Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » valve-ease
valve-ease [boodskap #64436] Di, 02 Julie 2002 14:05 na volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
wie onthou nog die dae van valve-ease en al die spares wat jy by
fleishmanns gekoop het. daar is seker nie `n arm ou wat nie so elke
ses maande by fleishmanns `n draai gegooi het om spares te koop om sy
kar te service nie. dis nou voor die dae van computers en sulke
goeters. al wat jy nodig gehad het was punte, plugs, condenser, olie
filter, petrol filter, air filter en vyf liter olie. en dan so elke
nou en dan, so asof jy jou tjorretjie bietjie wil treat, het jy sommer
`n botteltjie Valve-ease ook gekry. dit was nou veronderstel om die
carbon van die valves af te haal. as jy dit ingegooi het, het jy net
een bol rook gesien as jy die kar start.

die ouens met die drie liters het sommer die carbon af gebrand. jy
weet mos, as jy hom so bietjie in die rooi druk om keel skoon te maak.
maar as jy `n ou 1200 datsuntjie gery het moes jy maar op valve-ease
staat maak. maar dis maar soos alles in die lewe, fleishmanns het plek
gemaak vir midas, drive-in vir dstv en datsun vir nissan. die petrol
en olie het nou so baie additives in dat jy nie meer al hierdie ander
goed nodig het nie. ek wonder of die ouens wat by die spoorweg werk
nog steeds hulle eie karre service met spares van midas en die gat in
die exhaust met gungum toe smeer?


Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: valve-ease [boodskap #64437 is 'n antwoord op boodskap #64436] Di, 02 Julie 2002 15:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Skip jy se nou 'n baie interissante ding hier. Ek kan nie onthou dat ek ooit
'n blinklyf motorkar se eienaar 'n blik valve-ease gesien gekoop het nie.
Kan jy jou voorstel dat die besturende direkteur van kom ons se maar Anglo
American ooit in Fleishmanns sou instap en 'n blik valve ease sou koop?

Ek glo nie. Dus is dit maar weereens die armgat wat gevang was met 'n
foefie. Appy dae: V6, een liter brandewyn en twee liter coke. En 'n blik
valve-ease. Maar as jy valve-ease ingegooi het, het jy haar gevat vir 'n
lekker lang trip. Af Durban toe of-so-iets. Klomp appy's met baie kaste
bier, jy maak die tenk vol-vol (ja julle rock die kar so bietjie) en die
laaste pint is die valve-ease. Dan kak sy af Durbs toe. Daai valves is so
skoon gebrand as jy in Durbs aankom soos g'n grinding job ooit kan doen nie.
(Of was hulle?)

Any how een of ander ou het al die pad bank toe gelag - of die carbon nou
van jou valves af is of te not - en 'n klomp fools agter gelos. (nie dat die
Joodse naam enige konnotasie het nie...) Sien: die wat HET sal daaraan
toegevoeg word. Die wat NIE HET NIE sal van weggeneem word.

Hantamkind.

Threeships Mcduck
> wie onthou nog die dae van valve-ease en al die spares wat jy by
> fleishmanns gekoop het.
Re: valve-ease [boodskap #64444 is 'n antwoord op boodskap #64437] Wo, 03 Julie 2002 06:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 02 Jul 2002 15:16:02 GMT, "Hantamkind"
served the following to the group:

> Skip jy se nou 'n baie interissante ding hier. Ek kan nie onthou dat ek ooit
> 'n blinklyf motorkar se eienaar 'n blik valve-ease gesien gekoop het nie.
> Kan jy jou voorstel dat die besturende direkteur van kom ons se maar Anglo
> American ooit in Fleishmanns sou instap en 'n blik valve ease sou koop?
>
> Ek glo nie. Dus is dit maar weereens die armgat wat gevang was met 'n
> foefie. Appy dae: V6, een liter brandewyn en twee liter coke. En 'n blik
> valve-ease. Maar as jy valve-ease ingegooi het, het jy haar gevat vir 'n
> lekker lang trip. Af Durban toe of-so-iets. Klomp appy's met baie kaste
> bier, jy maak die tenk vol-vol (ja julle rock die kar so bietjie) en die
> laaste pint is die valve-ease. Dan kak sy af Durbs toe. Daai valves is so
> skoon gebrand as jy in Durbs aankom soos g'n grinding job ooit kan doen nie.
> (Of was hulle?)
>
> Any how een of ander ou het al die pad bank toe gelag - of die carbon nou
> van jou valves af is of te not - en 'n klomp fools agter gelos. (nie dat die
> Joodse naam enige konnotasie het nie...) Sien: die wat HET sal daaraan
> toegevoeg word. Die wat NIE HET NIE sal van weggeneem word.
>
> Hantamkind.
>

