Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuwe Misdaad
Nuwe Misdaad [boodskap #63604] Do, 13 Junie 2002 04:54 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vanoggend oor die nuus:
In Gauteng: 'n Fietsryer is in die rug geskiet en van sy R30 000 resiesfiets
beroof. Fietsryer in 'n bedenklike toestand.
Wonder of so 'n duur fiets ook na 'n chopshop sal gaan.

Daar word glo ook al hoe meer van jeugdiges gebruik gemaak ( 'n aanvegbare
stelling, maar nietemin) in misdaad, omdat die jeugdiges glo nie vervolg mag
word nie.

Daar is tans 'n hofsaak aan die gang hier wat nogal ironies is as dit nie so
tragies is nie.
Die hofsaak gaan oor 'n moordsaak - die beskuldigde het 'n polisieman
geskiet toe daar gepoog is om hom in hegtenis te neem. Die polisieman was
nie gewapen nie.
Dit in die lig van 'n wet wat nie solank gelede deurgejaag is wat
polisiemanne verbied om 'n wapen te gebruik as hulle 'n verdagte in hegtenis
wil neem, tensy die verdagte die polisieman se lewe in gevaar stel deur 'n
wapen op hom te rig/vuur.
Annette
Re: Nuwe Misdaad [boodskap #63607 is 'n antwoord op boodskap #63604] Do, 13 Junie 2002 06:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 13 Jun 2002 06:54:50 +0200, "Annette"
served the following to the group:

> Vanoggend oor die nuus:
> In Gauteng: 'n Fietsryer is in die rug geskiet en van sy R30 000 resiesfiets
> beroof. Fietsryer in 'n bedenklike toestand.
> Wonder of so 'n duur fiets ook na 'n chopshop sal gaan.
>

hierdie fiets hijackings is nogal `n ding wat al die afgelope jaar of
twee baie toe geneem het. mense het eers nie besef wat so `n fiets kos
nie maar noudat die skelms weet is dit `n baie maklike teiken. hulle
word netso of as parte verkoop. die raam self is in baie gevalle die
meeste werd of ten minste 60% van die totale waarde. hier in pretoria
is die hijack hotspots olifantsfontein, klapperkop en meer onlangs die
groenkloof natuur reservaat.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Nuwe Misdaad [boodskap #63612 is 'n antwoord op boodskap #63607] Do, 13 Junie 2002 08:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis verskriklik - ek kan net dink as die misdadigers begin maai onder die
fietsryers terwyl daar 'n wedren aan die gang is.
Weet jy waar die geval hier onder gemeld geskiet is?
Indien wel in een van die buurte genoem, hoekom sal mense dan nog steeds
alleen daar ry?
Annette

"Threeships Mcduck" skryf in boodskap news:4aggguo7gaq2j4k6rp606acg007ut95c0l@4ax.com...
> On Thu, 13 Jun 2002 06:54:50 +0200, "Annette"
> served the following to the group:
>
>> Vanoggend oor die nuus:
>> In Gauteng: 'n Fietsryer is in die rug geskiet en van sy R30 000 resiesfiets
>> beroof. Fietsryer in 'n bedenklike toestand.
>> Wonder of so 'n duur fiets ook na 'n chopshop sal gaan.
>>
>
> hierdie fiets hijackings is nogal `n ding wat al die afgelope jaar of
> twee baie toe geneem het. mense het eers nie besef wat so `n fiets kos
> nie maar noudat die skelms weet is dit `n baie maklike teiken. hulle
> word netso of as parte verkoop. die raam self is in baie gevalle die
> meeste werd of ten minste 60% van die totale waarde. hier in pretoria
> is die hijack hotspots olifantsfontein, klapperkop en meer onlangs die
> groenkloof natuur reservaat.
>
>
>
>
> Threeships Mcduck
> www.mothership.co.za
Re: Nuwe Misdaad [boodskap #63740 is 'n antwoord op boodskap #63604] Sa, 15 Junie 2002 05:59 Na vorige boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Dit was 'n matriekseun op 'n R300.00 fiets wat saam met 'n maat wou oefen
vir 'n liefdadigheids-insamelingsrit.
Ek wonder hoe dit met him gaan. Daar was twee noodoperasies op hom gedoen.

"Annette" .
Vanoggend oor die nuus:
In Gauteng: 'n Fietsryer is in die rug geskiet en van sy R30 000 resiesfiets
beroof. Fietsryer in 'n bedenklike toestand.
Wonder of so 'n duur fiets ook na 'n chopshop sal gaan.

Daar word glo ook al hoe meer van jeugdiges gebruik gemaak ( 'n aanvegbare
stelling, maar nietemin) in misdaad, omdat die jeugdiges glo nie vervolg mag
word nie.

Daar is tans 'n hofsaak aan die gang hier wat nogal ironies is as dit nie so
tragies is nie.
Die hofsaak gaan oor 'n moordsaak - die beskuldigde het 'n polisieman
geskiet toe daar gepoog is om hom in hegtenis te neem. Die polisieman was
nie gewapen nie.
Dit in die lig van 'n wet wat nie solank gelede deurgejaag is wat
polisiemanne verbied om 'n wapen te gebruik as hulle 'n verdagte in hegtenis
wil neem, tensy die verdagte die polisieman se lewe in gevaar stel deur 'n
wapen op hom te rig/vuur.
Annette
Vorige onderwerp: Wat ons lees
Volgende onderwerp: Regering e-pos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 17:30:20 MGT 2024