige skop te kry tot
finansiële utopia, maar dan kry almal mos nie die kans nie, hm?
Die ou vertel toe vir my dat die mense wat so gesels, pomp net warm lug
want hulle het nie 'n idee waaroor dit gaan nie. Hy sê daar kom 'n dag in
elkeen se lewe waar jy 'n krisis-karakterbesluit moet neem: Laat jou
gewete jou toe tot kriminele optrede of nie? Vat jy daai paadjie, dan is
jy 'n misdadiger, 'schluss' en klaar. Daar bestaan nie die storie van net
een keer smokkel nie. As jy een keer die vrug van maklike inkomste gesmaak
het, die volgende keer as jy 'n krisis het, dan doen jy dit weer.
My pappie-goed het altyd gesê dat g'n mens kan vir seker sê hy's nie 'n
dief voor hy nie ordentlik voor 'n versoeking geplaas is nie. Dit is so
dat seker maklik 95% van mense op kantoor 'n pen of uitveër sal kan vaslê en
nie 'n oog daaroor knip nie, maar sê jy kom op 'n ongeluk af waar 'n ou dood
langs die pad lê met g'n mens in sig nie en in die kar vind jy 'n tas met 'n
miljoen in kontant in? Sal jy vat, of los?
Dit bring my by Mugabe en ander Afrikaleiers. Een en elke Afrikaland
ondervind 'n misdaadgolf na onafhanklikheid en binne die regerings self, is
bedrog aan die orde van die dag. Hoekom? Is dit nie dalk omdat die
sogenaamde vryheidsvegters buite die wet moes gaan om hulle sin te kry nie?
Nou, na die stryd gewonne is, ondervind hulle probleme met hierdie
skeidingslyn tussen reg en verkeerd. Weet hulle enigsins nog waar daardie
lyn getrek is?
Ek dink dit gaan Afrika nog 'n verdere 30 - 50 jaar vat voor die
bevolking sal stabiliseer. Die groot vraag is natuurlik net hoeveel gaan
oor wees na Mugabe, Nujoma en hul agterryers hulleself blinkvet geoes het?
Vorige onderwerp: Marchand
Volgende onderwerp: ek verlang na .......
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 10:42:31 MGT 2024