Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bergrivier
Bergrivier [boodskap #64442] Wo, 03 Julie 2002 05:35 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die Bergrivier begin vandag.
Die roeiers sal seker bietjie versigtig wees - die rivier is vol.
Oor die naweek 'n tragedie op die Bergrivier naby Franschhoek - twee kinders
het met hul ma gaan roei - albei kinders het verdrink.
Annette
Re: Bergrivier [boodskap #64455 is 'n antwoord op boodskap #64442] Wo, 03 Julie 2002 11:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
In ons land het die ouens hulle kano's gereed vir die dag as die rivier
afkom.....so eenkeer in 5 jaar. Al gah�r van die Kalahari Canoe Club?

"Annette" skryf in boodskap news:afu2p2$h2u6o$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Die Bergrivier begin vandag.
> Die roeiers sal seker bietjie versigtig wees - die rivier is vol.
> Oor die naweek 'n tragedie op die Bergrivier naby Franschhoek - twee kinders
> het met hul ma gaan roei - albei kinders het verdrink.
> Annette
>
Re: Bergrivier [boodskap #64456 is 'n antwoord op boodskap #64455] Wo, 03 Julie 2002 11:12 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
As hulle kan gholf speel op die Suidpool, dan kan hulle kanoe ry in die
Kalahari::)))

Dit moet net te onbeskryflik vir woorde wees om jou enigste 2 kinders te
verloor in 'n ongeluk waarvoor jyself eintlik die oorsaak van was.
1) Ma en kinders het met die kano ( eintlik 'n opblaasbootsoort) gaan ry
sonder om seker te maak van die vlak van die rivier - alhoewel dit baie
Vrydag en Saterdag gereen het.
2) Daar was net sitplek vir 2 op die kanoe, alhoewel 3 mense daarin was.
3) Nie een van die drie het opblaasbaadjies gedra nie - alhoewel daar
baadjies in die kanoe was.
4) Al drie was sterk swemmers, maar net die ma kon uitkom.

Wys mens maar net - maak nie saak hoe vertroud jy met die omgewing en water
is nie - mens speel nooit met die natuur nie.

Maak nie saak hoe mooi die dag is, en hoe vroeg ons loop nie - ek gaan net
maar nooit op met Tafelberg sonder 'n trui, windbreaker, vuurhoutjies, tou
en bottel water nie.
Ek lyk gewoonlik soos 'n pakdonkie, terwyl al die ander saamloop sonder iets
anders as dit wat hulle aan het.
Ek word gereeld gespot dat ek my dood dra aan goed wat ek nie gebruik nie,
maar dis nou maar net eenmaal so - ek glo as ek nie die nodige voorsorg tref
nie, dan gaan die ongeluk toeslaan.

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3d22d96e.0@news1.mweb.co.za...
> In ons land het die ouens hulle kano's gereed vir die dag as die rivier
> afkom.....so eenkeer in 5 jaar. Al gah�r van die Kalahari Canoe Club?
> "Annette" wrote in message
> news:afu2p2$h2u6o$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Die Bergrivier begin vandag.
>> Die roeiers sal seker bietjie versigtig wees - die rivier is vol.
>> Oor die naweek 'n tragedie op die Bergrivier naby Franschhoek - twee
> kinders
>> het met hul ma gaan roei - albei kinders het verdrink.
>> Annette
>>
>
Vorige onderwerp: hulle is baie persistant
Volgende onderwerp: valve-ease
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 13:03:19 MGT 2024