Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Was bietjie weg
Was bietjie weg [boodskap #64420] |
Mon, 01 July 2002 20:39  |
De Waal Venter
Boodskappe: 62 Geregistreer: April 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Was so bietjie weg.
Sien julle is nog net soos die ou omie wat in die dominee se studeerkamer
aandagtig na die Laaste Avondmaal staan en kyk.
Dominee is besig om die nuutste ringsittng se reëlings te tref. Sit hy die
foon neer.
"Gaats dominees! Dominees weet, van die ou lot issit nog net generaal Beyers
wat ek kan herken"
Ek en Hanlie had so 'n bietjtie die warme water by Motagu gaan "vat". Vir
'n hele 4 dae. Tog te heerlik. Die wolkies kom so oor die berg aangerol,
en dan sak jy net tot by jou kennebak weg in die warm water. Netnou dan
raak die warm te erg, en dan lig jy maar net so bietjie op.
Lekker rondgery ook. My Pa het altyd van "gatskuur" gepraat as iemand
sommer net so ry om te kan ry.
Van Montagu af oor die Oubergpas (grondpad) na Touwsrivier gery. 'n Ander
wêreld gesien. Mooi kleinkaroo veld gesien en geruik.. Stilgehou en daai
kruie ruik van die wye wêreld ingeasem tot jy later lighoofdig was. Hier
langs die pad loop 'n merino ooi met haar drieling lammers. Stertjies wip so
wit teen die lig en blêr-blêr die drie-saam al agter ma-goed aan. En om die
draai is sommer nog baie van hulle. Ons hou stil, en ek en Hanlie herinner
ons aan ons kinderdae met pa's wat lammertroppe met valkoë dopgehou het.
Elke ooi se gesig geken het, en sommer fyn kon oplet watter ooi haar lam
weggegooi het. Pa's wat met sulke armsvol lammers by die agterdeur aankom
op 'n koue wintersoggend, en dan staan ons 'ma' vir die klein spul. In 'n
boks kom die swakkes. Voor die Aga, en sommer gou-gou is Ma se heiligdom pa
se skaapkraal soos die koortjie blêr agter honger pensies. Ma't dit sien
kom, en is al besig om melk warm te maak. Koeldrankbottels en tiete word
uitgetoor en skoongemaak vir "haar" troppie! Later is dit ons "joppie" om
die boks skoon te maak, "ander stink my kombuis na kraal"
Verder gery van ons herinneringe af en net om die volgende draai agter 'n
sommer so gewone koppie lê die vlakte wyd en sien jy die toekoms veertien
verder aankom. Dan sien jy dis 90 kilometer na Montagu en wieweet hoe ver
nog na Touwsrivier?
So krul die pad om koppies, en reguit skiet-soos-met-geweer tot daar oor die
leegte. Eindelik sien ons Touwrivier. Maar die stasie waar daar eens
treine was, is leeg ne verval. Die huise langs die spoor vervalle en
gekraak. Mens sien sommer dwarsdeur een tot agter in die agterplaas waar
gras kieliebak hoog verdroog staan. En jy wonder hoekom dit so moet wees.
En jy wonder oor die mese wat hir gewoon het. Waar's hulle nou? Hoeveel is
hier nie gelag of gehuil nie. En wat sou daai ou peperboom kon vertel as hy
maar kon praat?
Dan draai ons regs en moet om 'n ander ou se bakkie ry, want hy's besig om
sy sake sommer so in die middel van die pad uit te praat... Links en regs en
skeilik isdie grootpad daar. en jy draai links af Kaap se kant toe. Die
treine van Touwsrivier se fluite is nie meer. Net die leë spore. En jy
onwillekeurig dink aan Lochner de Kock en Richard van der Westhuizen se
liedjie: "Tussen treine"
By Matroosbergstasie draai ons weer links af. Oor die kop en rant, en af
deur die Koo tot in die Keisie. Hel maar dis steil afdraende daar. Tussen
daai gevormde rotsformasies van die berge weerskante lê die vallei met sy
wingerde en boorde, en net agter die kop is dit net karoo en
renosterbossies. En jy weet: Hier had die Skepper ook sy hand van goedheid
kom uitgiet, maar in Sy bepaalde maat en perk. So mooi die middagson se
skyn teen die vrugteboom en wingerdtok wat al amper al hul blare verloor
het.