jis, nou dat jy appy dae noem gaan ek weer op `n trip down memory
lane. jy's reg, dit was net die armgatte wat die soort ding gedoen het
in die hoop dat jy nog so paar ekstra myle uit die enjin kan kry
voordat jy ringe en bearings moet doen. ek het ook al gewonder of dit
regtig iets gedoen het maar dit was maar soos `n exhaust sonder `n
silencer, dit klink baie vinnig, all in the head.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: valve-ease [boodskap #64445 is 'n antwoord op boodskap #64444] Wo, 03 Julie 2002 06:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
By 'n garage in Kraaifontein was Valve-ease, na olie, die grootste driveway
verkoper. Daar kan nie so baie mense wees wat met die verkeerde idee
rondloop nie:)))
Nietemin - nadat ek gehelp het om die valves in 'n Merc te vervang ( my
hande was klein genoeg om by die moeilike plekke te kom) het ek besluit ek
sal alles in my vermoë doen om die arme valves se lewe gemakliker te maak:))
Annette

@4ax.com...
> On Tue, 02 Jul 2002 15:16:02 GMT, "Hantamkind"
> served the following to the group:
>
>> Skip jy se nou 'n baie interissante ding hier. Ek kan nie onthou dat ek ooit
>> 'n blinklyf motorkar se eienaar 'n blik valve-ease gesien gekoop het nie.
>> Kan jy jou voorstel dat die besturende direkteur van kom ons se maar Anglo
>> American ooit in Fleishmanns sou instap en 'n blik valve ease sou koop?
>>
>> Ek glo nie. Dus is dit maar weereens die armgat wat gevang was met 'n
>> foefie. Appy dae: V6, een liter brandewyn en twee liter coke. En 'n blik
>> valve-ease. Maar as jy valve-ease ingegooi het, het jy haar gevat vir 'n
>> lekker lang trip. Af Durban toe of-so-iets. Klomp appy's met baie kaste
>> bier, jy maak die tenk vol-vol (ja julle rock die kar so bietjie) en die
>> laaste pint is die valve-ease. Dan kak sy af Durbs toe. Daai valves is so
>> skoon gebrand as jy in Durbs aankom soos g'n grinding job ooit kan doen nie.
>> (Of was hulle?)
>>
>> Any how een of ander ou het al die pad bank toe gelag - of die carbon nou
>> van jou valves af is of te not - en 'n klomp fools agter gelos. (nie dat die
>> Joodse naam enige konnotasie het nie...) Sien: die wat HET sal daaraan
>> toegevoeg word. Die wat NIE HET NIE sal van weggeneem word.
>>
>> Hantamkind.
>>
>
> jis, nou dat jy appy dae noem gaan ek weer op `n trip down memory
> lane. jy's reg, dit was net die armgatte wat die soort ding gedoen het
> in die hoop dat jy nog so paar ekstra myle uit die enjin kan kry
> voordat jy ringe en bearings moet doen. ek het ook al gewonder of dit
> regtig iets gedoen het maar dit was maar soos `n exhaust sonder `n
> silencer, dit klink baie vinnig, all in the head.
>
>
>
>
>
> Threeships Mcduck
> www.mothership.co.za
Re: valve-ease [boodskap #64457 is 'n antwoord op boodskap #64445] Wo, 03 Julie 2002 12:17 Na vorige boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 3 Jul 2002 08:40:41 +0200, "Annette"
served the following to the group:

> By 'n garage in Kraaifontein was Valve-ease, na olie, die grootste driveway
> verkoper. Daar kan nie so baie mense wees wat met die verkeerde idee
> rondloop nie:)))
> Nietemin - nadat ek gehelp het om die valves in 'n Merc te vervang ( my
> hande was klein genoeg om by die moeilike plekke te kom) het ek besluit ek
> sal alles in my vermoë doen om die arme valves se lewe gemakliker te maak:))
> Annette
>

ek verstaan van iemand wat saam met my werk dat mens nog valve-ease
kry. ek het seker maar te fancy geraak daarvoor. ek hoop die valves
waardeer jou moeite.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Vorige onderwerp: Bergrivier
Volgende onderwerp: Re: Facts on Canada
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 18:04:45 MGT 2024