Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Annette
Annette [boodskap #64268] Do, 27 Junie 2002 06:49 na volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette

is dit waar dat Ratanga Junction toe is, sal dit net 'n paar dae wees? Ons
wou met ons Duitse student, Stephanie daar 'n draai gaan maak.

My skoonsus in George sê die koue is daar. Hoe lyk Kaapstad-omgewing?

Dankie

Shannon
Re: Annette [boodskap #64270 is 'n antwoord op boodskap #64268] Do, 27 Junie 2002 07:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hallo - ja - Ratanga is in hibernation tot November - dis wat die bordjie
sê - maar dit is nie die einde van die wêreld nie - daar is baie ander goed
om na te gaan kyk en doen as om op treintjies op en af te ry:)))
As die student werklik hardup is om te ry - kan hy gaan ry op die enetjie by
GrandWest:)))

Koud is 'n relatiewe begrip - ek slaap nog steeds sonder elektriese kombers,
warmwatersak of winterslakens:))
Die Kaap is altyd mooi - hang net af wat mens se bui is om dit op 'n
spesifieke dag minder mooi te maak.
As die mis nie te laag is nie, en min wind ook - kan julle Tafelberg op
gaan - goedkoper en mooier as Ratanga in elk geval.
Kry by Parke - vra by info by die Stasie - 'n Green Card ( hulle weet niks
van groen kaarte nie;)) )
Dit kos R 265 ( miskien nou bietjie meer) maar met dit kan 2 volwassenes en
2 kinders sommer by 'n klomp plekke gratis of goedkoper ingaan - oa
Tafelberg, Kaap Punt, The Boulders, ens.

Ek sou regtig graag vir jou en jou geselskap wou ontmoet het, maar ek het 'n
ongeluk oorgekom Dinsdag, en tans lyk ek nie eers na iets wat 'n moeder kan
liefhê nie - bepleister van ken tot kuiltjie, en swelsels waar ek nie eers
weet plekke is nie;)))
Stuur vir my 'n e-pos, dan laat weet ek jou my telefoonnommer, sodat ons ten
minste met mekaar kan praat as julle hier is.
Miskien lyk en voel ek oor 'n week of so beter.

Annette

news:3d1ab530.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
>
> is dit waar dat Ratanga Junction toe is, sal dit net 'n paar dae wees? Ons
> wou met ons Duitse student, Stephanie daar 'n draai gaan maak.
>
> My skoonsus in George sê die koue is daar. Hoe lyk Kaapstad-omgewing?
>
> Dankie
>
> Shannon
>
Re: Annette [boodskap #64273 is 'n antwoord op boodskap #64270] Do, 27 Junie 2002 09:08 Na vorige boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf in boodskap news:afefrd$ds9a4$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Hallo - ja - Ratanga is in hibernation tot November - dis wat die bordjie
> sê - maar dit is nie die einde van die wêreld nie - daar is baie ander goed
> om na te gaan kyk en doen as om op treintjies op en af te ry:)))
> As die student werklik hardup is om te ry - kan hy gaan ry op die enetjie by
> GrandWest:)))

Ja, dit is gelukkig nie die einde van die wêreld nie aangesien daar baie
ander goed is wat ons wil gaan doen.

> Koud is 'n relatiewe begrip - ek slaap nog steeds sonder elektriese kombers,
> warmwatersak of winterslakens:))

Dit laat my wonder wie jou so lekker warm hou ;)

> Die Kaap is altyd mooi - hang net af wat mens se bui is om dit op 'n
> spesifieke dag minder mooi te maak.

Dis juis omdat die Kaap so mooi is dat ons haar soontoe neem.

> As die mis nie te laag is nie, en min wind ook - kan julle Tafelberg op
> gaan - goedkoper en mooier as Ratanga in elk geval.

Tafelberg is op ons lysie, ons sal die besoek uithou vir 'n mooi wolklose
dag.

> Kry by Parke - vra by info by die Stasie - 'n Green Card ( hulle weet niks
> van groen kaarte nie;)) )
> Dit kos R 265 ( miskien nou bietjie meer) maar met dit kan 2 volwassenes en
> 2 kinders sommer by 'n klomp plekke gratis of goedkoper ingaan - oa
> Tafelberg, Kaap Punt, The Boulders, ens.

Dankie, ons sal plan maak.

>
> Ek sou regtig graag vir jou en jou geselskap wou ontmoet het, maar ek het 'n
> ongeluk oorgekom Dinsdag, en tans lyk ek nie eers na iets wat 'n moeder kan
> liefhê nie - bepleister van ken tot kuiltjie, en swelsels waar ek nie eers
> weet plekke is nie;)))

Jy moet mos weet op jou ouderdom behoort jy nie meer op 'n stoel te staan
nie! ;) My simpatie, hoop jy is gou beter!

> Stuur vir my 'n e-pos, dan laat weet ek jou my telefoonnommer, sodat ons ten
> minste met mekaar kan praat as julle hier is.
> Miskien lyk en voel ek oor 'n week of so beter.
>
> Annette
>
> news:3d1ab530.0@news1.mweb.co.za...
>> Annette
>>
>> is dit waar dat Ratanga Junction toe is, sal dit net 'n paar dae wees?
> Ons
>> wou met ons Duitse student, Stephanie daar 'n draai gaan maak.
>>
>> My skoonsus in George sê die koue is daar. Hoe lyk Kaapstad-omgewing?
>>
>> Dankie
>>
>> Shannon
>>
>
Vorige onderwerp: Skuilname en 'n voorbarige nuweling
Volgende onderwerp: Wie weet ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 04:08:05 MGT 2024