'n Lorrie kom van vooraf aan. Kreunend reeds. Swaar gelaai, en hy moet nog
die koppe agter ons uit. Drywers wat hul ry moet ken, want vir omdraai is
die plek maar effensrig.
Teen die bergkop oorkant jou 'n paadjie teen die rant uitgekrap oor rots en
klip en amperse riviertjies om bo te kom. en daar 'n boerdery te kan hê.
Verseker is dit mense wat net sout van die aarde kan wees wat daar 'n lewe
maak. En vra jy hom dan sal hy dit vir niks verruil. "My Pa't hier geboer,
sy Pa en Oupa voor hom, en Oorgrootjie het die plek van sy Pa ge-erf. Waar
gaan ek dan heen. Dis mos waar ek hoort."
Later die aand oordink Hanlie en ek die dag se gesigte en lê lui-lui
teenmekaar, en laat die warme waters van geneesing ons siele streel en laaf
en al die kwellings van die dag dryf weg, stroomaf. Weg. Hoekom moet mens
dit dan tog weer gan probeer terughaal? Nee wat! ons los hul daar, en
vergeet van hulle. Môre het weer genoeg van sy eie.
Opgepak en teruggekom, en toe kla sy van 'n pyn en naar: Kortom: Hospitaal
toe was haar voorland, en onder die mes moes sy deur. Eierstokke was
onsteek of watookal Anette (kaapse een) sal weet. Sy's mos die 'nurse' hier?
In elk geval sy's weer tuis. En sterk mooi aan. Praat al reeds van ons
volgende pad om die koppie oor die rant, oor die vlakte deur die leegte,
verby daai mooiste verste blouste berg.
Thys (byrrie huis, waa da anners?)
|
|
|
|
Re: Was bietjie weg [boodskap #64427 is 'n antwoord op boodskap #64422] |
Tue, 02 July 2002 07:28   |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: January 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dis waar, geen ander sintuig kan my so gou terugneem na 'n tyd en plek in
die verlede as juis my neus nie. Gelukkig is ek bedeel met 'n grote. Neus,
bedoel ek.
Tussen Knysna en Sedgefield is daar ook so 'n bos wat 'n mens van die pad
af kan ruik. Mens ruik dieselfde bos ook in die Glentana-gebied, en dis dalk
een en dieselfde bos wat m&bm by Stilbaai ruik. Ek verbeel my toe ek ruik
dit ook op 'n knop hier in die Baai, en toe ek 'n boffin by UPE vra, seg hy
dis 'n sogenaamde "blombos". Hy't selfs vir my 'n foto en 'n fênsie naam
gestuur.
"me & bobby magee" skryf in boodskap news:B59U8.25553$Hj3.78957@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "Thys de Wet" wrote in message
> news:3d20bde9.0@news1.mweb.co.za...
>> Was so bietjie weg.
>>
>> Stilgehou en daai
>> kruie ruik van die wye wêreld ingeasem tot jy later lighoofdig was.
>
> Welkom terug, Thys! Ek het die vertelling geniet en sommer so saam gery...
> Is dit nie snaaks hoe sommige geure mens dadelik diep in die verlede
> terugneem nie. As ek byvoorbeeld een spesifieke deodorant tuik, is ek terug
> in kamer 107, Stellenbosch...
>
> En dan is daar so 'n spesiale bossie - kruie of wat ook al, ek kon nog nooit
> uitvind wat dit is nie. Dié reuk is so skerp net wanneer mens die
> Stilbaai-afdraaipad neem - dis ons Jongensfontein reuk. Ons klomp kinners
> in Pa se kar het altyd ons koppe by die venster uitgehang om dit eerste te
> ruik... En is dit nou nie verstommend nie: dieselfde geur asem ons elke
> oggend hier in op pad werk toe, en dan is ek sommer weer terug daar.
> Nostalgies en sentimenteel, maar wonderlik.
