Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Duiwelsgoed
Duiwelsgoed [boodskap #63745] Sa, 15 Junie 2002 07:33 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die ACDP gaan nou glo 'n voorstel indien om die naam van Duiwelspiek te
verander.
Interessant is egter die vorige name van Duiwelspiek, en hoe die
verafrikanisering van 'n Engelse naam toe die blykbaar amptelike naam geword
het.
Mens kan ook nie altyd glo wat mens lees nie, maar dit bly nog steeds
interessant.
Tafelberg is glo so genoem om die nagmaalstafel te wees, en Leeukop is glo
so genoem om te verwys na Die Leeu van Juda, oftewel Jesus , wat aan die
tafel gesit het.
( ek dink dit is bollie - maar dit is 'n mooi storie)
Duiwelspiek was op 'n stadium Windberg genoem, en toe is die naam verander
na Dove's Peak, oftewel Duiweberg in die volksmond - wat toe natuurlik
offisieel verander het na Duiwelspiek ( Devil's Peak).
Dit gee natuurlik ook nou nuwe betekenis aan vredesduiwe, wat eintlik dan
ook vredesduiwels kan word;))))
Annette
Re: Duiwelsgoed [boodskap #63777 is 'n antwoord op boodskap #63745] So, 16 Junie 2002 01:33 Na vorige boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het altyd gedink Duiwelspiek het sy naam gekry van die "Van Hunk en die
Duiwel" fabel. Die twee sou teen die hange van Tafelberg gesit en gerook
het, wat tafelberg se kleed veroorsaak het.

Hantam

Annette
> Interessant is egter die vorige name van Duiwelspiek, en hoe die
> verafrikanisering van 'n Engelse naam toe die blykbaar amptelike naam geword
> het.
Vorige onderwerp: Regering e-pos
Volgende onderwerp: Nog `n plaasmoord.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 11:10:05 MGT 2024