>
|
|
|
|
|
Re: Was bietjie weg [boodskap #64454 is 'n antwoord op boodskap #64422] |
Wed, 03 July 2002 10:01   |
|
Oorspronklik gepos deur:
Ons het ook altyd die bossies geruik Me, ek verbeel my mens kon dit ruik
net duskant Riversdal al, maar veral
sterk op die Stilbaai pad. Dit was ook altyd n komptesie
onder die mense in die motor om te sien wie kon eerste die rivier sien (Ek
dink dis nou die Kuilsrivier, die ander naam is genadelik weggelaat) , want
die pad het soveel bulte, styltes en draaie, dat die afwagting gewoonlik
groot was. En dan skielik sien jy die groot blou rivier doer onder in die
vallei . . . dit was altyd magic. En daardie slagter in die groen gebou
(Droëvlakte?) waar mens altyd eers gestop het vir skaap en boerewors. Ek
hoop om weer Desember daar te wees.
Pop
"me & bobby magee" skryf in boodskap news:B59U8.25553$Hj3.78957@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "Thys de Wet" wrote in message
> news:3d20bde9.0@news1.mweb.co.za...
>> Was so bietjie weg.
>>
>> Stilgehou en daai
>> kruie ruik van die wye wêreld ingeasem tot jy later lighoofdig was.
>
> Welkom terug, Thys! Ek het die vertelling geniet en sommer so saam gery...
> Is dit nie snaaks hoe sommige geure mens dadelik diep in die verlede
> terugneem nie. As ek byvoorbeeld een spesifieke deodorant tuik, is ek terug
> in kamer 107, Stellenbosch...
>
> En dan is daar so 'n spesiale bossie - kruie of wat ook al, ek kon nog nooit
> uitvind wat dit is nie. Dié reuk is so skerp net wanneer mens die
> Stilbaai-afdraaipad neem - dis ons Jongensfontein reuk. Ons klomp kinners
> in Pa se kar het altyd ons koppe by die venster uitgehang om dit eerste te
> ruik... En is dit nou nie verstommend nie: dieselfde geur asem ons elke
> oggend hier in op pad werk toe, en dan is ek sommer weer terug daar.
> Nostalgies en sentimenteel, maar wonderlik.
>
|
|
|
|
|
|
Re: Was bietjie weg [boodskap #64519 is 'n antwoord op boodskap #64494] |
Fri, 05 July 2002 08:43   |
T de Wet
Boodskappe: 446 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Haai nee Anette,
Ek't g'n daai probleme nie. Nog nooit gehad vir die afgelope 20 jaar nie!
Toe ek vir daai "joppie" hospitaal toe is, toe moet ek die aand voor die
operasie in die hospitaal inklok. Matrone kom kyk, gee orders oor waar wat
nou alles hoe geskeer moet word.
Twee jong boere lê ook daar met knieoperasies en gips wat die hele bed vol
lê. Vra die een vir my waarvoor ek daar is.
"Ek gaan my laat steriliseer" sê ek so half-skaam.
"Nee o hel oom, daar laat ek nie aan my sny nie!" is sy vinnige (en manlike)
antwoord.
"Boer jy met skaap?" wil ek weet.
"Ja oom"
"Het jy koggel ramme?" vra ek.
Nou eers gou 'n storie binne-in 'n storie:
'n Koggelram is 'n gesteriliseerde ram. Let wel, nie geskastreer nie. Hy't
nog al sy 'tools' om die jop te doen, maar soos Anette gesê het: Aflewerings
word gemaak maar dis net leë bokse wat afgelewer word.
Ewenwel, die oogpunt met skaapboerdery is om die ooie se lamperiode so kort
as moontlik te maak. Dit kan net gebeur as die ooie almal binne 'n kort
periode bronstig word, en dus gedek kan word.
Dis nou waar die koggelramme inkom. Jy sit die koggelramme saam met daai
ooie, en dan word elke koggelram het 'n borsharnas aan. Die harnas kom om
sy bors en word soos 'n voorskoot om die nek en oor die rug vasgemaak. Die
gedeelte voor die bors het soiets soos 'n stempelkussing aan, en dié word
met stempelkussing ink deurdrenk. Soos die ooie nou bronstig raak en
toelaat dat die ramme hulle dek, word die ooi se kruis nou met die ink
'gemerk', en jy vang hulle dan uit en sit hulle by die regte ramme.
Sodoende lam die ooie almal binne 'n week of twee, want hulle is almal in 'n
week of twee gedek.
Terug by die hospitaal:
"Nou ja, ek gaan my soos 'n koggelram laat maak" is my antwoord, net om die
ou gerus te stel dat ek nou nie die kroonjuwele alles gaan laat verwyder
nie...
"Nee dis OK oom" en hy huiwer so 'n rukkie, en hy haak af:
"Maar ek sal darem wragtag nie laat hulle my 'n harnas aansit nie!"
Vroulief herstel goed. Nog effens teer en gevoelig, maar darem op die been.
Al maak ek die tee en koffie...
Kosmaak is nie 'n probleem nie. Ons gemeente vriende het so gereël dat ons
vir 'n week lank elke dag 'n gekookte ete ontvang. My dogter het vir my die
leviete voorgelees dat ek nie "vir Ma engiets moet laat doen nie, want die
kos is gereël" En ons eet heerlik...
Nouja, terug oppie Bos is die ram aan't voortgaan met sy werk...
Thys
"Annette" skryf in boodskap news:ag1l1n$ieb6q$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> hehehe en hahaha - julle is net jaloers - want na ons operasie is ons
> sportsmodelle, terwyl julle na jul operasie meestal 'n emosionele probleem
> het:)))
> Ek weet nou nog nie hoekom ek nie op 17 die operasie kon kry toe ek daarvoor
> gevra het nie;))
> Annette
|
|
|
Re: Was bietjie weg [boodskap #64520 is 'n antwoord op boodskap #64519] |
Fri, 05 July 2002 08:53   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Toe ek inboek, toe vra hulle vir my vir wat ek daar is - toe sê ek: om te
rus:)))
Toe kom hulle met 'n pamfletjie en vra my hoe ek emosioneel daaroor voel, en
ek vertel hulle ek is verlig:))
Al wat ek verkeerd gedoen het is om die dag na die operasie aan die ander
dames wat op dieselfde dag as ek opereer is te gaan grappies vertel, sodat
ek nie hoef te lag nie.
Twee moes toe weer steke kry - sjym:))
Ek het net seker gemaak ek bestuur nie vir 6 weke nie - en dit het so goed
gegaan, ek moet nog teruggaan vir die opvolgondersoek - volgende jaar 10
jaar later:)
Hierdie koggelramstorie was nou mooi - dat die ooie hulle nou so kon laat
vang;))
Annette
skryf in boodskap news:ag3m87$sin$1@news.adamastor.ac.za...
> Haai nee Anette,
>
> Ek't g'n daai probleme nie. Nog nooit gehad vir die afgelope 20 jaar nie!
>
> Toe ek vir daai "joppie" hospitaal toe is, toe moet ek die aand voor die
> operasie in die hospitaal inklok. Matrone kom kyk, gee orders oor waar wat
> nou alles hoe geskeer moet word.
>
> Twee jong boere lê ook daar met knieoperasies en gips wat die hele bed vol
> lê. Vra die een vir my waarvoor ek daar is.
> "Ek gaan my laat steriliseer" sê ek so half-skaam.
> "Nee o hel oom, daar laat ek nie aan my sny nie!" is sy vinnige (en manlike)
> antwoord.
> "Boer jy met skaap?" wil ek weet.
> "Ja oom"
> "Het jy koggel ramme?" vra ek.
>
> Nou eers gou 'n storie binne-in 'n storie:
> 'n Koggelram is 'n gesteriliseerde ram. Let wel, nie geskastreer nie. Hy't
> nog al sy 'tools' om die jop te doen, maar soos Anette gesê het: Aflewerings
> word gemaak maar dis net leë bokse wat afgelewer word.
> Ewenwel, die oogpunt met skaapboerdery is om die ooie se lamperiode so kort
> as moontlik te maak. Dit kan net gebeur as die ooie almal binne 'n kort
> periode bronstig word, en dus gedek kan word.
> Dis nou waar die koggelramme inkom. Jy sit die koggelramme saam met daai
> ooie, en dan word elke koggelram het 'n borsharnas aan. Die harnas kom om
> sy bors en word soos 'n voorskoot om die nek en oor die rug vasgemaak. Die
> gedeelte voor die bors het soiets soos 'n stempelkussing aan, en dié word
> met stempelkussing ink deurdrenk. Soos die ooie nou bronstig raak en
> toelaat dat die ramme hulle dek, word die ooi se kruis nou met die ink
> 'gemerk', en jy vang hulle dan uit en sit hulle by die regte ramme.
> Sodoende lam die ooie almal binne 'n week of twee, want hulle is almal in 'n
> week of twee gedek.
>
> Terug by die hospitaal:
> "Nou ja, ek gaan my soos 'n koggelram laat maak" is my antwoord, net om die
> ou gerus te stel dat ek nou nie die kroonjuwele alles gaan laat verwyder
> nie...
>
> "Nee dis OK oom" en hy huiwer so 'n rukkie, en hy haak af:
> "Maar ek sal darem wragtag nie laat hulle my 'n harnas aansit nie!"
>
> Vroulief herstel goed. Nog effens teer en gevoelig, maar darem op die been.
> Al maak ek die tee en koffie...
>
> Kosmaak is nie 'n probleem nie. Ons gemeente vriende het so gereël dat ons
> vir 'n week lank elke dag 'n gekookte ete ontvang. My dogter het vir my die
> leviete voorgelees dat ek nie "vir Ma engiets moet laat doen nie, want die
> kos is gereël" En ons eet heerlik...
>
> Nouja, terug oppie Bos is die ram aan't voortgaan met sy werk...
>
> Thys
> "Annette" wrote in message
> news:ag1l1n$ieb6q$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> hehehe en hahaha - julle is net jaloers - want na ons operasie is ons
>> sportsmodelle, terwyl julle na jul operasie meestal 'n emosionele probleem
>> het:)))
>> Ek weet nou nog nie hoekom ek nie op 17 die operasie kon kry toe ek daarvoor
>> gevra het nie;))
>> Annette
>
|
|
|
|
Re: Was bietjie weg [boodskap #64526 is 'n antwoord op boodskap #64519] |
Fri, 05 July 2002 11:13   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
> 'n Koggelram is 'n gesteriliseerde ram.
> Dis nou waar die koggelramme inkom. Jy sit die koggelramme saam met daai
> ooie
> Nouja, terug oppie Bos is die ram aan't voortgaan met sy werk...
Ek sidder. Ek sidder, Thys. En ek dink
die jong ooitjies in Stellenbosch moet
gewaarsku word.
Tant Hessie van die voorste van Helsdingens.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Landbou onnies aan PRG [boodskap #64675 is 'n antwoord op boodskap #64661] |
Wed, 10 July 2002 01:01  |
Afro Ozzie
Boodskappe: 37 Geregistreer: December 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek was daar van 1974 - 1978 Prima
A O
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d2ab32e.0@news1.mweb.co.za...
> Jan Ludolph is ook na my tyd. Maar die Swarts ken ek, hulle was
> ongeveer ons bure gewees. Was by oom Dirk (Fiefietol) Swart in die
> klas en het later saam met sy oudste seun Stefan (Blackie) bofbal gespeel.
> Blackie is Springbok Justin Swart se pa.
> Wouter (PRG 1959-63)
>
>
> "Thys de Wet" wrote in message
> news:age2sa$246r$1@news.adamastor.ac.za...
> Na my tyd gewees. Oom Dirk se seun Nelis (Cornelis, soos in DC)
> is nog hier by die US se Fakulteit van Gesondheidswetenskappe.
>
> "Kom nou julle fiefmannetjies..."
> Oom Dirk had altyd die rugby reëlings getref. Dan staan die ou Vrydag
> oggende in die saal en met 'n papiertjie so groot soos 'n sigaretboksie word
> alles afgekondig, aangekondig, onderstreep, beklemtoon en nog wat.. en dan
> die "punch line"; "Bois gremembergg panktoe-êlittie ies de soul ôf
> bissniss!" (Vrydae was saal mos Engels, en dan moes ons almal alles in
> Ignels doen...Tot Chief se gebed was maar die Our Father.)
>
> Watter jare was jy aan die instansie aan die suidekant van die Eerstervier?
>
> Groete
>
> Thys oppie Bos (PRG 67-71)
> "Afro Ozzie" wrote in message
> news:agbsl2$1icg$1@austar-news.austar.net.au...
>> Ja die einste Bird Str. Dit was Jan Ludolph. Die vorige ou was Oom Dirk
>> Swart as ek reg onthou.
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 12:59:37 UTC 2025
|